S v Lehnberg en 'n Ander
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Rumpff HR, Muller AR en Galgut Wn AR |
Judgment Date | 23 July 1975 |
Citation | 1975 (4) SA 553 (A) |
Hearing Date | 23 July 1975 |
Court | Appellate Division |
Rumpff, H.R.:
Die appellante in hierdie saak is in die Kaapse Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan moord. Dit blyk dat nadat die saak vir die Staat gesluit was, geen van beide getuienis afgelê het nie. Na skuldigbevinding het appellant nr. 2, Choegoe, getuienis afgelê ter versagting van sy vonnis.
Rumpff HR
Appellante nr. 1 Lehnberg, het geen getuienis afgelê nie. Die Verhoorhof het bevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie en beide appellante is ter dood veroordeel. Op 'n later stadium is aansoek gedoen om verlof om na hierdie Hof teen die A vonnis te appelleer en, hoewel Lehnberg en Choegoe vóór die verhoor psigatries ondersoek was, is daar ook aansoek gedoen om nuwe getuienis aan die Hof voor te lê onder art. 363 (3) van Wet 56 van 1955. Die Verhoorhof het die aansoek om nuwe getuienis voor te lê deeglik oorweeg en 'n bevel verleen dat sekere persone getuienis kon aflê in verband met sosiale, B mediese en psigologiese faktore wat die appellante se verwybaarheid kon raak. Nadat die Verhoorhof vir dae lank geduldig getuienis hieroor aangehoor het, getuienis wat onnodig vol herhalings en irrelevante besonderhede was, is verlof om te appelleer aan Lehnberg geweier maar aan Choegoe toegestaan. Later het hierdie Hof die nodige verlof aan Lehnberg toegestaan. Nadat die appèl van appellante aangehoor is, is die appèl van beide in 'n kort uitspraak gehandhaaf en die C doodvonnis tersyde gestel. Lehnberg se vonnis is verander tot 20 jaar gevangenisstraf en die van Choegoe tot 15 jaar gevangenisstraf. Wat nou volg is die skriftelike redes vir die uitspraak van hierdie Hof.
Uit die feite wat voor die Verhoorhof gelê is, blyk dit dat op 4 November 1974 die oorledene, 'n Blanke getroude vrou, in haar D huis in Boston Estate, Kaapstad, wreed vermoor is. Wat gebeur het is dat Lehnberg, 'n Blanke meisie, wat pas 19 jaar oud geeword het, Choegoe, 'n Kleurling van in die dertig jaar, per motor by sy huis gaan haal het en na die huis van die oorledene gebring het. Sy het hom in die huis ingeneem om die oorledene te vermoor. Die oorledene is met 'n harde voorwerp, waarskynlik 'n pistool, 'n slag in die gesig toegedien as gevolg waarvan E haar kaak op twee plekke gebreek is. Daarna is sy verwurg en terwyl sy op die grond gelê het, is sy sewe steke met 'n toe skêr in die linker bors toegedien vier waarvan die hart ingedring het. Choegoe het in sy getuienis ter versagting erken dat hy die oorledene verwurg en met die skêr gesteek het.
Die oorsaak van hierdie moord moet gesoek word in 'n F liefdesdriehoek met ongewone eienskappe. Lehnberg was 16 jaar oud toe sy einde 1971 std. 8 behaal het. In die begin van 1972 het sy by die Ortopediese Sentrum van die Rooikruis Hospitaal te Rondebosch as klerk en telefoniste gaan werk. Van der Linde, eggenoot van die oorledene, en dertig jaar ouer as Lehnberg, was daar werksaam as tegnikus. Aanvanklik het Lehnberg met ten minste twee jong mans uitgegaan en ook gemeenskap met hulle G gehad. Sy was in daardie stadium reeds "op die pil". Later het 'n verhouding tussen haar en Van der Linde ontstaan. Hy het haar by die werkwinkel na ure drank gegee, begin soen, en later het hulle gemeenskap daar gehad. Gedurende die etensuur in die middae het Van der Linde haar gereeld per motor uitgeneem. Toe Lehnberg 18 jaar oud geword het, het sy haar ouerlike huis H verlaat en in 'n losieshuis gaan bly. Van toe af het Van der Linde haar elke dag van Maandag tot Vrydag huistoe geneem en in haar kamer vertoef. Drank is gedrink by 'n hotel of in Lehnberg se kamer en in die kamer het gemeenskap plaasgevind. Lehnberg het in die proses intens op Van der Linde verlief geraak. Die moontlikheid van egskeiding is bespreek en Lehnberg het selfs met die oorledene gaan praat maar sy moes tot die konklusie gekom het dat Van der Linde en sy vrou nie bereid was om terwille van haar te skei nie. Van der Linde het wel haar laat verstaan dat as hy sy vrou oorleef, hy haar sou aanvaar. Dit skyn duidelik te wees dat hierdie soort van gesprek by
Rumpff HR
Lehnberg die idee van moord in haar hart gelê het. Choegoe is as pasiënt by die Ortopediese Sentrum gehelp. Hy het sy been bo die knie as gevolg van 'n ongeluk verloor en het 'n kunsbeen gekry wat ongerieflik was. Daarby was die stomp van sy been pynlik.
