S v Absalom

JurisdictionSouth Africa
Judgment Date31 March 1989
Citation1989 (3) SA 154 (A)

S v Absalom
1989 (3) SA 154 (A)

1989 (3) SA p154

Citation

1989 (3) SA 154 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Corbett HR, Hoexter AR, Botha AR, Grosskopf AR en Nicholas Wn AR

Heard

March 20, 1989

Judgment

March 31, 1989

Flynote : Sleutelwoorde B

Strafproses — Appèl — Na Hooggeregshof van Suidwes-Afrika — Laat aantekening van — Kondonasie van — Aansoek om kondonasie van laat aantekening van 'n strafappèl afgewys — So 'n aansoek is 'n C strafgeding en nie 'n 'siviele geding' soos bedoel in art 20(4) van Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959 nie — Verlof om teen afwysing van kondonasie te appèlleer nie nodig nie — Applikant kan dus na Appèlafdeling appèlleer sonder om verlof daarvoor te verkry.

Hof — Regsbevoegdheid — Bestaan van deur substantiewe reg gereël — Geen ruimte vir uitbreiding van jurisdiksie uit hoofde van D inherente bevoegdhede nie — Sodanige beginsel geld ook vir Hooggeregshof van Suidwes-Afrika — Feit dat partye nie beswaar gemaak het teen aanmatiging van appèlbevoegdheid deur Volle Hof van voormelde Hooggeregshof en dat die betrokke regs- en feitevrae betreklik E eenvoudig was, kan nie sodanige bevoegdheid verleen as dit nie regtens bestaan nie.

Strafproses — Appèl — In welke sake — Respondent se aansoek om kondonasie van laat aantekening van appèl afgewys — Aansoek om verlof om teen sodanige afwysing te appèlleer toegestaan en appèl deur Volle Hof van Hooggeregshof van Suidwes-Afrika verhoor en gehandhaaf — F Sodanige appèl kon slegs deur Appèlafdeling verhoor en beslis word — Volle Hof het dus nie die jurisdiksie gehad om appèl aan te hoor nie — Volle Hof se uitspraak 'n nietigheid — Aansoek deur Staat kragtens art 316 van Strafproseswet 51 van 1977 om verlof om na Appèlafdeling G te appèlleer — Artikel 316 glad nie van toepassing nie — Artikel 316(1A)(a) verleen ook nie reg van appèl in so 'n geval nie aangesien dit slegs betrekking het op bevel van Volle Hof in 'n appèl teen beslissing van 'n enkele Regter in 'n strafverhoor — Al het Volle Hof verlof om te appèlleer verleen, was daar nie 'n bindende beslissing wat Appèlafdeling regsbevoegdheid verleen het om appèl aan te hoor nie — H Appèl van die rol geskrap.

Headnote : Kopnota

'n Aansoek om kondonasie vir die laat aantekening van 'n strafappèl van die landdroshof is nie 'n 'siviele geding' soos bedoel in art 20(4) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959 nie. So 'n aansoek is so nou verbonde met die beskuldigde se skuldigbevinding, vonnis en appèl dat dit 'n strafgeding is. I Die Hof het verder beslis dat die wysiging van die Wet op die Hooggeregshof deur die Wysigingswet op Appèlle 105 van 1982 (waarvolgens die vereiste van verlof om te appèlleer uitgebrei is - sien art 20(4) van Wet 59 van 1959 soos gewysig deur art 7 van Wet 105 van 1982) nie 'n appèl teen die afwysing van kondonasie vir die laat aantekening van 'n strafappèl gedek het nie. So 'n beskuldigde kan na die Appèlafdeling appèlleer en hy het nie daarvoor verlof om te appèlleer nodig nie.

Waar 'n hof regsbevoegdheid het in 'n aangeleentheid kan hy, binne sekere perke, sy prosedures aanpas, maar die bestaan van sy J bevoegdheid is in wese iets wat deur

1989 (3) SA p155

A die substantiewe reg gereël word. Daar is dus geen ruimte vir die uitbreiding van jurisdiksie uit hoofde van sogenaamde inherente bevoegdhede nie. Hierdie beginsel geld uiteraard ook vir die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika. En die feit dat die partye (tot 'n geding) nie beswaar gemaak het daarteen dat die Volle Hof van voormelde Hooggeregshof (wat verkeerdelik bevind het dat dit kragtens sy inherente regsbevoegdheid 'n appèl teen die afwysing van 'n aansoek om kondonasie vir die laat aantekening van 'n strafappèl van 'n landdroshof kon verhoor en beslis) hom 'n appèlbevoegdheid aanmatig nie, asook B die verdere omstandigheid dat die regs- en feitevrae (in die appèl) betreklik eenvoudig was, kon nie sodanige bevoegdheid verleen as dit nie regtens bestaan het nie.

Die respondent is in 'n landdroshof in Suidwes-Afrika aan 'n misdryf skuldig bevind en gevonnis. Tien jaar later het hy by die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika 'n kennisgewing van appèl geliasseer en aansoek C gedoen om kondonasie van die laat aantekening van die appèl. Laasgenoemde aansoek is afgewys. Die respondent het toe by die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika aansoek gedoen om verlof om na die Appelafdeling te appèlleer. Die Hof het egter verlof verleen om na die Volle Hof van die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika te appèlleer. Die meerderheid van die Volle Hof het beslis dat, alhoewel daar geen wetsbepaling was wat aan die Volle Hof regsbevoegdheid ten opsigte van so 'n appèl verleen het nie, dit wel, na aanleiding daarvan dat nòg die Staat, nòg die respondent, teen die beslissing dat die appèl deur D die Volle Hof aangehoor moes word, beswaar gemaak het en dat die regs- en feitevrae betrokke by die appèl nie van so 'n aard was dat dit die aandag van die Appèlafdeling geverg het nie, die Volle Hof uit hoofde van sy inherente bevoegdheid om prosessuele aangeleenthede te reël die appèl kon verhoor. Die appèl is aangehoor en gehandhaaf. Die Staat het daarna, kragtens art 316 van die Strafproseswet 51 van 1977, aansoek gedoen om verlof om na die Appèlafdeling te appèlleer, welke E aansoek toegestaan is. By die aanhoor van die appèl was die vraag vir beslissing of die Appèlafdeling bevoegd was om die appèl aan te hoor.

Beslis, dat die respondent 'n reg gehad het om teen die afwysing van sy aansoek om kondonasie te appèlleer na die Appèlafdeling, en hy het nie hiervoor verlof om te appèlleer nodig gehad nie.

Beslis, verder, dat die Volle Hof van die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika geen bevoegdheid gehad het om die appèl aan te hoor nie: die Hof se bevoegdheid was statutêr gereël, daar was geen ruimte vir F die uitbreiding van die Volle Hof se jurisdiksie uit hoofde van sogenaamde inherente bevoegdhede nie, en die feit dat die partye nie beswaar gemaak het teen die Volle Hof se aanmatiging van 'n appèlbevoegdheid en dat die regs- en feitevrae betreklik eenvoudig was, kon nie regsbevoegdheid aan die Volle Hof verleen as dit nie regtens bestaan het nie.

Beslis, verder, dat die Volle Hof se uitspraak 'n nietigheid was G en eenvoudig geïgnoreer kon word.

Beslis, verder, dat, op 'n ontleding van arts 316 en 315 van die Strafproseswet 51 van 1977, art 316 glad nie van toepassing was op die Staat se aansoek om verlof om te appèlleer nie: art 316 het gegaan om 'n appèl deur 'n persoon wat voor 'n hoër Hof aan 'n misdryf skuldig bevind is.

Beslis, verder, ten opsigte van 'n betoog deur die Staat dat H art 316(1A)(a) van die Strafproseswet aan die Staat 'n reg van appèl verleen het, dat art 316(1A)(a) nie gegeld het nie: die subartikel het alleen betrekking gehad op 'n uitspraak of bevel van 'n Volle Hof wat as Hof van appèl sit teen 'n beslissing van 'n enkele Regter in 'n strafverhoor in die Hooggeregshof, en in die onderhawige saak het die Volle Hof gepoog om op appèl te sit teen 'n uitspraak van twee Regters van die Hooggeregshof in 'n saak wat sy oorsprong in die landdroshof gehad het.

Beslis, derhalwe, dat die Appèlafdeling nie die bevoegdheid gehad het I om die appèl aan te hoor en te beslis nie. Appèl van die rol geskrap.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Appeal — To Supreme Court of South West Africa — Late noting of appeal — Condonation of — Application for condonation of late noting of a criminal appeal dismissed — Such an application is a criminal proceeding and not a 'civil proceeding' as intended in s 20(4) of the Supreme Court Act 59 of 1959 — Leave to

1989 (3) SA p156

A appeal against refusal of condonation not necessary — Applicant can therefore appeal to Appellate Division without obtaining leave therefor.

Court — Jurisdiction — Existence of regulated by substantive law — No room for extension of jurisdiction by reason of inherent powers — Such principle applies also to Supreme Court of South West Africa — Fact that parties did not object to usurping of appèllate jurisdiction by Full Court of aforementioned Supreme Court and that the legal and factual issues concerned were comparatively simple cannot B confer such jurisdiction if it did not exist in law.

Criminal procedure — Appeal — In what cases — Application by respondent for condonation of late noting of appeal dismissed — Application for leave to appeal against such dismissal granted and appeal heard and allowed by Full Court of Supreme Court of South West Africa — Such appeal could only be heard and decided by Appellate Division — Full Court therefore not having jurisdiction to hear C the appeal — Full Court's judgment a nullity — Application by State in terms of s 316 of Criminal Procedure Act 51 of 1977 for leave to appeal to Appellate Division — Section 316 not applicable — Section 316(1A)(a) also not conferring right of appeal in such a case as it only applied to an order of a Full Court in an appeal against a decision of a single Judge in a criminal trial — Even if Full Court granted leave to appeal, there was no binding decision which conferred D jurisdiction on Appellate Division to hear the appeal — Appeal struck from the roll.

Headnote : Kopnota

An application for condonation of the late noting of a criminal appeal from the magistrate's court is not a 'civil proceeding' as intended in s 20(4) of the Supreme Court Act 59 of 1959. Such an application is so closely bound up with the accused's conviction, sentence and appeal that it is a criminal proceeding.

The Court further found that the amendment of the Supreme Court Act E by the Appeals Amendment Act 105 of 1982 (whereby the requirement of leave to appeal was extended - see s 20(4) of Act 59 of 1959 as amended by s 7 of Act 105 of 1982) did not cover an appeal against the refusal of condonation for the late noting of a criminal appeal. Such an accused can appeal to...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

56 practice notes
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • 27 September 1994
    ...[1993] 4 All ER 789 (PC); Sefatsa and Others v Attorney-General, Transvaal, and Another 1989 (1) SA 821 (A) at 834E; S v Absalom 1989 (3) SA 154 (A) at 164C; Leary v National Union of Vehicle Builders [1970] 2 All ER 713 (Ch) at 720; Turner v Jockey Club of SA 1974 (3) SA 633 (A) at 658G; O......
  • Herbex (Pty) Ltd v Advertising Standards Authority
    • South Africa
    • 5 May 2016
    ...Agricultural Economics and Marketing v Virginia Cheese and Food Co (1941) (Pty) Ltd A 1961 (4) SA 415 (T) at 422E – 424H; S v Absalom 1989 (3) SA 154 (A) at 163C and 164E – G; and the earlier authorities cited in these cases.' [37] The respondent's own articles properly construed do not per......
  • Tödt v Ipser
    • South Africa
    • 31 March 1993
    ...of Agricultural Economics and Marketing v Virginia Cheese and Food Co (1941) (Pty) Ltd 1961 (4) SA 415 (T) at D 422E-424H; S v Absalom 1989 (3) SA 154 (A) at 163C and 164E-G; and the earlier authorities cited in these cases. In the present case the court was not entitled to issue a committa......
  • Krygkor Pensioenfonds v Smith
    • South Africa
    • 31 March 1993
    ...Affairs 1990 (2) SA 836 (W) op 846-847B; Seetal v Pravitha and Another NO 1983 (3) SA 827 (D) op 832B, 832G-833E, 861E-G; S v Absalom 1989 (3) SA 154 (A) op 164A; Nell v Nell 1990 (3) SA 889 (T) op 895G-H, 897A-B; Spies v Vorster 1910 NPD 205 op 216; Messina Brothers, Coles and Searle v Han......
  • Get Started for Free
56 cases