S v Dhlaminien Andere
| Jurisdiction | South Africa |
| Judge | Ackermann R |
| Judgment Date | 27 March 1981 |
| Citation | 1981 (3) SA 1105 (W) |
| Court | Witwatersrand Local Division |
Ackermann R:
Mnr Gordon, namens die Staat, poog om ingevolge die E bepalings van art 217, alternatiewelik art 219A van die Strafproseswet 51 van 1977, sekere verklarings by blote voorlegging te bewys wat na bewering deur beskuldigdes 2 en 4 op 18 April 1980 en 5 Mei 1980 onderskeidelik aan sekere landdroste gemaak is. Mnr Gordon se reg om die verklarings aldus F voor te lê word betwis deur Advokaat Hancock namens beskuldigde 2 en deur Advokaat Van der Merwe namens beskuldigde 4.
In die huidige geval was dit nie deur die Staat betwis dat die betrokke verklarings nie op bekentenisse neerkom nie, maar inderdaad erkennings is, waarop die bepalings van art 219A van die Strafproseswet van toepassing is.
Vir huidige doeleindes is dit egter irrelevant of die verklarings G bekentenisse dan wel erkennings is, want die argumente wat geopper is, is ewe seer van toepassing of die verklarings nou bekentenisse of blote erkennings daarstel, gesien die feit dat die bepalings van art 217 (1)
Ackermann R
(b) wesenlik enersluidend is met art 219A (1) van die Wet. Ek sal egter deurgaans die aangeleentheid beoordeel op die basis van die bepalings van art 219A (1).
A Alvorens ek die argumente oorweeg wat namens beskuldiges 2 en 4 aangevoer is, is dit nodig om 'n paar algemene opmerkings oor art 219A (1) te maak. Die betrokke sub-artikel lees soos volg:
"Getuienis van 'n erkenning buitegeregtelik gedoen deur iemand met betrekking tot die pleging van 'n misdryf is, indien so 'n erkenning nie 'n bekentenis van daardie misdryf uitmaak nie en bewys word ongedwonge B deur daardie persoon gedoen te gewees het by strafregtelike verrigtinge betreffende daardie misdryf teen hom as getuienis toelaatbaar: Met dienverstande dat waar die erkenning aan 'n landdros gedoen en deur hom op skrif gestel word of in die aanwesigheid van 'n landdros bevestig en op skrif gestel word, die erkenning by die blote voorlegging by die betrokke verrigtinge van die dokument waarin die erkenning vervat is,
C as getuienis teen so 'n persoon toelaatbaar is indien dit uit bedoelde dokument blyk dat die erkenning gedoen is deur iemand wie se naam met dié van so 'n persoon ooreenstem en in die geval van 'n erkenning aan 'n landdros gedoen of in die aanwesigheid van 'n landdros bevestig deur middel van 'n tolk, indien 'n sertifikaat deur die tolk op bedoelde dokument verskyn met die strekking dat hy getrou en juis en na sy beste vermoë getolk het met betrekking tot die inhoud van die erkenning en enige vraag deur die landdros aan so 'n persoon gestel; en
D geag word, tensy die teendeel bewys word, ongedwonge deur so 'n persoon gemaak te gewees het, indien dit uit die dokument waarin die erkenning vervat is blyk dat die erkenning ongedwonge deur so 'n persoon gemaak is."
In S v Yolelo1981 (1) SA 1002 (A) te 1009C het die Appèlhof bevind dat E die inleidende bepaling van art 219A (1) in hoofsaak slegs 'n kodifikasie is van 'n gemeenregtelike reël met betrekking tot erkennings wat soos volg in R v Barlin1926 AD 459 te 462 geformuleer is:
"The common law allows no statement made by an accused person to be given in evidence against himself unless it is shown by the prosecution to have been freely and voluntarily made in the sense that it has not been induced F by any promise or threat proceeding from a person in authority... That is a principle covering all admissions or statements made by the accused.. ."
Die voorbehoudsbepalings vervat in art 219A (1) (a) en (b) dek twee aangeleenthede. Para (a) lê die vereistes neer waaraan voldoen moet word alvorens die verklaring deur blote voorlegging bewys kan word en para (b) G die vereistes waaraan die verklaring moet voldoen alvorens die vermoede intree wat op 'n oorwig van waarskynlikhede deur die beskuldigde weerlê kan word dat die erkenning ongedwonge gemaak is.
Die posisie word in S v Yolelo (supra) soos volg deur Waarnemende Appèlregter VAN HEERDEN te 1009D - G uiteengesit:
"Die voorbehoudsbepaling is egter 'n volledige innovasie. Betreffende H erkennings aan 'n landdros gedoen en deur hom op skrif gestel en erkennings in die afwesigheid van 'n landdros bevestig en op skrif gestel (hierna kortweg erkennings aan 'n landdros genoem) wysig die voorbehoudsbepaling die bewysregreëls wat gegeld het tot art 219A in 1979 in die Strafproseswet ingevoeg is. Eerstens maak die voorbehoudsbepaling voorsiening vir die blote inhandiging van 'n dokument waarin sodanige erkennings vervat is mits:
Dit uit die dokument blyk dat die erkenning gemaak is deur iemand wie se naam ooreenstem met dié van die persoon teen wie die erkenning aangewend kan word, en
'n Sertifikaat van die tolk met die strekking soos in die bepaling omskryf op
Ackermann R
die dokument verskyn in 'n geval waarin 'n erkenning deur middel van 'n tolk aan 'n landdros gemaak is.
Tweedens skep para (b) 'n vermoede dat die erkenning ongedwonge gemaak is. Hierdie vermoede kan deur bewys op 'n oorwig van waarskynlikhede A weerlê word: S v Nene and Others (2)1979 (2) SA 521 (D) te 524."
Verder is dit belangrik om daarop te let dat para (b) van die voorbehoud onafhanklike werking het afgesien of daar aan para (a) ten aansien van die bewys van die verklaring voldoen is aldan nie. Paragraaf (b) tree nie B slegs in werking as die maak van die verklaring ooreenkomstig para (a) bewys is nie en sou dit nog steeds intree al word die maak van die verklaring op enige ander wyse bewys. Hierdie beginsel word soos volg in Yolelo se saak deur Waarnemende Appèlregter VAN HEERDEN te 1011C - G soos volg uiteengesit.
"Soos reeds genoem, is die voorbehoudsbepaling daarop gerig om -
bewyslewering dat die beskuldigde 'n erkenning aan 'n landdros gemaak het te vergemaklik, en
C 'n ommeswaai van die bewyslas aangaande die element van vrywilligheid teweeg te bring.
Die frase 'by die blote voorlegging... van die dokument' is na woordlui slegs by (i) en nie ook by (ii) nie van belang. Dit is immers bestem om effek te hê slegs op die vraag of die erkenning wel gemaak is en nie ook op die vraag of dit ongedwonge geskied het nie. Para (b) bevat dan ook sy D eie vereiste waaraan voldoen moet word voordat die vermoede in werking tree. Dit moet naamlik uit die dokument blyk dat die erkenning ongedwonge gemaak is. Indien dit nie uit die dokument blyk nie, rus die bewyslas aangaande die element van vrywilligheid nog steeds op die Staat ongeag of aan die vereistes van para (a) voldoen is en ongeag hoe die dokument voor die Hof geplaas is. Omgekeerd bring voldoening aan eersgenoemde vereiste E 'n verskuiwing van die bewyslas mee ongeag hoe die feit dat die erkenning gemaak is bewys is. Die onafhanklike werking van para (b) kan bes deur 'n voorbeeld geïllustreer word. 'n Sertifikaat van 'n tolk het klaarblyklik slegs prima facie bewyskrag. In 'n geval waar 'n dokument aan die vereistes van paras (a) en (b) voldoen sou die beskuldigde dus kon getuig dat hy nie die beweerde erkenning gemaak het nie, byvoorbeeld omdat die tolk sy woorde verkeerd getolk het. Die Staat sou dan, in verreweg die meeste gevalle deur op die getuienis van die tolk te steun, buite redelike F twyfel moes bewys dat die betrokke erkenning wel gemaak is. Indien die Staat hom van sy bewyslas sou kwyt, sou die vermoede geskep deur para (b) klaarblyklik nog steeds geld alhoewel die bevinding dat die erkenning wel gemaak is, sou berus op die tolk se getuienis en nie op sy sertifikaat nie."
Hoewel ek op die huidige stadium streng gesproke slegs geroepe is om oor G die bewys deur blote voorlegging van die verklarings te beslis, is ek deur die advokate versoek om ook tegelykertyd te beslis oor die inwerkingtreding van die vermoede vervat in voorbehoudsbepaling (b). Na my mening is dit die aangewese weg om te volg ten einde die verdere verloop van die saak te vergemaklik.
Mnr Hancock, namens beskuldigde 2, het in die eerste plek betoog dat H daar nie aan die vereistes van voorbehoud (a) tot art 219A (1) voldoen is nie. Beskuldigde 2 se naam word in die klagstaat aangetoon as "Okert Nkosi" terwyl die naam van die persoon wat die verklaring gemaak het in die verklaring aangegee word as "Obed Vusemuzi Nkosi". Gevolglik word betoog dat, vir doeleindes van die toepassing van voorbehoud (a) tot die betrokke artikel, die naam van die persoon wat die verklaring gemaak het nie "ooreenstem" ("corresponds") met dié van beskuldigde 2 nie. "Ooreenstem" word nie in die Wet nader omskryf nie. "Corresponding" word in die Oxford
Ackermann R
English Dictionary vol II te 1017 omskryf onder andere as "similar" of "analogous". In Oranjeville Dorpsbestuur v Gulliver and Others1970 (1) SA 554 (O) het Regter KLOPPER te 556H beslis ten aansien van hierdie omskrywing van "corresponding" dat:
A "That which is analogous can hardly be said to be identical."
Die betekenis wat in uitsprake aan bepaalde woorde geheg word moet egter met groot omsigtigheid benader word waar die konteks waarin die woord gebruik word verskil van dié wat deur die Hof oorweeg moet word.
B In S v Mothopeng1965 (4) SA 484 (T) het die Hof die betekenis van die woord "ooreenstem" ("corresponding") waar dit in art 263 bis (1) van die Strafproseswet 56 van 1955 voorkom oorweeg. Gemelde artikel stem ooreen met die huidige art 246 van die 1977 Strafproseswet en die, vir huidige C doeleindes, tersaaklike gedeeltes daarvan lees soos volg:
"Any document... which was at any time on premises occupied by any association of persons, incorporated or unincorporated, or in the possession or under the control of any office-bearer, officer or member of such association and -
on the face whereof a person of a name corresponding to that of an D accused person appears to be a member or office bearer of such association, shall on its mere production by the public prosecutor in any criminal proceedings be prima facie proof that the accused is a member or such...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
S v Mncube en 'n Ander
...SA 464 (A) op 484 - 5; S v Mpetha and Others 1983 (1) SA 576 (K) op 581; S v Bacela 1988 (2) SA 665 (OK) op 675; S v Dlamini en Andere 1981 (3) SA 1105 (W) op 1117 - 8; R v Ngobese and Others 1961 (4) SA 98 (D) op 99; S v Gaba 1985 (4) SA 734 (A) op 750F - H; R v Biyana 1936 EDL 310; S v Ba......
-
S v Hoosain
...procedure Act 51 of 1977 before the presumption created by that provision can come into operation. See S v Dhlamini and Others 1981 (3) SA 1105 (W) at 1114G - 1115H; S v Mpetha and Others (2) 1982 (2) SA 406 (C) at 407H - 408E, 410C and 414F - H. It is apparent from p 2 of exh 'C' that magi......
-
S v Maseko
...807 (A) op 815A; S v Mbele 1981 (2) SA 738 (A) op 743E-G; S v Lebea 1975 (4) SA 337 (W); S v Yolelo 1981 (1) SA 1002 (A); S v Dhlamini 1981 (3) SA 1105 (W); Solomon v De Waal C 1972 (1) SA 575 (A) op 580D-H; S v Van Niekerk 1981 (3) SA 787 (T) op 794D-H; S v Herbst 1980 (3) SA 1026 (OK) op ......
-
S v Yende
...om bo redelike twyfel die vrywilligheid van die verklaring te bewys. Sien S v Yolelo 1981 (1) SA 1002 (A) I op 1011; S v Dhlamini 1981 (3) SA 1105 (W) op 1115. Die Staat het nie bo redelike twyfel bewys dat die verklaring vrywilliglik gemaak was. J J Pelser namens die Staat: Om te bepaal of......