S v Koch
Jurisdiction | South Africa |
Citation | 1991 (2) SA 741 (A) |
S v Koch
1991 (2) SA 741 (A)
1991 (2) SA p741
Citation |
1991 (2) SA 741 (A) |
Court |
Appèlafdeling |
Judge |
Joubert AR, M T Steyn AR, F H Grosskopf AR, Goldstone AR, Preiss Wn AR |
Heard |
February 23, 1991 |
Judgment |
March 26, 1991 |
Flynote : Sleutelwoorde
Strafreg — Wet op Fondsinsameling 107 van 1978 — Oortreding van art 2 (insameling van fondse sonder magtiging kragtens die Wet) — Verbode 'bydrae' in art 2, en soos omskryf in art 1(1), bestaan uit geld of iets J op geld waardeerbaar wat uit hoofde van 'n donasie of
1991 (2) SA p742
A skenking oorgedra is en wat deur blote oordrag aan die bydraer 'n teenprestasie met betrekking tot 'n kompetisie, wedstryd, spel ens verleen in verband waarmee 'n prys gewen kan word — Appellant en 'n ander het fondse ingesamel deur middel van 'n kompetisie — Deelnemers B moes bedrag geld oorhandig en ook 'n vraag beantwoord — Oordrag van die geld het aan deelnemers (bydraers) 'n reg op 'n teenprestasie verleen, naamlik reg om aan kompetisie deel te neem — Beantwoording van vraag het posisie geensins beïnvloed nie omdat die vraag nie betrekking gehad het op woord 'oordrag' nie aangesien 'blote oordrag', soos gebruik in C omskrywing van 'bydrae' in art 1(1) van Wet, op die oordrag van geld sonder meer betrekking het — Antwoord op vraag nie 'n bydrae nie — Appellant se skuldigbevinding bekragtig.
Headnote : Kopnota
'n Verbode bydrae, vir die doeleindes van die misdryf van insameling van bydraes sonder die nodige magtiging ter oortreding van art 2 van die Wet D op Fondsinsameling 107 van 1978, gelees met die omskrywing van 'bydrae' in art 1(1) van die Wet, bestaan uit geld of enigiets op geld waardeerbaar (1) wat uit hoofde van 'n donasie of skenking oorgedra is en (2) wat deur die blote oordrag daarvan aan die bydraer 'n teenprestasie verleen met betrekking tot 'n kompetisie, wedstryd, spel, skema, reëling of stelsel in verband waarmee 'n prys gewen kan word.
Die appellant en 'n ander is in 'n streeklanddroshof aangekla van 'n oortreding van art 2 van Wet 107 van 1978, maar is onskuldig bevind en E ontslaan, hoofsaaklik op grond van die streeklanddros se vertolking van die woord 'bydrae' in art 2, gelees met die omskrywing van die woord in art 1(1), van die Wet. Die streeklanddros se beslissing is op appèl deur die Volle Hof van 'n Provinsiale Afdeling omvergewerp. In verdere hoër beroep, het dit geblyk dat die appellant en sy mede-beskuldigde 'n kompetisie uitgeskryf het waarvolgens deelnemers pryse kon wen. Deelnemers moes 'n inskrywingsvorm voltooi, insluitende die F beantwoording van 'n vraag, teen betaling van 'n inskrywingsfooi van R10. Die insameling van die inskrywingsfooi was die grondslag van die aanklag. Namens appellant is aangevoer dat die woorde 'blote oordrag' in die omskrywing van 'bydrae' slegs op die oordrag van die geld of goed betrekking gehad het met die gevolg dat die oordrag van die geld gepaard met die beantwoording van die vraag nie 'blote oordrag' van die geld was nie.
Beslis, dat, voordat 'n deelnemer sy R10 oorgedra het en die gestelde vraag beantwoord het, daar geen regsverhouding tussen hom en die G beskuldigdes was nie met die gevolg dat wanneer 'n deelnemer sy R10 oordra en die vraag beantwoord, hy dit nie gedoen het ter nakoming van 'n regtens afdwingbare verpligting uit hoofde van 'n causa anders dan 'n donasie of skenking nie.
