S v Jackson
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Botha AR, Trollip AR en Hofmeyr AR |
Judgment Date | 11 November 1975 |
Citation | 1976 (1) SA 437 (A) |
Hearing Date | 04 November 1975 |
Court | Appellate Division |
Botha, A.R.:
Die appellant en ene Clemens Christoff, meerderjarige nie-Blankes, is in die Suidwes-Afrika Afdeling deur Regter STRYDOM skuldig bevind weens 'n oortreding van art. 28 (b) van Prok. 17 van 1939 deurdat hulle op 19 September 1974 vyf ruwe of ongeslypte diamante van speurderkonstabels E Diergaardt en De Klerk gekoop het. Nie een van die twee het enige vorige veroordelings opgeloop nie.
Die appellant is gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf, waarvan twee jaar vir drie jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie 'n oortreding van art. 28 van Prok. 17 van 1939 pleeg nie, en dat hy die bedrag van R1 499, synde die waarde van die verlore diamante, aan die Staat terugbetaal. Word die diamante F egter binne een jaar na die datum van die vonnis teruggevind, verval, volgens voorskrif van die Hof a quo, die verpligting tot terugbetaling van bedoelde bedrag.
Christoff is tot nege maande gevangenisstraf gevonnis wat in sy geheel vir drie jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie gedurende daardie tydperk 'n soortgelyke misdryf pleeg nie.
G Die appellant is nou, met die nodige verlof, op twee hoofgronde by hierdie Hof teen die aan hom opgelegde vonnis in hoër beroep, nl. (1) dat die vonnis, veral met die oog op die aan Christoff opgelegde vonnis en die vonnisse wat gewoonlik aan eerste oortreders weens 'n oortreding van genoemde artikel opgelê word, buitensporig swaar is, en (2) dat die tweede voorwaarde waarop twee van die drie jaar gevangenisstraf H opgeskort is, òf regtens nie 'n bevoegde voorwaarde is nie of onder die omstandighede nie geregverdig was nie.
In die onlangse saak van S. v. Reddy, 1975 (3) SA 757 (AA), het hierdie Hof dit duidelik gestel dat 'n Hof nie op appèl kan ingryp nie in 'n vonnis bloot op grond daarvan dat dit wesenlik swaarder is as die vonnis wat aan 'n ander of mede-veroordeelde ten opsigte van dieselfde of 'n soortgelyke misdryf opgelê is. Die gepastheid van 'n opgelegde vonnis kan slegs beoordeel word na aanleiding van die omstandighede wat in die bepaalde
Botha AR
geval ter sake is. Soos dit op bl. 760 van Reddy se saak gestel word:
'Sentences can be set aside and corrected on appeal only if they are vitiated be misdirection or irregularity or if they are, having regard to all the relevant circumstances of the case and of the accused persons, disturbingly inappropriate, but not by reason only of the fact that they are not in A conformity with the sentences imposed upon the other...
To continue reading
Request your trial-
S v Bapela and Another
...(2) PH H137 (A); S v M 1976 (3) SA 644 (A); S v G Pillay 1977 (4) SA 531 (A); S v Giannoulis 1975 (4) SA 867 (A) at 873; S v Jackson 1976 (1) SA 437 (A); S v Kumalo 1973 (3) SA 697 (A) at 698A; S v V 1972 (3) SA 611 (A) at 614F; S v Sithole en Andere 1983 (3) SA 610 (A) at 614H, 615A; S v T......
-
S v Moloi and Another
...charged. S v Reddy 1975 (3) SA 757 (A) at 759H - 760A; S v Scheepers 1977 (2) SA 154 (A) at 158F - H. B In the case of S v Jackson 1976 (1) SA 437 (A) at 439A - B, Botha JA refers to the principle that sentences can be set aside and corrected on appeal only if they are vitiated by misdirect......

Stow v Regional Magistrate, Port Elizabeth and Others
...referred to; S v Charlie 1976 (2) SA 596 (A): considered S B v Hoffman 1992 (2) SACR 56 (C): dictum at 63b – c applied S v Jackson 1976 (1) SA 437 (A): referred S v Radzilane [2016] ZASCA 64: referred to S v Saeed [2006] ZASCA 45: compared S v Tshondeni; S v Vilakazi 1971 (4) SA 79 (T): dic......