S v Coetzer

JurisdictionSouth Africa
JudgeNicholas R and Myburgh R
Judgment Date06 December 1971
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date15 November 1971
Citation1972 (2) SA 119 (T)

Nicholas, R.:

Die appellant het in die landdroshof vir die distrik van Schweizer Reneke tereggestaan op 'n aanklag dat hy art. 26 van die Omheiningswet, 31 van 1963, oortree het: C

'Deurdat op omtrent die 30ste April 1971 en te Handleton, Schweizer Reneke, genoemde beskuldigde 'n hek, naamlik 'n motorhek, beskadig het wederregtelik en onwettiglik versuim om die skade onverwyld te herstel of indien hy nie in staat is om dit te herstel nie die skade en sy onvermoë om dit te herstel aan die eienaar te rapporteer.'

Hy het onskuldig gepleit, maar is skuldig bevind en gevonnis tot 'n D boete van R20 of 20 dae gevangenisstraf. Hy kom nou in hoër beroep teen die skuldigbevinding.

Die feite, soos deur die landdros bewese bevind is, is kortliks die volgende: op 30 April 1971 het die beskuldigde met sy motorbakkie op 'n pad op die plaas van 'n sekere P.J. Fourie, nl. Handleton, geleë in die E distrik Schweizer Reneke, gery. Op die bakkie was 'n damskrop. Toe die beskuldigde deur 'n motorhek op die plaas ry, het die damskrop aan die muur van die motorhek geraak of gestamp en as gevolg daarvan is die muur, asook die pype van die hek, beskadig. Die beskuldigde het nie onverwyld die skade herstel nie en hy het versuim om die skade so aangerig aan die eienaar van die plaas te rapporteer.

F Die vernaamste punt van betoog wat deur die appellant tydens die aanhoor van die appèl aangevoer is, was dat die klagstaat nie 'n misdryf openbaar nie omdat dit geen bewering bevat dat die hek op 'n hoewe of op 'n openbare pad binne die grense van 'n hoewe is nie.

Art. 26 van Wet 31 van 1963 lui soos volg:

'26. (1) Iemand wat 'n heining of hek op 'n hoewe of op 'n openbare pad binne die grense van 'n hoewe onopsetlik beskadig, moet die skade G onverwyld herstel of, indien hy nie in staat is om dit te herstel nie, die skade en sy onvermoë om dit te herstel aan die eienaar of 'n huurder van die eiendom rapporteer en die som wat redelikerwys voldoende is om die herstelkoste te dek, deponeer of sekuriteit daarvoor gee, en vervolgens moet die eienaar of sodanige huurder op versoek die ontvangs van die gedeponeerde of versekerde som skriftelik erken.

(2) Iemand wat versuim om aan die bepalings van sub-art. (1) te voldoen, H is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van hoogstens vyftig rand of, by wanbetaling met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie maande.'

In die woordbepalingsartikel, art. 1 van...

To continue reading

Request your trial
3 practice notes
  • George Municipality v Vena and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...for Immigration 1932 AD 125 at 129; B Levy & Co v Livschitz 1941 WLD 89 at 91; S v Bhengu 1968 (3) SA 606 (N) at 610B - C; S v Coetzer 1972 (2) SA 119 (T) at 121E - F; Norden and Another NNO v Bhanki and Others 1974 (4) SA 647 (A) at 655A; S v Kock 1975 (3) SA 332 (O) at 333G; L C Steyn Die......
  • S v Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(T) op bl. 50D - 572A; sien ook R. v De Meyer, supra op bl. 895 - 896; S. v Nzama, 1971 (4) SA 489 (N) op bl. 491B - E; S. v Coetzer, 1972 (2) SA 119 (T) op bl. 121G - 122C; Phipson, Evidence, 11de uitg., paras. 131, 1681 en 1685; B Wigmore, Evidence, 3de uitg., band IV, para. 1177 op bl. 3......
  • Gemeenskapsontwikkelingsraad v Williams and Others (1)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...that he received information concerning the accused's alleged ownership of the land from members of his staff. In S. v Coetzer, 1972 (2) SA 119 (T), NICHOLAS, J., with MYBURGH, J., concurring, held that evidence by a witness that he was the owner of land A was inadmissible to prove that the......
3 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT