S v Du Preez
| Jurisdiction | South Africa |
| Court | Transvaal Provincial Division |
| Judge | Claassen R en Trengove R |
| Judgment Date | 18 March 1968 |
| Citation | 1968 (2) SA 731 (T) |
| Hearing Date | 18 March 1968 |
Claassen, R.:
Die appellant in hierdie saak is aangekla gewees voor 'n F landdros te Springs. Daar was altesame 39 klagtes van korrupsie of in die eerste alternatief 39 klagtes van oortreding van art. 2 (a) van die Wet op Voorkoming van Korrupsie, 6 van 1958, of in die verdere alternatief 39 aanklagtes van oortreding van art. 43 sept 2 (a) van Wet 25 van 1945.
Al hierdie aanklagtes het betrekking gehad op die onwettige ontvangs van G geld deur die appellant van Bantoes vir die endossering van hulle bewysboekies sodat hulle in die dorpsgebied van Springs kon werk.
Claassen R
Die appellant was destyds 'n klerk in die diens van die Departement van Nie-blanke Sake van die Stadsraad van Springs.
Die appellant het onskuldig gepleit maar het erken dat hy in meeste gevalle die betrokke bewysboekies gehanteer het en ge-endosseer het A sodat die betrokke persone in Springs kon bly en werk.
Die landdros het die klaers in hierdie verskillende klagtes geloofwaardig gevind en hy het die getuienis van die appellant as ongeloofwaardig verwerp. Die landdros het tot die beslissing gekom dat die appellant skuldig was aan 17 klagtes op die eerste alternatiewe aanklagtes en op 13 klagtes van die tweede alternatiewe aanklagtes. Wat B die res betref, is hy onskuldig bevind en ontslaan. Op die 17 klagtes van die eerste alternatiewe aanklagtes is hy gevonnis tot 'n tronkstraf van 30 dae waarvan die helfte opgeskort is op sekere voorwaardes en op die 13 klagtes op die tweede alternatief is hy gevonnis tot R20 boete op elke aanklagte of gevangenisstraf van 10 dae C op elke aanklagte. Die landdros het verder bevind dat die hele reeks beweerde misdade deel van 'n sisteem was wat begin het met die geval van ene Fanie Dasman Matrose in Maart 1966. Hierdie persoon is deurgaans na verwys as Fanie. Die landdros beskryf dan die prosedure wat Fanie gevolg het en hy bevind die volgende:
D 'Dat Dasman Fanie Matrose die eerste persoon was wat met die beskuldigde onderhandel het en deurdat die beskuldigde hom gehelp het (vir betaling moet ek byvoeg), het Fanie weer sy broer Johnson Matrose gehelp en so het ook hy in 1966 toestemming verkry om in die Stadsgebied te werk. Dat die prosedure wat Fanie en sy broer gevolg het gou rugbaar geword het en daarna het die reeks transaksies gevolg waarop die verskeie aanklagtes gebaseer is.
Dat as gevolg van die onderhandelinge wat Fanie met die beskuldigde gehad het, daar 'n verstandhouding tussen hulle ontstaan het wat betref E die toelating deur die beskuldigde van Bantoes wat in die stadsgebied werk wou bekom. Fanie het vervolgens in die gevalle van aanklagtes 6, 7, 8, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 20, 22, 23, 25 en 26 ('n totaal van 14 aanklagte) as tussenganger opgetree en namens die gewers met die beskuldigde onderhandel.
Dat Fanie en van die betrokke Bantoes die beskuldigde by sy huis na kantoorure, soms in die aand, besoek en met hom onderhandel het. In 'n hele aantal gevalle is geld daar en dan aan die beskuldigde ook oorbetaal.
Dat die meeste Bantoes van hul tuislande gekom en hier in die F stadsgebied gewerk het, maar nadat hulle uit hulle diens ontslaan is, moes hulle volgens wet na hulle tuislande terugkeer. Hulle was egter begerig om hier aan te bly en weer ander werk te bekom, selfs teen betaling van geld deur hulle.
Dat die beskuldigde goed op hoogte was met die toedrag van sake en hy het, na die verhouding wat tussen hom en Fanie ontstaan het, 'n vaste gedragslyn gevolg. Deur die beskuldigde se sistematiese optrede het 'n reeks transaksies, soortgelyk en sommige nou verwant aanmekaar die een kort op die ander gevolg.'
G Die appellant het in baie gevalle, as hy van 'n Bantoe geld ontvang het dan het hy in daardie betrokke boekie 'n merkie gemaak of 'n papiertjie daarin gesit sodat as die betrokke Bantoe dan later hierdie boekie by hom inhandig vir endossering dan sou hy dit herken as 'n geval H in verband waarmee hy reeds betaling ontvang het en gevolglik kon hy die endossement daarin plaas. Hierdie merkies is aan die landdros getoon en een van die papiertjies is ook ingehandig as 'n bewysstuk.
Die landdros het dan verder bevind dat die appellant, op die klagtes waaraan hy skuldig bevind is, wel direk of indirek bedrae geld van die betrokke Bantoes ontvang het. Die landdros bevind verder
'Dat toe die geld so aan die beskuldigde betaal is, het òf die gewer 'n korrupte motief gehad òf die beskuldigde het geglo of geweet dat die gewer daardie motief had en dat die geld aan hom betaal word ten einde hom die beskuldigde te oorreed om toestemming aan die gewer te verleen om in die stadsgebied te werk.
Claassen R
Dat die beskuldigde geweet het hy had geen reg om geld op hierdie wyse te ontvang nie.'
Op aanklagtes 3, 6, 7, 8, 9, 10, 14, 15, 19, 20, 21, 22, 23, 25, 34, 35 en 37 is die appellant skuldig bevind aan 'n oortreding van art. 2 (a) van Wet 6 van 1958, dit is die Wet op die Voorkoming van Korrupsie. Hierdie artikel lees as volg:
A '2. Iemand wat -
in die geval van 'n agent, op korrupte wyse van iemand anders 'n geskenk of vergoeding ontvang of verkry of tot die ontvangs daarvan instem of dit probeer verkry, hetsy vir homself of vir 'n ander persoon by wyse van aansporing of beloning vir die verrig of nalaat van 'n handeling met betrekking tot die sake of besigheid van sy prinsipaal, of omdat hy dit verrig of nagelaat B het, of vir die bewys aan of weerhou van enige persoon van 'n guns of onguns met betrekking tot die sake of besigheid van sy prinsipaal is aan 'n misdryf skuldig'
en dan volg die straf.
Mnr. Grobbelaar het namens die appellant verskyn en hy het alles in sy vermoë gedoen om die Hof te oortuig dat die appèl indien nie in geheel C in sekere opsigte behoort te slaag. Hy het in die eerste instansie gehandel met hierdie aanklagtes waarvan die appellant skuldig bevind is onder Wet 6 van 1958 en hy het betoog dat, alvorens 'n skuldigbevinding kragtens die genoemde artikel kon volg, moet die Staat bo 'n redelike twyfel bewys dat die gewer ook 'n korrupte motief beskik het toe hy die D ...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
S v Joubert en 'n Ander
...is ook by geleentheid al twyfel oor uitgespreek, kyk S v Nkadimeng 1962 (4) SA 564 (T); S v Ernst 1963 (3) SA 666 (T); S v Du Preez 1968 (2) SA 731 (T) te Phillips Wn R In R v Geel 1953 (2) SA 398 (A) waar dit om 'n oortreding van art 2 (a) van die Wet op die Voorkoming van Korrupsie 4 van ......