S v Louterwater Landgoed (Edms) Bpk en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeBanks R en Baker Wn R
Judgment Date18 February 1972
Citation1972 (2) SA 809 (C)
CourtCape Provincial Division

Baker, Wn - R.:

Die appellante in die onderhawige appèl is

E (1) Louterwater Landgoed (Edms.) Bpk., 'n private maatskappy wat die boerderyberoep uitoefen in die distrik Joubertina in die Langkloof, Kaap, en wat ten alle tersaaklike tye verteenwoordig was deur die tweede appellant, nl -

F (2) Pieter Mattheus Kruger le Roux, 'n direkteur van eerste appellant, wat in sy persoonlike hoedanigheid ingevolge art. 381 van Wet 56 van 1955 aangekla was, en

(3) Matthys Johan Strydom, 'n werknemer van eerste appellant (die bestuurder of voorman van die plaas Louterwater Landgoed) wat in sy hoedanigheid as werknemer aangekla was.

G Die eerste en tweede appellante is op 5 Mei 1971 deur die streekslanddros

Baker Wn R

van die streekafdeling Oos-Kaap skuldig bevind aan 'n oortreding van Grondbewaringsmaatreël nr. 4 van die gewysigde Grondbewaringsplan vir die Grondbewaringsdistrik Joubertina saamgelees met arts. 19 (1) (i) en 34 (c) van die Grondbewaringswet, 45 van 1946, soos gewysig, d.w.s. die A brand van veld op 3 Junie 1969 binne die jurisdiksie van die plaaslike Brandbestrydingskomitee sonder voorafafgaande skriftelike magtiging van bedoelde komitee; en aldrie appellante is skuldig bevind aan 'n oortreding van art. 21 (1) (c) (ii) van die Boswet, 72 van 1968, soos gewysig, d.w.s., deur hul nalatigheid toegelaat het dat 'n vuur versprei B het en skade en/of verlies veroorsaak het op 23 September 1969.

Die appellante is aangekla van drie klagtes met betrekking tot die aansteek van die eerste brand en van 'n verdere drie met betrekking tot die verspreiding van die tweede brand. Die eerste en tweede appellante is skuldig bevind op die tweede alternatiewe klagte met betrekking tot C die eerste brand, en aldrie op die hoofklagte met betrekking tot die tweede brand en is onskuldig bevind op die orige klagtes. Ek sit derhalwe alleenlik die klagtes waarop hulle skuldig bevind is uiteen en maak geen melding van die klagtes waarop hulle onskuldig bevind is nie. Die relevante klagtes met betrekking tot die brand wat op 3 Junie 1969 aangesteek is lui soos volg:

'2de alternatief: Dat beskuldigdes skuldig is weens die oortreding D geskep deur art. 34 (c) gelees met art. 19 (1) (i) van Wet 45 van 1946, en Grondbewaringsmaatreël 4 van die gewysigde Grondbewaringsplan (verwysingsnommer R.4250/22/261 gedateer 12/3/63 vir die Grondbewaringsdistrik van Joubertina, uitgereik ingevolge art. 21 van Wet 45 van 1946;

Deurdat nademaal Grondbewaringsmaatreël Nr. 4 van die gemelde Grondbewaringsplan bepaal dat geen veld in die Grondbewaringsdistrik van Joubertina sonder voorafgaande skriftelike magtiging van die betrokke E Brandbestrydingskomitee gebrand mag word nie; en

Nademaal die beskuldigdes grond, te wete die plaas Louterwater Landgoed (Edms.) Bpk., besit of bewoon het wat binne die gemelde grondbewaringsgebied val en ten opsigte waarvan die gemelde grondbewaringsplan van toepassing was; en

Nademaal die beskuldigdes op of omtrent 3 Junie 1969 en te of naby die plaas Louterwater Landgoed (Edms.) Bpk. in die distrik Joubertina, en in F die streekafdeling van die Oos-Kaap, wederregtelik en onwettiglik sonder voorafgaande skriftelike magtiging van die betrokke Brandbestrydingskomitee veld op die laasgenoemde grond gebrand of laat brand het.

Daarom het die beskuldigdes op die gemelde datum en plek wederregtelik en onwettiglik in gebreke gebly om te voldoen aan die gemelde bepaling van die gemelde Grondbewaringsplan of dit oortree of oortreding daarvan toegelaat.'

G Nadere besonderhede tot die tweede alternatiewe klagte tot klagte (1) is versoek en dié saamgelees met die antwoorde daarop het aangedui dat die Staat sou poog om te bewys dat -

(a)

die veld wat sonder toestemming aan die brand gesteek is geleë H was op 'n gedeelte van die plaas suid van die laaste kaal land en noord van die brandbaan teen die berg;

(b)

die presiese plek waar die vuur aangesteek is om die veld te brand is bogemelde gedeelte van die plaas; en

(c)

dié vuur is òf deur die derde appellant òf deur persone aan die aanklaer onbekend maar in opdrag van die derde appellant aangesteek.

Die relevante klagte met betrekking tot die brand wat op 23 September 1969 sou versprei het lui soos volg:

Baker Wn R

'Klagte 2: Beskuldigdes is skuldig aan 'n oortreding van art. 21 (1) (c) (ii) van Wet 72 van 1968; deurdat op of omtrent die 23ste September 1969 en te of naby die plaas Louterwater Landgoed (Edms.) Bpk. geleë in die distrik van Joubertina en in die streekafdeling van Oos-Kaap, genoemde beskuldigdes wederregtelik en onwettiglik in die ope lug of sonder magtiging 'n vuur gemaak of gehelp maak of gebruik het of weer A aangesteek het en wat as gevolg van beskuldigdes se nalatigheid versprei en skade en/of verlies veroorsaak het.'

Nadere besonderhede is ook tot hierdie aanklag versoek en het daarop gedui dat die Staat sou probeer om te bewys dat

(a)

die vuur gemaak, gehelp maak, of weer aangesteek is òf deur derde B appellant òf deur persone onbekend aan die aanklaer maar in opdrag van derde appellant en dat dit 'gebruik' was deur aldrie appellante;

(b)

die vuur aangesteek was op die gedeelte van die plaas waar dit op 3 Junie aangesteek was (die gedeelte hierbo beskrywe);

(c)

die appellante die vuur 'gebruik' het om grond skoon te maak; en

(d)

die appellante nalatig was deurdat (i) onbehoorlike toesig oor die

C vuur gehou is; en/of (ii) in die lig van die heersende omstandighede onvoldoende maatreëls getref was om te voorkom dat die vuur versprei en om dit te beheer; en/of (iii) 'n vuur gemaak is op 'n plek wat onveilig was.

D Om bostaande klagtes te verduidelik is dit wenslik om die bepalings waarna verwys word, uiteen te sit.

Die klagte met betrekking tot die brand op 3 Junie 1969 verwys na drie wetsbepalings. Hulle is, in logiese volgorde en nie in die volgorde soos in die klagstaat weergee nie, die volgende:

(i)

'Geen veld in hierdie Grondbewaringsdistrik mag sonder die voorafgaande skriftelike magtiging van die betrokke E Brandbestrydingskomitee gebrand word nie.'

(Maatreël nr. 4 van die Grondbewaringsmaatreëls vervat in die gewysigde plan vir die distrik Joubertina, uitgereik op 14.9.1963 deur die Hoofdirekteur (Beleid) van die Departement van Landboutegniese Dienste, handelend in opdrag van die Minister van daardie Departement, kragtens F bevoegdheid deur laasgenoemde aan die Hoofdirekteur (Beleid) ooreenkomstig art. 34 bis van die Grondbewaringswet verleen. Die gewysigde plan, inkluis bogemelde maatreël, het op 10.12.1963 in werking getree, en die Departementele verwysingsnommer is R.4250/22/261).

(ii)

'Elke grondbewaringsplan meld die oogmerke en bestek daarvan en omskryf die grond waarop dit van toepassing is, en kan bepalings G insluit betreffende -

(i)

die reëling van of verbod op veldbrand.'

(Art. 19 (1) (i) van die Grondbewaringswet, 45 van 1946. Die grond waarop die plan vir Joubertina van toepassing is, is in Prok. 236 van H 1949 omskryf, en sluit in die plaas Louterwater Landgoed: sien die Staatskoerant gedateer 26.10.49. Die Proklamasie is geteken deur die destydse Goewerneur-generaal en mede-onderteken deur die destydse Minister van Landbou).

(iii)

'... enige grondeienaar of - bewoner wat... 'n bepaling (van 'n grondbewaringsplan wat ten opsigte van die grond wat hy besit of bewoon, in werking is) oortree of die oortreding daarvan toelaat, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met (sekere boete of gevangenisstraf)'

(Art. 34 (c) van Wet 45 van 1946 soos gewysig. Die grondeienaar in die onderhawige geval is natuurlik die eerste appellant).

Baker Wn R

Eerste en tweede appellante, as gevolg van hul skuldigbevinding op dié aanklag, is beboet met R50 elk, en in die geval van tweede appellant is daar 'n alternatiewe straf van 25 dae gevangenisstraf opgelê in sy persoonlike hoedanigheid as synde die verteenwoordiger van eerste A appellant ingevolge art. 381 (2) en (5) van die Strafproseswet, 56 van 1955, soos gewysig.

Die klagte met betrekking tot. die verspreiding van die brand op 23 September 1969 verwys alleenlik na een wetsbepaling:

'Iemand wat in die ope lug met of sonder magtiging òf persoonlik òf deur sy dienaar of agent 'n vuur maak of help maak of gebruik, weer aansteek of brandstof daarby voeg, wat as gevolg van sy nalatigheid versprei of skade of verlies veroorsaak, is aan 'n misdryf skuldig en by B skuldigbevinding (op sekere maniere strafbaar).'

(Art. 21 (1) (c) (ii) van die Boswet, 72 van 1968, soos gewysig).

Die eerste twee appellante as gevolg van hul skuldigbevinding op hierdie aanklag is elkeen met R50 beboet; en in die geval van tweede appellant C is hy gevonnis tot 'n alternatief van 25 dae gevangenisstraf. Die derde appellant is met R200 beboet met 'n alternatief van 50 dae gevangenisstraf.

Die appellante kom nou in hoër beroep teen gemelde skuldigbevindings en vonnisse, en wel op die volgende gronde:

1. (a)

Die landdros moes bevind het dat die Grondbewaringsmaatreël D nr. 4, waarna in die getuienis verwys word, ultra vires en van geen geldende krag was nie.

(b)

Die landdros moes bevind het dat daar nie bewys was nie dat die gemelde Grondbewaringsmaatreël nr. 4 op die beskuldigdes van toepassing was nie.

2.

E Die landdros moes op die getuienis bevind het dat nie een van die twee vure, waarna in die getuienis verwys was, veldbrande was soos bedoel in art. 19 (1) (i) van Wet 45 van 1946, nie.

3. (a)

Die landdros het fouteer deur te bevind dat daar nalatigheid was aan die kant van enige van die beskuldigdes.

(b)

Die landdros het fouteer deur te bevind dat die nalatigheid F van die beskuldigdes die beweerde skade veroorsaak het.

4.

Die landdros moes op die getuienis voor hom bevind het dat die Staat nie daarin geslaag het om die skuld van enigeen van die drie beskuldigdes op klagte 2 te bewys nie.

5.

Die...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

7 practice notes
  • Fink and Another v Bedfordview Town Council and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...McPherson and Others v Townships Board, Transvaal, and Others 1975 (2) SA 637 (W); S v Louterwater Landgoed (Edms) Bpk en Andere 1972 (2) SA 809 (C) at 820; Birmingham City Corporation v West Midland Baptist (Trust) Association (Incorporated) [1969] 3 All ER 172 at 184; I Minister van Water......
  • Attorney-General, Cape v Bestall
    • South Africa
    • Invalid date
    ...333E - 334E; S v Nhamburo and Others 1976 (2) SA 249 (R); R v Malakwa 1935 TPD 389 op 391; S v Louterwater Landgoed (Edms) Bpk en Andere 1972 (2) SA 809 (K) op 818C - E. Rabie in THRHR (supra op 84) doen aan die hand dat uitsonderings beskou moet word as statutêre regverdigingsgronde. Die C......
  • Ex parte Minister van Justisie: In re S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(4) SA 120 (T) op 123-4; S v Joseph Mtshumayeli (Pvt) Ltd 1971 (1) SA 33 (RA) op 34-5; S v Louterwater E Landgoed (Edms) Bpk en Andere 1972 (2) SA 809 (K) op 824F-826D; S v Film Fun Holdings (Pty) Ltd and Others 1977 (2) SA 377 (OK) op 385-6; S v Theron 1984 (2) SA 868 (A) op 877A-878H; S v......
  • Ex parte Minister van Justisie: In re S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Dairy (Pty) Ltd 1955 (4) SA 120 (T); S v Joseph Mtshumayeli (Pvt) Ltd 1971 (1) SA 33 (RA); S v Louterwater Landgoed (Edms) Bpk en Andere 1972 (2) SA 809 (K); S v Film B Fun Holdings (Pty) Ltd and Others 1977 (2) SA 377 (OK); S v Theron 1984 (2) SA 868 (A); S v Ngubane 1985 (3) SA 677 (A); S......
  • Get Started for Free
7 cases