Regional harmonisation of international sales law via accession to the CISG and the importance of uniform interpretation of the CISG
Author | Marlene Wethmar-Lemmer |
Pages | 298-309 |
DOI | 10.10520/EJC166189 |
Date | 01 January 2014 |
Published date | 01 January 2014 |
298
Regional harmonisation of international
sales law
via
accession to the CISG and the
importance of uniform interpretation of
the CISG*
Marlene Wethmar-Lemmer
BCom LLB LLM MA LLD
Associate Professor, University of South Africa
OPSOMMING
Streeksharmonisering van Internasionale Koopreg via Toetrede tot die
Weense Koopverdrag en die Belangrikheid van Eenvormige Interpretasie van
die Verdrag
Internasionale unifisering of harmonisering van substantiewe reg is in die
afgelope paar dekades primêr deur middel van internasionale verdrae
teweeggebring. In die veld van internasionale koopkontrakte vir roerende
goedere, is die Weense Koopverdrag ’n invloedryke internasionale verdrag
wat die internasionale unifisering van die reg in dié veld ten doel het.
Unifisering of harmonisering van substantiewe reg by wyse van ’n
internasionale verdrag kan egter slegs bewerkstellig word indien die
verdrag eenvormig in die verskillende lidlande geïnterpreteer word. Artikel
7(1) van die Weense Koopverdrag is die verdrag se interpretasieklousule
en vereis dat, eerstens, die internasionale karakter van die Weense
koopverdrag, tweedens, die noodsaaklikheid daarvan om eenvormigheid
van die verdrag se toepassing na te streef en derdens, die behoud van
goeie trou in internasionale handel, in die interpretasie van die verdrag in
ag geneem moet word. Die eerste interpretasievoorskrif het tot inhoud dat
daar aan die verdrag se bepalings ’n outonome betekenis geheg moet
word – sonder verwysing na regskonsepte en instellings van nasionale
jurisdiksies. Die tweede interpretasievoorskrif bevestig die feit dat
eenvormige toepassing van die verdrag slegs by wyse van eenvormige
interpretasie van die verdragsbepalings bewerkstellig kan word. In hierdie
verband is dit van kardinale belang dat jurisdiksies in die interpretasie van
die verdrag se bepalings, interpretasies van ander jurisdiksies in ag neem.
Op die wyse ontstaan daar ’n internasionale gesprek ten aansien van die
interpretasie van die verdrag wat eenvormige interpretasie bevorder. Daar
bestaan verskeie omvattende elektroniese databasisse waarop nasionale
Weense Koopverdraguitsprake beskikbaar gestel word en hierdie feit maak
dit daagliks makliker vir nasionale howe om relevante uitsprake van ander
jurisdiksies in ag te neem. Die derde interpretasievoorskrif in artikel 7(1)
vereis dat die verdrag se bepalings op so ’n wyse geïnterpreteer moet
word dat die toepassing van die bepalings tot redelike en billike resultate
lei. In lig van die feit dat artikel 7(1) van die Weense Koopverdrag nie ’n
* This article is based on research conducted for the author’s thesis The
Vienna Sales Convention and Private International Law (2010 UJ ). A n
abbreviated version of this article was presented at the Unisa International
Conference on the Use of UNCITRAL Instruments in Promoting Regional
Harmonization of Trade Law held from 26-27 May 2014.
To continue reading
Request your trial