S v Basson
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Harms AR, Zulman AR, Streicher AR, Navsa AR en Heher Wn AR |
Judgment Date | 03 June 2003 |
Citation | 2004 (1) SA 246 (SCA) |
Docket Number | 404/2002 en 293/2002 |
Counsel | A R Ackerman SC (bygestaan deur J P Pretorius) namens die appellant. J G Cilliers (bygestaan deur M M W van Zyl) namens die respondent. |
Court | Supreme Court of Appeal |
Streicher AR et Navsa AR:
[1] Die respondent is aangekla in die Transvaalse I Provinsiale Afdeling op 67 aanklagte van onder andere moord, poging tot moord, sameswering tot moord, bedrog, diefstal, besit van dwelmmiddels en handel in dwelmmiddels. Op 'n relatief vroeë stadium van die verhoor het die Staat aansoek gedoen vir die rekusering van die Verhoorregter. Die Verhoorregter (Hartzenberg R), het die aansoek van die hand gewys. Die verhoor J
Streicher AR et Navsa AR
het daarna voortgegaan en na sluiting van die Staatsaak het die respondent aansoek gedoen om ontslag en is hy A inderdaad ontslaan op 21 van die aanklagte. Die respondent het daarna self getuig en na sluiting van die verdedigingsaak is hy deur die Verhoorhof onskuldig bevind en ontslaan op al die oorblywende aanklagte. Die Staat was nie tevrede met die uitspraak nie en het by die Verhoorhof aansoek gedoen vir die voorbehoud ingevolge art 319(1) [1] van die Strafproseswet 51 van 1977 B (die Wet) van 37 sogenaamde regsvrae asook vir verlof om ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996 na hierdie Hof te appelleer teen die Verhoorregter se weiering om homself te rekuseer. Die eerste vraag waarvan die voorbehoud gevra is, was of die Verhoorregter regtens fouteer het deur homself nie te rekuseer op grond C van 'n skyn van partydigheid en vooruitbeoordeling nie. Die ander vrae was almal ten minste ten dele daarop gemik om aan te toon dat die Verhoorregter die indruk geskep het dat hy teenoor die Staat bevooroordeeld was. Die Verhoorregter het een vraag voorbehou vir oorweging deur hierdie Hof en het drie vrae voorbehou op voorwaarde dat die eerste vraag ten gunste van die Staat beslis word. (Ons sal voortaan soms na die voorbehoue vrae verwys as die appèl.) Andersins D was die aansoek vir die voorbehoud van regsvrae, asook die aansoek om verlof om ingevolge die Grondwet te appelleer, onsuksesvol. Daarna het die Staat ingevolge art 317(5) gelees met art 319(3) [2] by hierdie Hof aansoek gedoen vir die voorbehoud van 36 vrae. Met die uitsondering van vraag 10 stem die vrae E wesenlik ooreen met die vrae waarvan die voorbehoud deur die Verhoorhof geweier is. Laasgenoemde aansoek is vir beregting verwys na die Hof voor wie die appèl sou dien. Die appèl sowel as die aansoek vir die voorbehoud van addisionele regsvrae dien gevolglik nou voor ons. F
[2] Die voormelde vraag 10 in die aansoek vir die voorbehoud van regsvrae kan gerieflikerwys eerste afgehandel word. Die vraag lees soos volg:
'Of die agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het deur nie verlof toe G
Streicher AR et Navsa AR
te staan ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika om verlof om te appelleer ten aansien van die rekusering A nie.'
Die vraag maak nie sin nie en moet waarskynlik soos volg gelees word:
'Of die agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het deur nie verlof toe te staan ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika om te appelleer ten aansien van die rekusering nie.' B
Dit is nie 'n vraag wat tydens die verhoor ontstaan het nie. Dit het tydens die aansoek om verlof om te appelleer ontstaan. Die Staat het egter verduidelik dat die bedoeling nie was om so 'n regsvraag voor te behou nie. Die bedoeling was om by hierdie Hof aansoek te doen vir verlof om ingevolge die Grondwet te appelleer teen die Verhoorregter se weiering om homself te rekuseer. Die Staat was egter C genoop om hierdie nie-bestaande aansoek tydens betoog te laat vaar. Artikel 21(1) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959 bepaal naamlik dat hierdie Hof, behoudens die bepalings van die artikel en enige ander wetsbepaling, regsbevoeg is om enige beslissing van die Hof van 'n Provinsiale of Plaaslike Afdeling te verhoor en te beslis. Nóg die artikel nóg enige ander wetsbepaling vereis dat verlof vir D sodanige appèl verkry moet word. Dit volg dat indien die Grondwet inderdaad aan die Staat 'n reg van appèl teen die Verhoorregter se weiering om homself te rekuseer verleen, 'n aansoek om verlof om teen sodanige weiering te appelleer regtens onontvanklik is. E
[3] Die Staat is ontevrede oor 'n reeks beslissings en bevindings deur die Verhoorregter. Dit staan egter vas dat die Staat geen algemene reg van appèl teen beslissings en bevindings van die Verhoorregter het nie. In dié opsig bevind die Staat hom in 'n geheel ander posisie as 'n beskuldigde. In Hoofstuk 31 van die Wet (arts 315 - 324) word gehandel met appèlle in gevalle van F strafregtelike verrigtinge in Hoër Howe. Artikel 316 verleen aan 'n beskuldigde wat voor 'n Hoër Hof aan 'n misdryf skuldig bevind word 'n reg om, onderhewig daaraan dat verlof om te appelleer aan hom toegestaan word, teen sy skuldigbevinding te appelleer. Dit is 'n algemene reg van appèl waartydens feitebevindings bevraagteken mag word. Geen ooreenstemmende reg word aan die Staat verleen nie. Artikel G 317 verleen aan 'n beskuldigde die reg om aansoek te doen vir die aanbring van 'n spesiale aantekening op die oorkonde dat enige van die verrigtinge in verband met of gedurende sy verhoor onreëlmatig of met die reg strydig is. Indien hy skuldig bevind word, kan die beskuldigde dan ingevolge art 318, op grond van die onreëlmatigheid of H strydigheid met die reg, teen sy skuldigbevinding na hierdie Hof appelleer. Weer eens word geen ooreenstemmende reg aan die Staat verleen nie. Bevooroordeling is 'n tipiese voorbeeld van 'n onreëlmatigheid wat gewoonweg onder art 317 val. I
[4] Artikel 319 maak voorsiening vir die voorbehoud van 'n regsvraag op versoek van die beskuldigde sowel as die Staat. In die geval van die voorbehoud van 'n regsvraag en onderhewig aan sekere voorbehoude, kan die appèl ingevolge art 322(1) gehandhaaf word en kan die uitspraak wat by die verhoor gegee behoort te gewees het of sodanige ander bevel as wat deur geregtigheid vereis word, gegee word. In verskeie gewysdes J
Streicher AR et Navsa AR
is egter beslis dat art 322(1) nie betrekking het op die voorbehoud van 'n regsvraag op aansoek van die Staat in die A geval van 'n onskuldigbevinding nie (sien R v Gani and Others1957 (2) SA 212 (A) op 222C; en Magmoed v Janse van Rensburg and Others1993 (1) SA 777 (A) op 827H (1993 (1) SASV 67 op 110h)). Ten opsigte van so 'n geval bepaal art 322(4) soos volg: B
'Wanneer 'n regsvraag op aansoek van die aanklaer in die geval van 'n onskuldigbevinding voorbehou is en die Appèlhof ten gunste van die aanklaer beslis het, kan die Appèlhof beveel dat dié van die in art 324 bedoelde stappe gedoen word wat die Hof gelas.'
In R v Gani and Others, op die aangehaalde plek, het hierdie Hof ten aansien van die voorloper van art 322(4) beslis: C
'By s 10 of Act 37 of 1948 the provision for reserving a question of law was modified and at the same time a new provision, now s 369(3), was introduced. The effect of these changes was to enable a question of law to be reserved at the request of the prosecutor in the case of an acquittal but at the same time to provide the machinery, and the only machinery, to be put into operation by this Court where a question reserved at the request of the prosecutor in the case of an D acquittal is answered in his favour.'
Voor die wysiging teweeggebring deur art 10 van Wet 37 van 1948 kon 'n regsvraag slegs voorbehou word in die geval van 'n skuldigbevinding en kon die aanklaer slegs vir so 'n voorbehoud vra indien die voorbehoud tot voordeel van die beskuldigde was. E
[5] Dit volg dus dat waar 'n beskuldigde onskuldig bevind is, soos in die onderhawige geval, en 'n voorbehoue regsvraag in die guns van die Staat beantwoord word, hierdie Hof se bevoegdhede nie gevind word in art 322(1) nie maar wel in art 324 gelees met art 322(4). Daarvolgens het hierdie Hof 'n diskresie om te gelas dat geregtelike F stappe opnuut ingestel word op die oorspronklike aanklagte asof die beskuldigde nie voorheen op die aanklagte tereggestaan het en verhoor is nie, onderhewig daaraan dat geen Regter of assessor voor wie die oorspronklike verhoor gedien het aan sulke verrigtinge deelneem nie. Soos blyk uit die hierbo aangehaalde passasie uit die Gani-saak is dit die enigste regshulp wat aan die Staat in G die genoemde omstandighede verleen kan word (sien ook die Magmoed-saak op 827H (SA) en 110h (SASV) en die sake daar aangehaal). Die vraag of dit in die lig van die bepalings van art 35(3)(m) van die Grondwet [3] nie onkonstitusioneel sou wees om te gelas dat 'n beskuldigde soos die H respondent wat onskuldig bevind is, weer op dieselfde misdrywe teregstaan nie, is nie deur die partye geopper nie. In die lig van ons uiteindelike bevinding sal ons vir doeleindes van hierdie saak en sonder om enige beslissing in hierdie verband te gee, aanvaar dat dit nie die geval is nie. I
Streicher AR et Navsa AR
[6] Die enigste wyse waarop die Staat ingevolge die Wet kan appelleer teen die beslissing van die Verhoorhof is dus by wyse van die A voorbehoud van 'n regsvraag ingevolge art 319. Die Staat het ingevolge die Wet geen reg van appèl ten opsigte van foutiewe feitebevindings deur die Verhoorregter nie. Slegs indien die Verhoorhof vanweë 'n regsfout 'n verkeerde beslissing gegee het, kan die Staat appelleer. Ten einde te bepaal of die Verhoorhof 'n regsfout begaan het moet vasgestel word op welke feitebasis hy sy beslissing gebaseer B het. 'n Ander feitebasis kan immers nie 'n aanduiding gee of die Regter 'n regsfout begaan het nie. Of die Verhoorhof se feitebevindings reg of verkeerd is, is gevolglik totaal irrelevant ten einde te bepaal of hy regtens fouteer het. Dit volg dat 'n regsvraag slegs ontstaan wanneer die feite waarop die Verhoorhof sy uitspraak baseer 'n ander regsgevolg kan hê as die regsgevolg wat die C Vehoorhof bevind het. Om die voormelde redes (a) moet daar sekerheid bestaan ten aansien van die regspunt wat ter sprake kom en van die feite waarop...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
S v Basson
...set aside. Question of law answered in favour ofState.The decision in the Supreme Court of Appeal in S v Basson 2003 (2) SACR 373(SCA) (2004 (1) SA 246; [2003] 3 All SA 51) confirmed in part andreversed in part on appeal.Annotations:Reported casesSouthern African casesBernstein and Others ......
-
S v Basson
...a question of law set aside. Question of law answered in favour of State. The decision in the Supreme Court of Appeal in S v Basson 2004 (1) SA 246 (SCA) (2003 (2) SACR 373; [2003] 3 All SA 51) confirmed in part and reversed in part on appeal. J 2007 (3) SA p593 Cases Considered Annotations......
-
S v Basson
...3 All SA 59 (T): referred to S v Basson 2000 (1) SACR 1 (T) ([2000] 1 All SA 430): referred to S v Basson 2003 (2) SACR 373 (SCA) (2004 (1) SA 246; [2003] 3 All SA 51): referred S v Bochris Investments (Pty) Ltd and Another 1988 (1) SA 861 (A): compared and applied C S v Boesak 2001 (1) SAC......
-
S v Basson
...applied S v Basson [2000] 3 All SA 59 (T): referred to S v Basson 2000 (1) SACR 1 (T) ([2000] 1 All SA 430): referred to S v Basson 2004 (1) SA 246 (SCA) (2003 (2) SACR 373; [2003] 3 All SA 51): referred to G S v Bochris Investments (Pty) Ltd and Another 1988 (1) SA 861 (A): compared and ap......