S v Bowers

JurisdictionSouth Africa
JudgeOgilvie Thompson HR, Potgieter AR en Rabie AR
Judgment Date21 September 1971
Citation1971 (4) SA 646 (A)
Hearing Date10 September 1971
CourtAppellate Division

Rabie, A.R.:

Die appellant, 'n 38-jarige Kleurlingman, is in H die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop deur 'n Hof bestaande uit Waarnemende Regter TEBBUTT en twee assessore daaraan skuldig bevind dat hy op 12 Oktober 1970 in Elsiesrivier, in die distrik Bellville, 'n 9-jarige Kleurlingmeisie, Katy Frans, vermoor het. Die Hof het eenparig bevind dat daar nie versagtende omstandighede was nie en die appellant is gevolglik tot die dood veroordeel. Die appellant appelleer nou, met die

Rabie AR

verlof van die Verhoorregter, teen die bevinding dat daar nie versagtende omstandighede was nie. Geen aansoek verlof om teen die skuldigbevinding aan moord te appelleer is tot die Verhoorregter gerig nie.

Met die verhoor is dit bo alle twyfel bewys dat die appellant A die oorledene laat in die namiddag van 12 Oktober 1970 in sy huis in Elsiesrivier verkrag en verwurg het. Die appelant, wat nie getuienis afgelê het nie, het dit ook nie betwis nie, maar dit is namens hom aangevoer dat die Staat nie bewys het dat hy die opset gehad het om moord te pleeg nie.

[Die Edelagbare Regter het die getuienis ontleed en soos volg voortgegaan.]

B Nadat die appellant aan moord skuldig bevind is, en voordat daar op die vraag van versagtende omstandighede ingegaan is, het die Hof Dr. Pascoe weer as getuie geroep en hom gevra om, in die lig van die getuienis oor die wyse waarop die misdaad gepleeg is, sy mening oor die appellant se geestestoestand ten C tyde van die pleeg van die misdaad te gee. Die volgende sin bevat die kern van wat die getuie gesê het:

"I can only repeat again that the history as I got it suggested to me a life pattern, that this man has shown a dependent and somewhat hysterical reaction to any difficulty that came about; as regards the violence of this crime, that his wife had felt for a long time that he was dangerous when under the influence of drink."

In die lig van die betoog wat namens die appellant gelewer is, D is dit wenslik, voordat op die meriete van die appèl ingegaan word, om eers te let op sekere beginsels wat by die oorweging van 'n appèl soos die onderhawige van toepassing. is, d.w.s., in 'n geval waar die Verhoorhof by 'n skuldigbevinding aan moord bevind het dat daar nie versagtende omstandighede aanwesig was nie en gevolglik die doodvonnis opgelê het.

E In die eerste plek moet in gedagte gehou word dat kragtens art. 330 van die Strafproseswet, 56 van 1955, dit die funksie van die Verhoorhof is om oor die aanwesigheid al dan nie van versagtende omstandighede te besluit. Die artikel bepaal nl - vir sover hier ter sake - dat wanneer 'n Hof iemand aan F moord skuldig bevind het, hy die doodvonnis moet oplê, behalwe dat

"waar die hof... van oordeel is dat daar versagtende omstandighede is, die hof 'n ander vonnis as die doodvonnis kan oplê".

Dat dit in die eerste plaas die funksie van die Verhoorhof is om oor die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede te beslis, is al meermale in uitsprake van hierdie Hof beklemtoon. G Ek verwys net na die volgende: in R. v Muller, 1957 (4) SA 642 (AA) op bl. 644 i.f - 645, soos gekorrigeer in 1958 (2) SA op bl. xxviii, word gesê:

"Now, as has repeatedly been laid down, the finding, in relation to a conviction for murder, of the presence or absence of 'extenuating circumstances' is the function of the triers of fact."

In S. v Babada, 1964 (1) SA 26 (AA) op bl. 27H - 28A, H word die volgende gesê oor die funksie van die Verhoorhof en die aard van sy ondersoek na die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede:

"Die Wetgewer het dus op die Verhoorhof die plig gelê indien 'n beskuldigde aan moord skuldig bevind word, om vas te stel, eerstens, of daar omstandig hede is wat betrekking kon gehad het op die geestesvermoëns of gemoed van die beskuldigde; tweedens, om te oordeel of sodanige omstandighede die beskuldigde wel beïnvloed het en derdens om te oordeel of die beïnvloeding van so 'n aard was dat die beskuldigde se daad, volgens die mening van die verhoorhof, daardeur minder laakbaar word sodat die Regter nie verplig hoef te wees om die doodstraf op te lê nie."

Rabie AR

Vanweë die feit...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

24 practice notes
  • S v Mncube en 'n Ander
    • South Africa
    • South Africa Law Reports
    • March 25, 1991
    ...na die volgende gesag verwys: R v Balla and Others 1955 (3) SA 274 (A) op 275; S v Babada 1964 (1) SA 26 (A) op 27H - 28A; S v Bowers 1971 (4) SA 646 (A) op 649A; S v Burger 1975 (4) SA 877 (A) op 800H; S v Ceasar 1977 (2) SA 348 (A) op 352H - 353A; S H v Holder 1979 (2) SA 70 (A); S v J 19......
  • S v Masuku and Others
    • South Africa
    • South Africa Law Reports
    • May 30, 1985
    ...Arnold 1965 (2) SA 215 (C). J Jonker for the State referred to the following authorities: S v Bradbury 1967 (1) SA 387 (A); S v Bowers 1971 (4) SA 646 (A); S v De H Bruyn en 'nAnder 1968 (4) SA 498 (A); Sv Dladla en Andere 1980 (1) SA 1 (A); S v Mkhonza 1981 (1) SA 959 (A); S v Mongesi en A......
  • S v Smith and Others
    • South Africa
    • South Africa Law Reports
    • November 17, 1983
    ...R Strydom for the third appellant at the request of the Court cited the following authorities in argument on extenuation: S v Bowers 1971 (4) SA 646 (A) at 649A - C, 650F; S v Ndlovu 1970 (1) SA 430 (A) at 433H, 434H - 435A; S v Mkhonza 1981 (1) SA 959 (A) at 963C - G; S v Sauls and Others ......
  • S v Abrahams
    • South Africa
    • South Africa Criminal Law Reports
    • June 1, 1990
    ...1 (A); R v Lembada and Another 1961 (1) SA 411 (A); S v Heller 1970 (4) SA 679 (A) at 686F; S v Ndlovu 1970 (1) SA 430 (A); S v Bowers 1971 (4) SA 646 (A) at 649A-C, 651A-B; S v Vontsteen 1972 (4) SA 551 (A); S v Mongesi en F Andere 1981 (3) SA 204 (A); S v Sephuti 1985 (1) SA 9 (A) at 18E-......
  • Get Started for Free
24 cases