Rosherville Vehicle Services (Edms) Bpk v Bloemfonteinse Plaaslike Oorgangsraad
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Olivier Wn R |
Judgment Date | 19 August 1997 |
Citation | 1998 (2) SA 289 (O) |
Docket Number | 2745/96 |
Hearing Date | 19 August 1997 |
Counsel | Q Pelser namens die eiser AJR Van Rhyn namens die verweerder |
Court | Orange Free State Provincial Division |
Olivier WN R: D
Agtergrond
In hierdie saak vorder eiser betaling in die bedrag van R89 779,08 met moratore rente en koste van verweerder uit hoofde van 'n ooreenkoms tussen die partye waarvolgens agt busse met onderstelle deur eiser vir verweerder E opgebou sou word. Buiten die oorspronklike kontraksbedrag het eiser sekere bykomende werk ten opsigte van die busse verrig en gesteun op die herstel van sogenaamde verborge of latente gebreke in die onderstelle wat herbou moes word.
By die aanvang van die verhoor het eiser se advokaat te kenne gegee dat op hierdie been van die eis nie gesteun F word nie. Die getuienis namens eiser het ook daarop gedui dat alhoewel die onderstelle namens verweerder aanvaar en goedgekeur was, dit eiser is wat dit voorsien het aan verweerder en nie omgekeerd nie.
In die alternatief steun eiser in die pleitstukke op 'n ooreenkoms wat tussen eiser (verteenwoordig deur mnr Peter G Slabbert) en verweerder (verteenwoordig deur mnr Daverin) gesluit sou wees op 26 April 1995, welke ooreenkoms gedeeltelik mondelings en gedeeltelik skriftelik was. In die alternatief hiertoe sê eiser in sy besonderhede van vordering dat die oorspronklike kontrak waarvolgens die agt busse opgebou sou word op die H gemelde datum gewysig en/of aangevul is deur die partye soos verteenwoordig. Kragtens hierdie reëling van 26 April 1995 sou sekere verdere werk aan die onderstelle gedoen word, soos weergegee in 'n nota, aangeheg as aanhangsel TAS13 tot die eis.
In para 14 van die besonderhede van vordering stel eiser dit dat verweerder gevolglik op 30 Junie 1995 die voorgaande reëling tussen die partye skriftelik 'confirmed' het ten opsigte van die agt onderstelle, ooreenkomstig I sekere bestelvorms wat aangeheg is as aanhangsels TAS14 tot TAS21. Uit hoofde van die 26 April 1995 reëling is die werk bykomend voltooi, waarvoor die genoemde bedrag gevorder word.
In die verweerskrif is al die tersaaklike bewerings van die hoofeis in dispuut geplaas. Omdat eiser klaarblyklik nie verder op die hoofeis steun J
Olivier WnR
A nie, handel ek nie verder met hierdie aspek van eiser se vordering nie. Ten opsigte van die alternatiewe eis pleit verweerder dat Daverin nie enige reg gehad het om die ooreenkoms te gesluit het of te gewysig of aan te gevul het nie, en in besonder dat hy nie enige magtiging gehad het om verdere ooreenkomste namens verweerder met eiser te B sluit nie. Daverin het bloot 'n inspeksie gaan uitvoer en dientengevolge die notas gemaak soos weergegee op TAS13.
Ten opsigte van eiser se bewering dat TAS13 die inhoud van die nuwe reëling van 26 April 1995 tussen die partye weerspieël, pleit verweerder, in kort, dat dit blote notas is van die inspeksie waarvolgens aangedui is dat sekere werk reeds gedoen is en dat ander nog gedoen sou moes word, soos bedoel in die oorspronklike C ooreenkoms tussen die partye.
In die replikasie voer eiser aan dat verweerder estop is om hom te beroep op die gebrek aan volmag van Daverin deurdat Daverin tweede in bevel was onder ene Pieterse (wat bevoeg sou wees) en deurdat verweerder toegelaat D het dat Daverin verweerder se briefhoofde en ander bestelvorms gebruik het en verweerder sodoende die indruk gelaat het dat Daverin bevoeg sou wees om namens verweerder te gehandel het op 26 April 1995.
Ten opsigte van eiser se bewering dat op 30 Junie 1995 die reëling van Daverin met Slabbert skriftelik bevestig is E by wyse van die agt bestelvorms, pleit verweerder dat Slabbert by verskeie geleenthede daarvan bewus gemaak was deur Pieterse dat verweerder nie vir bykomende eise sou instaan nie. Verweerder het nie addisioneel begroot vir kostes wat sou oploop en waarvoor daar nie uitdruklik gekontrakteer was nie. Pieterse het wel Daverin versoek F om voor die sluiting van die betrokke finansiële jaar, synde 30 Junie 1995, bestellings ten aansien van elke onderstel uit te maak met die oog daarop indien addisionele kostes sou oploop dit binne die finansiële jaar geakkommodeer kon word. Die aanhangsels TAS14 tot en met TAS21 is bygevolg voorlopig uitgemaak, maar het Daverin vir Pieterse verkeerd verstaan en die gemelde aanhangsels aan eiser versend.
G Verweerder pleit bygevolg dat die gesegde bestellings nie bestellings was vir addisionele werk soos waarop eiser steun nie, maar bestellings was wat uitgereik sou word vir addisionele werk 'indien wel verrig. Die dokumentasie is gevolglik verkeerdelik aan eiser soos hierbo uiteengesit'.
Hieroor pleit verweerder voorts dat toe Pieterse bewus geword het daarvan dat die bestellings verkeerdelik H versend is, hy Slabbert telefonies meegedeel het dat die bestellings verkeerdelik uitgereik is 'en bygevolg gekanselleer word'. Hierdie kansellasie is daarna verskeie male bevestig deur Pieterse met Slabbert sowel as mnr Keith Pilling van eiser. Op verweerder se gesegde pleit op die bewering van 'bevestiging' het eiser nie gerepliseer nie.
I Nadat eiser getuienis oor die verloop van die onderhandelinge tussen die partye aangebied het, is ek meegedeel dat die partye ooreengekom het om die kwessie van die kwantifisering van die eis later afsonderlik te laat bereg en is ek gevra om 'n...
To continue reading
Request your trial-
Paarlberg Motors (Pty) Ltd t/a Paarlberg Bmw v Henning
...Gold Mining Co Ltd 1925 AD 173: dictum at A 198 applied Rosherville Vehicle Services (Edms) Bpk v Bloemfonteinse Plaaslike Oorgangs-raad 1998 (2) SA 289 (0): dictum at 293F-G applied Ruta Flour Mills (Pty) Ltd v Adelson (2) 1958 ( 4) SA 307 (T): applied Sentrachem Bpk v Wenhold 1995 (4) SA ......
-
Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Lotz en 'n Ander
...JA in Dadoo Ltd and J Others v Krugerdorp Municipal Council 1920 AD 530 at 554--5). It should only do so where the contrary legislative 1998 (2) SA p289 Van Coller intent is clear and indubitable (see Du Plessis v Joubert 1968 (1) SA 585 (A) at 594--5). Moreover, it is not the function of t......
-
Paarlberg Motors (Pty) Ltd t/a Paarlberg Bmw v Henning
...(T). This principle has been restated in the case of Rosherville Vehicle Services (Edms) Bpk v Bloemfonteinse Plaaslike Oorgangsraad 1998 (2) SA 289 (O), which reads as follows at 293F - 'Die maatstaf wat vir die aansoek gebruik word, moet dus daarop H gerig wees om te bepaal of die eiser s......
-
Paarlberg Motors (Pty) Ltd t/a Paarlberg Bmw v Henning
...Gold Mining Co Ltd 1925 AD 173: dictum at A 198 applied Rosherville Vehicle Services (Edms) Bpk v Bloemfonteinse Plaaslike Oorgangs-raad 1998 (2) SA 289 (0): dictum at 293F-G applied Ruta Flour Mills (Pty) Ltd v Adelson (2) 1958 ( 4) SA 307 (T): applied Sentrachem Bpk v Wenhold 1995 (4) SA ......
-
Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Lotz en 'n Ander
...JA in Dadoo Ltd and J Others v Krugerdorp Municipal Council 1920 AD 530 at 554--5). It should only do so where the contrary legislative 1998 (2) SA p289 Van Coller intent is clear and indubitable (see Du Plessis v Joubert 1968 (1) SA 585 (A) at 594--5). Moreover, it is not the function of t......
-
Paarlberg Motors (Pty) Ltd t/a Paarlberg Bmw v Henning
...(T). This principle has been restated in the case of Rosherville Vehicle Services (Edms) Bpk v Bloemfonteinse Plaaslike Oorgangsraad 1998 (2) SA 289 (O), which reads as follows at 293F - 'Die maatstaf wat vir die aansoek gebruik word, moet dus daarop H gerig wees om te bepaal of die eiser s......