S v Hlakwane en 'n Ander
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Beckley R, Muller Wn R |
Judgment Date | 08 October 1992 |
Citation | 1993 (2) SACR 362 (O) |
Hearing Date | 08 October 1992 |
Counsel | PJT de Wet namens die appellante CG Jordaan namens die Staat |
Court | Orange Free State Provincial Division |
Muller Wn R:
Die appellante hierin was die eerste en tweede beskuldigdes in die hof a quo en appelleer teen hul skuldigbevindings en vonnisse. Beide appellante asook die destydse beskuldigde 3 is skuldig bevind aan huisbraak en diefstal. Die twee appellante is elk gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf en beskuldigde 3, John Choane, na wie ek verder hierin sal verwys as beskuldigde 3, wat nie geappelleer het nie, is tot twee jaar E gevangenisstraf gevonnis welke gevangenisstraf voorwaardelik opgeskort is in geheel.
Die gronde waarop 'n Hof van appèl kan inmeng is welbekend en ek gaan dit nie weer herhaal nie.
In breë trekke was dit die Staat se saak dat die drie beskuldigdes voor 'n woonhuis in Joubertstraat 10, Welkom, aangetref is by 'n ligte F vragmotor met 'n kombuiskas op die bak, welke kombuiskas uit die betrokke woonhuis, waarvan die kombuisdeur oopgeforseer was, verwyder is. Die kombuiskas was die betrokke oggend van 7 Desember 1991 nog in die kombuis van die huis en die kombuisdeur heel en gesluit. Aan die polisiebeampte, sersant Bornman, wat na ontvangs van inligting op die toneel die drie beskuldigdes aangetref het, het die appellante meegedeel dat hulle 'n kas gaan haal het wat 'n ander persoon, wat intussen weggehardloop het, gekoop het. G
In breë trekke was die appellante se verweer dat hulle 'n kombuiskas gaan haal het wat tweede appellante van 'n sekere Sethaba wou gekoop het en wat laasgenoemde op hierdie betrokke perseel gestoor het. Hulle, sowel as beskuldigde 3, wat slegs op versoek vervoer verskaf het, het buite die perseel gewag terwyl Sethaba en 'n vriend van hom die kas gaan haal het. Toe dié twee terugkom en die kas op die bak van die voertuig sit, het H hulle weggehardloop skynbaar omdat daar blankes aangekom het. Die blankes het die appellante en beskuldigde 3 uitgevra, die sleutels van die voertuig uitgetrek en geneem en hulle gemaan om te wag totdat die polisie kom. Dit het hulle gedoen en sersant Bornman het later opgedaag. Hulle het hul situasie aan hom verduidelik. Hy is saam met hulle na Sethaba se huis maar laasgenoemde was nie daar nie.
I Tydens die verhoor het al drie beskuldigdes onskuldig gepleit en in terme van art 115 van die Strafproseswet 51 van 1977 pleitverduidelikings gegee. Ek sal later hierna terugkeer. Die Staat het net twee getuies geroep en al drie beskuldigdes het self getuig.
Die Staatsgetuies was mnr Marais Mofubetsoane, wat toesig gehou het oor die betrokke huis in Joubertstraat 10 en die toestand van die huis sowel as die kombuiskaste voor en na die huisbraak beskryf het, en sersant Bornman J wat
Muller Wn R
A die polisiebeampte was wat die drie beskuldigdes in die straat voor die huis gevind het. Die landdros het volledig in sy uitspraak met die getuienis gehandel en op verskeie aspekte in die appellante en beskuldigde 3 se getuienis gewys wat hom 'gepla' het. Volgens hom het die Staatsgetuies goeie indrukke op hom gemaak maar die drie beskuldigdes nie. Aan die einde van sy behandeling van die getuienis kom hy tot die volgende slotsom:
B 'As die hof kyk na die getuienis van mnr en mev Hlakwane en mnr Choane in totaliteit dan is die hof van mening dat die ernstige gebreke wat daar in hulle onderskeie weergawes en getuienis bestaan 'n noodwendige skadu moet werp, eerstens op hulle geloofwaardigheid as getuies, maar ook oor die geloofwaardigheid van hulle verduidelikings, naamlik dat wat mnr en mev Hlakwane betref hulle bona fide aankopers die C betrokke dag by die woning was en mnr Choane 'n bona fide vervoerder.'
Hy bevind dan dat die Staat bo redelike twyfel die misdaad van huisbraak en diefstal bewys het met betrekking tot al drie die beskuldigdes.
Die gronde van appèl soos blyk uit die kennisgewing van appèl is slegs gerig teen die kwyt van die Staat se bewyslas en die aanvaarding van die D Staatsgetuies se getuienis bo dié van die appellante en mnr Choane. Verder word teen die vonnis geappelleer wat na bewering skokkend en onvanpas in die omstandighede is.
Ons Howe het dikwels daarop gewys dat gronde van appèl duidelik en volledig aangetoon moet word sodat die landdros ook in staat kan wees om behoorlik daarmee te handel. Dit blyk immers ook uit Landdroshofreël 67(1). Sien ook Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 4de uitg op 727.
E Ek het dit aanvanklik oorweeg om nie die appèl aan te hoor weens hierdie wye en oppervlakkige gronde van appèl nie en te vereis dat volledige gronde geliasseer en op die landdros vir sy kommentaar bestel kon word. In die lig egter daarvan dat dit in werklikheid hier gaan om die bewyslas en die vraag of dit gekwyt is al dan nie, sowel as die feit dat die landdros volledig in sy uitspraak met alle aspekte asook die bewyslas gehandel het F en volstaan het by sy uitspraak, en om onnodige koste te vermy, het ek besluit om tog die appèl aan te hoor. Regspraktisyns moet egter daarop let dat die bestaande Hof- en Praktyksreëls nougeset nagekom behoort te word.
Ek is van mening dat daar wel aspekte is waarop die landdros mistastings begaan of gefouteer het ten opsigte van sekere bevindings in sy uitspraak wat hierdie Hof geregtig maak om die getuienis self te oorweeg, ten spyte G van die indrukke en geloofwaardigheidsbevindings van die landdros. R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A).
Op hierdie stadium handel ek nie spesifiek met elke sodanige aspek waar die landdros na my mening gefouteer het nie. Dit sal wel duidelik blyk uit my behandeling van die getuienis gelewer tydens die verhoor in die hof a quo.
As uitgangspunt moet deurgaans onthou word dat al drie beskuldigdes H onverdedig was. In daardie omstandighede rus daar 'n plig op 'n landdros om nie alleen die regte van sodanige onverdedigde beskuldigdes deurgaans behoorlik aan hulle te verduidelik nie, maar om ook toe te sien dat hulle dit verstaan en nie deur hul onkunde van die reg benadeel word in hulle verhoor nie. Hiemstra (op cit op 169); S v Nabo 1968 (4) SA 699 (OK) te 701C-H. Sien ook S v Zulu 1990 (1) SA 655 (T) waar Kriegler R op 661E-F die volgende sê:
I 'Die gemeenskaplike draad wat deur die aangehaalde passasies loop is dat geregtigheid vereis dat die beskuldigde so ingelig moontlik moet wees. Dit blyk ook uit die volgende passasie in S v Maketi and Another 1979 (4) SA 569 (K) op 572A-B:
"Now whatever 'advantage' an accused enjoys under our system of law by having a presumption of innocence operating in his favour is more often than not lost in circumstances where he finds himself in J unfamiliar surroundings,
Muller Wn R
A unlettered, unsophisticated and unrepresented, and confronted by an adversary who is skilled, experienced and on familiar ground . . . Justice must be done, it must be seen to be done and indeed it must be understood to be done."'
In die onderhawige saak het die landdros wel gepoog om deurgaans die beskuldigdes se regte aan hulle te verduidelik. Daar is egter twee aspekte B wat na my mening oorweeg behoort te word waar die beskuldigdes as onverdedigde persone moontlik benadeel kon wees. In die eerste plek het die landdros wel die werking en effek van arts 36 en 37 van die Algemene Regswysigingswet 62 van 1955 met betrekking tot die besit en ontvangs van...
To continue reading
Request your trial-
S v Tshabalala
...BCLR 1079): dictum in paras [21] – [26] applied S v Damons and Others 1997 (2) SACR 218 (W): not followed B S v Hlakwane en 'n Ander 1993 (2) SACR 362 (O): dictum at 364h S v Khuzwayo 2002 (1) SACR 24 (NC): dictum at 29g applied S v Mabaso and Another 1990 (3) SA 185 (A): not followed S v M......
-
S v Tshabalala
...Transvaal v Viljoen 2005 (1) SACR 505 (SCA) ([2005] 2 All SA 355) para 43 at 520h – i. [13] See S v Hlakwane en 'n Ander 1993 (2) SACR 362 (O) at [14] See n12 supra, para 43 at 520h. [15] 2000 (1) SACR 458 (SCA) in para 18. [16] See S v Khuzwayo 2002 (1) SACR 24 (NC) at 29g. ...
-
S v G
...dat daar aan hierdie tendens 'n einde gemaak moet word. Met inagneming van die faktore wat ek vermeld het en met inagneming J veral, 1993 (2) SACR p362 Conradie A wil ek sê, van die kumulatiewe uitwerking van die vonnisse op die verskillende aanklagte, meen ek dat die volgende straf gepas i......
-
S v Tshabalala
...BCLR 1079): dictum in paras [21] – [26] applied S v Damons and Others 1997 (2) SACR 218 (W): not followed B S v Hlakwane en 'n Ander 1993 (2) SACR 362 (O): dictum at 364h S v Khuzwayo 2002 (1) SACR 24 (NC): dictum at 29g applied S v Mabaso and Another 1990 (3) SA 185 (A): not followed S v M......
-
S v Tshabalala
...Transvaal v Viljoen 2005 (1) SACR 505 (SCA) ([2005] 2 All SA 355) para 43 at 520h – i. [13] See S v Hlakwane en 'n Ander 1993 (2) SACR 362 (O) at [14] See n12 supra, para 43 at 520h. [15] 2000 (1) SACR 458 (SCA) in para 18. [16] See S v Khuzwayo 2002 (1) SACR 24 (NC) at 29g. ...
-
S v G
...dat daar aan hierdie tendens 'n einde gemaak moet word. Met inagneming van die faktore wat ek vermeld het en met inagneming J veral, 1993 (2) SACR p362 Conradie A wil ek sê, van die kumulatiewe uitwerking van die vonnisse op die verskillende aanklagte, meen ek dat die volgende straf gepas i......