Beslis, derhalwe, dat die R10 bydrae oorgedra is uit hoofde van 'n donasie of skenking soos bedoel in voormelde beskrywing van 'n verbode bydrae.
Beslis, verder, dat die woorde 'blote oordrag' in die omskrywing van H 'bydrae' in art 1(1) volgens die gewone grammatikale betekenis van 'bloot', 'slegs oordrag' of 'oordrag sonder meer' of 'oordrag alleen' beteken het.
Beslis, verder, dat die oordrag van die R10 aan die bydraer 'n reg op 'n teenprestasie verleen het, naamlik om aan die kompetisie deel te neem en, indien 'n prys aan hom toegeken word, dit te kan opeis.
Beslis, verder, dat die posisie geensins beïnvloed was deur die beantwoording van die vraag nie: 'n vraag kon nie betrekking gehad het I op die woord 'oordrag' nie aangesien wat die verlening van die teenprestasie betref die 'blote oordrag' op die oordrag van die R10 sonder meer betrekking gehad het; dit was duidelik dat die bydrae betrekking gehad het op geld of goed wat op geld waardeerbaar was, en 'n vraag se antwoord was geen bydrae nie.
Beslis, derhalwe, dat die oordrag van die R10 bydrae binne die bestek van voormelde beskrywing van 'n verbode bydrae geval het en derhalwe J getref is deur die verbodsbepaling van art 2 van die Wet. Appèl afgewys.
1991 (2) SA p743
A Die beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling in S v Krogh and Another 1989 (4) SA 615 (T) bevestig.
Flynote : Sleutelwoorde
Criminal law — Fund-raising Act 107 of 1978 — Contravention of s 2 (collecting contributions without authorisation in terms of the Act) — B Prohibited 'contribution' in s 2, and as defined in s 1(1), consisting of money or a thing having a money value which is transferred pursuant to a donation or gift and which by mere transfer confers on the contributor a counter-performance in relation to a competition, contest, game etc in connection with which a prize can be won — Appellant and another raising funds by means of a competition — Participants required to pay money and also answer a question — Transfer of the money conferring on participants (contributors) a right to a counter-performance, namely right to participate in competition — C Answering of question not affecting the position at all because question had no relation to word 'transfer' as 'mere transfer', as used in definition of 'contribution' in s 1(1) of Act, had reference to the transfer of money alone — Answer to question not a contribution — Appellant's conviction confirmed.
Headnote : Kopnota
A prohibited contribution, for the purposes of the offence of collecting D contributions without the necessary authorisation in contravention of s 2 of the Fund-raising Act 107 of 1978 read with the definition of 'contribution' in s 1(1) of the Act, consists of money or anything having a money value (1) which is transferred pursuant to a donation or gift and (2) which by the mere transfer thereof confers on the contributor a counter-performance in relation to a competition, contest, game, scheme, arrangement or system in connection with which a prize can be won.
The appellant and another had been charged in a regional magistrate's E court with a contravention of s 2 of Act 107 of 1978, but had been found not guilty and discharged, principally on the regional magistrate's interpretation of the word 'contribution' in s 2, read with the definition of the word in s 1(1), of the Act. The regional magistrate's decision was reversed on appeal by the Full Court of a Provincial Division. In a further appeal, it appeared that the appellant and his F co-accused had organised a competition wherein participants could win prizes. Participants had to complete an entry form, which included the answering of a question, and pay an entrance fee of R10. The collection of the entry fee formed the foundation of the charge. It was contended on appellant's behalf that the words 'mere transfer' in the definition of 'contribution' had reference only to the transfer of money or a thing with the result that the transfer of the money together with the answering of the question did not constitute the 'mere transfer' of money.
Held, that, before a contributor transferred his R10 and answered the G set question, there was no legal relationship between him and the accused with the result that, when a participant transferred his R10 and answered the question, he did not do so in compliance with a legally enforceable obligation pursuant to a causa other than a donation or gift.
Held, accordingly, that the contribution of R10 had been transferred pursuant to a donation or gift as intended in the aforestated H description of a prohibited contribution.
Held, further, that the words 'mere transfer' in the definition of 'contribution' in s 1(1) meant, according to the ordinary grammatical meaning of 'mere', 'transfer only' or 'transfer without more' or 'transfer alone'.
Held, further, that the transfer of the R10 conferred on the contributor a right to a counter-performance, namely to participate in the I competition and, if a prize was awarded to him, to claim the prize.
Held, further, that the position was not affected at all by the answering of the question: a question could have no relation to the word 'transfer' as the 'mere transfer' had reference to the transfer alone of the R10 as far as the conferment of the right to the counter-performance was concerned; it was clear that the contribution was related to money or a thing having a money value, and the answer to a question was not a J contribution.
1991 (2) SA p744
A Held, accordingly, that the transfer of the R10 contribution fell within the ambit of the aforestated description of a prohibited contribution and was therefore hit by the prohibition in s 2 of the Act. Appeal dismissed.
The decision in the Transvaal Provincial Division in S v Krogh and Another 1989 (4) SA 615 (T) confirmed. B
Case Information
Appèl teen 'n beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling (Curlewis R, Mynhardt R en Swart R), gerapporteer te 1989 (4) SA 615. Die feite blyk uit die uitspraak van Joubert AR.
S van Nieuwenhuizen namens die appellant: Die goedere wat getref word deur die omskrywing van 'bydrae' in art 1 van die Wet op Fondsinsameling C 107 van 1978 moet sekere eienskappe hê. Dit volg uit die woorde '... wat nie...' en die woorde '... en waarvan...'. Dit is duidelik dat die woord 'en' voor die woord 'waarvan' konjunktief gebruik word. Bogemelde uitleg van die woord 'bydraes' gee die bedoeling van die Wetgewer korrek weer. Die bedoeling van die...
To continue reading
Request your trial-
Philip Morris Inc and Another v Marlboro Shirt Co SA Ltd and Another
...Morris. As I understand it, the contention on behalf of Philip Morris is that because of the permanent J confusion caused by the use 1991 (2) SA p741 Goldstone A of the name 'Marlboro' by Marlboro Shirt, its use of the registered mark was causing confusion at the date on which the proceedin......
-
Buys v Direkteur van Fondsinsameling
...toegeken sou word, om daardie prys te kon opeis. Hierdie reg op teenprestasie, soos die geleerde Appèlregter in die saak van S v Koch 1991 (2) SA 741 (A) op 753E-H bevind het, het D '. . . betrekking op 'n kompetisie, wedstryd, skema ens sodat dit wel in die uitsondering op die tweede negat......
-
Buys v Direkteur van Fondsinsameling
...toegeken sou word, om daardie prys te kon opeis. Hierdie reg op teenprestasie, soos die geleerde Appèlregter in die saak van S v Koch 1991 (2) SA 741 (A) op 753E-H bevind het, het D '. . . betrekking op 'n kompetisie, wedstryd, skema ens sodat dit wel in die uitsondering op die tweede negat......
-
Philip Morris Inc and Another v Marlboro Shirt Co SA Ltd and Another
...Morris. As I understand it, the contention on behalf of Philip Morris is that because of the permanent J confusion caused by the use 1991 (2) SA p741 Goldstone A of the name 'Marlboro' by Marlboro Shirt, its use of the registered mark was causing confusion at the date on which the proceedin......
-
Buys v Direkteur van Fondsinsameling
...toegeken sou word, om daardie prys te kon opeis. Hierdie reg op teenprestasie, soos die geleerde Appèlregter in die saak van S v Koch 1991 (2) SA 741 (A) op 753E-H bevind het, het D '. . . betrekking op 'n kompetisie, wedstryd, skema ens sodat dit wel in die uitsondering op die tweede negat......
-
Buys v Direkteur van Fondsinsameling
...toegeken sou word, om daardie prys te kon opeis. Hierdie reg op teenprestasie, soos die geleerde Appèlregter in die saak van S v Koch 1991 (2) SA 741 (A) op 753E-H bevind het, het D '. . . betrekking op 'n kompetisie, wedstryd, skema ens sodat dit wel in die uitsondering op die tweede negat......