S v Mhlakaza en Andere
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Van Deventer R |
Judgment Date | 11 December 1995 |
Citation | 1996 (2) SACR 187 (C) |
Hearing Date | 11 December 1995 |
Counsel | Lance Burger namens beskuldigde 1, Ingrid Kupfer-Taylor namens beskuldigde 2, I Davids namens beskuldigde 3, D M Davis namens beskuldigde 4, Ingrid Irmer namens beskuldigde 5. W Viljoen namens die Staat |
Court | Cape Provincial Division |
Van Deventer R:
In die verhoor, wat reeds naastenby 15 weke voor my en twee assessore, adv J Knoll en mnr P Sieberhagen, geduur het, is die vyf beskuldigdes op C die volgende 12 klagtes vervolg:
1. Moord op Mlandeli Leonard Handile op 28 Maart 1994 voor sy hut in Khayelitsha.
2. Roof (met verswarende omstandighede) van 'n 9 mm pistool uit die besit van genoemde Handile en N Ntonjana op dieselfde datum, 28 Maart 1994.
3. Diefstal van 'n Toyota Corolla voertuig van D Lermer tussen 12 en 14 Augustus D 1994 in die hawegebied te Kaapstad.
4. Moord op konstabel D Fielies in die Delft polisiestasie op 14 Augustus 1994.
5. Poging tot moord op Yolanda Wakefield op voornoemde datum.
6. Poging tot moord op P Scott op voornoemde geleentheid. E
7. Poging tot moord op R Jurd op voornoemde geleentheid.
8. Poging tot moord op M Wouterse op voornoemde geleentheid. (Daar is egter geen getuienis ten opsigte van hierdie klagte gelei nie en die Staat het nie 'n skuldigbevinding op hierdie klagte versoek nie.)
9. Poging tot roof (met verswarende omstandighede) van 'n trommel met wapens en F ammunisie uit die bewaring van Delft polisiestasie op voornoemde datum.
10. Oortreding van art 2 gelees met arts 39(1)(h) en 39(2) van die Wet op Wapens en Ammunisie 75 van 1969 deur besit sonder lisensie van vuurwapens van 9 mm en/of .38 kalibers.
11. Oortreding van art 36 gelees met art 39(1)(h) en art 39(2) van die Wet op Wapens en Ammunisie 75 van 1969 deur besit van ammunisie vir voornoemde G wapens.
12. Oortreding van art 32(1) gelees met arts 39(1)(h) en 39(2) van die Wet op Wapens en Ammunisie 75 van 1969 deur besit van masjiengewere asook ammunisie van die kalibers van 5.56 en/of 7.62 wat bestem is om uit 'n masjiengeweer afgevuur te word.
Die gebeure waaruit die klagtes ontspruit het was die volgende: gedurende die nag van H 28 Maart 1994 terwyl Mlandeli Leonard Handile en sy vriendin, N Ntonjana, in hulle eenvertrekhut in Khayelitsha, distrik Mitchell's Plain, was, het 'n swartman aan hulle deur geklop. Handile (die oorledene) het oopgemaak en die besoeker het hom gevra om die pad na 'n sjebeen in die omgewing te beduie. Die man het binnegekom en vir 'n kort rukkie in 'n stoel vir die oorledene gewag om 'n paar leë bottels bymekaar te maak. Daar het 'n parafienlamp in die hut gebrand.
Die oorledene is na buite saam met die besoeker, maar net buite die deur is verskeie I skote op hom gevuur met wapens van die kalibers 9 mm, 5.56 en 7.62 (volgens patroondoppies wat later op die toneel gevind is) en hy het J
Van Deventer R
A ernstig verwond neergeslaan. Vier mans het die hut binnegekom en mej Ntonjana met vuurwapens gedreig en aangesê om die oorledene se vuurwapen aan hulle te oorhandig. Sy het nie die wapen aan hulle oorhandig nie, maar een van die mans het self 'n handwapen onder die matras gevind waarmee hulle uit die hut uit weg is. Mej Ntonjana het daarop vervoer na die Khayelitsha polisiestasie gereël maar die B oorledene het aan sy skietwonde (vier) beswyk voor hy die hospitaal kon haal.
Op 12 Augustus 1994 het mnr David Lermer sy wit Toyota Corolla stasiewa, CA 652688, naby Bertie's Landing in die hawegebied van Kaapstad geparkeer. Toe hy later die middag terugkeer was die voertuig weg. Op 16 Augustus 1994 (dit is voor enigeen van die beskuldigdes gearresteer is) het sersant G J Keet na 'n adres in die C R-Blok in Khayelitsha gegaan waar hy agter 'n huis met die nommer 690 die gesteelde voertuig ontdek het wat met tapyte bedek was.
Kort na 20:00, op Sondagaand 14 Augustus 1994, het vyf swartmans bogenoemde Toyota voertuig na die Delft polisiestasie op die Kaapse Vlakte gery. Aanvanklik het drie van hulle in die aanklagkantoor ingegaan, waar konstabel Fielies die enigste D polisieman aan diens was terwyl ene Yolanda Wakefield, 'n vriendin van hom, in die publieke area van die aanklagkantoor gestaan en wag het vir 'n geleentheid om somaar bietjie met hom te gesels.
Die Toyota voertuig was in die straat voor die polisiestasie geparkeer met die E bestuurder agter die stuurwiel. Een van die ander vier insittendes het êrens tussen die motor en die polisiestasie beweeg. Die drie swartmans wat aanvanklik die aanklagkantoor binnegegaan het, het konstabel Fielies, wat agter die toonbank was, versoek om na buite te kom omdat daar mense sou wees wat hulle wou aanrand. Toe hy van agter die toonbank wou uitkom deur 'n binnedeur na die voorste (publieke) F gedeelte van die aanklagkantoor toe, het een van die mans hom eers met 'n handwapen geskiet waarna 'n ander met 'n masjiengeweer op hom begin vuur het. Mej Wakefield het probeer skuiling soek agter die toonbank maar is in die sy getref en sy het in of naby die binnedeur op die vloer geval. Wyle konstabel Fielies het bo-op haar geval oënskynlik om haar te beskerm, waarna verskeie skote nog met die G masjiengeweer op hom gevuur is. Mej Wakefield het op die vloer bly lê en gemaak asof sy dood is, wat skynbaar haar lewe gered het.
Die aanvallers het daarna begin om 'n trommel, wat agter die toonbank was en waarin H onder andere 'n outomatiese geweer en ammunisie gehou is omdat daar nie 'n kluis in die polisiestasie was nie, by die buitedeur uit te sleep. Intussen het ene Peter Scott een van sy kollegas, wat almal werksaam was by 'n sekuriteitsmaatskappy, met hulle voertuig in die straat voor die aanklagkantoor verbygery. Hulle het die skote gehoor, stilgehou en uitgeklim om ondersoek in te stel.
Terwyl hulle nader aan die polisiekantoor beweeg het, is daar op hulle gevuur vanuit die rigting van die polisiestasie. Peter Scott is in die kop getref terwyl Orsan Petersen I en Robert Jurd agter 'n afleweringsvoertuig wat oorkant die straat geparkeer was probeer skuiling soek het. Mnr Petersen het vandaar twee skote geskiet op die aanvallers wat binne die polisiestasie was wat teruggeskiet het, as gevolg waarvan mnr Jurd in die been getref is. J
Van Deventer R
A Vir al hierdie persone het die geweervuur geklink na kort sarsies deur 'n outomatiese geweer. Die aanvallers het voornoemde trommel net buite die voordeur van die aanklagkantoor gelos en in die Toyota voertuig op die vlug geslaan.
Terwyl die aanvullers nog in die aanklagkantoor was, het ene Filander as 'n passasier in 'n Hi-Ace voertuig verby die polisiestasie gery. Hy het in die linker voorste sitplek van die Hi-Ace bussie gesit en het deur die venster van die aanklagkantoor (soos op B Bewysstuk G.29 sigbaar is) iemand gesien wat besig was om skote met 'n vuurwapen binne-in die aanklagkantoor af te vuur. Die persoon het 'n gelerige mussie op gehad en 'n serp gedra. Hy het hierdie persoon later as beskuldigde 5 op 'n foto uitgeken.
Kort daarna het ander polisiemanne opgedaag, en is die beseerdes asook konstabel C Fielies na die hospitaal geneem. Laasgenoemde het egter kort na 21:00 die aand in die Tygerberg Hospitaal aan sy skietwonde beswyk.
By ondersoek op die toneel is onder andere agt 9 mm patroondoppies en sewe 7.62 kaliber doppies (wat deur 'n G3 outomatiese militêre geweer afgevuur was) binne die polisiekantoor gevind asook een 9 mm doppie en tien 7.62 doppies buite die stasie. In D die straat voor die polisiekantoor is die bakkie van die sekuriteitsfirma gevind met 'n koeëlgat aan die agterkant. Oorkant die straat is 'n afleweringsvragmotor gevind waarvan 'n voorband stukkend geskiet was en waarin daar ook 'n koeëlgat in die bakwerk asook in 'n yskas binne-in die voertuig was. E
Op 22 Augustus 1994 het die polisie sekere voorlêdienste in Steenberg verrig. 'n Wit Tredia voertuig is opgemerk en agtervolg vanaf die Sunrise (Muizenberg) sirkel op die pad na Khayelitsha en 'n entjie verder voorgekeur waarna die insittendes gedwing is om uit te klim en deursoek is...
To continue reading
Request your trial-
S v Nombewu
...reasons therefor, to be intellectually compelling and that should be followed in this country (at 228F). In S v Mhlakaza and Others 1996 (2) SACR 187 (C), the Court held that an accused's constitutional right to a fair trial, as contemplated in s 25(3) of the Constitution, included the righ......
-
S v Shongwe en Andere
...S v Yawa and Another 1994 (2) SACR 709 (SE), S v Marx 1996 (2) SACR 140 (W), S v Maseko 1996 (2) SACR 91 (W) en S v Mhlakaza en Andere 1996 (2) SACR 187 (K), vir sover 'n starre uitsluitingsreël ingevolge die 1993-Grondwet aangehang is, derhalwe nie gevolg moes word Beslis, verder, dat die ......
-
S v Bailey
...(2) SACR 213 (SCA): dictum at 216g - j applied E S v Maradu 1994 (2) SACR 410 (W): criticised and not followed S v Mhlakaza en Andere 1996 (2) SACR 187 (C): S v Mlati 1984 (4) SA 629 (A): referred to S v Mlumbi en 'n Ander 1991 (1) SACR 235 (A): referred to S v Mokoena en 'n Ander 1998 (2) ......
-
Recent Case: Evidence
...(1) SACR 10 (W); S v Yawa 1994 (2) SACR 709 (SE); S v Marx 1996 (2) SACR 140 (W); S v Maseko 1996 (2) SACR 91 (W) and S v Mhalakaza 1996 (2) SACR 187 (C ) endorsed such a rigidity they should not be followed. The court found that on arrest the accused was advised of this right to legal repr......
-
S v Nombewu
...reasons therefor, to be intellectually compelling and that should be followed in this country (at 228F). In S v Mhlakaza and Others 1996 (2) SACR 187 (C), the Court held that an accused's constitutional right to a fair trial, as contemplated in s 25(3) of the Constitution, included the righ......
-
S v Shongwe en Andere
...S v Yawa and Another 1994 (2) SACR 709 (SE), S v Marx 1996 (2) SACR 140 (W), S v Maseko 1996 (2) SACR 91 (W) en S v Mhlakaza en Andere 1996 (2) SACR 187 (K), vir sover 'n starre uitsluitingsreël ingevolge die 1993-Grondwet aangehang is, derhalwe nie gevolg moes word Beslis, verder, dat die ......
-
S v Bailey
...(2) SACR 213 (SCA): dictum at 216g - j applied E S v Maradu 1994 (2) SACR 410 (W): criticised and not followed S v Mhlakaza en Andere 1996 (2) SACR 187 (C): S v Mlati 1984 (4) SA 629 (A): referred to S v Mlumbi en 'n Ander 1991 (1) SACR 235 (A): referred to S v Mokoena en 'n Ander 1998 (2) ......
-
S v Monyane and Others
...to legal representation had not been explained to them beforehand. The Court, following the viewpoint of the Court in S v Mhlakaza 1996 (2) SACR 187 (C) and not that in S v Vilakazi 1996 (1) SACR 425 (T), without purporting to resolve the conflict between the two cases, held a trial-within-......
-
Recent Case: Evidence
...(1) SACR 10 (W); S v Yawa 1994 (2) SACR 709 (SE); S v Marx 1996 (2) SACR 140 (W); S v Maseko 1996 (2) SACR 91 (W) and S v Mhalakaza 1996 (2) SACR 187 (C ) endorsed such a rigidity they should not be followed. The court found that on arrest the accused was advised of this right to legal repr......
-
Ensuring procedurally fair identification parades in South Africa
...Law of Ev idence (2003) 148, following the decision in S v Vil akazi 1996 (1) SACR 425 (T) and not the decision in S v Mhlakaza 1996 (2) SACR 187 (C). Cf S v Monyane 2001 (1) SACR 115 (T) at 126-127 where a tri al-within- a-trial was adopte d because it may have cut the trial short.18 Cf R ......
-
Recent Case: Evidence
...trial. Cf S v Vilakazi 1996 (1) SACR 425 (T) in which the court held that a trial-within-a-trial was inappropriate, and S v Mhlakaza 1996 (2) SACR 187 (C) in which the court held that an accused, at the close of the state's case, was entitled to know what evidence was admissible against him......
-
Recent Case: Criminal Procedure
...on the facts of each case. Further, it was held that the trial judge is the best person to take that decision. In S v Mhlakazi 1996 (2) SACR 187 (C) the court was confronted with two procedural aspects concerning the definition of a fair trial. The first concerned the contention on the part......