Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) Bpk en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeAckermann R
Judgment Date06 June 1984
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date20 March 1984
Citation1984 (4) SA 252 (T)

Ackermann R:

Hierdie is 'n eksepsie wat tweede verweerder opwerp teen eiser se besonderhede van vordering soos aangevul deur nadere besonderhede op grond daarvan dat dit regtens ongegrond is en geen skuldoorsaak openbaar nie. Hoewel die kennisgewing van eksepsie verwys na eiser se "deklarasie", is geen punt hiervan deur eiser gemaak nie.

Dit is nodig, ten einde die eksepsie te bereg, om taamlik F breedvoerig te verwys na die feitlike bewerings vervat in eiser se besonderhede van vordering en nadere besonderhede.

Eiser is die geregistreerde eienaar van 'n sekere vaste eiendom in Pretoria waaroor twee verbande ten gunste van eerste verweerder geregistreer is. Eiser was op 'n stadium in diens G van eerste verweerder en die verbande het onder andere 'n bepaling bevat dat, indien eiser die diens van eerste verweerder verlaat, eiser die verbandskulde moes vereffen deur 'n kontantbedrag aan eerste verweerder te betaal.

Eiser het die diens van eerste verweerder verlaat maar, weens 'n

Ackermann R

bona fide maar foutiewe vertolking van die bepalings van die verbandaktes, versuim om sekere betalings ingevolge die verbande te maak. As gevolg hiervan het die volle bedrae onder die verbande verskuldig opeisbaar en betaalbaar geword en het eerste verweerder op 22 Februarie 1983 voorlopige vonnis teen eiser verkry vir betaling van R36 363,63 en verdere regshulp. A

B Op 21 April 1983 is 'n beslagleggingslasbrief uitgereik deur eerste verweerder. Op 25 April 1983, in opdrag van eerste verweerder, het derde verweerder beslag gelê op eiser se gemelde eiendom en op 10 Augustus 1983 is die eiendom op 'n uitwinningsverkoping deur middel van derde verweerder aan tweede verweerder vir 'n koopprys van R41 500 verkoop.

C Eiser het eers na die verkoping op 10 Augustus 1983 bewus geword van gemelde vonnis, beslaglegging en gevolge daarvan en op 6 September 1983, as gevolg van 'n aansoek deur eiser gebring, is die gemelde verkoping deur 'n bevel van hierdie Hof opgeskort hangende die huidige aksie.

D Eiser beweer die volgende in paras 15 en 16 van sy besonderhede van vordering:

"15.

Ter alle wesenlike tye sedert 17 Maart 1983 was en is die eiser in staat om die gemelde lenings insluitende enige ander bedrae uitstaande voortspruitend uit die gemelde vonnis af te los en onderworpe aan para 16, tender die eiser hiermee:

15.1

E betaling aan die eerste verweerder van die gemelde lenings, alternatiewelik die gemelde vonnisskuld tesame met rente en koste, teen behoorlike bewys van die uitstaande bedrag;

15.2

betaling aan die tweede verweerder van sy kostes verbonde aan die gemelde F uitwinningsverkoping of die bedrag van R2 000 welke bedrag die minste is, ter volle en finale vereffening van die eiser se aanspreeklikheid teen die tweede verweerder.

16.

Die gemelde tenders is voorwaardelik aan:

16.1

die tersydestelling van die uitwinningsverkoping tussen die derde en tweede verweerders;

16.2

G die tersydestelling van die uitwinningslasbrief uitgereik deur die eerste verweerder."

In sy nadere besonderhede ontken eiser uitdruklik dat hy teenoor tweede verweerder aanspreeklik is. Eiser pleit dat sy tender aan tweede verweerder 'n skikkingsaanbod is ter delging H van tweede verweerder se verlies, alternatiewelik sy eise teen eiser indien enige, voortvloeiend uit die tersydestelling van die uitwinningsverkoping. Eiser verduidelik dat die bedrag van R2 000 bereken word op die transport- en/of regskostes deur die tweede verweerder aangegaan voortvloeiend uit die uitwinningsverkoping.

In sy smeekbedes vorder eiser die volgende regshulp:

"1.

Tersydestelling van die:

(a)

Uitwinningsverkoping, gedateer 10 Augustus 1983, van die gemelde eiendom deur die derde verweerder aan die tweede verweerder;

(b)

uitwinningslasbrief van die eiendom uitgereik deur die eerste verweerder gedateer 21 April 1983.

Ackermann R

2.

Gelyktydig met bede 1, tender die eiser betaling aan:

(a)

die eerste verweerder van die gemelde vonnisskuld, rente en koste op behoorlike bewys daarvan;

(b)

die tweede verweerder van sy koste verbonde aan die uitwinningsverkoping of die bedrag van R2 000, watter bedrag ookal die minste B is.

3.

Koste teen die verweerders, afsonderlik alleen, slegs indien een of meer van die verweerders die aksie verdedig."

Eiser ontken uitdruklik, in sy nadere besonderhede, dat dit sy saak is dat voorlopige vonnis wederregtelik deur eerste verweerder teen hom verkry is. Eiser dagvaar trouens nie vir C tersydestelling van die vonnis nie.

Die kern van eiser se gedingsoorsaak word soos volg in paras 13 en 14 van die besonderhede van vordering uiteengesit:

"13.1

Op 17 Maart 1983 is 'n verband vir die bedrag van R36 000 deur die United Bouvereniging aan die eiser toegestaan, welke lening nogtans beskikbaar is.

13.2

Ter goeie trou en ter aflossing van die eerste D verweerder se lenings het die eiser hierdie bedrag onmiddellik aan die eerste verweerder getender kragtens die ooreenkoms in para 7 hierbo vermeld.

13.3

Weens die nalatigheid van die eerste verweerder wie versuim het om 'n skikkingsyfer aan die gemelde E bouvereniging te voorsien, is die aflossing nooit bewerkstellig nie.

13.4

Die eiser is in staat om 'n verdere lening van die United Bouvereniging te verkry vir die bedrag van R13 000 om sy tender in para 15 hieronder te staaf.

14.

Ten spyte van die gemelde gepoogde tender en tot die benadeling van die eiser, het die eerste verweerder F sonder goeie oorsaak die gemelde uitwinningslasbrief laat uitreik, met die gevolg van die gemelde uitwinningsverkoping."

Hierdie bewerings word verder soos volg toegelig in eiser se nadere besonderhede. Blykbaar het die United Bouvereniging ("UBV") op 17 Maart 1983 'n lening van R36 000 op eerste G verband oor eiser se eiendom toegestaan maar is registrasie van die verband vertraag omdat geen skikkingsyfers ("cancellation figures") beskikbaar was om die verbande ten gunste van eerste verweerder te kanselleer nie.

Eiser sê dat hy op 18 Maart 1983, en te kantore van die eerste verweerder, die "skikkingsyfer" aan die eerste verweerder H getender het. Hierdie "skikkingsyfer" is, volgens die eiser,

"'n kontantbedrag kragtens die eerste verweerder se verbande wat bestaan uit die uitstaande kapitaalskuld tesame met 7% rente per annum daarop bereken vanaf 1 April 1982 tot datum van betaling".

Hierdie tender was mondeling en eiser het dit persoonlik gemaak aan ene mev Brownlee namens eerste verweerder en eiser het I aangebied om die skikkingsyfer te betaal by wyse van registrasie van die UBV verband oor sy gemelde eiendom. Die bedrag van hierdie skikkingsyfer moes, volgens eiser, binne 'n redelike tyd vanaf 18 Maart 1983 aan die UBV of hul prokureurs voorsien word. Die eerste verweerder se nalatigheid as gevolg waarvan dit beweer word die "aflossing"

Ackermann R

A nooit bewerkstellig is nie, word soos volg deur eiser in sy nadere besonderhede aangestip:

"Die eerste verweerder was nalatig in een of meer van die volgende opsigte:

(a)

Deur sy totale versuim om op eerste verweerder se gemelde tender te reageer;

(b)

B deur sy totale versuim om op twee briewe van die United Bouvereniging gedateer 3 Mei 1983 en 25 Mei 1983 waarin 'n skikkingsyfer aangevra is, te reageer;

(c)

deur sy versuim om redelike stappe te neem om die gemelde skikkingsaanbiedinge in (a) en (b) hierbo C behoorlik te ondersoek voordat die eksekusielasbrief uitgereik is."

Die eiser beweer verder in sy nadere besonderhede dat hy onregmatig benadeel is as gevolg van die uitreik van die uitwinningslasbrief met die gevolg van die eksekusieverkoping en dat sy bewering dat eerste verweerder "sonder goeie oorsaak" die uitwinningslasbrief laat uitreik het bedoel dat eerste D verweerder deur sy reeds vermelde optrede die eiser "onregmatig verhoed het om sy verpligtinge kragtens die eerste verweerder se gemelde verbandaktes na te kom". Eiser...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

34 practice notes
  • Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 28 November 1991
    ...(3) SA 759 (A); Bal v Clark & E Price 1914 TPD 14; Graham v Graham 1950 (1) SA 655 (T); Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) Bpk en Andere 1984 (4) SA 252 (T); Suid-Afrikaanse Sentrale Ko-operatiewe Graanmaatskappy Bpk v Shifren and Others and the Taxing Master 1964 (1) SA 162 (O); Cook v Aldred......
  • Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO
    • South Africa
    • Invalid date

  • Commissioner for Inland Revenue v Golden Dumps (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A) at 942D-E and 944F; E A Gani (Pty) Ltd v Francis 1984 (1) SA 462 (T) at 466H-467A; Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) Bpk en Andere 1984 (4) SA 252 (T) at 256F-I; Zygos Corporation v J Salen Rederierna AB 1984 (4) SA 444 1993 (4) SA p112 A E B Broomberg SC (with him B S Spilg) for the resp......
  • Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...AC 720 (PC): oorweeg/considered Klisser v Gold 1961 (1) SA 821 (D): oorweeg/considered Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) en Andere 1984 (4) SA 252 (T): verwys na/referred Longman Distillers Ltd v Drop Inn Group of Liquor Supermarkets (Pty) Ltd 1990 (2) SA 906 (A): dictum op/at 913G - 914C toe......
  • Get Started for Free
34 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT