S v Lujaba
| Jurisdiction | South Africa |
| Citation | 1987 (1) SA 226 (A) |
S v Lujaba
1987 (1) SA 226 (A)
1987 (1) SA p226
|
Citation |
1987 (1) SA 226 (A) |
|
Court |
Appèlafdeling |
|
Judge |
Botha AR, Jacobs AR en Galgut Wn AR |
|
Heard |
September 4, 1986 |
|
Judgment |
September 25, 1986 |
Flynote : Sleutelwoorde
Strafreg — Diefstal — Vanuit 'n selfbedieningswinkel — Beskuldigde voorgekeer met artikel verberg op haar persoon voordat sy by betaalpunt verby was — Verweer geopper dat sy bedoeling gehad het om vir goedere te betaal — Blote feit, op sigself, dat beskuldigde artikel op haar persoon versteek C het, regverdig nie afleiding bo redelike twyfel dat sy nie bedoeling gehad het om daarvoor te betaal nie — Of so 'n afleiding bo redelike twyfel geregverdig is hang af van omstandighede van geval en, in besonder, waar vaste bedoeling om te betaal as verweer geopper word, of bo redelike twyfel bevind kan word dat sodanige getuienis vals is. D
Headnote : Kopnota
Waar 'n beskuldigde se verweer teen 'n aanklag van diefstal uit 'n selfbedieningswinkel is, soos die appellant s'n in die huidige geval, dat sy die bedoeling gehad het om vir goedere wat sy op haar persoon verberg het te betaal, kan 'n afleiding bo redelike twyfel, aan die hand van al die bewese feite, dat sy inderdaad geen sodanige bedoeling gehad het nie, in gepaste omstandighede lei tot 'n skuldigbevinding. Die standpunt egter, dat die blote feit op sigself dat 'n artikel op die beskuldigde E se persoon verberg was, en so 'n persoon voorgekeer word voordat sy by die betaalpunt kom, die afleiding regverdig bo redelike twyfel, dat sy nie die bedoeling gehad het om daarvoor te betaal nie, is te wyd gestel. Of so 'n afleiding bo redelike twyfel geregverdig is, hang vanselfsprekend af van al die omstandighede van 'n bepaalde geval. In die besonder, waar 'n beskuldigde in so 'n geval, soos die appellant hier, getuig het dat sy vas van voorneme was om by die betaalpunt vir die betrokke artikel te betaal, kan 'n skuldigbevinding alleenlik F geregverdig wees as daar bo redelike twyfel bevind kan word dat sodanige getuienis vals is.
Flynote : Sleutelwoorde
Criminal law — Theft — From self — service shop — Accused apprehended with secreted article before reaching till — Defence raised that she had intention of paying for article — Mere fact, by itself, that accused had articles secreted on her person not justifying inference beyond reasonable doubt G that she did not have intention of paying therefor — Whether such inference beyond reasonable doubt justified depends upon circumstances of case and in particular, where fixed intention to pay raised as defence, whether it can be found beyond reasonable doubt that such evidence is false.
Headnote : Kopnota
Where an accused, as the appellant in the instant case, raises as a defence against a charge of theft from a self-service H shop, the fact that she had the intention of paying for the articles which she had secreted on her person, the inference beyond reasonable doubt that she did indeed not have such intention can in suitable circumstances lead to a conviction. The proposition, however, that the mere fact, by itself, that an article had been secreted on an accused's person and such person was stopped before she reached the paying point justifies the inference beyond reasonable doubt that she did not have the intention of paying therefor, is too widely stated. Whether such an inference beyond reasonable doubt is I justified, obviously depends upon all the circumstances of a given case. In particular, where an accused in such a case, as the appellant here, testified that she had the firm intention of paying for the articles at the till, a conviction would only be justified if it can be found beyond reasonable doubt that such evidence is false.
Case Information
Appèl teen 'n beslissing in die Kaapse Provinsiale Afdeling J (Friedman R en Williamson R). Die feite blyk uit die uitspraak van Botha AR.
1987 (1) SA p227
D A J Uijs namens die appellant. (Die hoofde van argument is A opgestel deur A H Veldhuizen).
I J Prins namens die Staat het na die volgende gewysdes verwys: S v M 1982 (1) SA 309 (O) en S v Dlamini 1984 (3) SA 196 (N); en verder op die feite.
B Cur adv vult.
Postea (September 25).
Judgment
Botha AR:
Die appellant, 'n 25-jarige vrou, is in 'n streekhof skuldig bevind aan diefstal en gevonnis tot twee jaar C gevangenisstraf. Sy het teen haar skuldigbevinding en vonnis geappelleer na die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop, wat haar appèl van die hand gewys het, maar wat aan haar verlof toegestaan het om teen haar skuldigbevinding in verdere hoër beroep na hierdie Hof te kom.
Die aanklag waarop die appellant tereggestaan het, was dat sy D 'n bottel drank ter waarde van R6,98 gesteel het van Western Province Cellars (die klaer). Die Staat se saak teen haar was dat sy 'n bottel brandewyn van die klaer gesteel het in die klaer se selfbedieningswinkel in Parow. In diré winkel, so blyk dit uit die getuienis wat in die saak afgelê is, haal klante self die drank wat hulle koop van die rakke af waar dit uitgestal word; hulle gaan dan na 'n betaalplek wat geleë is 'n E paar tree van die uitgangsdeur van die winkel. Dit betaalplek bestaan uit 'n tafel, 'n paar tree lank, waarlangs daar 'n soort gangetjie is waarin klante beweeg om vir hulle ware te betaal. Die betaling geskied by 'n kasregister wat geleë is naby die punt van die tafel naaste aan die binnekant van die winkel. Ek sal na die plek waar die kasregister staan, verwys F as die betaalpunt. 'n Dame in diens van die klaer sit by die betaalpunt, agter die kasregister; sy ontvang betalings van klante en hanteer die kasregister. Wanneer 'n klant vir sy ware betaal het, word die ware aan die deur se kant van die betaalpunt of die tafel geplaas en daar verpak deur 'n ander diensnemer van die klaer, wat staan naby die punt van die tafel naaste aan die deur. Hy word genoem die verpakker. Klante G beweeg by hom verby om by die deur van die winkel uit te gaan.
Die Staat se saak teen die appellant het berus op die getuienis van drie diensnemers van die klaer wat op die betrokke dag in die winkel werksaam was. Hulle is Moos van der Ster, wat as die verpakker diens gedoen het; Vernon Cupido, wat by die rakke H besig was; en Faeza de Jong, wat in beheer was van die kasregister.
Van der Ster se getuienis was in hooftrekke soos volg. Van waar hy by die verpakkingsplek gestaan het, het hy die appellant saam met 'n ander vrou tussen die rakke deur sien rondbeweeg. Hy het gesien 'of sy iets vat daarso'. Hy het 'iets snaaks' I onder haar baadjie gesien. Sy het 'n wit baadjie gedra. Hy het vermoed dat sy iets onder haar baadjie gehad het. Toe het hy haar dopgehou. Sy en haar vriendin het in die rigting van die kasregister beweeg. Die vriendin het voor geloop en het 'n bottel sjampanje by haar gehad, By die betaalpunt het die vriendin vir die sjampanje betaal en hy het die bottel verpak. Die appellant het agter die vriendin aan verby die betaalpunt J geloop, sonder om vir iets te betaal. Die
1987 (1) SA p228
Botha AR
A vriendin is met haar pakkie by die deur uit. Die appellant het agterna geloop, verby die plek waar hy gestaan het, en was op pad na die deur. Omtrent so by die drumpel van die deur het hy haar teruggeroep en na haar gegaan en haar 'gevang'. Hy het dit gedoen omdat hy vermoed het dat sy iets onder haar baadjie B gehad het. Hy het haar na die bestuurder van die winkel geneem. Op pad soontoe het sy self 'n bottel brandewyn onder haar baadjie uitgehaal. Hy het niks vir haar gesê nie en sy het niks vir hom gesê nie. Die bestuurder het die polisie ontbied. Toe die polisie daar aankom, het hulle die appellant gevra of sy wou betaal vir die bottel brandewyn, waarop sy geantwoord het dat sy nie geld gehad het om daarvoor te betaal nie.
C Onder kruisondervraging is dit deur die appellant se prokureur herhaaldelik en pertinent aan Van der Ster gestel dat die appellant nog 'daar by die betaalpunt' was toe hy haar gearresteer het. Van der Ster het dit ontken en voet by stuk gehou dat die appellant nie slegs by die betaalpunt verby was D nie, maar reeds ook by hom en by die punt van die tafel verby, en naby die deur was, toe hy haar gearresteer het. Daar is ook aan Van der Ster gestel dat die appellant R50 by haar gehad het, waarmee syborggeld by die polisiestasie betaal het (die borgkwitansie is aan die getuie getoon), waarop Van der Ster te kenne gegee het dat hy nie daaroor iets kon sê nie. Verder is daar aan hom gestel dat die appellant nooit aan die polisie E gesê het sy het nie geld nie, maar dat sy inteendeel wel geld gehad het en die bottel brandewyn wou gekoop het; en toe Van der Ster gevra is of sy nie so gesê het (aan die polisie) nie, was sy antwoord: 'Nee ek weet nou nie'. In herondervraging deur die aanklaer het Van der Ster getuig dat die polisie Afrikaans gepraat het met die appellant en bygevoeg 'ek glo nie sy F verstaan Afrikaans nie', en ten slotte gesê hy kon nie onthou in watter taal sy die polisie geantwoord het nie.
Cupido se hoofgetuienis was in hooftrekke soos volg. Hy was agter in die winkel besig om 'n klant by die yskas behulpsaam te wees, toe hy twee Swart dames gewaar wat die winkel binnekom. Hy sê hy het hulle 'onmiddellik' dopgehou. Dit was die appellant en haar vriendin. Hulle het gekom na waar hy was G en hom gevra vir 'n bottel sjampanje, wat hy toe aan hulle gegee het. Hulle is toe terug na die voorste deel van die winkel, waar hulle van rak tot rak gegaan het en na die pryse van bottels drank gekyk het. Die bestuurder het...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
S v Ndhlovu and Others
...(2) SACR 801 (A) S v Kahn 1997 (2) SACR 611 (SCA) S v Kelly 1980 (3) SA 301 (A) at 308E I S v Kwalase 2000 (2) SACR 135 (C) S v Lujaba 1987 (1) SA 226 (A) at 233I - 234A S v Madlala 1969 (2) SA 637 (A) at 640G - J S v Malepane and Another 1979 (1) SA 1009 (W) at 1017 S v Maritz 1996 (1) SAC......
-
S v Ndhlovu and Others
...(2) SACR 801 (A) F S v Kahn 1997 (2) SACR 611 (SCA) S v Kelly 1980 (3) SA 301 (A) at 308E S v Kwalase 2000 (2) SACR 135 (C) S v Lujaba 1987 (1) SA 226 (A) at 233I - 234A S v Madlala 1969 (2) SA 637 (A) at 640G - J G S v Malepane and Another 1979 (1) SA 1009 (W) at 1017 S v Maritz 1996 (1) S......
-
S v Khuzwayo
...se bewering dat hy voorgesê is ten aansien van die inhoud van die bekentenis: S v Hoosain 1987 (3) SA 1 (A) op 10E-G; S v Lujaba 1987 (1) SA 226 (A) op 235I; S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A); S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 L C J van Vuuren namens die Staat het na die volgende gesag verwys: F T......
-
S v Tau
...soort goed uitoefen, edm" . . . .' E Uit die beslissings in S v M 1982 (1) SA 309 (O), S v Dlamini 1984 (3) SA 196 (N) en S v Lujaba 1987 (1) SA 226 (A) is dit duidelik dat 'n dief, in sommige omstandighede, selfs voordat hy die betaalpunt van 'n selfbe-dieningswinkel bereik, aan die voltoo......