S v Mbatha en Andere
| Jurisdiction | South Africa |
| Judge | Jansen AR, Joubert AR, Boshoff Wn AR en Nestadt Wn AR |
| Judgment Date | 27 November 1986 |
| Citation | 1987 (2) SA 272 (A) |
| Hearing Date | 13 November 1986 |
| Court | Appellate Division |
Joubert AR:
Appellante nos 1 tot 7 is as beskuldigdes nos 1 tot 7 respektiewelik in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling voor McCreath R en twee assessore op twee aanklagte aangekla. Die eerste aanklag is dat hulle op 16 Februarie 1984 die oorledene Carlos Alberto Gomes Cesar in die distrik Westonaria vermoor H het. Die tweede aanklag is dat hulle op dieselfde datum en plek die oorledene met verswarende omstandighede beroof het. Hulle het almal onskuldig gepleit. Hulle is verhoor. Slegs appellante nos 4, 5 en 6 is skuldig bevind aan moord en, omdat geen versagtende omstandighede bevind is nie, is hulle die verpligte doodvonnisse opgelê. Die ander appellante is I onskuldig bevind en ontslaan op die moord-aanklag. Wat die tweede aanklag betref, is al die appellante, behalwe appellant no 6, skuldig bevind aan poging om te roof met verswarende omstandighede waarvoor hulle gevangenisstrawwe opgelê is. Appellant no 6 is skuldig bevind aan roofmet verswarende omstandighede waarvoor hy gevangenisstraf opgelê is. Met verlof van die Verhoorregter kom die appellante tans in hoër beroep na J hierdie Hof soos volg:
Joubert AR
A Appellante nos 1 tot 5 inklusief en appellante no 7 appelleer teen hul skuldigbevindings aan poging tot roof met verswarende omstandighede terwyl appellant no 6 teen sy skuldigbevinding aan roof met verswarende omstandighede appelleer. Daar is geen app opgelegde vonnisse in hierdie verband nie.
B Appellante nos 4, 5 en 6 appelleer teen hul skuldigbevindings aan moord sonder versagtende omstandighede en hul opgelegde doodvonnisse.
Die onbetwiste feite is dat die oorledene, 'n Portugees, die bestuurder was van die Madeira Fish and Chips-winkel in C Dovetonstraat, Westonaria, wat naby 'n mynkampong en 'n treinspoor geleë is. Die klante van die winkel is hoofsaaklik Swartpersone. Die ingang van die winkel kan deur 'n roldeur afgesluit word. Vanaf die ingang word 'n klein voorportaal betree van waar een persoon op 'n keer deur 'n rotasiedeur toegang tot die binnekant van die winkel kan verkry. Die aand van 16 Februarie 1984 is die lyk van die oorledene op die vloer D in die binnekant van die winkel gevind. In die voorportaal was 'n bloedplas van waar bloedspatsels tot by die lyk van die oorledene gevind is. Volgens die nadoodse ondersoek wat op 21 Februarie 1984 op die lyk van die oorledene deur 'n distriksgeneesheer gedoen is, het die oorledene drie skietwonde van voor opgedoen. Een koeël het sy linkervoorarm deurboor. 'n E Tweede koeël se ingang was aan die regterborskas en dit het deur die sternum en regterlong gegaan tot waar dit onder die vel by 'n rugwerwel tot stilstand gekom het 'n Derde koeël het die linkerborskas deurboor. Enige van die twee skietwonde in die borskas kon die oorledene se dood veroorsaak het.
Die Staat het geen ooggetuies geroep om te getuig hoe die oorledene op 16 Februarie 1984 vermoor is nie. Gevolglik het F die Staat se saak oor die pleeg van die moord en die roof hoofsaaklik op die skriftelike bekentenisse wat die sewe appellante aan kaptein Thoms (die bevelvoerder van Westonaria se speurtak) as vrederegter afgelê het asook op die uitwysings wat hulle by die toneel van die misdaad aan kaptein Thoms gemaak het, berus. In die Verhoorhof het die verdediging die G toelaatbaarheid van die bekentenisse en die uitwysings (wat deureengestrengel met die bekentenisse was) betwis op grond daarvan dat die polisie te Westonaria fisiese marteling en mishandeling van en dreigemente teenoor die appellante sou toegepas het. Verder is daar 'n beroep gedoen op sekere onreëlmatighede wat by die afneem van die bekentenisse asook by die uitwysings sou gebeur het. Daar is ook aangevoer dat tydens H die uitwysings die appellante gedwing is om op die toneel van die misdaad vir die neem van foto's te poseer. Gesien die noue verband tussen die aflê van die bekentenisse en die uitwysings was die bewyslas op die Staat om bo redelike twyfel aan te toon dat die bekentenisse en die uitwysings vrywillig en ongedwonge sonder onbehoorlike beïnvloeding deur die appellante gemaak is. I Dit het 'n verhoor binne 'n verhoor geverg waarna dit eenparig deur die Verhoorhof bevind is dat die Staat hom van hierdie bewyslas gekwyt het sodat die bekentenisse en getuienis oor die uitwysings toelaatbaar is.
Meneer Berlowitz wat namens appellante nos 4 en 5 in hierdie Hof verskyn het, het nie in die Verhoorhof opgetree nie. Hy het getrag om buite sy skriftelike betoogshoofde aan te voer dat J die polisie die appellante fisies aangerand het en hulle sodoende gedwing het om skriftelike
Joubert AR
bekentenisse af te lê en uitwysings te doen. Die Verhoorhof het A die relevante getuienis oor hierdie aangeleentheid baie deeglik ondersoek. Dit het ook baie sterk geloofwaardigheidsbevindings teen die appellante en ten gunste van die betrokke polisiegetuies gemaak. Die Staat het ook dokumentêre getuienis aangebied van inskrywings in die voorvalleboek van Brixton se aanklagkantoor toe appellante nos B 6 en 7 op 19 Junie 1984 aan speurder-adjudant Steyn, die ondersoekbeampte, oorhandig is en hulle weer dieselfde middag terugbesorg is sonder dat hulle enige klagtes van beweerde aanrandings laat aanteken het. Getuienis oor die tydsduur van 'n reis per motor vanaf Brixton se aanklagkantoor na Westonaria se polisiestasie en vanaf laasgenoemde terug na Brixton se aanklagkantoor is voor die Verhoorhof geplaas. Verder is die C tydstippe toe kaptein Thoms die skriftelike bekentenisse geneem het en die uitwysings waargeneem het ook opgeteken en as getuienis voorgelê. Dieselfde soort dokumentêre getuienis is aangebied wat die ander appellante betref. Die Verhoorhof het na my oordeel tereg bevind dat hierdie dokumentêre getuienis die getuienis van die betrokke polisiegetuies ondersteun dat D daar geen aanrandings deur hulle op die appellante gepleeg is nie. Meneer Berlowitz was nie in staat om aan te toon in watter opsigte die Verhoorhof fouteer het of misgetas het in sy bevinding dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellante nie fisies aangerand is soos hulle beweer het nie. Daar is geen meriete hoegenaamd in hierdie betoog van mnr Berlowitz nie. Ek is derhalwe van oordeel dat dit geen doel sou E dien om die betrokke getuienis in besonderhede of by wyse van opsomming aan te stip nie.
Meneer Munks wat namens appellante nos 1, 2, 3, 6 en 7 verskyn het, het betoog dat daar deur die betrokke polisie onbehoorlike invloed (wat geen verband hou met direkte fisiese aanranding nie) op die appellante uitgeoefen is om hul skriftelike F bekentenisse te maak en uitwysings te doen. Hierdie betoog gaan egter nie op nie omdat daar in die onderhawige geval geen feite-basis gevind kan word om te dien vir die afleiding van 'n dergelike onbehoorlike beïnvloeding nie. Die blote feit dat verdagte persone in aanhouding deur die polisie die stap neem om skriftelike bekentenisse te maak is op sigself 'n neutrale faktor en kan nie sonder meer dien as grondslag vir 'n G afleiding van 'n dergelike onbehoorlike beïnvloeding nie. Bekentenisse wat verdagte persone in aanhouding deur die polisie maak, kan vrywillig of onvrywillig gemaak word afhangende die omstandighede van die betrokke geval.
Die swaartepunt van die aanval namens die appellante in hierdie Hof is juis gerig teen die buitengewone omstandighede wat H betrekking het op die afneem van die bekentenisse en die plaasvind van die uitwysings. Die buitengewone omstandighede het onbevredigende aspekte wat meebring dat daar onreëlmatighede is wat die bekentenisse en die uitwysings ontoelaatbaar as getuienis maak - aldus die betoog deur mnr Munks waarmee mnr Berlowitz hom vereenselwig het. Samevattend kom die onreëlmatighede in hooftrekke op die volgende neer. I Soos reeds vermeld, is kaptein Thoms die bevelvoerder van Westonaria se speurtak onder wie se bevel die ondersoek in die onderhawige geval plaasgevind het. Hy was aktief betrokke by daardie ondersoek waarvan hy persoonlik kennis gedra het. Hy was op hoogte daarvan hoe die ondersoek verloop het sodat hy nie 'n onpartydige en onafhanklike persoon was nie. Sy en J ondersoekbeampte
Joubert AR
A Steyn se kantore is langs mekaar op die eerste verdieping van die polisiestasie te Westonaria geleë. Hulle was albei aktief betrokke by die ondersoek in die onderhawige geval. Dit is eienaardig dat al sewe appellante spontaan bereid was om voor kaptein Thoms bekentenisse af te lê en uitwysings te doen. B Bowendien is die uitwysings deur die polisie geprogrammeer. Die tolk Mthani wat as sodanig opgetree het by die afneem van al die appellante se bekentenisse asook by hul uitwysings is 'n speurder-sersant wat te Westonaria gestasioneer is. Ofskoon die fotograaf Streicher 'n speurder-sersant van die vingerafdrukkantoor te Randfontein is, het hy op 16 Februarie 1984 die misdaadtoneel besoek en daar foto's geneem. Hy is gebruik by die uitwysings deur al die C appellante. Die polisiestasie te Westonaria is langs die landdroshof geleë. Daar moes in die omstandighede eerder van 'n landdros as 'n onpartydige persoon gebruik gemaak gewees het om die bekentenisse af te...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
S v Safatsa and Others
...act is done in pursuit of a common design ' (my emphasis); S v Talane 1986 (3) SA 196 (A) E at 206E - 207A; and S v Mbatha en Andere 1987 (2) SA 272 (A) at 282B - 284C. Of particular interest is S v Nkwenja en 'n Ander 1985 (2) SA 560 (A), which was a case of culpable homicide. The two appe......
-
Magmoed v Janse van Rensburg and Others
...referred to in S v Safatsa (at 897E-898B) with express approval, albeit in a slightly different context. See also S v Mbatha en Andere 1987 (2) SA 272 (A) at 283; S v Mazibuko and Others 1988 (3) SA 190 (A) at 202G-H; S v Kwadi 1989 (3) SA 524 (NC); R v Geere and Others 1952 (2) SA 319 (A) ......
-
Magmoed v Janse van Rensburg and Others
...to in S v Safatsa (at 897E-898B) with express approval, albeit in a slightly different context. See also S v D Mbatha en Andere 1987 (2) SA 272 (A) at 283; S v Mazibuko and Others 1988 (3) SA 190 (A) at 202G-H; S v Kwadi 1989 (3) SA 524 (NC); R v Geere and Others 1952 (2) SA 319 (A) at 322E......
-
S v Mthembu and Others
...v Malinga and Others 1963 (1) SA 692 (A); R v Ndhlangisa and Another 1946 AD 1101; R v Nsele 1955 (2) SA 145 (A); S v Mbatha en Andere 1987 (2) SA 272 (A). F G A Borchers, for third appellant at the request of the Court, cited the following authorities: S v Mofokeng and Another 1968 (4) SA ......

The degree of foresight in dolus eventualis
...303 (A) at 304; S v V 1979 (2) SA 656 (A) at 668; S v Zimiri 1981 (2) PH H196 (A); S v Nhlapo 1981 (2) SA 744 (A) at 750-1; S v Mbatha 1987 (2) SA 272 (A) at 285; S v Nomakhlala and another 1990 (1) SACR 300 (A) at 303; S v Nango 1990 (2) SACR 450 (A) at 457; S v Dlamini 1991 (2) SACR 655 (......
-
Reformulating dolus eventualis : guidance from USA and Germany
...Fundamina: A Journal of Legal History, 14:2, 2008, 22, https://heinonline.org/HOL/P?h=hein.journals/fundmna14&i=202.12 S v Mbatha 1987 (2) SA 272 (A) at 285; S v Nomakhlala 1990 (1) SACR 300 (A) at 303; S v Nango 1990 (2) SACR 450 (A) at 457; S v Dlamini 1991 (2) SACR 655 (A) at 664–5; S v ......