S v De Bruyn en 'n Ander
Jurisdiction | South Africa |
Judge | van Blerk AR, Rumpff AR en Holmes AR |
Judgment Date | 26 August 1968 |
Citation | 1968 (4) SA 498 (A) |
Hearing Date | 13 May 1968 |
Court | Appellate Division |
D Van Blerk, A.R.:
Eerste appellant, de Bruyn, en tweede appellant, nox, is in die Transvaalse Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan moord. Die slagoffer was 'n jong Bantoeman. Daar is bevind dat versagtende E omstandighede aanwesig was. Eerste appellant is gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf en tweede appellant tot sewe jaar gevangenisstraf. Verlof om te appelleer teen die skuldigbevindings en die vonnisse is deur die Verhoorregter toegestaan.
[Die Edelagbare Regter het toe na sekere feite in besonderheid verwys, 'n opsomming waarvan in die uitspraak van HOLMES, A.R., uitgesit is, en het soos volg voortgegaan.]
F Dit is egter betoog namens beide appellante dat die Verhoorhof fouteer het deur te bevind dat hul die opset gehad het om die oorledene te dood en moes inderdaad bevind het dat appellante aan strafbare manslag skuldig is. Volgens eerste appellant se eie getuienis het hy die G oorledene met mening geskop en nie omgegee of hy hom doodskop nie. Al wat hy agter geskuil het, was sy gewaande woede. In sy geval kan dit beslis nie gesê word nie dat hy nie die vereiste opset gehad het nie. Sy aanranding op die weerlose slagoffer was barbaars en weersinswekkend.
H Wat die vonnis betref, is daar geen rede om dit te versag nie, trouens hy kan van geluk spreek dat bevind is dat in sy geval versagtende omstandighede aanwesig was.
By die oorweging van die vraag of tweede appellant inderdaad besef het en voorsien het dat sy dade moontlik die dood ten gevolg kan hê, het die Verhoorhof wel die feit in aanmerking geneem dat hy, ten tyde van die aanranding, onder die invloed van drank was dog bewus was en geweet wat hy doen, maar geen melding word gemaak van die feit dat dié appellant, omdat hy verstandelik gestremd was, in 'n skool vir vertraagdes
Van Blerk AR
geplaas was nie. Die kumulatiewe effek van die invloed van die verorberde drank en die minderwaardige of vertraagde verstandelike A vermoë kon wel sy begrip en vermoë om te besef en voorsien so affekteer het, dat hy in werklikheid nie besef het, dat die dood moontlik kon intree nie en dus nie moontlikheidsbewussyn gehad het nie. So beskou is daar bedenking of dit bo redelike twyfel bewys is dat dié appellant die vereiste opset gehad het. Hy behoort egter die gevolge van sy dade te voorsien het. Gevolglik is hy skuldig aan strafbare manslag, in watter geval sewe jaar gevangenisstraf ook 'n paslike vonnis sal wees.
B Ek sou volstaan het met bostaande redes as dit nie was dat daar verskil van mening is oor die benadering van die Verhoorhof betreffende die bevinding dat versagtende omstandighede in die geval van eerste appellant aanwesig was nie. Die bevinding is gebaseer op die blote feit dat die Staat nie daarin geslaag het om direkte opset te bewys nie, maar C alleenlik opset in die vorm van moontlikheidsbewussyn en bygevolg het die Verhoorregter soos hy uitdruklik sê, hom nie gebonde geag om die doodstraf op te lê nie. Vir sy bevinding het die Verhoofhof gesteun op die wenk gegee in R v Mini, 1963 (3) SA 188 (AA) op bl. 192A, wat soos volg lui:
'. . . trial Courts might consider in exercising their function, D whether, depending on the circumstances, the moral blameworthiness of a murder is reduced if it is committed with constructive intention to kill as distinct from intention plus positive desire'.
Ek stem saam met my kollega RUMPFF dat by 'n ondersoek aangaande die aanwesigheid van versagtende omstandighede die objektiewe samestellende E element opset deur moontlikheidsbewussyn as sulks niks te make het met die subjektiewe aangeleentheid van verwytbaarheid nie wat, in teenstelling met die begripsvraag by moord, 'n bewysvraag is. Ongelukkig egter het die bogenoemde suggestie in die saak van R v Mini in die praktyk verwarring geskep, soos dit ook vir my voorgekom het die geval te gewees het in S v Sebeko, 1968 (1) SA 495 (AA). Dié suggestie F word verstaan te beteken dat verwytbaarheid in die geval van dolus eventualis sonder meer minder is as in die geval van dolus directus en dat om dié rede eersgenoemde vorm van opset opsigself 'n versagtende omstandigheid is. So het die Verhoorhof dit ook in die onderhawige geval verstaan en toegepas. So 'n benadering sou neerkom op 'n uitleg wat die G begrip 'moord' in art. 329 (1) van die Strafkode beperk in dié sin dat dit nie moord in geval van dolus eventualis insluit nie en die Verhoorregter in laasgenoemde geval nie gebonde sou wees om die verpligte vonnis op te lê nie al sou geen versagtende omstandighede bevind word aanwesig te wees nie. Dit kon nouliks die Wetgewer se bedoeling gewees het om so 'n beperkte betekenis aan die betrokke H misdaad te heg, veral waar in ons land moord oorwegend sonder oogmerkopset gepleeg word, 'n verskynsel waarvan die Wetgewer sekerlik bewus was.
As 'n feit of 'n omstandigheid nie sonder meer kan dien as 'n versagtende omstandigheid nie dan het 'n Hof nie die vryheid om 'n bevinding van versagting daarop te baseer nie, en sou die Verhoorregter dan ook by die oplegging van straf statutêr gebonde wees, indien op sodanige feit of omstandigheid alleen gesteun word vir genoemde bevinding. As dit nie so is nie sou in wese 'n Verhoorregter die bevoegdheid
Rumpff AR
hê om te begenadig. Die begenadigingsreg is egter die prerogatief van die uitvoerende gesag.
Die appèl van eerste appellant word van die hand gewys; die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig. Wat die tweede appellant betref word die skuldigbevinding aan moord nietig verklaar en 'n A skuldigbevinding aan strafbare manslag word in die plek daarvan gestel, maar die opgelegde vonnis van sewe jaar gevangenisstraf bly staan.
Judgment
Rumpff, A.R.:
Ek stem saam met die bevel wat deur my kollega VAN BLERK B uitgevaardig word. Die feite in hierdie saak word uiteengesit in sy uitspraak en toon 'n volgehoue wreedaardige aanranding met noodlottige gevolg.
Die uitspraak van my kollega HOLMES, waarin hy verwys na sy uitspraak in S v Sighwala, 1967 (4) SA 566 (AA), en waarin sekere opvattins C daarin genoem herhaal word, en die benadering van die Verhoorregter in hierdie saak in verband met versagtende omstandighede, noop my om 'n mening uit te spreek oor die toepassing van wat in S.v. Sighwala, 1967 (4) SA 566 (AA), beslis is.
In daardie saak word die feite, wat as bewese bevind is, soos volg uiteengesit te bl. 567:
[Die Edelagbare Regter het die feite aangehaal en soos volg voortgegaan?]
D Uit die notule van die saak blyk ook dat Solomon verklaar het dat toe Simon beroof word, die oorledene besluit het om te gaan kyk waarom Simon voorgekeer word, en dat hy oorledene se fiets vasgehou het. Nadat E oorledene gesteek is, het appellant vir Solomon met die mes, opgehef in sy hand, 'n ent gejaag en later, toe Solomon na die oorledene teruggaan het, het hy gesien dat die oorledene se skoene weggeneem en sy sakke uitgetrek was. Die oorledene is dus ook beroof.
Die appellant is deur die Verhoorhof aan moord skuldig bevind en ter dood veroordeel. Nadat verskillende betoogpunte aangaande die feite in F die uitspraak behandel word, word tot die volgende konklusie gekom:
'Stabbing cases are usually a matter of degree, and intention must not be inferred by hindsight from the fact of death. The part of the body injured is relevant, but in the present case the deceased was walking and the appellant jumped forward as he struck. Hence it cannot be inferred beyond reasonable doubt that he actually aimed at the heart, as distinct from the general area of the upper body. Accordingly, the fact G that the thrust did land with fatal consequences above the heart does not, in all the circumstances, necessarily give rise to the inevitable inference that the appellant intended to kill, in the sense of directing his will toward the bringing about of the death of the deceased.'
Na my mening moet van 'n messteek in die hart, of vlak by die hart, en 4 duim diep, toegebring deur 'n geestelik normale persoon, in die H afwesigheid van enige aanduiding van 'n ander oogmerk, die afleiding gedoen word dat die persoon die oogmerk gehad het om te dood. Drank bv. kan natuurlik die verstand benewel en 'n twyfel laat ontstaan oor die aanwesigheid van dolus directus. Hoewel daar wel sprake was dat die appellant 'n hoeveelheid 'kafferbier' gedrink het, word daardie faktor in die uitspraak uitgesluit by die oorweging of daor dolus directus was en ook later by die bevinding dat daar wel dolus eventualis was. Op die veronderstelling dus dat die appellant nie noemenswaardig onder invloed van drank was nie, moet ek, wat die feite betref, met eerbied
Rumpff AR
verskil van die bevinding dat die appellant net 'n dolus eventualis gehad het. Na my mening het die appellant, terwyl hy besig was met 'n brutale roof, gesien dat die oorledene terugloop, na die toneel van die roof, en indien al die omstandighede in aanmerking geneem word, lewer A die messteek in die hart m.i. net een redelike afleiding en dit is dat die appellant se oogmerk was om die oorledene te dood.
In die uitspraak word daar wat die reg betref o.a. gesê:
Dat met die uitdrukking opset om te dood (intention to kill) nie noodwendig bedoel word nie dat die beskuldigde 'should have applied his will to compass the death of the deceased' maar dat dit voldoende is indien die beskuldigde subjektief die moontlikheid B voorsien het dat die handeling die dood kon veroorsaak en 'was reckless of such result'. Dit is die sgn. dolus eventualis.
