S v Bergh

JurisdictionSouth Africa
Citation1975 (3) SA 359 (O)

S v Bergh
1975 (3) SA 359 (O)

1975 (3) SA p359


Citation

1975 (3) SA 359 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

De Wet R and MT Steyn R

Heard

March 17, 1975

Judgment

April 17, 1975

Flynote : Sleutelwoorde

Strafproses — Getuienis — Vroeëre verklaring deur getuie om sy getuienis te staaf — Wanneer toelaatbaar — Leuen deur 'n beskuldigde — Effek — Strafreg — Veediefstal — Aanklag — Sodanige in werklikheid 'n klagte van diefstal — Of bewys van fisiese handeling nodig is om 'n contrectatio te bewys.

Headnote : Kopnota

'n Getuie kan homself nie staaf deur middel van 'n vroeëre verklaring wathy self gemaak het aangaande dieselfde feite waaroor hy later tydens die verhoor getuig nie. Dit is slegs in uitsonderlike gevalle dat dit toelaatbaar is om na so 'n vroeëre verklaring van 'n getuie te verwys en dit as 'n bewysstuk te laat inhandig. Een van daardie uitsonderlike gevalle is waar dit beweer word dat 'n getuie die bewerings in sy getuienis vervat onlangs versin het.

Die blote feit dat 'n beskuldigde 'n leuen vertel het aangaande die hantering van of handeling met goed wat na bewering deur hom gesteel was, kan nie opsigself en sonder meer die nodige contrectatio daarstel nie.

Die feit dat 'n beskuldigde van veediefstal aangekla is meen nie dat hy in werklikheid op enigiets anders as 'n klagte van diefstal tereggestaan het nie.

Quaere: Of op 'n aanklag van veediefstal 'n werklike fisiese handeling met die betrokke dier of diere 'n vereiste van contrectatio is.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Evidence — Previous statement by a witness to corroborate his evidence — When admissible — Lie by an accused — Effect — Criminal law — Stock theft — Charge of — Such in reality a charge of theft — Whether proof of physical handling necessary to prove a contrectatio.

Headnote : Kopnota

A witness cannot corroborate himself by means of a previous statement made by himself in respect of the same facts to which he later testifiesat a trial. It is only in exceptional cases that it is permissible to refer to such a previous statement and to hand it in as an exhibit. One of these exceptional cases is where it is averred that the witness' evidence contains allegations which were recently fabricated.

The mere fact that an accused has told a lie in respect of the handling of ordealing with goods which it is alleged were stolen by him cannot in itself, without more, establish the necessary contrectatio.

The fact that an accused has been charged with stock theft does not mean that he was in reality tried for anything other than a charge of theft.

Quaere: Whether on a charge of stock theft an actual physical handling of the beasts is an element of contrectatio.

Case Information

Appèl teen 'n skuldigbevinding in 'n streekhof. Feite wat nie van belang is nie is weggelaat.

C. F. van den Heever, namens die appellant.

M. M. Beukes, S.C., Prokureur-generaal, namens die Staat. E

Cur adv vult.

Postea (April 17). F

Judgment

M.T. Steyn, R.:

Die appellant het in 'n streekhof tereggestaan op 'n aanklag van veediefstal. Die bewering in die klagstaat was dat hy gedurende die tydperk vanaf 14 Mei 1969 tot 1 Mei 1974 58 beeste, die eiendom of in

1975 (3) SA p360

MT Steyn R

die regmatige besit van ene mev. Ferns, gesteel het. Hy het onskuldig gepleit maar is aan diefstal van 'n aantal beeste skuldig bevind. Die verhoorhof het bevind dat die presiese aantal beeste wat deur appellant gesteel was nie bepaal kan A word nie maar dat dit "seker nie minder nie as 19" is nie. Daarop is hy gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf. Appellant kom nou in hoër beroep teen beide die skuldigbevinding sowel as die vonnis.

Die klaagster, mev. Elizabeth Jacoba Ferns, 'n middeljarige dame, het gedurende die herfs van 1969 op 'n plasie van 40 morg wat Krugersrus heet met beeste geboer. Die veld aldaar was B afgewei, die beeste was in 'n swak kondisie, en die winter, met alles wat dit in die Vrystaat vir 'n beesboer sonder beskikbareweiding inhou, was op hande. Sy was dus in die knyp met haar vee en het oral na weiding vir hulle gesoek. So het dit gebeur dat sy met die appellant in aanraking gekom het. Hy het destyds op twee plase geboer en het weiveld aan verskeie persone verhuur. Aanvanklik wou appellant nie weiding aan C klaagster verhuur nie maar later het hy, blykbaar deur die bemiddeling van sekere persone wat vir haar in die bresse getree het tog ingewillig om haar met weiding vir sekere van haar beeste te voorsien.

Dit was toe gereël tussen klaagster en appellant dat sy nie huurgeld vir die weiding aan hom sou hoef te betaal nie maar dat hy haar koeie waarvoor hy weiding verskaf vir sy eie D voordeel sou kon melk. Die aanteel van klaagster sebeeste waarvoor appellant weiding verskaf sou egter haar eiendom bly. Alhoewel klaagster se beesmerk 'n slip in die dier se regteroor was, was haar beeste nie almal daarmee gemerk nie en het verskeie van hulle ander merke opgehad. Omdat sy jammer was vir haar diere en hulle nie wou seermaak nie het sy geweier om E gehoor te gee aan appellant se versoek dat hulle met haar brandyster gebrandmerk moet word. Ingevolge voormelde ooreenkoms het klaagster sekere van haarbeeste vanaf Krugersrus na appellant se plaas padlangs laat aanjaag en het hulle op 15 Mei 1969 by appellant arriveer.

Daar was tydens die verhoor 'n skerp verskil tussen die Staat en die verdediging aangaande die getal beeste waarvoor appellant weiding aan klaagster ingevolge hulle ooreenkoms sou F verskaf asook betreffende die getal van haar vee wat op 15 Mei 1969 na appellant gestuur is. Volgens klaagster het sy destyds met 60 beeste op Krugersrus geboer en het sy en appellant ooreengekom dat hy weiding vir 41 van hulle sou verskaf. Sy het toe 41 van haar beeste na appellant gestuur en het hulle op pad soontoe getel. Sy het een vermis; het gemeen dat dit gesteel was G en het toe 'n klagte daaromtrent by die Suid-Afrikaanse Polisie op 15 Mei 1969 ingedien. Haar klagte is onverwyld deur Adj.-Off. Nel ondersoeken nadat 'n verklaring van haar geneem is het hy haar beeste langs die pad gaan tel en gevind dat hulle in werklikheid voltallig was. Hy het nog op dieselfde dag, 15 Mei 1969, 'n inskrywing tot daardie effek in die betrokke polisie dossier gemaak en het toe die ondersoek H afgesluit. Klaagster het getuig dat al 41 beeste by appellant aangekom het en sy is daaromtrent gestaaf deur 'n swartman by name van Johnson Motlokelo. Hy het beweer dat hy destyds reeds in appellant se diens was en het tydens die verhoor ook namens die Staat op die meriete getuig. Hy het gesê dat hy en 'n seun van appellant die beeste tegemoet gegaan het met die doel om hulle langs 'n kortpad na appellant se plaas aan te jaag, dat hy die beeste getel het en dat daar toe 41 was. Klaagster het beweer dat daar 23 koeie en 11 kalwers en een bul onder die 41 beeste was.

Volgens appellant was hy egter weens gebrek aan beskikbare weiding

1975 (3) SA p361

MT Steyn R

slegs gewillig en in staat om weiding aan 20 van klaagster se beeste te verskaf en het hy en sy dienooreenkomstig tot 'n akkoord gekom. Daar het, volgens hom, slegs 22 van haar beeste op sy plaas aangekom. Hy het ook ten sterkste ontken dat Johnson toe reeds in sy diens was. In hierdie opsigte is hy gestaaf deur sy seun Hendrik Jakobus Bergh en wat Johnson A betref is hy ook gestaaf deur sy skoonseun mnr. E. J. Louwrens.

