Rasen Andere v Sand River Citrus Estates (Pty) Ltd
Jurisdiction | South Africa |
Citation | 1972 (4) SA 504 (T) |
Rasen Andere v Sand River Citrus Estates (Pty) Ltd
1972 (4) SA 504 (T)
1972 (4) SA p504
Citation |
1972 (4) SA 504 (T) |
Court |
Transvaalse Provinsiale Afdeling |
Judge |
Boshoff R |
Heard |
April 18, 1972 |
Judgment |
August 15, 1972 |
Flynote : Sleutelwoorde
Koopkontrak — Koop van 'n plaas — Koopprys in paaiemente betaalbaar — Verkoper by wanbetaling op kansellasie geregtig, met verbeuring van betaalde paaiemente as roukoop — Aansoek deur verkoper om voorlopige vonnis vir 'n bedrag ten opsigte van sekere paaiemente wat nie betaal is nie — Aansoek toegestaan en uitwinningslasbrief uitgereik — Kontrak daarna deur verkoper gekanselleer omdat 'n volgende paaiement nie betaal is nie — Verpligtinge ten opsigte van onbetaalde paaiemente het saam met kontrak verval — Koper geregtig om aksie in te stel vir die tersydestelling van die lasbrief aangesien die causa vir vonnis weggeval het — Eksekusie — Tersydestelling van 'n lasbrief — Causa vir vonnis het weggeval.
Headnote : Kopnota
In Maart 1967 het eerste eiser as trustee vir 'n te stigte maatskappy 'n skriftelike ooreenkoms aangegaan ingevolge waarvan die verweerder aan hom 'n plaas vir R100 000 verkoop het. Die koopprys was as volg betaalbaar: (a) R4 000 by ondertekening van die ooreenkoms; (b) R4 000 op 30 September 1967; (c) R4 000 op 30 Maart 1968; (d) R5 000 op 30 September 1968; (e) R5 000 op 30 Maart 1969; (f) R6 000 op 30 September 1969 en daarna R6 000 tweejaarliks beginnende op 30 Maart 1970. Ná betaling van die finale paaiement moes die verweerder transport gee. By wanbetaling van enige paaiement op vervaldag was die verkoper na 30 dae kennisgewing, onder meer, daarop geregtig om die kontrak te kanselleer en wanneer die kontrak aldus gekanselleer sou word, sou die koper, as roukoop of as vooruitberaamde skade, alle betalings wat gemaak is, verbeur. Die eerste paaiement is betaal maar die drie volgende paaiemente is nie op die vervaldag deur die maatskappy wat gestig is, betaal nie. Die verkoper het vervolgens aansoek om voorlopige vonnis ten bedrae van R13 000 met rente gedoen. Dié aansoek is toegestaan en 'n uitwinningslasbrief is uitgereik. Na verkryging van die vonnis het die verkoper die kontrak gekanselleer op grond daarvan dat die maatskappy nie die paaiement van R5 000 wat op 30 Maart 1969 verskuldig was, betaal het nie. Vanweë die kansellasie van die kontrak het die eisers in 'n aksie om 'n verklarende bevel beweer dat die verkoper nie daarop geregtig was om betaling van die agterstallige paaiemente van R13 000 met rente te vorder en af te dwing nie, dat die causa vir die uitreiking van die lasbrief weggeval het en dat hulle gevolglik geregtig was om tersydestelling van die lasbrief. Die verkoper het in sy pleit beweer dat hy geregtig was op die tenuitvoerlegging van die lasbrief. In 'n eksepsie dat die pleit geen verweer openbaar nie,
Beslis, dat al die verpligtinge ten opsigte van onbetaalde paaiemente saam met die kontrak verval het.
Beslis, dus, dat die eisers regtens daarop geregtig was om 'n aksie in te stel vir tersydestelling van die uitwinningslasbrief op grond daarvan dat die causa vir die vonnis weggeval het. Eksepsie gehandhaaf.
Flynote : Sleutelwoorde
Sale — Sale of a farm — Purchase price payable in instalments — Seller on default entitled to cancellation, purchaser forfeiting all instalments paid as rouwkoop — Application by seller for provisional sentence in an amount in respect of certain instalments not paid — Application granted and writ issued for amount — Contract thereafter cancelled by seller because subsequent instalment not paid — Obligations with regard to unpaid instalments lapsed with the contract — Purchaser entitled to institute action to set aside writ as the causa for the order had fallen away — Execution — Setting aside of a writ — Causa for order having fallen away.
Headnote : Kopnota
In March, 1967, the first plaintiff, as trustee for a company to be formed, had entered into a written agreement in terms of which the defendant had sold to him a farm for R100 000. The purchase price was payable as follows: (a) R4 000 on the signing of the agreement; (b) R4 000 on the 30th September, 1967; (c) R4 000 on 30th March, 1968; (d) R5 000 on 30th September, 1968; (e) R5 000 on 30th March, 1969; (f) R6 000 on 30th September,
1972 (4) SA p505
1969, and thereafter R6 000 biennially beginning 30th March, 1970. After payment of the final instalment the defendant would give transfer. On failure to pay any instalment on due date the seller was, inter alia, entitled to cancel the contract and when the contract was cancelled in this way, the purchaser would forfeit as rouwkoop or as pre-estimated damages all payments made. The first payment was made but the three following payments were not made on due date by the company which was formed. The seller thereafter applied for provisional sentence in the total amount of R13 000 with interest. This application was granted and a writ of execution was issued. After having obtained judgment the seller cancelled the contract on the ground that the company had not paid the instalment of R5 000 due on 30th March, 1969. Because of the cancellation of the contract the plaintiffs, in an action for a declaratory order, averred that the seller was not entitled to claim nor to enforce payment of the arrear instalments of R13 000 with interest, that the causa for the issuing of the writ had fallen away and that they were entitled to the setting aside of the writ. The seller averred in its plea that it was entitled to execution of the writ. In an exception that the plea disclosed no defence,
Held, that all the obligations in respect of unpaid instalments lapsed with the contract.
Held, therefore, that the plaintiffs were entitled to institute an action for the setting aside of the writ of execution on the ground that the causa for the judgment had fallen away. Exception upheld.
Case Information
Eksepsie teen 'n pleit. Die aard van die pleitstukke blyk uit die uitspraak.
P. M. Nienaber, namens die eksipiënte (eisers): 'n Eksekusie-lasbrief kan ter syde gestel word op aandrang van 'n vonnisskuldenaar. Herbstein & van Winsen, Superior Court Practice, bl. 571. Die aangewese prosedure is om dit by wyse van aksie te doen, tensy daar geen feitegeskil E voorsienbaar is nie. Mears v Pretoria Estate Market Co., 1906 T.S. op bl. 664. 'n Eksekusie-lasbrief sal ter syde gestel word as die lasbrief nie ondersteun of nie verder ondersteun word deur sy causa nie. Die causa is die skuld en die vonnis wat daarop verleen is. Aldus (a) kan die uitvoering van die eksekusie-lasbrief opgeskort word as die skuld wat die vonnis ten grondslag lê aangeveg word deur die vonnisskuldenaar: F Williams v Carrick, 1938 T.P.D. op bl. 162; Graham v. D
1972 (4) SA p506
Graham, 1950 (1) SA 655, of deur 'n derde by wyse van 'n tussenpleitkennisgewing, Herbstein & van Winsen, supra te bl. 571; (b) kan die eksekusie-lasbrief ter syde gestel word as die skuld en die vonnis wat daarop verleen...
To continue reading
Request your trial-
Butchart v Butchart
...issued is not definite and certain . . . [De Crespigny v De Crespigny 1959 (1) SA 149 (N); Ras v Sand River Citrus Estates (Pty) Ltd 1972 (4) SA 504 (T) at 510E; Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) Bpk en Andere 1984 (4) SA 252 (T) at 257G; Van Dyk v Du Toit 1993 (2) SA 781 (O) at Whether or no......
-
Van Rensburg and Another NNO v Naidoo and Others NNO; Naidoo and Others NNO v Van Rensburg NO and Others
...(Pty) Ltd 1988 (2) SA 12 (A): dicta at 38B – C, 39F – G and 40E – G applied Ras en Andere v Sand River Citrus Estates (Pty) Ltd 1972 (4) SA 504 (T): Ronnie's Motors (Pty) Ltd and Others v Van der Walt and Others 1962 (4) SA 660 (A): referred to E Rossmaur Mansions (Pty) Ltd v Briley Court (......
-
Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) Bpk en Andere
...The Civil Practice of the Superior Courts in South Africa 3de uitg op 644 - 645 en Ras en Andere v Sand River Citrus Estates (Pty) Ltd 1972 (4) SA 504 (T) op C (a) Die uitvoering van die eksekusielasbrief kan dus opgeskort word as die skuld wat die vonnis ten grondslag lê aangeveg word deur......
-
Graphic Laminates CC v Albar Distributors CC
...Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd 1984 (3) SA 623 (A): applied Ras en Andere v Sand River Citrus Estates (Pty) Ltd 1972 (4) SA 504 (T): dictum at 570E applied H Road Accident Fund v Mothupi 2000 (4) SA 38 (SCA): referred Sachs v Katz 1955 (1) SA 67 (T): referred to Unimark Distribu......
-
Butchart v Butchart
...issued is not definite and certain . . . [De Crespigny v De Crespigny 1959 (1) SA 149 (N); Ras v Sand River Citrus Estates (Pty) Ltd 1972 (4) SA 504 (T) at 510E; Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) Bpk en Andere 1984 (4) SA 252 (T) at 257G; Van Dyk v Du Toit 1993 (2) SA 781 (O) at Whether or no......
-
Van Rensburg and Another NNO v Naidoo and Others NNO; Naidoo and Others NNO v Van Rensburg NO and Others
...(Pty) Ltd 1988 (2) SA 12 (A): dicta at 38B – C, 39F – G and 40E – G applied Ras en Andere v Sand River Citrus Estates (Pty) Ltd 1972 (4) SA 504 (T): Ronnie's Motors (Pty) Ltd and Others v Van der Walt and Others 1962 (4) SA 660 (A): referred to E Rossmaur Mansions (Pty) Ltd v Briley Court (......
-
Le Roux v Yskor Landgoed (Edms) Bpk en Andere
...The Civil Practice of the Superior Courts in South Africa 3de uitg op 644 - 645 en Ras en Andere v Sand River Citrus Estates (Pty) Ltd 1972 (4) SA 504 (T) op C (a) Die uitvoering van die eksekusielasbrief kan dus opgeskort word as die skuld wat die vonnis ten grondslag lê aangeveg word deur......
-
Graphic Laminates CC v Albar Distributors CC
...Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd 1984 (3) SA 623 (A): applied Ras en Andere v Sand River Citrus Estates (Pty) Ltd 1972 (4) SA 504 (T): dictum at 570E applied H Road Accident Fund v Mothupi 2000 (4) SA 38 (SCA): referred Sachs v Katz 1955 (1) SA 67 (T): referred to Unimark Distribu......