S v Botha en 'n Ander
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Vivier Wn AHR, Olivier AR, Scott AR, Streicher AR en Mthiyane AR |
Judgment Date | 30 November 2001 |
Citation | 2002 (2) SA 680 (SCA) |
Docket Number | Saaknr 336/2001 |
Hearing Date | 01 November 2001 |
Counsel | J J Strijdom namens beide appellante. A B Schutte namens die Staat. |
Court | Supreme Court of Appeal |
Vivier WN Ahr H
[1] Die twee appellante (beskuldigdes 1 en 3) het saam met sewe ander (beskuldigdes 2, 4, 5, 6, 7, 8 en 9) in die streekhof op Pietersburg verskyn op een aanklag van moord, twee aanklagte van poging tot moord en een aanklag elk van opsetlike saakbeskadiging en regsverydeling. Die verhoor is ingevolge art 75(1)(c) van die Strafproseswet 51 van 1977 (die Wet) deur die Direkteur van I Openbare Vervolging na die Transvaalse Provinsiale Afdeling oorgeplaas. Op 21 Mei 2001, en voordat die verhoor in daardie Hof 'n aanvang geneem het, het beskuldigdes 1, 3, 5, 6, 7 en 8 ingevolge art 60(1)(a) van die Wet voor Stegmann R aansoek gedoen om op borgtog vrygelaat te word. Die aansoeke van beskuldigdes J
Vivier WN Ahr
1 en 3 is geweier en dié van die ander is toegestaan. Met verlof van die Hof A a quo appelleer beskuldigdes 1 en 3 na hierdie Hof teen die weiering van borgtog.
[2] In hierdie Hof is namens die Staat in limine aangevoer dat 'n weiering van borgtog deur 'n Hoër Hof as hof van eerste instansie nie appelleerbaar is nie en dat hierdie Hof gevolglik geen regsbevoegdheid het om die appèl aan te hoor nie. B
[3] Artikel 65 van die Wet maak uitdruklik voorsiening vir 'n appèl na die Hoër Hof teen die weiering van borgtog deur 'n laer hof. Van hierdie appèl is daar ingevolge art 21(1) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959 'n verdere appèl na hierdie Hof moontlik, óf met verlof van die Hof a quo óf, indien dit geweier C word, met verlof van hierdie Hof (S v Mohamed1977 (2) SA 531 (A) op 541C - D).
Artikel 65A(2) van die Wet maak verder voorsiening vir 'n appèl na hierdie Hof deur die Direkteur van Openbare Vervolging teen 'n beslissing van 'n Hoër Hof om 'n beskuldigde op borgtog vry te laat. Die bepalings van art 316 van die Wet met betrekking tot 'n D aansoek om verlof om te appelleer is in so 'n geval van toepassing (art 65A(2)(b) van die Wet).
Die Wet maak egter geen voorsiening vir 'n appèl deur 'n beskuldigde teen die weiering van borgtog deur 'n Hoër Hof as Hof van eerste instansie nie. E
[4] Die vraag is gevolglik of daar voorsiening vir so 'n appèl te vinde is in arts 20 of 21 van die Wet op die Hooggeregshof, en indien wel, of vooraf verlof daarvoor nodig is. Om hierdie vrae te beantwoord is dit heel eerste nodig om te bepaal of borgverrigtinge as siviele of strafverrigtinge vir doeleindes van hierdie artikels beskou moet word. Oor die toepaslike beginsels by hierdie ondersoek het Botha F AR die volgende in Sita and Another v Olivier NO and Another1967 (2) SA 442 (A) op 449B - E gesê:
'It is in my view not the form of the procedure adopted but the subject-matter of the proceedings which determines their character as either a civil or criminal matter. . . . Nor in my view does the fact that the relief was sought by way of a declaratory order, G interdict and mandamus make the proceedings before the Court a quo a civil matter originating in that Court.'