Dis nie voldoende nie om vas te stel wat die beskuldigde objektief gesproke behoort te voorsien het. 'The distinction must be observed between what actually went on in the mind of the accused and what would have gone on in the mind of a bonus paterfamilias in the position of the accused'.'
C Wat (2) hierbo betref, is dit natuurlik korrek om te sê dat die gesindheid van die beskuldigde self beskou moet word en nie die van 'n met gewone verstand bedeelde mens in sy posisie...
To continue reading
Request your trial-
S v Mncube en 'n Ander
...(A) op 410; S v Petane ongerapporteerde uitspraak van Conradie R in die Kaapse Provinsiale Afdeling, 10 Desember 1987; S v De Bruyn 1968 (4) SA 498 (A) op 505; Fiat Justitia: Essays in Memory of C Oliver Schreiner 395 op 399; Hoffmann en Zeffertt South African Law of Evidence 3de uitg op 25......
-
S v Mbatha en Andere
...495 (A) at 497B - F; S v Nell 1968 (2) SA 576 (A) at 580C; S v Van den Bergh 1968 (3) SA 250 (A) at 252B - C; S v De Bruyn en Andere 1968 (4) SA 498 (A) at 500D - H, 505D - G and 509H - 510A; S v Mofokeng and Another 1968 (4) SA 852 (W) at 857B - E and 858C - N; S v Radebe and G Another 196......
-
2011 index
...81S v Davies 1956 (3) SA 52 (A)........................................................................ 56S v De Bruyn 1968 (4) SA 498 (A) ............................................................... 364S v De Jager 1965 (2) SA 612 (A) ..........................................................
-
S v Masuku and Others
...603 (A) at 610; R v Roberts 1957 (4) SA 265 (A) at 273; R v Fundakubi and Others 1948 (3) SA 810 (A) at 818; S v De Bruyn and Others 1968 (4) SA 498 (A) at 512A; R v Mkize 1953 (2) SA 324 (A) at 335-336; S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A) at 184C-D; S v Mongesi 1981 (3) SA 204 (A). F ......
-
S v Mncube en 'n Ander
...(A) op 410; S v Petane ongerapporteerde uitspraak van Conradie R in die Kaapse Provinsiale Afdeling, 10 Desember 1987; S v De Bruyn 1968 (4) SA 498 (A) op 505; Fiat Justitia: Essays in Memory of C Oliver Schreiner 395 op 399; Hoffmann en Zeffertt South African Law of Evidence 3de uitg op 25......
-
S v Mbatha en Andere
...495 (A) at 497B - F; S v Nell 1968 (2) SA 576 (A) at 580C; S v Van den Bergh 1968 (3) SA 250 (A) at 252B - C; S v De Bruyn en Andere 1968 (4) SA 498 (A) at 500D - H, 505D - G and 509H - 510A; S v Mofokeng and Another 1968 (4) SA 852 (W) at 857B - E and 858C - N; S v Radebe and G Another 196......
-
S v Masuku and Others
...603 (A) at 610; R v Roberts 1957 (4) SA 265 (A) at 273; R v Fundakubi and Others 1948 (3) SA 810 (A) at 818; S v De Bruyn and Others 1968 (4) SA 498 (A) at 512A; R v Mkize 1953 (2) SA 324 (A) at 335-336; S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A) at 184C-D; S v Mongesi 1981 (3) SA 204 (A). F ......
-
S v Sethoga and Others
...1967 (4) SA 566 (A) at 570A - F; S v Nkombani and Another 1963 (4) SA 877 (A) G at 895E - H and 896A - B; S v De Bruyn en 'n Ander 1968 (4) SA 498 (A) at 510E - H; S v Burger 1975 (4) SA 877 (A) at 879B - C; S v Nhlapo and Another 1981 (2) SA 744 (A) at 751B - E; S v Nkwenja en 'n Ander 198......
-
2011 index
...81S v Davies 1956 (3) SA 52 (A)........................................................................ 56S v De Bruyn 1968 (4) SA 498 (A) ............................................................... 364S v De Jager 1965 (2) SA 612 (A) ..........................................................
-
2018 index
...405S v CS 2016 (1) SACR 584 (WCC) ........................................................ 309S v De Bruyn 1968 (4) SA 498 (A) ...................................................... 386S v De Goede (121151) [2012] ZAWCHC 200 (30 November 2012) ... 404S v De Jager 2016 (2) SACR 716 (ECG) .........
-
2017 index
...405S v CS 2016 (1) SACR 584 (WCC) ........................................................ 309S v De Bruyn 1968 (4) SA 498 (A) ...................................................... 386S v De Goede (121151) [2012] ZAWCHC 200 (30 November 2012) ... 404S v De Jager 2016 (2) SACR 716 (ECG) .........
-
2012 index
...151-160, 308-309S v Cronje 1983 (3) SA 739 (W) ........................................................... 392-393S v De Bruyn 1968 (4) SA 498 (A) ....................................................... 399-400S v De Jager 1965 (2) SA 612 (A) ......................................................