S v Mgcina
| Jurisdiction | South Africa |
| Judge | Du Plessis R, Basson R en Preller R |
| Judgment Date | 08 November 2004 |
| Docket Number | Saaknr A396/2004 |
| Hearing Date | 09 June 2004 |
| Court | Transvaal Provincial Division |
| Citation | 2007 (1) SACR 82 (T) |
Du Plessis R:
Monaledi Wn R het die appellant in die Hooggeregshof, C Pretoria, skuldig bevind op twee klagtes van moord (klagtes 1 en 2), op 'n klagte van roof met verswarende omstandighede (klagte 3) en op vyf klagtes van poging tot moord (klagtes 4 tot 8). Op elkeen van klagtes 1 tot 3 is die appellant tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Op elkeen van die vyf klagtes van poging tot moord is hy tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis. Hierdie is 'n appèl teen sowel die skuldigbevindings as vonnisse. D
Die appellant het op al die klagtes teen hom onskuldig gepleit maar hy het nie in geskil geplaas dat die misdade wel gepleeg is nie. Sy verweer was dat hy ten tye van die pleging van die misdade elders was en dat hy dus nie daaraan aandadig was nie. E
Die klagtes het uit die volgende gebeure voortgespruit. Die firma SBV-dienste (SBV) doen onder meer sake deur kontant per pad te vervoer vir kliënte. Vroeg die oggend van 31 Julie 1997 was 'n SBV-konvooi bestaande uit twee kontantwaens en 'n sedan-motor met 'n aansienlike hoeveelheid kontant op pad op die N4-snelweg wat vanaf F Pretoria ooswaarts loop. Naby Bronkhorstspruit is die konvooi deur 'n aantal rowers in 'n hinderlaag gelei. Die rowers het 'n versperring oor die pad gespan en ook gesteelde voertuie gebruik om die pad verder te versper. Toe die konvooi by die hinderlaag kom, het die rowers met 'n verskeidenheid van vuurwapens op die voertuie en op die insittendes daarvan begin skiet. Die konvooi is tot stilstand gedwing, maar een van G die geldwaens het nogtans daarin geslaag om te ontvlug.
Die rowers het die ander kontantwa oopgebreek en R17 400 000 kontant daaruit gesteel. Hulle het die gesteelde voertuie op die toneel gelaat en met hulle buit gevlug.
Die rowers het die twee insittendes van die sedan-motor raakgeskiet en H albei het as gevolg daarvan op die toneel beswyk. Dit het tot die twee moordklagtes teen die appellant aanleiding gegee. Die klagtes van poging tot moord het voortgespruit daaruit dat op die insittendes van die twee kontantwaens geskiet is.
Kaptein Nel van die SAPD is kort na die voorval na die toneel toe. Hy het in getuienis namens die Staat, wat nie wesenlik deur die appellant I betwis is nie, die toneel en ook verwante getuienis wat die polisie gevind het, aan die hand van foto's beskryf. Op en in die omgewing van 'n kleinhoewe sowat 25 km van die rooftoneel af, is bewysstukke gevind wat daarop dui dat die rowers na die voorval op die kleinhoewe was. 'n Aantal dae na die voorval het die polisie die huis van ene Oupa Seane in J
Du Plessis R
Meredale, Johannesburg, besoek. Daar het hulle heelwat getuienis wat A met die voorval verbind is gevind, onder meer van die kontant wat geroof is. Seane is inderdaad ook van die roof en die verwante klagtes aangekla en daaraan skuldig bevind. Vir redes wat later sal blyk, is dit van belang in die huidige saak dat daar ook twee Iveco-motorbussies by Seane se huis gekry is. B
Die Staat se saak teen die appellant berus uitsluitlik op erkennings wat hy gemaak het toe hy aspekte van die rooftoneel aan 'n vrederegter, supt Westraad, uitgewys het. Dit is nie in geskil dat daardie erkennings op 'n bekentenis neerkom nie. Die appellant het ontken dat hy die bekentenis vrywillig en ongedwonge gedoen het soos wat art 217 van die Strafproseswet 51 van 1977 vereis. Verder het die appellant aangevoer dat hy, C teenstrydig met die vermelde artikel, onbehoorlik beïnvloed was om die bekentenis te maak. Deur middel van sy advokaat het die appellant vooraf die polisiemanne wat hom sou gedreig en aangerand het om die bekentenis te maak en ook die wat hom beïnvloed het, aan die Staat geïdentifiseer. Dit was gevolglik moontlik vir die saak om in die D verhoorhof te begin met 'n binneverhoor om die toelaatbaarheid van die bekentenis as getuienis te beslis. Nadat die Verhoorhof beslis het dat die bekentenis toelaatbaar is, is die Staatsaak afgesluit met die getuienis van supt Westraad oor die inhoud van die bekentenis en met dié van kapt Nel waarna ek reeds verwys het. Die appellant het in sowel die binneverhoor as die hoofverhoor getuig. Hy het twee getuies geroep E wat in onderskeidelik die binneverhoor en die hoofverhoor getuig het. Eerder as om die getuienis in volgorde op te som soos hulle getuig het, gaan ek die gebeure soos dit uit die getuienis blyk, kronologies weergee.
Saam met 'n aantal ander mans is die appellant in die nag van 10 - 11 Augustus 1998 in die Pretoria-omgewing gearresteer. Hulle is toe F na die Kameeldrift-polisiestasie buite Pretoria geneem. Die appellant het getuig dat die polisie by Kameeldrift nie wou toelaat dat die aangehoudenes, [1] soos wat hulle versoek het, hulle familie en regsverteenwoordigers bel nie. Die oggend van 11 Augustus is die aangehoudenes na die kantore van die spesiale ondersoekeenheid in Pretoria toe geneem. Daar is hulle ondervra en vingerafdrukke en weefselmonsters is van hulle G geneem. In die loop van die dag is die appellant ook Alberton toe geneem om sy woonadres te bevestig.
Sersant Mbatha was destyds aan die spesiale ondersoekeenheid in Pretoria verbonde. Hy is een van die polisiemanne wat geïdentifiseer is as 'n betrokkene by die bekentenis van die appellant. Hy het getuig dat hy H die oggend van 11 Augustus 1998 by die kantoor aangekom en gevind het dat 'n aantal persone in verband met die roof gearresteer is. Hy en 'n kollega is aangesê om met een van die verdagtes (nie die appellant nie) Daveyton toe te gaan om dié se adres te bevestig. Toe hulle terugkom, is hulle aangesê om twee van die aangehoudenes (ook nie die appellant nie) na die kantore van die Brixton se moord- en roofeenheid toe te neem in I
Du Plessis R
verband met 'n ander saak. Hulle het dit gedoen en het tussen omtrent A 18:00 en 19:00 by Brixton aangekom. Alhoewel die getuie die appellant by Brixton gesien het, het hy die dag niks met hom te make gehad nie behalwe dat hy hom later geneem het om Westraad te spreek. Die getuie het getuig dat hy nie die appellant aangerand het of gesien het dat hy aangerand is nie, en die teendeel is ook nie aan hom in kruisverhoor gestel nie. B
Die appellant het getuig dat, nadat hy Alberton toe geneem en teruggeneem is Pretoria toe, is hy per motor direk Brixton toe geneem. Op pad Brixton toe het die polisie vir insp Kukard gebel en vir hom gesê hulle het vir 'Colin' (verwysende na die appellant) gearresteer. Ek sal later handel met die appellant se getuienis oor wat met en na sy aankoms C by Brixton gebeur het. Insp Kukard was destyds aan die Brixton se moord- en roofeenheid verbonde, maar sy kantoor was in Roodepoort. Hy was belas met die ondersoek van 'n ander transitoroof wat bekend gestaan het as die Grayston-roof. Die appellant is volgens Kukard verdink van betrokkenheid by die Grayston-roof. Hy is dus na Kukard toe geneem in Roodepoort. Daar het Kukard, so het hy getuig, die D appellant meegedeel van die klagtes teen hom. Verder het hy die appellant ingelig dat hy die reg op regsverteenwoordiging het en dat hy by die Regshulpraad om regsbystand aansoek kon doen. Kukard het getuig dat hy ook die appellant ingelig het van sy swygreg. Die appellant kon vloeiend Engels praat, en Kukard het nie getwyfel dat hulle mekaar E goed verstaan nie. Nadat hy die appellant ingelig het oor sy grondwetlike regte, het Kukard die appellant ondervra en hulle het 'n taamlike lang gesprek gevoer. Daarna is die appellant Brixton toe geneem, en Kukard self is ook later soontoe waar hy weer met die appellant gepraat het.
By Brixton het Kukard, volgens sy getuienis, die appellant weer oor sy F grondwetlike regte tot stilswye, regsverteenwoordiging en regsverteenwoordiging op Staatskoste ingelig. Tydens hulle gesprek daarna het die appellant sekere erkennings aan Kukard gemaak wat hom (Kukard) genoop het om met sy bevelvoerder, supt Beukes, te reël dat die appellant voor 'n onafhanklike offisier gebring word om uitwysings te doen. Kukard het met uitgesproke verontwaardiging ontken dat hy die appellant G aangerand, gedreig of onbehoorlik beïnvloed het. Hy het ook ontken dat die appellant in sy teenwoordigheid aangerand is. Kukard het die betrokke selregisters nagegaan en daar was geen aantekening in dat die appellant ooit oor aanrandings of beserings gekla het nie. Hy het die appellant ook verskeie kere na die landdroshof toe vergesel, en op geen H geleentheid het die appellant sulke klagtes geopper nie.
Sersant Gadebe, wat deur die appellant as een van sy aanranders geïdentifiseer is, het getuig dat hy ook by Brixton werksaam was. Hy was egter nie beduidend by die ondersoek van die twee rooftogte betrokke nie. Hy het slegs af en toe inligting daaroor opgevolg. Hy het wel die appellant in aanhouding by Brixton gesien, maar hy was in daardie I stadium met ander werk besig. Hy het ontken dat hy die appellant aangerand het of gesien het dat hy aangerand word.
Ek het reeds daarop gewys dat die appellant se weergawe is dat hy nie eers Roodepoort toe nie, maar direk Brixton toe, geneem is. Volgens hom is hulle in 'n binneplaas by Brixton ingewag. Kukard en Gadebe J
Du Plessis R
was onder dié wat hulle ingewag het. Toe die appellant uit die motor A klim, het Kukard vir Gadebe gesê om hom (appellant) oor die rooftogte uit te vra. Gadebe het dit gedoen, en toe die appellant nie tot sy tevredenheid antwoord nie, het Gadebe hom aangerand. Kukard het volgens die appellant toe tussenbeide getree en die appellant is na 'n kantoor in die gebou toe gebring. Daar het Kukard hom in Gadebe en B ander polisiemanne se teenwoordigheid oor sowel die Bronkhorstspruit- as die Grayston-rooftog uitgevra. Toe hy steeds nie bevredigend antwoord nie, het Gadebe 'n plastieksak oor sy kop getrek met die opdrag om op die grond te tik as hy wil praat. Hy het getik en die sak is afgehaal waarna Gadebe voortgegaan het om hom te slaan en te skop. As gevolg van hierdie behandeling het die...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
2010 index
...and Company (Pty) Ltd S v MG 2010 (2) SACR 66 (ECG) .................................................................. 421S v Mgcina 2007 (1) SACR 82 (T) ............................ 22, 24, 30, 34-38, 154-155S v Mgedezi 1989 (1) SA 687 (A) ........................................................
-
2007 index
...297S v Melrose 1985 (1) SA 720 (ZS) ........................................................ 91S v Mgcina 2007 (1) SACR 82 (T) ......................................................... 291S v Mgedezi 1989 (1) SA 687 (A) ......................................................... 371S v Mhalak......
-
S v Nzama and Another
...SA 272 (A): referred to S v Mbele 1981 (2) SA 738 (A): referred to S v Mdluli and Others 1972 (2) SA 839 (A): referred to F S v Mgcina 2007 (1) SACR 82 (T): referred S v Mofokeng and Another 1968 (4) SA 852 (W): referred to S v Mokoena and Others 2006 (1) SACR 29 (W): referred to S v Mphale......

Constitutional exclusion under s 35(5) of the Constitution: Should an accused bear a ’threshold burden’ of proving that his or her constitutional right has been infringed?
...issue.5 The Constitutional Court 1 (1987) 33 CCC (3d) 1 (SCC).2 [2005] 2 All SA 355 (SCA).3 Now known as Northern Gauteng.4 S v Mgcina 2007 (1) SACR 82 (T).5 See F Snyckers ‘Criminal Procedure’ in Chaskalson et al (eds) Constitutional Law of South Africa revision service 3 (1998) 27-38. Cf ......
-
Recent Case: Evidence
...judgment at para 33).Kruger J indicated that this reasoning in the Mathebula case was not followed in the recent case of S v Mgcina 2007 (1) SACR 82 (T). After carefully considering ss 35(2)(b) and 35(5) of the Constitution, Du Plessis J in Mgcina had regard to the ‘double-barrelled’ approa......