S v Du Preez

JurisdictionSouth Africa
Judgment Date18 March 1968
Citation1968 (2) SA 731 (T)

S v Du Preez
1968 (2) SA 731 (T)

1968 (2) SA p731

Citation

1968 (2) SA 731 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Claassen R en Trengove R

Heard

March 18, 1968

Judgment

March 18, 1968

Flynote : Sleutelwoorde

Strafreg — Korrupsie — Oortreding van art. 2 (a) van Wet 6 van 1958 — Aanklagtes van — Wanneer nie nodig dat daar korruptiewe motiewe aan die kant van die gewers gevind moet word nie — Naturel — Wet 25 van 1945 — Oortreding van art. 43 sept — Artikel verwys nie net na raadgewers nie.

Headnote : Kopnota

Per CLAASSEN, R.: Op aanklagtes van oortreding van artikel 2 (a) van die Wet op Voorkoming van Korrupsie, 6 van 1958, kan daar miskien gevalle wees waar dit nodig mag wees dat daar korruptiewe motiewe gevind moet word aan die kant van die gewers, maar dit is nie in alle gevalle nodig nie. Daar moet gevalle wees waar dit alleen nodig is om te bewys dat die agent die korruptiewe motiewe gehad het. Veral sal dit die geval wees waar die poging om die beloning te verkry op korrupte wyse van hom, die agent, uitgegaan het en die gewer daartoe ingewillig het.

Die bewoording van artikel 43 sept. van Wet 25 van 1945 self is veel wyer as wat die kantskrif aantoon. Dit verwys nie net na raadgewers nie maar na enigeen wat hulp verleen of dienste lewer.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal law — Corruption — Contravention of sec. 2 (a) of Act 6 of 1958 — Charges of — When not necessary for a corrupt motive on the part of the givers to be found — Native — Act 25 of 1945 — Contravention of sec. 43 sept — Section does not refer only to advisers.

Headnote : Kopnota

Per CLAASSEN, J.: On charges of contravention of section 2 (a) of the Prevention of Corruption Act, 6 of 1958, there can perhaps be cases in which it may be necessary that corrupt motives on the part of the givers be found, but it is not necessary in all cases. There must be cases where it is only necessary to prove that the agent had the corrupt motives. Especially will this be the case where the attempt to obtain the reward emanated in a corrupt manner from him, the agent, and the giver consented thereto.

The wording of section 43 sept. of Act 25 of 1945 itself is much wider than is reflected in the marginal note. It refers not only to advisers but also to anyone giving help or rendering services. D

Case Information

Appèl teen 'n skuldigbevinding in 'n landdroshof. Die feite blyk uit die uitspraak.

T. Grobbelaar, namens die appellant, het verwys na: R v Viljoen, 1947 (2) SA 56; R v D., 1958 (4) SA 364; R v Brewis, 1960 (3) SA 51; S v Kellner, 1963 (2) SA 435; R v Difford, 1937 AD 370; R. E v. M., 1946 AD 1023; S v Gookal, 1965 (3) SA 461; R v Ncanana, 1948 (4) SA 399; R v Mbonambi, 1957 (3) SA 232.

H. F. Redpath, namens die Staat.

Judgment

Claassen, R.:

Die appellant in hierdie saak is aangekla gewees voor 'n F landdros te Springs. Daar was altesame 39 klagtes van korrupsie of in die eerste alternatief 39 klagtes van oortreding van art. 2 (a) van die Wet op Voorkoming van Korrupsie, 6 van 1958, of in die verdere alternatief 39 aanklagtes van oortreding van art. 43 sept 2 (a) van Wet 25 van 1945.

Al hierdie aanklagtes het betrekking gehad op die onwettige ontvangs van G geld deur die appellant van Bantoes vir die endossering van hulle bewysboekies sodat hulle in die dorpsgebied van Springs kon werk.

1968 (2) SA p732

Claassen R

Die appellant was destyds 'n klerk in die diens van die Departement van Nie-blanke Sake van die Stadsraad van Springs.

Die appellant het onskuldig gepleit maar het erken dat hy in meeste gevalle die betrokke bewysboekies gehanteer het en ge-endosseer het A sodat die betrokke persone in Springs kon bly en werk.

Die landdros het die klaers in hierdie verskillende klagtes geloofwaardig gevind en hy het die getuienis van die appellant as ongeloofwaardig verwerp. Die landdros het tot die beslissing gekom dat die appellant skuldig was aan 17 klagtes op die eerste alternatiewe aanklagtes en op 13 klagtes van die tweede alternatiewe aanklagtes. Wat B die res betref, is hy onskuldig bevind en ontslaan. Op die 17 klagtes van die eerste alternatiewe aanklagtes is hy gevonnis tot 'n tronkstraf van 30 dae waarvan die helfte opgeskort is op sekere voorwaardes en op die 13 klagtes op die tweede alternatief is hy gevonnis tot R20 boete op elke aanklagte of gevangenisstraf van 10 dae C op elke aanklagte. Die landdros het verder bevind dat die hele reeks beweerde misdade deel van 'n sisteem was wat begin het met die geval van ene Fanie Dasman Matrose in Maart 1966. Hierdie persoon is deurgaans na verwys as Fanie. Die landdros beskryf dan die prosedure wat Fanie gevolg het en hy bevind die volgende:

D 'Dat Dasman Fanie Matrose die eerste persoon was wat met die beskuldigde onderhandel het en deurdat die beskuldigde hom gehelp het (vir betaling moet ek byvoeg), het Fanie weer sy broer Johnson Matrose gehelp en so het ook hy in 1966 toestemming verkry om in die Stadsgebied te werk. Dat die prosedure wat Fanie en sy broer gevolg het gou rugbaar geword het en daarna het die reeks transaksies gevolg waarop die verskeie aanklagtes gebaseer is.

Dat as gevolg van die onderhandelinge wat Fanie met die beskuldigde gehad het, daar 'n verstandhouding tussen hulle ontstaan het wat betref E die toelating deur die beskuldigde van Bantoes wat in die stadsgebied werk wou bekom. Fanie het vervolgens in die gevalle van aanklagtes 6, 7, 8, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 20, 22, 23, 25 en 26 ('n totaal van 14 aanklagte) as tussenganger opgetree en namens die gewers met die beskuldigde onderhandel.

Dat Fanie en van die betrokke Bantoes die beskuldigde by sy huis na kantoorure, soms in die aand, besoek en met hom onderhandel het. In 'n hele aantal gevalle is geld daar en dan aan die beskuldigde ook oorbetaal.

Dat die meeste Bantoes van hul tuislande gekom en hier in die F stadsgebied gewerk het, maar nadat hulle uit hulle diens ontslaan is, moes hulle volgens wet na hulle tuislande terugkeer. Hulle was egter begerig om hier aan te bly en weer ander werk te bekom, selfs teen betaling van geld deur hulle.

Dat die beskuldigde goed op hoogte was met die toedrag van sake en hy het, na die verhouding wat tussen hom en Fanie ontstaan het, 'n vaste gedragslyn gevolg. Deur die beskuldigde se sistematiese optrede het 'n reeks transaksies, soortgelyk en sommige nou verwant aanmekaar die een kort op die ander gevolg.'

G Die appellant het in baie gevalle, as hy van 'n Bantoe geld ontvang het dan het hy in daardie betrokke boekie 'n merkie gemaak of 'n papiertjie daarin gesit sodat as die betrokke Bantoe dan later hierdie boekie by hom inhandig vir endossering dan sou hy dit herken as 'n geval H in verband waarmee hy reeds betaling ontvang het en gevolglik kon hy die endossement daarin plaas. Hierdie merkies is aan die landdros getoon en een van die papiertjies is ook ingehandig as 'n bewysstuk.

Die landdros het dan verder bevind dat die appellant, op die klagtes waaraan hy skuldig bevind is, wel direk of indirek bedrae geld van die betrokke Bantoes ontvang het. Die landdros bevind verder

'Dat toe die geld so aan die beskuldigde betaal is, het òf die gewer 'n korrupte motief gehad òf die...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

3 practice notes
  • S v Joubert en 'n Ander
    • South Africa
    • 1 August 1978
    ... ... Maar daar is ook by geleentheid al twyfel oor uitgespreek, kyk S v Nkadimeng  1962 (4) SA 564 (T); S v Ernst  1963 (3) SA 666 (T); S v Du Preez  1968 (2) SA 731 (T) te 733 ... 1979 (1) SA p101 ... Phillips Wn R ... In R v Geel  1953 (2) SA 398 (A) waar dit om 'n oortreding van art 2 (a) van die Wet op die Voorkoming van Korrupsie 4 van 1918 gegaan het, het hierdie Hof die vraag oopgelaat of dit by die bepaling van ... ...
  • S v Joubert en 'n Ander
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 1 August 1978
    ...is ook by geleentheid al twyfel oor uitgespreek, kyk S v Nkadimeng 1962 (4) SA 564 (T); S v Ernst 1963 (3) SA 666 (T); S v Du Preez 1968 (2) SA 731 (T) te Phillips Wn R In R v Geel 1953 (2) SA 398 (A) waar dit om 'n oortreding van art 2 (a) van die Wet op die Voorkoming van Korrupsie 4 van ......
  • S v Gouws
    • South Africa
    • 30 September 1974
    ... ... The following decisions seem to deviate from the principle stated above: S ... v Nkadimeng , 1962  D  (4) S. A. at p. 566B - H; (This was a trapping case and further the learned Judge quotes Ndobes' case with approval, yet disapproves of Mithi's case). S ... v Du Preez , 1968 (2) S. A. at p. 731; S ... v Ernst , 1963 (3) S. A. at p. 666. This case is distinguishable in the light of the wording of the Ordinance therein considered. See p. 667D - F. The weight of authority favours the view that a bribee cannot be convicted unless the  E  person paying him had ... ...
3 cases
  • S v Joubert en 'n Ander
    • South Africa
    • 1 August 1978
    ...is ook by geleentheid al twyfel oor uitgespreek, kyk S v Nkadimeng 1962 (4) SA 564 (T); S v Ernst 1963 (3) SA 666 (T); S v Du Preez 1968 (2) SA 731 (T) te 733. 1979 (1) SA p101 Phillips Wn R In R v Geel 1953 (2) SA 398 (A) waar dit om 'n oortreding van art 2 (a) van die Wet op die Voorkomin......
  • S v Joubert en 'n Ander
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 1 August 1978
    ...is ook by geleentheid al twyfel oor uitgespreek, kyk S v Nkadimeng 1962 (4) SA 564 (T); S v Ernst 1963 (3) SA 666 (T); S v Du Preez 1968 (2) SA 731 (T) te Phillips Wn R In R v Geel 1953 (2) SA 398 (A) waar dit om 'n oortreding van art 2 (a) van die Wet op die Voorkoming van Korrupsie 4 van ......
  • S v Gouws
    • South Africa
    • 30 September 1974
    ...by geleentheid ook al twyfel oor uitgespreek (kyk S. v Nkadimeng, 1962 (4) SA 564 (T); S. v Ernst, 1963 (3) SA 666 (T); S. v Du Preez, 1968 (2) SA 731 (T) op bl. 733). In R. v Geel, 1953 (2) SA 398 (AA), waar dit om 'n oortreding van art. 2 (a) van die Wet op die Voorkoming van Korrupsie, 4......