S v Archer
| Jurisdiction | South Africa |
| Court | Orange Free State Provincial Division |
| Judge | Wright R |
| Judgment Date | 01 June 1995 |
| Citation | 1995 (2) SACR 561 (O) |
| Hearing Date | 29 May 1995 |
| Counsel | P Zietsman namens die appellant J Botha namens die Staat |
Wright R:
Die appellant het in die streekhof tereggestaan op die volgende aanklagte:
Hoofaanklag: Strafbare manslag.
E Eerste alternatiewe aanklag: Oortreding van art 37(b) gelees met art 60(1)(a)(vi) en art 61(1)(f) van die Mineraalwet 50 van 1991.
Tweede alternatiewe aanklag: Oortreding van reg 2.15.4 gelees met reg 1 van die regulasies uitgevaardig kragtens art 12 van die Wet op Myne en Bedrywe 27 van 1956 en verder saamgelees met art 60(2) van die gemelde Wet 50 van 1991.
F Die appellant is onskuldig bevind ten aansien van die hoofaanklag maar skuldig bevind aan die eerste alternatiewe aanklag, dws die verrigting van 'n nalatige handeling, of 'n nalatige versuim, waardeur 'n ernstige liggaamlike letsel aan 'n persoon in of by 'n myn veroorsaak is. Die feite van die saak, wat grotendeels gemenesaak is, is nie van ingewikkelde G aard nie. Die appellant was op 1 September 1993 in sy hoedanigheid as skofbaas by die Lorraine-goudmyn in die distrik van Odendaalsrus besig met die ondergrondse vernietiging van ou springstof. Die vernietiging het by 'n spesifieke ondergrondse area geskied deurdat die ou springstof deur middel van 'n brandtou aan die brand gesteek is en dit dan ontplof het. H In die omgewing waar die ontploffing plaasgevind het, was 'n geboude muur wat as gevolg van die krag van die ontploffing 'uitgeblaas' is. Die oorledene, Tsedisa Majela, was ten tyde van die ontploffing om een of ander rede in die onmiddellike nabyheid van die gesegde muur, en is hy toe noodlottig beseer deurdat sy skedel vergruis is omdat die muur of dele daarvan op hom geval het.
I Die streeklanddros het die appellant onskuldig bevind aan manslag omdat hy tot die gevolgtrekking gekom het dat die appellant nie redelikerwys kon voorsien het dat die oorledene op dié betrokke tydstip en op dié betrokke plek sou wees, en derhalwe beseer of gedood kon word nie. In die uitspraak word dit soos volg gestel:
J 'Dit is egter nie die einde nie, want die vraag is of beskuldigde onder
Wright R
A die besondere omstandighede voorsien het dat die oorledene hom op kritieke tydstip op die besondere plek sou bevind het, want die oorlede was daar om een of ander onverklaarbare rede en was dit nie vir die beskuldigde moontlik om dit geredelik te kon voorsien het nie. Gevolglik wat die hoofaanklag aangaan, faal die Staat se saak in die verband op grond van voorsienbaarheid en moet die beskuldigde B dienooreenkomstig vrygespreek word.'
Dit is nie op appèl betoog dat die landdros fouteer het deur tot hierdie gevolgtrekking te kom nie, en moet daar dus aanvaar word dat die aanwesigheid van die oorledene op die betrokke plek, en sy gevolglike dood, nie redelikerwys voorsienbaar was nie. (Dit mag ietwat eienaardig C voorkom dat daar tot hierdie gevolgtrekking gekom is, selfs in die besondere omstandighede van hierdie saak, en veral waar ons hier met 'n oortreding wat in 'n myn begaan is te doen het, maar bogemelde uitgangspunt moet aanvaar word vir doeleindes van die beregting van hierdie appèl.) Die landdros is derhalwe korrek dat waar ons by manslag D met 'n materieel omskrewe misdaad te doen het, die vraag wat afgevra moet word is of die redelike man in die omstandighede sou voorsien het dat die bepaalde gevolg, dit wil sê die dood van die oorledene, kon intree. Sien Snyman Strafreg 3de uitg op 224. Dit is geykte reg dat die kern van die toets van nalatigheid juis is of die redelike man in die omstandighede E waarin die beskuldigde hom bevind het, die moontlikheid voorsien het dat die gevolg kon intree, of redelikerwys moes voorsien het dat die gevolg sou intree. Sien S v Ntuli 1975 (1) SA 429 (A) op 436G; S v Burger 1975 (4) SA 877 (A) op 879G en S v Van As 1976 (2) SA 921 (A) op 928A-B.
Die appellant is egter skuldig bevind aan die oortreding van art 37(b) van die Mineraalwet 50 van 1991, wat soos volg lui: F
'37. Nalatige handeling of versuim misdryf onder sekere omstandighede. — Niemand mag deur 'n handeling, waar ook al gepleeg, of deur 'n nalatige versuim —
ernstige liggaamlike letsel aan 'n persoon in of by 'n myn of bedryf veroorsaak nie.'
G Die streeklanddros het die beskuldigde wel skuldig bevind aan die oortreding van hierdie artikel, en dit soos volg gemotiveer:
'. . . (dit) is . . . duidelik dat die beskuldigde nalatig was en het daar 'n redelike moontlikheid van gevaar ontstaan vir die veiligheid wat ook ingetree het as gevolg van beskuldigde se nalatige hantering en H afvuur, vernietiging van die ou plofstof, maar daarbenewens is dit duidelik dat die omstandighede sodanig was dat die oorledene noodlottig beseer was as gevolg van beskuldigde se nalatige optrede, want sy nalate is die wesenlike oorsaak vir die intrede van die betrokke gevolg en was dit 'n redelike moontlikheid wat bestaan het in die lig van die omringende omstandighede'. I
Dit is duidelik dat die streeklanddros hier die kwessie van nalatigheid en kousaliteit verwar, aangesien dit duidelik is dat die appellant se optrede die oorsaak was van, en derhalwe kousaal verbonde is aan, die omval van die muur en die dood van die oorledene. (Mnr Zietsman, wat namens appellant opgetree het, het ook in sy hoofpunte van betoog vermeld dat J appellant nie geredelik kon voorsien dat die oorledene op die plek sou wees
Wright R
A waar hy inderdaad beseer is nie, en dat daar volgens hom 'steeds nie 'n kousale verband' bestaan nie.) Dat kousaliteit wel hier vereis word, blyk duidelik uit die bewoording van art 37(b) van voormelde Wet, asook uit die beslissings wat gehandel het met die regsvoorganger van gemelde artikel, naamlik art 15 van Wet 27 van 1956, waar die bewoording ietwat onduidelik B was. Sien S v Nel en 'n Ander 1963 (4) SA 73 (T) veral op 76 en S v Ras 1970 (3) SA 139 (T). Vergelyk ook R v Naude 1940 TPD 223 (waar art 17(a) van Wet 12 van 1911 ter sprake was) en S v Grobler 1974 (2) SA 663 (T).
Die vraag wat egter hier ontstaan, is hoegenaamd nie een van kousaliteit nie, maar van nalatigheid, en of dit 'n element van die betrokke misdaad C is dat die dood of besering van die betrokke persoon voorsien moes word. Mnr Botha, wat namens respondent verskyn het (die hoofde van argument is deur mnr Van der Merwe opgestel), het geargumenteer dat ons hier met 'n formeel omskrewe misdaad te doen het wat alleen slaan op die 'handeling' of 'versuim', en nie op die gevolg, dit wil sê die 'ernstige liggaamlike letsel', nie. Volgens hom wou die Wetgewer nalatigheid, wat tot ernstige liggaamlike letsels in 'n myn kan lei, op die breedste moontlike front D verbied. Indien die Wetgewer die bedoeling gehad het om te vereis dat die veroorsaking van die 'ernstige liggaamlike letsel' ook redelikerwys voorsienbaar moes wees, sou die misdryf anders omskryf gewees het en wel byvoorbeeld as volg: E
'Niemand mag 'n handeling verrig wat nalatiglik ernstige liggaamlike letsel aan 'n persoon in of by 'n myn veroorsaak nie.'
Daarbenewens het mnr Botha ook geargumenteer dat daar gelet moet word op die bewoording van die artikel se regsvoorganger, voormelde art 15 van Wet 27 van 1956, wat soos volg gelui het (voor wysiging daarvan deur Wet 13 F van 1991):
'15. In gevaar bring van veiligheid of veroorsaking van ernstige liggaamlike letsel. — Indien iemand aan 'n daad of versuim skuldig is waardeur in of by 'n myn, bedryf of masjinerie —
die veiligheid van iemand in gevaar gebring of waarskynlik in gevaar gebring kan word; of G
Eernstige liggaamlike letsel aan iemand veroorsaak word, is hy aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar, in die geval van 'n misdryf in para (a) bedoel, met 'n boete van hoogstens R500 of, by wanbetaling, met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens 12 maande, en in die geval van 'n misdryf in para (b) H bedoel, met 'n boete van hoogstens R1 000 of, by wanbetaling, met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens 24 maande.'
Mnr Botha het geargumenteer dat...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial