Pretorius en 'n Ander v Direkteur van Onderwys (OVS) en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgePotgieter R
Judgment Date28 April 1963
Citation1963 (3) SA 287 (O)
Hearing Date18 April 1963
CourtOrange Free State Provincial Division

E Potgieter, R.:

Applikante in hierdie aansoek versoek 'n bevel wat die sluiting van die Kalkheuwel Volksskool in die distrik Boshof ongeldig verklaar en die skool te herstel soos dit was voor die sluiting daarvan en tweedens 'n bevel wat die stigting van die sluiting daarvan en tweedens 'n bevel wat die stigting van die skool te Rondebult in die distrik Boshof nietig verklaar.

F Dit blyk dat op die plaas Kalkheuwel, distrik Boshof, daar reeds vanaf 1938 'n openbare volksskool bestaan het. Die gebou waarin die genoemde skool gefunksioneer het is gehuur deur die Departement van Onderwys van die eerste applikant. Gedurende Desember 1962 het die Administrateur van die O.V.S. besluit om Kalkheuwel Volksskool vanaf 31 Desember 1962 te G sluit en 'n nuwe openbare skool op die plaas Rondebult vanaf 1 Januarie 1963 te stig.

Dit word deur applikante beweer dat die sluiting van die Kall heuwelskool onwettig was aangesien die sluiting van openbare skole beheer word deuur reg. 4 van deel V van die regulasies wat uitgevaardig is kragtens art. 77 van Ord. 16 van 1954 en dat geeneen van die daarin H genoemde

Potgieter R

noemde gronde bestaan het wat die Direkteur sou magtig om die skool te sluit nie en dat die Administrateur nie die mag het om die skool te sluit nie.

A Voorts word beweer dat die stigting van nuwe openbare skole gereël word deur reg. 1 van deel V van bedoelde regulasies en dat die skool gestig is in stryd met reg. 2 (b) (c) en (e) aangesien daar nie die vereiste waarborglys geteken is nie, daar nie 'n geskikte kamer of gebou vir huisvesting van die skoliere was toe die skool gestig is nie, en dat daar 'n bestaande openbare skool te Kalkheuwel was toe die B Rondebultskool gestig is, en dat die skool minder as ses myl van die Kalkheuwel-skool geleë was. Dit word beweer dat daar geen spesiale omstandighede bestaan het waarom so 'n skool gestig moes word wat minder as ses myl van die bestaande skool is nie.

In hulle verklarings ter antwoord het eerste en tweede respondente erken C dat tweede respondent die Kalkheuwel-skool gesluit het en die Rondebult-skool gestig het. Verder word erken dat die gronde soos in reg. 4 bepaal nie bestaan het nie, maar dit word beweer dat daardie regulasies nie die Administrateur se magte om skole te sluit beperk nie.

Ook wat die stigting van skole betref beweer respondente dat die D regulasies in deel V nie handel met die stigting van skole deur die Administrateur nie. In elk geval beweer respondente dat aan die regulasies voldoen is en dat daar spesiale omstandighede bestaan het waarom die skool gestig is.

Mnr. Smuts, ten behoewe van applikante, het in die eerste plek aangevoer E dat die Ordonnansie self nie die mag aan die Administrateur gee om 'n skool te sluit nie en dat skole slegs gesluit kan word op die wyse wat deur regulasies kragtens art. 77 afgekondig word, en dat aan die regulasies nie voldoen is nie.

Die ter sake dienende artikels van die Ordonnansie lees soos volg:

'2 (1)

Die bestuur en beheer oor onderwys berus by die Administrateur en vir die doel kan hy:

(a)

F skole stig en sodanige skoolgeboue, kosinrigtings en ander geboue, speel- en ontspanningsterreine en dergelike meer as wat hy nodig ag, verskaf, toerus en in stand hou en ook enigiets anders verskaf wat in daardie verband noodsaaklik of bykomstig is of daarby behoort;

(g)

sodanige ander handelinge verrig of dinge doen wat hy noodsaaklik of dienstig ag by die uitoefening van enige bevoegdheid wat ingevolge hierdie Ordonnansie aan hom verleen is;'

'77 (1)

G Die Administrateur kan regulasies maak met betrekking tot:

(a)

die stigting, organisasie, gradering van openbare skole met inbegrip van die onderverdeling in klasse, standerds, groepe of afdelings; die toelating tot of uitsluiting van sodanige skole van leerlinge of studente; die reëling van onderrig, opleidingskursusse, tegniese opleiding, liggaamsoefeninge, kadetopleiding en ander bedrywighede aan H sodanige skole; die gelde en vorderinge vir onderrig of losies of ander gelewerde dinge en die kwytskelding van sodanige gelde of vorderinge in besondere gevalle; die kontrolering en ouditering van skoolfondse wat vir enige sodanige skool ingevorder is;'

Die bewuste regulasies lees:

'Deel V.

Stigting en sluiting van openbare skole, skoolvakatures en gemengde sake.

Stigting van skole

(1)

Elke aansoek om die stigting van 'n openbare skool word deur die betrokke skoolraad oorweeg en tesame met sy aanbevelings op die formulier soos deur die Departement voorgeskryf, aan die Direkteur voorgelê.

(2)

Geen aansoek word oorweeg nie tensy:

Potgieter R

(a)

dit gedoen word op die voorgeskrewe formulier waarop al die besonderhede noukeurig en volledig deur die applikant ingevul is;

(b)

'n waarborglys aan die Direkteur voorgelê word wat die name van minstens dertien, en in die geval van kleurlingskole, minstens vyftien kinders, bevat ingevolge art. 33 (2) van Ord. 16 van 1954 bevoeg is vir A toelating tot die volksskool; met dien verstande dat waar 'n skool gestig moet word as gevolg van die staking van een of meer busskemas van die bepaling van hierdie paragraaf afgewyk kan...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Board; Arendse v Parow School Board 1962 (3) SA 628 (C); S v Rooza 1963 (2) SA 317 (C); Pretorius v Direkteur van Onderwys (OVS) 1963 (3) SA 287 (O); S v Naicker 1965 (2) SA 919 (N); Baron v Sherren 1966 (3) SA 460 (R); Hulett v Administrator, Cape 1967 (2) SA 483 (E); Welkom Bottling Co (P......
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 30 November 1988
    ...Board; Arendse v Parow School Board 1962 (3) SA 628 (C); S v Rooza 1963 (2) SA 317 (C); Pretorius v Direkteur van Onderwys (OVS) 1963 (3) SA 287 (O); S v Naicker 1965 (2) SA 919 (N); Baron v Sherren 1966 (3) SA 460 (R); Hulett v Administrator, Cape 1967 (2) SA 483 (E); Welkom Bottling Co (P......
2 cases
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Board; Arendse v Parow School Board 1962 (3) SA 628 (C); S v Rooza 1963 (2) SA 317 (C); Pretorius v Direkteur van Onderwys (OVS) 1963 (3) SA 287 (O); S v Naicker 1965 (2) SA 919 (N); Baron v Sherren 1966 (3) SA 460 (R); Hulett v Administrator, Cape 1967 (2) SA 483 (E); Welkom Bottling Co (P......
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 30 November 1988
    ...Board; Arendse v Parow School Board 1962 (3) SA 628 (C); S v Rooza 1963 (2) SA 317 (C); Pretorius v Direkteur van Onderwys (OVS) 1963 (3) SA 287 (O); S v Naicker 1965 (2) SA 919 (N); Baron v Sherren 1966 (3) SA 460 (R); Hulett v Administrator, Cape 1967 (2) SA 483 (E); Welkom Bottling Co (P......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT