S v Limo

JurisdictionSouth Africa
CourtOrange Free State Provincial Division
JudgeWright R
Judgment Date17 November 1994
Citation1995 (1) SACR 404 (O)
Hearing Date17 November 1994

Wright R:

Die beskuldigde is 'n 28-jarige man wat skuldig bevind is aan oortreding van arts 2 en 36 van die Wet op Wapens en Ammunisie 75 van 1969. By die eerste aanklag ten aansien van die beweerde onwettige besit van 'n vuurwapen, was 'n .22 Magnum rewolwer ter sprake en die tweede G aanklag het gehandel oor die beweerde onwettige besit van twee .22 Magnum patrone. Ten aansien van die oortreding van art 2 van Wet 75 van 1969 (voortaan genoem 'die Wet'), is die beskuldigde gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf en ten aansien van die oortreding van art 36 van die Wet, is hy tot nege maande gevangenisstraf gevonnis. Daar is gelas dat die H vonnisse samelopend uitgedien moet word.

Nadat die Hersieningsregter redes vir vonnis aangevra het, het die landdros volledige en deurdagte redes vir die vonnisse wat in hierdie geval opgelê is, voorsien. Daar is ook kommentaar aangevra van die Prokureur-generaal en sy kantoor het die Hof voorsien met 'n uitgebreide I en uiters behulpsame memorandum wat deur adv C van der Merwe opgestel is. Die Hof wil sy dank betuig teenoor beide die landdros en die kantoor van die Prokureur-generaal en daar sal in hierdie uitspraak gebruik gemaak word van die navorsing en insig wat blyk uit die vermelde redes en kommentaar.

By die beoordeling van 'n gepaste vonnis vir die twee aanklagte wat hier J ter sprake is, moet op die bepalings van die Wet self gelet word en moet

Wright R

A daar eerstens vermeld word dat daar 'n onderskeid getref word tussen die onwettige besit van sekere klasse vuurwapens. By die beoordeling van die erns van enige afsonderlike klag moet daar deeglik rekening gehou word met die aard van die betrokke vuurwapen. Sien S v Phalane 1973 (4) SA 582 (T); S v Shezi 1980 (4) SA 494 (N) en S v Motaung 1981 (1) SA 145 (B). B Eerstens het die Wetgewer 'n onderskeid getref tussen die besit van 'n klein handwapen en 'n outomatiese masjiengeweer. Laasgenoemde val nie binne die trefwydte van 'n 'wapen' soos bedoel in art 1 van die Wet nie. 'n Persoon wat in besit van 'n masjiengeweer gevind word, word nie aangekla weens die oortreding van art 2 nie, maar weens die oortreding van art 32(1)(a) van die Wet. S v Dube 1994 (2) SACR 130 (N). Hierdie artikel C verwys na veel ernstiger wapens en 'n kanon, mortier en vuurpylrigter is by die artikel ingesluit. Veel ernstiger strawwe word dan ook opgelê kragtens die bepalings van art 39(2)(aA). Die maksimum straf wat opgelê kan word in die geval van so 'n oortreding, is 25 jaar gevangenisstraf en daar is ook 'n minimum gevangenisstraf van vyf jaar ten aansien van die D meeste wapens wat in art 32(1) vermeld word.

Ten aansien van vuurwapens anders as masjiengewere, word daar ook, sover dit die vonnis betref, onderskei tussen verskillende kaliber vuurwapens en E blyk hierdie onderskeid indien die bepalings van art 39(2)(a)(i) van die Wet vergelyk word met die bepalings van art 39(2)(b)(i). Eweneens word daar in arts 39(2)(a)(iv) en 39(2)(b)(i) onderskei tussen die onwettige besit van kleiner en groter hoeveelhede ammunisie. Ongetwyfeld is die bogemelde statutêre onderskeidings getref om onder andere te verhoed dat 'n persoon weens die onwettige besit van 'n kleiner kaliber vuurwapen, of 'n kleiner hoeveelheid ammunisie, te swaar gestraf sal word. Vergelyk S v M Monyako, ongerapporteerde beslissing van die Oranje-Vrystaatse F Provinsiale Afdeling in hersieningsnommer 1334/94. Ten aansien van die onderhawige saak, moet daar met die Prokureur-generaal se standpunt saamgestem word dat die kaliber van die vuurwapen in elk geval van so 'n aard is dat 'n persoon daardeur beseer of gedood kan word en dat die Hof G van hierdie feit geregtelik kennis kan neem.

Voordat daar gelet word op vonnisse wat in soortgelyke sake opgelê is, is dit eers nodig om kortliks te let op die versagtende en verswarende omstandighede wat hier ter sake is.

Versagtende omstandighede H

(a)

Die beskuldigde moet as bruikbare mensmateriaal beskou word. Hy het skoolopleiding tot standerd 10 ondergaan. Hy is getroud en het een kind. Hy bedryf 'n snoepwinkel en onderhou sy vrou en kind op 'n karige inkomste van R300 per maand.

(b)

I Die beskuldigde is 'n eerste oortreder en het dus op 28-jarige ouderdom nog nie voorheen met die gereg gebots nie.

(c)

Die beskuldigde het op beide aanklagte skuldig gepleit. Dit is moontlik aanduidend van berou aan sy kant, maar dit moet in gedagte gehou word dat die polisie met deursoeking die vuurwapen aan sy persoon gevind het en dat die getuienis derhalwe J oorweldigend teen hom was. Volgens die standpunt van

Wright R

A die Prokureur-generaal temper hierdie feit die versagtende waarde wat aan die pleit van skuldig geheg kan word.

(d)

Daar moet aanvaar word dat die betrokke vuurwapen en ammunisie nie met enige ander onwettige bedrywighede of misdaad in verband staan nie.

(e)

B Die beskuldigde het in sy verduideliking, ooreenkomstig art 112(1)(b) van Wet 51 van 1977, vermeld dat hy die vuurwapen opgetel het. Op 'n vraag wat hy met die vuurwapen sou maak, het hy geantwoord dat hy homself daarmee wou beskerm. Dit kom ietwat eienaardig voor waar hy self verder vermeld dat hy nie weet hoe 'n C vuurwapen werk nie. Alhoewel die beskuldigde se verduideliking volgens die standpunt van die Prokureur-generaal as onwaarskynlik voorkom, moet dit vir doeleindes vir die oorweging van 'n gepaste vonnis aanvaar word en staan dit in elk geval vas dat daar geen sprake was dat hierdie beskuldigde die vuurwapen of ammunisie D enigsins wou gebruik om 'n misdryf mee te pleeg nie.

Verswarende omstandighede

(a)

Die beskuldigde het die vuurwapen vir 'n relatiewe lang periode in sy besit gehad. Hy het die hof meegedeel dat hy die wapen E gedurende Januarie 1994 opgetel het, maar is hy eers op 12 September 1994 in besit daarvan gevind. Daar is dus geen twyfel nie dat hy voldoende geleentheid gehad...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

6 practice notes
  • S v Jansen
    • South Africa
    • 29 October 2019
    ...2002 (2) SACR 621 (T): distinguished S v Legoa 2003 (1) SACR 13 (SCA) ([2002] 4 All SA 373; [2002] ZASCA 122): applied S v Limo 1995 (1) SACR 404 (O): distinguished S v Madikane 2011 (2) SACR 11 (ECG): not followed S v Malgas 2001 (1) SACR 469 (SCA) (2001 (2) SA 1222; [2001] 3 All SA 220; [......
  • The effectiveness of sentencing as a measure to combat human trafficking
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...of ill-gotten gains.47 It is l ikely that nes are included as possible 43 Cf S v Sibisi 1998 (1) SACR 248 (SCA) at 251f-h; S v Limo 1995 (1) SACR 404 (O) at 406j ff; S v R 1993 (1) SACR 209 (a) at 220e-f; S v Ndwalane 1995 (2) SACR 697 (a) at 703b.44 In S v Lowis 1997 (1) SACR 235 (T) at 2......
  • S v Jansen
    • South Africa
    • Eastern Cape Division
    • 29 October 2019
    ...(1) SACR 18 (A). [72] 2002 (2) SACR 621 (T). [73] 1992 (1) SACR 685 (E). [74] 1995 (2) SACR 681 (A). [75] 1995 (2) SACR 697 (A). [76] 1995 (1) SACR 404 (O). [77] Above [78] Id. [79] Id. [80] Above n72. [81] Above n8 para 36. [82] Madikane above n6 para 31. [83] Delport above n8 para 38. [84......
  • S v Madikane
    • South Africa
    • 10 November 2010
    ...2002 (2) SACR 621 (T): considered and compared D S v Khoza and Others 2010 (2) SACR 207 (SCA): considered and compared S v Limo 1995 (1) SACR 404 (O): considered and S v Malgas 2001 (1) SACR 469 (SCA) (2001 (2) SA 1222; [2001] 3 All SA 220): discussed and applied S v Manana 2007 (1) SACR 62......
  • Get Started for Free
2 cases
  • S v Jansen
    • South Africa
    • Eastern Cape Division
    • 29 October 2019
    ...(1) SACR 18 (A). [72] 2002 (2) SACR 621 (T). [73] 1992 (1) SACR 685 (E). [74] 1995 (2) SACR 681 (A). [75] 1995 (2) SACR 697 (A). [76] 1995 (1) SACR 404 (O). [77] Above [78] Id. [79] Id. [80] Above n72. [81] Above n8 para 36. [82] Madikane above n6 para 31. [83] Delport above n8 para 38. [84......
  • S v Madikane
    • South Africa
    • Eastern Cape Division
    • 10 November 2010
    ...[40] Note 14 above. [41] Note 16 above. [42] 1992 (1) SACR 685 (E). [43] 1995 (2) SACR 681 (A). [44] 1995 (2) SACR 697 (A). [45] 1995 (1) SACR 404 (O). ...
1 books & journal articles