Klaagster het voorts beweer dat sy met appellant ooreengekom het dat hy die aanteel van haar beeste met 'n slip aan die regteroor sou merk. Hierdie bewering is deur appellant ontken. Hy het getuig dat een van sy bure se beeste reeds op daardie B wyse gemerk was en dat dit derhalwe onwenslik was om klaagster se vee ook so te merk omdat hulle moontlik deurmekaar kon raak en dan nie weer maklik van mekaar uitgeken sou kon word nie. Hy het voorts getuig dat hy al die beeste wat op sy grond gewei het so goed geken het dat dit onnodig was om enige van hulle spesiaal te merk.

Dit is gemene saak dat appellant op 15 Mei 1969 met die aankoms van klaagsterse beeste op sy grond, aan haar voorgestel het dat C hulle 'n geskrewe ooreenkoms moet aangaan waarin onder andere die getal vee wat sy na hom gebring het vermeld sou word, en dat sy hierdie voorstel van die hand gewys het omdat sy nie wantrouig teenoor hom wou voorkom nie. Alhoewel klaagster etlike kere gedurende die tydperk Mei 1969 tot April 1974 by D appellant aangedoen het, het sy nooit haar beeste getel nie of vasgestel of hy hulle gemerk het volgens die ooreenkoms soos deur haar beweer nie. Piet Motsweni, 'n Bantoe plaasarbeider, wat op 19 Maart 1974 by appellant in diens getree het, het namens die Staat getuig dat gedurende die derde week wat hy by appellant werksaam was, d.w.s. ongeveer die begin van April E 1974, hy deur appellant aangesê was om appellant se jong vee aan die linkeroor te merk met 'n halfmaantjie en 'n swawelstert. Hy het gesê dat die jong vee in 'n kraal byeengebring is en dat appellant persoonlik aan hom uitgewys het watter vee om te merk en dat hy hulle toe gemerk het met 'n mes wat appellant vir daardie doel aan hom oorhandig het. Later het hy op bevel van appellant se vrou nog drie varsgespeende kalwers wat na appellant se plaas Grysfontein moes gaan ook so F gemerk. Toe dit gedurende kruisondervraging aan hom gestel is dat appellant hom nie opdrag gegee het om die eersteklomp kalwers te merk nie en dat appellant op daardie dag nie op die plaas was nie het hy volgehou dat appellant tuis was, die opdrag om te merk persoonlikaan hom gegee het en sy eie mes aan hom oorhandig het om dit mee te doen. Appellant het ontken dat G hy ooit vir Piet Motsweni opdrag gegee het om die jong vee te merk of dat hy sy mes aan hom vir daardie doel geleen het. Hy het getuig dat hy 'n spesiale merktang het waarmee hy merk en dat hy nie met 'n mes sy vee laat merk nie. Appellant beweer dat hy nie van...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • S v M
    • South Africa
    • Invalid date
    ...getuienis bewys word. Toe die appèl van die Bergh- saak supra in die Provinsiale Afdeling van H die Oranje Vrystaat gedien het (sien 1975 (3) SA 359 (O)) het M T STEYN R te 362 "Dit is duidelik dat stawing van 'n bron buite die betrokke getuie moet kom en dat dit uit onafhanklike getuienis ......
1 cases
  • S v M
    • South Africa
    • Invalid date
    ...getuienis bewys word. Toe die appèl van die Bergh- saak supra in die Provinsiale Afdeling van H die Oranje Vrystaat gedien het (sien 1975 (3) SA 359 (O)) het M T STEYN R te 362 "Dit is duidelik dat stawing van 'n bron buite die betrokke getuie moet kom en dat dit uit onafhanklike getuienis ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT