Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) Bpk en Andere
| Jurisdiction | South Africa |
| Judgment Date | 06 June 1984 |
| Citation | 1984 (4) SA 252 (T) |
Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) Bpk en Andere
1984 (4) SA 252 (T)
1984 (4) SA p252
|
Citation |
1984 (4) SA 252 (T) |
|
Court |
Transvaalse Provinsiale Afdeling |
|
Judge |
Ackermann R |
|
Heard |
March 20, 1984 |
|
Judgment |
June 6, 1984 |
Flynote : Sleutelwoorde
Uitwinning — Tersydestelling van — Aksie deur eiser om uitwinningslasbrief en verkoping ter syde te stel — Eiser val nie vonnis aan nie maar slegs uitwinning — Bewering dat uitwinningslasbrief onregmatiglik verkry is en dat verkoping ongeldig was aangesien eiser na vonnis voldoening aangebied het — Eiser se voldoeningsaanbod (die betaling van slegs die oorspronklike skuld by wyse van 'n verband) gebrekkig en nie onvoorwaardelik — Hof het nie diskresie om, op 'n grond van billikheid en geregtigheid, tersydestelling van eksekusie van vonnis te beveel waar causa vir uitwinning nog bestaan nie — Eksepsie teen besonderhede van vordering dat geen gedingsoorsaak geopenbaar is nie, gehandhaaf.
Headnote : Kopnota
Die eiser het aksie ingestel vir die tersydestelling van 'n uitwinningslasbrief en die daaropvolgende uitwinningsverkoping van sy onroerende eiendom. Eiser het nie die vonnis waarop die uitwinning gebaseer was aangeval nie maar slegs die uitwinning en het beweer dat die uitwinningslasbrief onregmatiglik verkry is en dat die verkoping ongeldig was aangesien hy betaling van die oorspronklike skuld getender het by wyse van 'n verband en die eerste verweerder (die krediteur) versuim het om hierop en op twee briewe van die bouvereniging wat die verband toegestaan het, te reageer. Die tweede verweerder het 'n eksepsie opgewerp teen eiser se besonderhede van vordering op grond daarvan dat dit geen gedingsoorsaak geopenbaar het nie. Die Hof het bevind dat die eerste verweerder na vonnis geregtig was op onmiddellike en onvoorwaardelike betaling van die vonnisskuld en gedingskoste en, aangesien die eiser slegs betaling van die oorspronklike skuld teen registrasie van 'n verband aangebied het, het sy aanbod neergekom op 'n gebrekkige voldoeningsaanbod. Die Hof het verder beslis dat dit nie so 'n wye diskresie gehad het dat dit die tersydestelling (in teenstelling met die opskorting) van eksekusie van 'n vonnis kon beveel op grond van billikheid en geregtigheid waar die causa vir die uitwinning nog bestaan het nie. Die eksepsie is gehandhaaf.
Die omstandighede waaronder 'n Hof 'n eksekusielasbrief tersyde kan stel of die uitvoering daarvan kan opskort, uiteengesit.
Flynote : Sleutelwoorde
Execution — Setting aside of — Action by plaintiff to set aside writ of execution and sale pursuant thereto — Plaintiff not attacking judgment but only execution — Allegation that writ unlawfully obtained and that sale invalid as plaintiff had tendered performance after judgment granted — Plaintiff's tender of performance (the payment of only the original debt by means of a mortgage bond) incomplete and not unconditional — Court not having the discretion on the ground of justice and fairness to set aside execution of judgment where the causa for execution still existed — Exception to plaintiff's particulars of claim as disclosing no cause of action upheld.
Headnote : Kopnota
The plaintiff instituted action for the setting aside of a writ of execution and the subsequent sale of his immovable property. The plaintiff did not attack the judgment on which the writ was based but only the execution, alleging that the writ of execution had been improperly obtained and that the sale in execution was invalid as he had tendered payment of the original debt by means of a mortgage bond and the first defendant (the
1984 (4) SA p253
creditor) had failed to react to this and to two letters from the building society which had granted him the bond. The second defendant raised an exception to the plaintiff's particulars of claim on the grounds that they did not disclose a cause of action. The Court found that after judgment the first defendant was entitled to immediate and unconditional payment of the judgment debt and costs and, as the laintiff had only tendered payment of the original debt against registration of a mortgage bond, his offer had amounted to an incomplete offer of performance. The Court held further that it did not have such a wide discretion that it could order the setting aside (as opposed to the suspension) of the execution of a judgment on the grounds of justice and fairness where the causa for the execution still existed. The exception was upheld.
The circumstances in which a Court may set aside a writ of execution or order a stay of execution set out. C
Case Information
Argument op eksepsie teen eiser se besonderhede van vordering. Die aard van die pleitstukke blyk uit die uitspraak.
Geen verskyning namens die eerste en derde verweerders nie.
D H van Zyl SC (bygestaan deur A W S Louw) namens die eksipiënt D (tweede verweerder).
E L Goldstein SC (bygestaan deur L Nowosenetz) namens die respondent (eiser).
Cur adv vult.
Postea (Junie 7). E
Judgment
Ackermann R:
Hierdie is 'n eksepsie wat tweede verweerder opwerp teen eiser se besonderhede van vordering soos aangevul deur nadere besonderhede op grond daarvan dat dit regtens ongegrond is en geen skuldoorsaak openbaar nie. Hoewel die kennisgewing van eksepsie verwys na eiser se "deklarasie", is geen punt hiervan deur eiser gemaak nie.
Dit is nodig, ten einde die eksepsie te bereg, om taamlik F breedvoerig te verwys na die feitlike bewerings vervat in eiser se besonderhede van vordering en nadere besonderhede.
Eiser is die geregistreerde eienaar van 'n sekere vaste eiendom in Pretoria waaroor twee verbande ten gunste van eerste verweerder geregistreer is. Eiser was op 'n stadium in diens G van eerste verweerder en die verbande het onder andere 'n bepaling bevat dat, indien eiser die diens van eerste verweerder verlaat, eiser die verbandskulde moes vereffen deur 'n kontantbedrag aan eerste verweerder te betaal.
Eiser het die diens van eerste verweerder verlaat maar, weens 'n
1984 (4) SA p254
Ackermann R
bona fide maar foutiewe vertolking van die bepalings van die verbandaktes, versuim om sekere betalings ingevolge die verbande te maak. As gevolg hiervan het die volle bedrae onder die verbande verskuldig opeisbaar en betaalbaar geword en het eerste verweerder op 22 Februarie 1983 voorlopige vonnis teen eiser verkry vir betaling van R36 363,63 en verdere regshulp. A
B Op 21 April 1983 is 'n beslagleggingslasbrief uitgereik deur eerste verweerder. Op 25 April 1983, in opdrag van eerste verweerder, het derde verweerder beslag gelê op eiser se gemelde eiendom en op 10 Augustus 1983 is die eiendom op 'n uitwinningsverkoping deur middel van derde verweerder aan tweede verweerder vir 'n koopprys van R41 500 verkoop.
C Eiser het eers na die verkoping op 10 Augustus 1983 bewus geword van gemelde vonnis, beslaglegging en gevolge daarvan en op 6 September 1983, as gevolg van 'n aansoek deur eiser gebring, is die gemelde verkoping deur 'n bevel van hierdie Hof opgeskort hangende die huidige aksie.
D Eiser beweer die volgende in paras 15 en 16 van sy besonderhede van vordering:
Ter alle wesenlike tye sedert 17 Maart 1983 was en is die eiser in staat om die gemelde lenings insluitende enige ander bedrae uitstaande voortspruitend uit die gemelde vonnis af te los en onderworpe aan para 16, tender die eiser hiermee:
E betaling aan die eerste verweerder van die gemelde lenings, alternatiewelik die gemelde vonnisskuld tesame met rente en koste, teen behoorlike bewys van die uitstaande bedrag;
betaling aan die tweede verweerder van sy kostes verbonde aan die gemelde F uitwinningsverkoping of die bedrag van R2 000 welke bedrag die minste is, ter volle en finale vereffening van die eiser se aanspreeklikheid teen die tweede verweerder.
Die gemelde tenders is voorwaardelik aan:
die tersydestelling van die uitwinningsverkoping tussen die derde en tweede verweerders;
G die tersydestelling van die uitwinningslasbrief uitgereik deur die eerste verweerder."
In sy nadere besonderhede ontken eiser uitdruklik dat hy teenoor tweede verweerder aanspreeklik is. Eiser pleit dat sy tender aan tweede verweerder 'n skikkingsaanbod is ter delging H van tweede verweerder se verlies, alternatiewelik sy eise teen eiser indien enige, voortvloeiend uit die tersydestelling van die uitwinningsverkoping. Eiser verduidelik dat die bedrag van R2 000 bereken word op die transport- en/of regskostes deur die tweede verweerder aangegaan voortvloeiend uit die uitwinningsverkoping.
In sy smeekbedes vorder eiser die volgende regshulp:
Tersydestelling van die:
Uitwinningsverkoping, gedateer 10 Augustus 1983, van die gemelde eiendom deur die derde verweerder aan die tweede verweerder;
uitwinningslasbrief van die eiendom uitgereik deur die eerste verweerder gedateer 21 April 1983.
1984 (4) SA p255
Ackermann R
Gelyktydig met bede 1, tender die eiser betaling aan:
die eerste verweerder van die gemelde vonnisskuld, rente en koste op behoorlike bewys daarvan;
die tweede verweerder van sy koste verbonde aan die uitwinningsverkoping of die bedrag van R2 000, watter bedrag ookal die minste B is.
Koste teen die verweerders, afsonderlik alleen, slegs indien een of meer van die...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO
...(3) SA 759 (A); Bal v Clark & E Price 1914 TPD 14; Graham v Graham 1950 (1) SA 655 (T); Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) Bpk en Andere 1984 (4) SA 252 (T); Suid-Afrikaanse Sentrale Ko-operatiewe Graanmaatskappy Bpk v Shifren and Others and the Taxing Master 1964 (1) SA 162 (O); Cook v Aldred......

Commissioner for Inland Revenue v Golden Dumps (Pty) Ltd
...(A) at 942D-E and 944F; E A Gani (Pty) Ltd v Francis 1984 (1) SA 462 (T) at 466H-467A; Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) Bpk en Andere 1984 (4) SA 252 (T) at 256F-I; Zygos Corporation v J Salen Rederierna AB 1984 (4) SA 444 1993 (4) SA p112 A E B Broomberg SC (with him B S Spilg) for the resp......
-
Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere
...AC 720 (PC): oorweeg/considered Klisser v Gold 1961 (1) SA 821 (D): oorweeg/considered Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) en Andere 1984 (4) SA 252 (T): verwys na/referred Longman Distillers Ltd v Drop Inn Group of Liquor Supermarkets (Pty) Ltd 1990 (2) SA 906 (A): dictum op/at 913G - 914C toe......