Reeds in Julie 1974 het Lehnberg Choegoe genader om die A oorledene dood te maak. Aan hom is beloftes gemaak van verskillende aard: geld, 'n motor, selfs 'n huis en seks. 'n Paar maal het hy self na die huis van oorledene gegaan, eenkeer het Lehnberg hom naby die huis afgelaai, met 'n hamer, om oorledene dood te slaan, maar hy het nie oorgegaan tot die daad nie. Ten slotte, op 4 November 1974, het Lehnberg hom, sonder B voorafgaande afspraak, gaan haal en na die oorledene se huis geneem. Vantevore het Lehnberg die verhouding tussen haar en Van der Linde wou verbreek en wou sy Kaapstad verlaat maar Van der Linde het haar oorreed om dit nie te doen nie. Einde September 1974 het sy haar werk by die Ortopediese Sentrum laat C vaar en by 'n sekere Vigus gaan werk. Teen daardie tyd het Van der Linde haar nie meer huistoe geneem nie omdat hy sy vrou van die verhouding vertel het. Dit het hy gedoen omdat Lehnberg aan hom vertel het dat sy swanger was. Later het sy vertel dat sy 'n miskraam gehad het, maar dit skyn asof daar geen swangerskap was nie. Van der Linde het besluit om geleidelik die verhouding te verbreek maar terwyl Lehnberg by Vigus gewerk het, het hy D haar nog elke dag, gedurende die middagetensuur, met sy motor uitgeneem. In Oktober het Lehnberg besluit om haar werk in Kaapstad te laat vaar en na Johannesburg te gaan. Sy het haar goed gepak en sou, wat haar kennisse en familie betref, om middernag van 3 tot 4 November per motor vertrek. In plaas daarvan het sy die oggend van 4 November Choegoe gaan haal en E is die oorledene vermoor. Na die moord het Lehnberg Choegoe by sy huis afgelaai en is sy na Johannesburg, waar sy later gearresteer is.
In die uitspraak van die Verhoorhof oor versagtende omstandighede, nadat Choegoe getuienis afgelê het en voordat die nuwe getuienis aangehoor is, word die volgende gesê omtrent Lehnberg:
"I accept that this young woman became infatuated with a middle-aged man. I accept that he must have had some influence F over her and that he may even have encouraged her to hope that they might at some time get married. And I accept that this infatuation was what led to what counsel described as a crime of passion. He has argued that it is a crime which has been before the Courts many times and goes back to early times, and it does indeed. It was King David in the Bible who sent Uriah the Hittite into the hottest forefront of the battle so that he might take his wife. It is a crime which has come before the Courts from time to time and I have no doubt will come before the Courts again. In this particular case it was, as the G Attorney-General said, not committed in hot blood on the spur of the moment, but it was planned over a matter of months and it must be remembered that the accused was not the innocent party in this triangle. She knew that Van der Linde was married, she knew he had a wife and two sons and a daughter. She was the one who...
To continue reading
Request your trial-
S v Mncube en 'n Ander
...Fundakubi 1948 (3) SA 810 (A) op 818; S v Sigwahla 1967 (4) SA 566 (A) op 571; S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A); S v Lehnberg and Another 1975 (4) SA 553 (A) op 562; S v Makete 1971 (4) SA 214 (T) op 215; R v Sibande 1956 (4) SA 23 (T) op 25 - 6; R v Jolly and Others 1923 AD 176 op 183; S v Bud......
-
S v Eiman
...op 724F; S v Webb 1971 (2) SA 343 (T); Du Toit (op cit op 220, 221); R v Taylor 1949 (4) SA 702 (A) op 705; S v Lehnberg en 'n Ander 1975 (4) SA 553 (A) op 559G - H, 561F - H; die Strafproseswet 51 van 1977 art 78(7). D F Small namens die Staat het na die volgende gesag verwys: Oor die begi......
-
S v Sethoga and Others
...(A) at 476F - H; S v Ngomo 1984 (3) SA 666 (A) at 674E - G; S v Mohlobane 1969 (1) SA 561 (A) at 565C - E; S v Lehnberg en 'n Ander 1975 (4) SA 553 (A) at 561A - H; S v Ceaser 1977 (2) SA 348 (A) at 351A - F; S v Jansen and Another 1975 (1) SA 425 (A) at 427H; S v Mzinyane and Others 1988 (......
-
S v Smith and Others
...F; S v Sauls and Others F 1981 (3) SA 172 (A) at 184F - H; S v Van der Berg 1968 (3) SA 250 (A) at 252C - D; S v Lehnberg and Another 1975 (4) SA 553 (A) at 560F - H, 561A - B, 562G - H, 563F - G; S v X 1974 (1) SA 344 (RA) at 348D - E; R v Fundakubi and Others 1948 (3) SA 810 (A) at 818; S......
-
S v Mncube en 'n Ander
...Fundakubi 1948 (3) SA 810 (A) op 818; S v Sigwahla 1967 (4) SA 566 (A) op 571; S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A); S v Lehnberg and Another 1975 (4) SA 553 (A) op 562; S v Makete 1971 (4) SA 214 (T) op 215; R v Sibande 1956 (4) SA 23 (T) op 25 - 6; R v Jolly and Others 1923 AD 176 op 183; S v Bud......
-
S v Eiman
...op 724F; S v Webb 1971 (2) SA 343 (T); Du Toit (op cit op 220, 221); R v Taylor 1949 (4) SA 702 (A) op 705; S v Lehnberg en 'n Ander 1975 (4) SA 553 (A) op 559G - H, 561F - H; die Strafproseswet 51 van 1977 art 78(7). D F Small namens die Staat het na die volgende gesag verwys: Oor die begi......
-
S v Sethoga and Others
...(A) at 476F - H; S v Ngomo 1984 (3) SA 666 (A) at 674E - G; S v Mohlobane 1969 (1) SA 561 (A) at 565C - E; S v Lehnberg en 'n Ander 1975 (4) SA 553 (A) at 561A - H; S v Ceaser 1977 (2) SA 348 (A) at 351A - F; S v Jansen and Another 1975 (1) SA 425 (A) at 427H; S v Mzinyane and Others 1988 (......
-
S v Smith and Others
...F; S v Sauls and Others F 1981 (3) SA 172 (A) at 184F - H; S v Van der Berg 1968 (3) SA 250 (A) at 252C - D; S v Lehnberg and Another 1975 (4) SA 553 (A) at 560F - H, 561A - B, 562G - H, 563F - G; S v X 1974 (1) SA 344 (RA) at 348D - E; R v Fundakubi and Others 1948 (3) SA 810 (A) at 818; S......
-
A measure of last resort? Child offenders and life imprisonment
...andsubsequently abolished by the Criminal LawAmendment Act 105 of 1997.22 1908 22 EDC 382.23 1970 4 SA 424 (A).24 1976 2 SA 587 (A).25 1975 4 SA 553 (A).26 Followed in S v Tshisa en ‘n ander 2003 1 SACR 171 (O) S v Willemse 1988 3 SA 836 (A).27 1988 3 SA 836 (A).28 Schedule 2 of Part I list......
-
Comment: Die praktyk van vonnisoplegging onder minimumvonniswetgewing - S v Malgas 2001 (1) SASV 469 (HHA)
...'onvolwassenheid, gebrek aan lewenservaring [en] onbesonnenheid' wat jeugdiges van onder 18 jaar oud dikwels kenmerk (vgl S v Lehnberg 1975 (4) SA 553 (A) 561) word nêrens in die wetgewing aangeraak nie. Het die hof steeds 'n diskresie? Die hof bevind dat indien die hof daarvan oortuig is d......