S v Khoasasa

JurisdictionSouth Africa
JudgeStreicher AR, Farlam AR en Mpati AR
Judgment Date20 September 2002
Citation2003 (1) SACR 123 (SCA)
Docket NumberSaaknr 515/2001
Hearing Date20 August 2002
CounselT B van Rensburg namens die appellant. M P Molotsi namens die respondent.
CourtSupreme Court of Appeal

Streicher AR:

[1] Die appellant is op 23 Desember 1999 in 'n streekhof skuldig bevind aan die diefstal van 'n staaf fyngoud met 'n massa van C 17,886 kg en 'n waarde van R1 310 000,30. Hy is ook skuldig bevind aan 'n oortreding van art 143(1) van die Wet op Mynregte 20 van 1967 deurdat hy die staaf fyngoud verkoop het. Op dieselfde datum is hy gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf ten opsigte van die diefstalklag en tot vyf jaar gevangenisstraf ten opsigte van die oortreding van art D 143(1). Laasgenoemde gevangenisstraf is opgeskort. Nadat die appellant skuldig bevind en gevonnis is, het hy, ingevolge art 309B van die Strafproseswet 51 van 1977, by die verhoorhof aansoek gedoen om verlof om te appelleer teen beide sy skuldigbevinding en vonnisse. Die aansoek is geweier. Daarna het hy ingevolge art 309C van die Strafproseswet, by wyse van 'n aansoek gerig aan die Regter-president van die E Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling, aansoek gedoen vir sodanige verlof. Die aansoek is op 25 Januarie 2000 deur twee Regters van die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling (die Hof benede) geweier. Die vraag wat in hierdie appèl beslis moet word is of die appellant na sodanige weiering enige verdere reg van appèl het, en, indien wel, F wat die vereistes vir sodanige appèl is.

[2] Volgens die getuienis op grond waarvan die appellant skuldig bevind is, is die fyngoud deur die appellant, ene Hudson, Meiring en Klein van die Saaiplaas myn gesteel. Die appellant het nie self G deelgeneem aan die verwydering van die goud vanaf die goudaanleg van die Saaiplaas myn nie maar het 'n koper daarvoor gevind en het die onderhandelinge met die koper gevoer. Hy het R40 000 van die verkoopprys as vergoeding vir sy dienste ontvang terwyl elk van die ander drie deelnemers R275 000 ontvang het.

[3] Die appellant was aanvanklik tesame met Hudson, Meiring en Klein aangekla. Hy is egter later afsonderlik verhoor. Op daardie H stadium was Hudson, Meiring en Klein, wat almal skuldig gepleit het, reeds skuldig bevind aan beide aanklagte maar was hulle nog nie gevonnis nie. Na die afhandeling van die appellant se verhoor is elk van Hudson en Meiring ook tot 15 jaar gevangenisstraf ten opsigte van die diefstalklagte en tot vyf jaar gevangenisstraf ten opsigte van die I klagte ingevolge art 143(1) gevonnis. In hulle geval is die vyf jaar gevangenisstraf egter nie opgeskort nie maar is beveel dat dit moet saamloop met die 15 jaar gevangenisstraf. Dit blyk nie uit die appèloorkonde welke straf Klein opgelê is nie.

[4] Ten tyde van die appellant se skuldigbevinding was die bepalings van J

Streicher AR

art 309(1)(a), 309B(1) en 309C(1) van die Strafproseswet van krag. Hierdie artikels is ingevoeg ingevolge die A bepalings van die Strafproseswysingswet 76 van 1997 en het bepaal:

'309(1)(a) Iemand wat deur 'n laer hof aan 'n misdryf skuldig bevind is (met inbegrip van iemand wat na skuldigbevinding ontslaan is) kan, behoudens art 309B, teen so 'n skuldigbevinding en teen 'n gevolglike vonnis of bevel na die provinsiale of plaaslike afdeling appelleer wat regsbevoegdheid het. B

309B(1) 'n Beskuldigde wat teen 'n beslissing of bevel van 'n laer hof wil appelleer, moet binne 14 dae of binne die langer tydperk wat op aansoek om gegronde redes toegelaat word, by daardie hof aansoek doen om verlof om teen daardie beslissing of bevel te appelleer.

309C(1) Indien 'n aansoek kragtens art 309B(1) om verlof om te appelleer . . . geweier word, kan die beskuldigde, binne 21 dae na sodanige weiering of binne die langer tydperk wat om gegronde redes C toegelaat word, by wyse van 'n versoekskrif aan die Regter-president van die Afdeling van die Hoë Hof wat jurisdiksie het, gerig, 'n aansoek om verlof om te appelleer . . . voorlê.'

'n Laer hof word in art 1 van die Strafproseswet omskryf as ''n hof wat kragtens die bepalings van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944, D ingestel is'. Streekhowe is so ingestel en kwalifiseer dus as laer howe.

[5] Die aansoek om verlof om te appelleer waarna in art 309C(1) verwys word, word in Kamers oorweeg deur twee Regters deur die Regter-president aangewys (art 309C(4)(a)). Hulle kan die aansoek toestaan of weier (art 309C(5)(c)(ii)) of kan die E aangeleentheid na die Appèlhof verwys vir oorweging en die Appèlhof kan daarop die aansoek toestaan of weier (art 309C(5)(d)).

[6] Op 29 November 2000 en wel in S v Steyn 2001 (1) SASV 25 (KH) (2001 (1) SA 1146) het die Konstitusionele Hof art 309B en C asook die woorde 'behoudens art 309B' in art 309(1)(a) ongeldig verklaar maar terselfdertyd die ongeldigverklaring opgeskort vir 'n tydperk van ses maande vanaf die F datum van die bevel. Tot op 'n tydstip ses maande na 29 November 2000 het die bepalings van art 309(1)(a) en die bepalings van art 309B en 309C, soos hierbo aangehaal, dus gegeld. Ingevolge daardie artikels het die appellant, asook sy drie makkers, 'n reg van appèl na die Provinsiale Afdeling gehad maar slegs met die nodige verlof. G

[7] Die streekhof wat Hudson en Meiring gevonnis het, het wel aan hulle verlof toegestaan om teen hulle vonnisse na die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling te appelleer. Op appèl, en wel op 28 Augustus 2000, is die 15 jaar vonnis ten opsigte van die diefstalklag in beide se geval na ses jaar gevangenisstraf verminder. H

[8] Na Hudson en Meiring se suksesvolle appèl het die appellant by wyse van 'n aansoek gerig aan die Hoofregter by hierdie Hof aansoek gedoen vir verlof om teen sy vonnisse na die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling te appelleer. In 'n beëdigde verklaring ter ondersteuning van sy aansoek het die appellant, nadat hy te...

To continue reading

Request your trial
57 practice notes
  • 2018 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...264S v Khambule 2001 (1) SACR 501 (SCA) ............................................. 388S v Khoasasa 2003 (1) SACR 123 (SCA) ............................................. 266S v Khoza 2010 (2) SACR 207 (SCA) ................................................... 268-9S v Khumalo 1947 (4) SA 1......
  • 2014 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...195S v Khan 2010 (2) SACR 476 (KZP) .................................................... 288S v Khoasasa 2003 (1) SACR 123 (SCA) .............................................. 222S v Kotzè 2010 (1) SACR 100 (SCA) .................................................... 262S v Kriel 2012 (1) SAC......
  • 2017 index

  • 2012 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...405S v King and Morris unrep (SS 140/2012 (GSJ) (4 September 2012) 416S v Khoasasa 2003 (1) SACR 123 (SCA) .............................................. 321-323© Juta and Company (Pty) S v Khumalo 1975 (4) SA 345 (N) ....................................................... 310S v Kika 1998 ......
  • Request a trial to view additional results
50 cases
  • De Kock NO and Others v Van Rooyen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...178 (C) (2002 (4) SA 749): criticised & overruled S v Jaars; S v Williams; S v Jantjies 2002 (1) SACR 546 (C): approved S v Khoasasa 2003 (1) SACR 123 (SCA) ([2002] 4 All SA 635): referred S v Mhlungu and Others 1995 (2) SACR 277 (CC) (1995 (3) SA 867; 1995 (7) BCLR 793): dictum in para [59......
  • De Kock and Others v Van Rooyen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(2002 (2) SACR 178): criticised & overruled G S v Jaars; S v Williams; S v Jantjies 2002 (1) SACR 546 (C): approved S v Khoasasa 2003 (1) SACR 123 (SCA) ([2002] 4 All SA 635): referred S v Mhlungu and Others 1995 (3) SA 867 (CC) (1995 (2) SACR 277; 1995 (7) BCLR 793): dictum in para [59] ap......
  • S v Jafta; S v Ndondo; S v Mcontana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(2002 (2) SACR 178): not followed S v Jaars; S v Williams; S v Jantjies 2002 (1) SACR 546 (C): approved and applied E S v Khoasasa 2003 (1) SACR 123 (SCA) ([2002] 4 All SA 635): dictum in para [6] S v Legoa 2003 (1) SACR 13 (SCA): applied S v Ntuli 1996 (1) SA 1207 (CC) (1996 (1) SACR 94; 1......
  • S v Jafta; S v Ndondo; S v Mcontana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(C) (2002 (4) SA 749): not followed G S v Jaars; S v Williams; S v Jantjies 2002 (1) SACR 546 (C): approved and applied S v Khoasasa 2003 (1) SACR 123 (SCA) ([2002] 4 All SA 635): dictum in para [6] applied S v Legoa 2003 (1) SACR 13 (SCA): applied S v Ntuli 1996 (1) SACR 94 (CC) (1996 (1) ......
  • Request a trial to view additional results
7 books & journal articles
  • 2018 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...264S v Khambule 2001 (1) SACR 501 (SCA) ............................................. 388S v Khoasasa 2003 (1) SACR 123 (SCA) ............................................. 266S v Khoza 2010 (2) SACR 207 (SCA) ................................................... 268-9S v Khumalo 1947 (4) SA 1......
  • 2014 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...195S v Khan 2010 (2) SACR 476 (KZP) .................................................... 288S v Khoasasa 2003 (1) SACR 123 (SCA) .............................................. 222S v Kotzè 2010 (1) SACR 100 (SCA) .................................................... 262S v Kriel 2012 (1) SAC......
  • 2017 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...264S v Khambule 2001 (1) SACR 501 (SCA) ............................................. 388S v Khoasasa 2003 (1) SACR 123 (SCA) ............................................. 266S v Khoza 2010 (2) SACR 207 (SCA) ................................................... 268-9S v Khumalo 1947 (4) SA 1......
  • Author index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...265S v Khathi 2008 2 SACR 589 (W) ......................................................... 128-9S v Khoasasa 2003 1 SACR 123 (SCA) .................................................. 460S v Khumalo 2004 JDR 0433 (W) ......................................................... 253S v Kock 2003 ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT