S v Kock

JurisdictionSouth Africa
JudgeSmuts R, MT Steyn R en Brink Wn R
Judgment Date21 April 1975
Citation1975 (3) SA 332 (O)
Hearing Date14 April 1975
CourtOrange Free State Provincial Division

Smuts, R.:

Appellant het tereggestaan in die landdroshof te A Edenburg op vyf aanklagtes van oortreding van art. 10 bis (1) gelees met art. 10 bis (2) van Wet 25 van 1945. Die Staat het beweer dat hy op 11 Mei 1974 vyf Bantoemans in diens geneem of in sy diens gehad het sonder dat aan enige van hulle vergunning verleen is, deur die beampte aangestel om die arbeidsburo, wat regsbevoegdheid in die gebied het, te bestuur, om diens in die B gebied te aanvaar. Ondanks sy pleit van onskuldig is appellant skuldig bevind op klagtes 2, 4 en 5 en onskuldig op die orige twee. Die landdros het die drie klagtes as een geneem vir die doeleindes van vonnis en appellant beboet met R60 of by wanbetaling 60 dae gevangenisstraf. Appellant kom in hoër beroep teen sy skuldigbevinding sowel as teen die vonnis.

In S. v Smit, 1964 (4) SA 20 (O), het hierdie Hof art. 10 C bis (1), voor die wysiging daarvan deur art. 48 van Wet 42 van 1964, vertolk en beslis dat die artikel nie oortree is nie waar dit slegs bewys is dat 'n Bantoe werk verrig het in 'n geproklameerde gebied maar bewys dat hy diens gedoen het uit hoofde van 'n ooreenkoms wat hom daartoe verplig het, ontbreek het. Voor die wysigings daarvan, soos vermeld, het art. 10 bis D (1) soos volg gelees:

"Niemand mag 'n naturel in 'n stadsgebied of in 'n geproklameerde gebied ten opsigte waarvan 'n stedelike plaaslike bestuur enige van die in sub-art. (1) van art. 23 bedoelde bevoegdhede uitoefen... in diens neem nie tensy vergunning aan bedoelde naturel ingevolge sub-art. (1) van art. 10 verleen is om werkte soek of diens te aanvaar..."

E In sy huidige vorm sien art. 10 bis (1) soos volg daaruit:

"Niemand mag 'n Bantoe in 'n voorgeskrewe gebied in sy diens neem of so 'n Bantoe in so 'n gebied in sy diens hê nie, tensy die beampte wat aangestel is om die arbeidsburo, wat regsbevoegdheid in daardie gebied het, te bestuur, aan daardie Bantoe vergunning verleen het om diens in daardie gebied te aanvaar."

In S. v Shalala, 1967 (2) P.H. K43, is die vraag of die F wysiging van art. 10 bis (1) op hierdie wyse tot gevolg het dat 'n ander betekenis aan die artikel geheg moet word, onbeslis gelaat. Te oordeel na die beknopte verslag is dit aangevoer dat 'n bedoeling om die betekenis van die woord "in diens neem" te wysig af te lei is van die feit dat die woorde

"vir die registrasie van en beter beheer oor dienskontrakte met naturelle in sekere gebiede"

G weggelaat is in die gewysigde lang...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • George Municipality v Vena and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...- C; S v Coetzer 1972 (2) SA 119 (T) at 121E - F; Norden and Another NNO v Bhanki and Others 1974 (4) SA 647 (A) at 655A; S v Kock 1975 (3) SA 332 (O) at 333G; L C Steyn Die Uitleg van Wette 5th ed at 147; as to the enforcement of municipal building J regulations, Randell and Bax The 1989 (......
  • S v Schloss
    • South Africa
    • Invalid date
    ...or contract of service has been entered into between D the employer and the worker. See S v Smit 1964 (4) SA 20 (O); S v Kock 1975 (3) SA 332 (O); cf S v Bateman 1980 (4) SA 40 (O). Where an accused has pleaded guilty of contravening the section, and the presiding magistrate questions the a......
2 cases
  • George Municipality v Vena and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...- C; S v Coetzer 1972 (2) SA 119 (T) at 121E - F; Norden and Another NNO v Bhanki and Others 1974 (4) SA 647 (A) at 655A; S v Kock 1975 (3) SA 332 (O) at 333G; L C Steyn Die Uitleg van Wette 5th ed at 147; as to the enforcement of municipal building J regulations, Randell and Bax The 1989 (......
  • S v Schloss
    • South Africa
    • Invalid date
    ...or contract of service has been entered into between D the employer and the worker. See S v Smit 1964 (4) SA 20 (O); S v Kock 1975 (3) SA 332 (O); cf S v Bateman 1980 (4) SA 40 (O). Where an accused has pleaded guilty of contravening the section, and the presiding magistrate questions the a......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT