S v Beyers
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Steyn HR, Ogilvie Thompson AR en Botha AR |
Judgment Date | 01 May 1968 |
Citation | 1968 (3) SA 70 (A) |
Hearing Date | 07 March 1968 |
Court | Appellate Division |
Steyn, H.R.:
In die Hof a quo is die respondent aangekla van minagting van die Hof. Die aanklag spruit voort uit 'n hofgeding tussen die respondent en ene Grundlingh waarin op 1 Desember 1966 'n tydelike en later op 9 Februarie 1967 'n finale interdik teen die respondent verleen A was. Die tussentydse interdik het hom verbied om uitvoering te gee aan 'n ooreenkoms wat hy met die Mynwerkersunie aangegaan het, waarvolgens hy as beampte of regsadviseur van die unie aangestel is, en om met die administrasie, personeel of sake van die unie in te meng of om die perseel of kantoor van die unie te betree. Die finale interdik het sy B aanstelling as regsadviseur, klerk of betaalde beampte van die unie tot niet gemaak, die tussentydse interdik in 'n gewysigde vorm bekragtig, en hom verder verbied om in enige hoedanigheid enige vergaderings van die uitvoerende en bestuurskomitees van die unie op enige plek by te woon en daaraan deelte neem. Volgens die klagskrif is hy op twee aanklagtes skuldig aan die misdaad van minagting van die hof, omdat hy deur 'n reeks handelings by verskillende geleenthede vanaf 2 C Desember 1966 tot 23 Februarie 1967, wederregtelik, onwettiglik en met opset om die waardigheid en agting van die Hof aan te tas, te skend of geweld aan te doen, die tussentydse en die finale bevel van die Hof, onderskeidelik, verontagsaam of geminag het.
D Ook Grundlingh het aansoek gedoen om gevangesetting van die respondent weensminagting van die Hof. Die respondent het egter appèl teen die interdik aangeteken en voordat dit verhoor is het hy en Grundlingh 'n skikking aangegaan waarvolgens Grundlingh met terugwerkende uitwerking afstand doen van die tersaaklike gedeeltes van die tussentydse interdik, 'as of dit nooit toegestaan was nie'. In die Hof a quo was dit egter E gemene saak dat die beweerde handelingevoor die datum van die skikking verrig is, terwyl die tersaaklike bevele nog van krag was.
Op genoemde aanklag het die respondent gepleit dat die aanklaer nie geregtig is om te vervolg nie en dat die Hof nie regsbevoegdheid het om hom weens die beweerde misdrywe te verhoor nie. (Vgl. art. 169 (2) (f) F en (g) van die Strafproseswet, 56 van 1955). Die eerste pleit is gehandhaaf. Hierteen kom die Staat in hoër beroep op die voorbehoue regsvraag of opsetlike nie-voldoeningaan 'n interdik deur 'n siviele Hof verleen, die misdaad van minagting van die Hof kan uitmaak, waarvoor die Staat 'n vervolging kan instel. Hierdie vraag en die wyse waarop die saak uitgewys is, sou beter gepas het by 'n eksepsie dat die klagskrif G geen misdaad openbaar nie, maar ek sal my bepaal by die regsvraag in die vorm waarin dit gestel is.
Die benadering van die Hof a quo was dat ons reg insake minagting van die Hof, wat prosedure betref, geheel-en-al, en wat die substantiewe reg betref, grotendeels aan die Engelse reg ontleen is, en dat in ons reg dieselfde verskil as in die Engelse reg getrek moet word tussen H 'criminal contempt' en 'civil contempt' of 'contempt in procedure'. Laasgenoemde sou aanwesig wees by nie-nakoming deur 'n party by 'n siviele geding van 'n bevel wat sy teenparty teen hom verkry het. Die nie nakoming word in so 'n geval beskou as 'n private injuria waarteen slegs die teenparty 'n regsmiddel het by wyse van 'n aansoek ter strafoplegging op die ander party, en wel met die doel om hom in belang van die teenparty te dwing om aan die bevel gevolg te gee. Hoewel die straf ook gevangesetting kan wees, word die nie-nakoming nie as 'n
Steyn HR
misdadige handeling beskou nie, met die gevolg dat nie van Staatsweë daarteen opgetree kan word nie. Ingevolge hierdie benadering is die pleit gehandhaaf.
A Dit is my nie duidelik nie dat genoemde verskil altyd konsekwent in die Engelse reg deurgevoer word, sodat die Kroon nooit vir minagting van die Hof kan vervolg waar 'n bevel in 'n siviele geding nie gehoorsaam is nie, maar vir huidige doeleindes sal ek aanvaar dat dit wel die geval is.
B Nadat die Verhoorregter na 'n aantal Engelse uitsprake en gewysdes van ons Howe verwys het, merk hy ten besluite op:
'The State seeks to intervene in these civil proceedings and asks this Court to punish the accused for contempt of Court on the grounds that he has disobeyed this order of Court. This, in my view, it cannot do. The proceedings in which the interdict was granted were civil proceedings to which the State was nota party, and the acts complained of in those proceedings involved only private injuries to Grundlingh which do not C amount to criminal acts. The State relies merely on the disobediences for the charges it has brought against the accused. In my view they do not amount to criminal contempts of Court. They amount to civil contempts of Court for which only Grundlingh can ask the Court to attach a criminal sanction in order to enforce his private rights.'
Hierdie opmerkings wek die indruk dat die Verhoorregter die aanklagtes D gesien het as aantygings van misdadigheid ten aansien van elkeen van die reeks handelinge daarin genoem, afsonderlik beskou, en niks meer nie. Indien hy dit so bedoel het, dan sou dit na my oordeel on juis wees. Soos reeds opgemerk, is daartwee aanklagtes. In elkeen word aangevoer dat die respondent skuldig is aan minagting van die Hof vanweë 'n reeks handelinge wat hy in stryd met 'n hofbevel verrig het. Dit kan wees dat E een of meer van hulle as sulks, afsonderlik beskou, geen minagting sou uitmaak nie. Die blote nie-nakoming van 'n hofbevel maak nie noodwendig minagting van die Hof uit nie. Of dit minagting is, hangaf van die aard en omstandighede van die geval. Maar selfs as dit in gedagte gehou word, dan sou hierdie reeks handelinge desnietemin, gesamentlik beskou, F afgesien van hul sivielregtelike samehang en van verdere omstandighede wat die getuienis aan die lig sou kan bring, prima facie op beweerde minagting neerkom, omdat die volgehoue verontagsaming en miskenning van die hofbevele wat daaruit sou blyk, bereken sou wees om die gesag en aansien van die Hof te skenden neer te haal. Die grondliggende vraag is egter of hierdie reeks handelingehoegenaamd as misdadige minagting van G die Hof...
To continue reading
Request your trial-
De Lange v Smuts NO and Others
...of Revenue, Port Elizabeth v Jeeva and Others; Klerck and Others NNO v Jeeva and Others 1996 (2) SA 573 (A): considered S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): considered E S v Carse 1967 (2) SA 659 (C): considered S v Coetzee and Others 1997 (3) SA 527 (CC) (1977 (1) SACR 379; 1997 (4) BCLR 437): d......
-
S v Harber and Another
...as an element of contempt of court, or at any rate of the form of contempt of which the appellant had been D convicted. In S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A) at 77, Steyn CJ quoted with apparent approval M de Villiers' definition of contempt of court according to which an intentional violation o......
-
Department of Transport and Others v Tasima (Pty) Ltd
...Provincial Government North West v Tsoga Developers CC 2016 (5) BCLR 687 (CC) D ([2016] ZACC 9): dictum in para [50] applied S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): referred to S v Mkize 1963 (3) SA 218 (N): distinguished S v Nel 1991 (1) SA 730 (A): dictum at 733A – E applied S v Ngcemu 1964 (3) SA......
-
Fakie NO v CCII Systems (Pty) Ltd
...(A): referred to B Room Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd 1949 (3) SA 1155 (T): dictum at 1162 - 4 applied S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): referred S v Dlamini; S v Dladla; S v Joubert; S v Schietekat 1999 (4) SA 623 (CC) (1999 (2) SACR 51; 1999 (7) BCLR 771): referred to S......
-
De Lange v Smuts NO and Others
...of Revenue, Port Elizabeth v Jeeva and Others; Klerck and Others NNO v Jeeva and Others 1996 (2) SA 573 (A): considered S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): considered E S v Carse 1967 (2) SA 659 (C): considered S v Coetzee and Others 1997 (3) SA 527 (CC) (1977 (1) SACR 379; 1997 (4) BCLR 437): d......
-
S v Harber and Another
...as an element of contempt of court, or at any rate of the form of contempt of which the appellant had been D convicted. In S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A) at 77, Steyn CJ quoted with apparent approval M de Villiers' definition of contempt of court according to which an intentional violation o......
-
Department of Transport and Others v Tasima (Pty) Ltd
...Provincial Government North West v Tsoga Developers CC 2016 (5) BCLR 687 (CC) D ([2016] ZACC 9): dictum in para [50] applied S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): referred to S v Mkize 1963 (3) SA 218 (N): distinguished S v Nel 1991 (1) SA 730 (A): dictum at 733A – E applied S v Ngcemu 1964 (3) SA......
-
Fakie NO v CCII Systems (Pty) Ltd
...(A): referred to B Room Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd 1949 (3) SA 1155 (T): dictum at 1162 - 4 applied S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A): referred S v Dlamini; S v Dladla; S v Joubert; S v Schietekat 1999 (4) SA 623 (CC) (1999 (2) SACR 51; 1999 (7) BCLR 771): referred to S......
-
A review of the criminal prosecution and sentencing of maintenance defaulters in South Africa, with commentary on sentencing strategies
...p erused, more th an half included a n additional order for th e payment of the arre ars. 53 See discussion b elow.54 S v Beyers 1968 (3) SA 70 (A). Original ly it could only be used wher e there was an order for the payment of ins talments, and not a lu mp sum payment (Spiro op cit (n31) 4......
-
Recognition of the concept of Contempt of ‘Determination’ of the Pension Fund Adjudicator’s Determination : a missed opportunity – with particular reference to Mantsho v Managing Director of the Municipal Employee Pension Fund and Others (37226/14) [2015] ZAGPPHC 408 (26 June 2015)
...Law 4ed (2014) 840). The crime of contempt of court arisesfrom unlawful and intentionally disobeying an order of court (S vBeyers1968 (3) SA 70 (A)). This crime enables the person or institutionwhich has obtained an order against another who has failed to complywith such an order to again a......