S v Loubser
| Jurisdiction | South Africa |
| Judge | Beyers RP, Van Heerden R en Tebbutt WN R |
| Judgment Date | 31 March 1969 |
| Citation | 1969 (2) SA 652 (C) |
| Hearing Date | 03 March 1969 |
| Court | Cape Provincial Division |
Tebbutt, WN - R.:
Karel Jacobus Loubser (hierna die respondent genoem) B is voor die landdros te Malmesbury aangekla van 'n oortreding van art. 11 (1) van Wet 23 van 1963 deurdat hy -
'synde 'n persoon teen wie 'n onderhoudshof te wete die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop van die Hooggeregshof van Suid-Afrika 'n bevel gemaak het vir die betaling van periodieke betalings vir onderhoud te wete R10 per maand tot en met die einde van Desember 1967 en daarna R6 per maand, wederregtelik en te Malmesbury in die distrik van Malmesbury en gedurende of omtrent die tydperk 22/12/65 tot op datum, versuim, geweier C of nagelaat het om aan gemelde bevel te voldoen'.
Na die afloop van die Staatsaak is hy op 'n regsvraag onskuldig bevind en ontslaan, en die Prokureur-generaal het kragtens art. 104 (1) van Wet 32 van 1944 aansoek gedoen dat 'n casus-posisie ter oorweging van hierdie Hof opgestel word. Die landdros het dit dan ook gedoen, en die D regsvraag is nou by wyse van 'n appèl deur die Staat ingevolge art. 104 (2) van Wet 32 van 1944 voor hierdie Hof vir beslissing. By die beredenering van die appèl het mnr. Beukes namens die Staat opgetree en mnr. Comrie namens die respondent. Die Hof wil sy waardering aan albei die advokate uitspreek vir hulle hulpvolle argumente en die Hof is veral E mnr. Comrie, wat op versoek van die Hof die saak van die respondent behartig het, dank verskuldig.
Voordat ek die regsvraag uiteensit, wil ek eerstens die feite waarop sodanige regsvraag gegrond is weergee. Hierdie feite is soos volg:
Die respondent en Berendina Elizabeth Loubser was voorheen wettiglik met mekaar getroud. Die huwelik tussen hulle is op 22 Desember 1965 deur 'n F finale egskeidingsbevel ontbind. In die egskeidingsaak was respondent die eiser en sy vrou die verweerderes en dit is gemene saak dat respondent die onskuldige party was. Desnieteenstaande het hy klaarblyklik toegestem en ooreengekom om onderhoud aan sy voormalige vrou te betaal en in die egskeidingsbevel wat hom toegestaan was, kom die volgende voor:
G 'Dat die eiser onderhoud vir die verweerderes betaal tot haar dood of hertroue teen R10 per maand tot en met einde van Desember 1967 en daarna teen R6 per maand.'
Die respondent het vanaf 22 Desember 1965 tot 21 Junie 1968 net R12 onderhoud aan die gemelde Berendina Elizabeth Loubser betaal en het H gevolglik nie die Hofbevel nagekom nie. Hierdie feite is in die casus-posisie as bewese bevind en die landdros het 'n verdere feit bygevoeg, naamlik dat die gemelde onderhoudsbevel kragtens art. 10 (1) (b) van Wet 37 van 1953 uitgevaardig is. Ek sal later met hierdie laasgenoemde feitebevinding handel.
Die regsvraag wat dan uit die voorgenoemde feite ontstaan is of die nie-betaling van onderhoud kragtens 'n bevel van 'n Hof wat teen die onskuldige party by 'n huweliksaksie gemaak is en wat op 'n ooreenkoms om onderhoud aan die skuldige party te betaal gegrond is, die wanbetaler
Tebbutt WN-R
aan 'n oortreding van art. 11 (1) van Wet 23 van 1963 skuldig maak. Die relevante gedeelte van art. 11 (1) van Wet 23 van 1963 lees soos volg:
'Behoudens die bepalings van sub-art. (3) is 'n persoon wat versuim om A 'n bepaalde betaling ooreenkomstig 'n onderhoudsbevel te doen, aan 'n misdryf skuldig . . .'
'n 'Onderhoudsbevel' is in art. 1 van gemelde Wet soos volg gedefinieer:
''n bevel tot periodieke betaling van bedrae geld tot onderhoud van enige persoon uitgevaardig deur enige hof (met inbegrip van die Hooggeregshof van Suid-Afrika) in die Republiek . . .'.
B Of 'n versuim om 'n bevel na te kom tot periodieke betalings van bedrae geld tot onderhoud van 'n voormalige eggenoot (wat losweg gewoonlik as 'onderhoud' beskrywe word) gemaak as gevolg van 'n ooreenkoms waar die betaler nie regtens verplig was om dit te betaal nie, strafwaardig is aldan nie, is glad nie res nova nie. In R. v. C Blundell, 1943 T.P.A. 146, is 'n man in 'n landdroshof daarvan skuldig bevind dat hy art. 110 (1) van Wet 46 van 1935 oortree het daar hy versuim het om onderhoud te betaal ingevolge 'n egskeidingsbevel waarby 'n ooreenkoms om sodanige onderhoud aan sy vrou te betaal, ingelyf was. Art. 110 (1) van Wet 46 van 1935 het soos volg gelees:
'Behoudens die bepalings van sub-art. (3) is iedereen, teen wie 'n D geregshof 'n order uitgevaardig het tot 'n periodieke betaling van somme geld tot onderhoud van iemand, wat versuim om een of ander bepaalde betaling ooreenkomstig daardie order te doen, aan 'n misdryf skuldig . . .'
Op appèl is dit beslis dat die gemelde artikel nie van toepassing is op 'n verantwoordelikheid gegrond op 'n Hofbevel wat gemaak is ingevolge 'n E ooreenkoms om onderhoud te betaal waar daar geen gemeenregtelike verantwoordelikheid berus het op die persoon wat so toegestem het om sodanige bedrae te betaal.
Blundell se saak is natuurlik beslis voor die inwerkingtreding van die Wet op Huweliksaangeleenthede, 37 van 1953. Voor hierdie Wet op die F statuteboek geplaas is, was daar 'n meningsverskil of 'n Hooggeregshof by magte was of die bevoegdheid gehad het om 'n bevel te maak wat 'n skuldige eggenoot sou las om na die ontbinding van die huwelik onderhoud aan die onskuldige te betaal (sien Hahlo, S. A. Law of Husband and Wife, 1ste uitg., bl. 369 - 371; 2de uitg., bl. 15, 428; Sadie v Sadie, 1953 (4) SA 39 (W) op bl. 40). Die oorwig van mening, na die uitspraak in G Schultz v Schultz, 1928 O.P.A. 155, was dat die Howe nie by magte was om die betaling van onderhoud aan 'n onskuldige eggenoot te beveel nie (sien Hahlo, loc. cit.). Daar was ook onsekerheid of 'n Hof die bevoegdheid gehad het om 'n ooreenkoms waaronder die een eggenoot onderneem het om onderhoud aan die ander, na die huweliksontbinding, te H betaal, 'n bevel van die Hof te maak. In party Afdelings was dit die mening dat die Hof wel so gemagtig was terwyl in ander Afdelings dit die mening was dat dit alleen kon geskied as die onderhoudsbepaling deel was van 'n algemene eiendomsverdelingskikking (sien Hahlo, op cit., bl. 371, en sake daar aangehaal). In Sadie v Sadie, supra, en Waldman v Waldman, 1953 (4) SA 39 (W), het ROPER, R., die mening uitgespreek dat so 'n ooreenkoms huweliksontbinding vir geldelike oorwegings sou aanmoedig alhoewel VAN DEN HEEVER, R. (soos hy toe was), in van Schalkwyk v van Schalkwyk, 1947 (4) SA 86 (O), niks verkeerd met so 'n ooreenkoms
Tebbutt WN-R
gesien het nie en 'n ooreenkoms 'n Hofbevel gemaak het waarin die eiser onderneem het om onderhoud aan die verweerderes te betaal. In Blundell se saak, supra, was dit dan ook die mening van GREENBERG, R.P., dat geen A gemeenregtelike verantwoordelikheid op 'n eggenoot berus het om na die ontbinding van die huwelik die ander eggenoot te onderhou nie en al het die skuldige eggenoot in daardie saak ooreengekom om die onskuldige na die egskeiding te onderhou, het dit nie vanuit 'n gemeenregtelike verantwoordelikheid voortgespruit nie. 'n Versuim om 'n Hofbevel waarby so 'n bevel ingelyf was, na te kom, was dus nie strafwaardig onder art. 110 (1) van Wet 46 van 1935 nie.
B Die geleerde REGTER-PRESIDENT het gesê dat die kernvraag die vertolking van die betekenis van die woord 'onderhoud' in die gemelde artikel was en op bl. 149 stel hy dit soos volg:
'In the case of Tregoning v Tregoning, 1914 W.L.D. 95, BRISTOWE, J., deals with the nature of a liability for alimony. He points out that alimony is not really a debt, and he quotes authorities to show that it C is not property in the ordinary sense, that it cannot be alienated, that the amount may be altered from time to time, and that the obligation for it is unaffected by bankruptcy or discharge from bankruptcy. It appears to me that the word 'maintenance', or 'onderhoud' in the section is used very much in the sense of alimony as it is used in that case. It is a word describing a special kind of obligation - an obligation which arises under common law and not under any agreement. If an order is made by the Court giving effect to such an obligation, it D is an order that can be varied from time to time, and it is clear that the order in the present case cannot be varied. I think that there is nothing in the section which points clearly to the use of the word 'maintenance' in the wide sense contended for by the Crown. It may well be that the Legislature had in mind...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
PL v YL
...reversed on appeal Rossouw v Haumann 1949 (4) SA 796 (C): referred to I Rowe v Rowe 1997 (4) SA 160 (SCA): referred to S v Loubser 1969 (2) SA 652 (C): referred to Sanan v Sanan 1978 (1) SA 98 (W): referred to Schierhout v Minister of Justice 1925 AD 417: dictum at 423 applied Schultz v Sch......
-
PL v YL
...seq; and Zimmermann & Visser Southern Cross, Civil Law and Common Law in South Africa at 141 et seq. [30] Supra n20. Also S v Loubser 1969 (2) SA 652 (C) at [31] At 95. [32] Supra n20. [33] At 423. [34] Eksteen v Eksteen 1920 OPD 195; Frazer v Frazer 1922 EDL 85; Smith v Smith 1925 WLD 183;......
-
Strauss v Strauss
...is te vind in die volgende beslissings gegee na die inwerkingtreding van die genoemde Wet: R. v Bell, 1960 (3) SA 716; S. v Loubser, 1969 (2) S.A., 652; Copelowitz v Copelowitz and Others, N.O., 1969 C (4) SA 64. Hierteenoor is in 'n aantal sake 'n teenoorgestelde mening uitgespreek: Ex par......
-
Strauss v Strauss
...to pay an innocent spouse mainten-ance. This view was approved of by a FuH Bench of the Cape Provin-cial Division in S. v. Loubser, 1969 (2) S.A. 652 (C). A similar view was expressed in Copelowitz v. Copelowitz and Others, N.O., 1969 (4) S.A. 64 (C). A contrary view on the meaning of sec. ......