In die Mohamed-saak supra het die beskuldigde ingevolge art 97 van die Strafproseswet 56 van 1955 (die vorige Strafproseswet) na die Hoër Hof teen die weiering van borgtog deur die landdros geappelleer. Artikel 97 was die voorganger van die huidige H art 65. Sowel die appèl as 'n aansoek aan die Hoër Hof om verder te appelleer, het misluk. 'n Petisie aan hierdie Hof om verlof om te appelleer is vir argument na vyf Regters verwys. In die uitspraak van hierdie Hof het Trollip AR die volgende gesê omtrent die vraag of 'n borgappèl ingevolge art 97 siviele of strafverrigtinge was (op 539H - 540A): I
'(I)t would seem at the first blush that the proceedings are civil. In that event a decision by the WLD thereon would be appealable to the Full Court of the Transvaal Provincial Division (''TPD'') and not direct to this Court unless the parties consent thereto in writing (see s 20(1)(a) and (3) of the Supreme Court Act). However, the proceedings under s 97 of the Code originate in and are J
Vivier WN Ahr
closely associated with the accused's arrest, detention and prosecution for a criminal offence. Hence, although they are civil in A form, they are criminal in substance, and must be so regarded for the purposes of the relevant sections of the Supreme Court Act. See Sita's case supra 1967 (2) SA at 448 in fin - 449E, which is directly in point.'
Ek keer later terug na die Mohamed-saak.
In S v Absalom1989 (3) SA 154 (A) is die beskuldigde in B die landdroshof aan 'n misdryf skuldig bevind en gevonnis. Daarna het hy by die Hoër Hof 'n kennisgewing van appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis sowel as 'n aansoek om kondonasie vir die laat-aantekening van sy appèl geliasseer. Die aansoek om kondonasie is deur die Hoër Hof afgewys. Hierdie Hof het beslis dat die beskuldigde 'n reg van appèl het om sonder verlof teen die afwysing C van sy aansoek om kondonasie na hierdie Hof te appelleer. In sy uitspraak verwys Grosskopf AR na twee vorige beslissings van hierdie Hof in S v Swiegers 1969 (1) PH H110 (A) en S v Tsedi1984 (1) SA 565 (A) waarvolgens 'n beskuldigde sy reg om sonder vooraf verlof teen die afwysing van kondonasie te appelleer aan art 21(1) van die Wet op die Hooggeregshof ontleen (op D 161B - C). Grosskopf AR verwys vervolgens na die wysigings wat sedert daardie beslissings aan arts 20 en 21(2) van die Wet op die Hooggeregshof aangebring is, onder andere dat ingevolge art 20(4) verlof vereis word vir 'n appèl teen 'n 'uitspraak of bevel van die Hof van 'n Provinsiale of Plaaslike Afdeling in 'n siviele E geding'. Dit laat die vraag ontstaan of 'n aansoek om kondonasie vir die laat-aantekening van 'n strafappèl van die landdroshof 'n siviele geding is. Die geleerde Regter antwoord die vraag ontkennend (op 161I). Hy verwys met goedkeuring na die passasies in die Sita- en Mohamed-sake wat ek hierbo aangehaal het, en vervolg op 162A - B as volg: F
'In die onderhawige geval is die aansoek om kondonasie so nou verbonde met die beskuldigde se skuldigbevinding, vonnis en appèl dat dit na my mening 'n strafgeding is.'
[5] Die beslissings van hierdie Hof waarna ek hierbo verwys het, veral dié in S v Mohamed wat direk van toepassing G is, is duidelik en daar is nie voor ons betoog dat dit nie gevolg moet word nie. Gevolglik moet bevind word dat die huidige borgverrigtinge vir doeleindes van arts 20 en 21 van die Wet op die Hooggeregshof as 'n strafgeding, en nie as 'n siviele geding nie, beskou moet word. Soos dit in die aangehaalde passasie in die Mohamed-saak H gestel is, ontstaan 'n borgaansoek uit, en is dit so nou verbonde aan die beskuldigde se arrestasie, aanhouding en vervolging vir, 'n misdaad dat dit in wese strafregtelik van aard is, en moet dit as sodanig vir doeleindes van arts 20 en 21 van die Wet op die Hooggeregshof beskou word. Na my mening doen die voorsiening vir borg in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996 (die Grondwet), waarop ek later terugkom, nie afbreuk aan hierdie I gevolgtrekking nie. Vir soverre in uitsprake soos S v Pienaar 1992 (1) SASV 178 (W), S v Maki en Andere (1) 1994 (2) SASV 630 (OK) en S v Ndjadayi 1995 (2) SASV 583 (OK) beslis is dat borgverrigtinge vir doeleindes van arts 20 en 21 van die Wet op die Hooggeregshof siviele J
Vivier WN Ahr
verrigtinge is, kan dit nie ondersteun word nie. Geeneen van hierdie uitsprake bevat A enige verwysing na die genoemde vorige beslissings van hierdie Hof nie.
[6] Ek keer terug na die vraag of daar voorsiening vir 'n borgappèl soos die huidige is in arts 20 of 21 van die Wet op die Hooggeregshof. Artikel 21(1) lees as volg: B
'Benewens enige regsbevoegdheid deur hierdie Wet of ander wetsbepaling aan hom verleen, is die Appèlafdeling regsbevoeg, behoudens die bepalings van hierdie artikel en enige ander wetsbepaling, om 'n appèl teen enige beslissing van die Hof van 'n Provinsiale of Plaaslike Afdeling te verhoor en te beslis.'
Uit die gebruik van die woorde 'benewens' ('in addition to') en 'enige beslissing' is dit duidelik dat die Wetgewer in hierdie subartikel bedoel het om 'n jurisdiksie te vestig wat hierdie Hof nie C ingevolge art 20(1) het nie (Moch v Nedtravel (Pty) Ltd t/a American Express Travel Service1996 (3) SA 1 (A) op 8B - C). Die bewoording van die subartikel is wyd genoeg om appèlle in beide siviele en strafgedinge te dek (R v Lembada and Another1961 (1) SA 411 (A) op 420D). D
Die appèlbevoegdheid ingevolge art 21(1) is onderhewig aan 'die bepalings van hierdie artikel en enige ander wetsbepalings'. Die vraag wat dan ontstaan is of 'n appèl soos die onderhawige deur enige bepaling van die Wet uitgesluit word.
[7] In drie vorige uitsprake van hierdie Hof in R v...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
S v Sithole and Others
...and Others (1) A 1994 (2) SACR 304 (W) (1994 (4) SA 169; 1994 (2) BCLR 125): distinguished S v Botha en Andere 2002 (1) SACR 222 (SCA) (2002 (2) SA 680; [2002] 2 All SA 577): referred S v Bruintjies 2003 (2) SACR 575 (SCA): referred to S v C 1998 (2) SACR 721 (C): referred to B S v De Abreu......
-
S v Petersen
...dictum at 210C - D applied C S v Barber 1979 (4) SA 218 (D): dictum at 220E - F applied S v Botha en 'n Ander 2002 (1) SACR 222 (SCA) (2002 (2) SA 680; [2002] 2 All SA 577): dictum in para [19] applied S v Branco 2002 (1) SACR 531 (W): dictum at 533i applied S v Bruintjies 2003 (2) SACR 575......
-
Director of Public Prosecutions v Olivier
... ... )Machumela v Santam Insurance Co Ltd 1977 (1) SA 660 (A)Maia v Total Namibia (Pty) Ltd 1992 (2) SA 352 (Nm)Maloney’s Eye Properties BK en ’n Ander v Bloemfontein Board NomineesBpk 1995 (3) SA 249 (O) at 253Moraliswani v Mamili 1989 (4) SA 1 (A) at 10FNapier v Tsaperas 1995 (2) SA 665 (A) at ... 124 (A) at 131HS v Abrahams 1990 (2) SACR 420 (A) at 425gS v Absalom 1989 (3) SA 154 (A) at 164CS v Benetti 1975 (3) SA 603 (T) at 605D–ES v Botha en ’n Ander 2002 (1) SACR 222 (SCA) (2002 (2) SA 680)381DIRECTOR OF PUBLIC PROSECUTIONS v OLIVIER2006 (1) SACR 380 SCAabcdefghij© Juta and Company ... ...
-
S v Van Wyk and Another
...p586 S v Bogaards 2013 (1) SACR 1 (CC) (2012 (12) BCLR 1261; [2012] ZACC 23): applied A S v Botha en 'n Ander 2002 (1) SACR 222 (SCA) (2002 (2) SA 680; [2002] 2 All SA 577): referred S v Hagin and Another (Gauteng Local Division, case No A 113/2013): referred to S v Imador 2014 (2) SACR 411......