Phillips v Direkteur vir Sensus
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Steyn HR, De Beer AR, Van Blerk AR, A B Beyers AR en Holmes Wn AR |
Judgment Date | 15 June 1959 |
Citation | 1959 (3) SA 370 (A) |
Hearing Date | 18 May 1959 |
Court | Appellate Division |
B Van Blerk, A.R.:
Appellant, 'n nie-blanke seun gebore op 8 Mei 1940, is deur die Direkteur van Sensus per brief gedateer 23 Januarie 1957 in kennis gestel dat hy as 'n naturel geklassifiseer is vir doeleindes van die Bevolkingsregistrasiewet, 1950, soos gewysig. In dieselfde brief word appellant se aandag daarop gevestig dat indien hy ingevolge art. 11 beswaar teen die klassifikasie wil maak, hy sodanige beswaar binne C dertig dae vanaf die datum van die kennisgewing by die kantoor van die Direkteur moet indien.
Op 22 Februarie 1957 het appellant deur sy prokureur 'n brief aan die Direkteur gerig waarin beswaar gemaak word teen die klassifikasie. Saam D met die betrokke brief van beswaar is soos vereis deur art. 11 (2) aan die Direkteur 'n beëdigde verklaring, wat deur appellant gemaak is, gepos. In die verklaring word die gronde van beswaar uiteengesit, en dit was ten effekte dat appellant 'n kleurling, en nie 'n naturel, is nie.
In antwoord op laasgenoemde brief het appellant 'n brief, gedateer 28 Maart 1957, van die Direkteur ontvang waarin hy meegedeel word dat E aangesien hy nie binne dertig dae, soos voorgeskryf deur art. 11 (1), soos gewysig, by die Direkteur beswaar gemaak het nie teen die klassifikasie, kan die beswaar nie deur die Direkteur vir beslissing na die raad genoem in art. 11 (3) verwys word nie.
Art. 2 van die Wet maak voorsiening vir die samestelling van 'n bevolkingsregister deur die Direkteur, gebaseer op sekere besonderhede vervat in art. 3 wat soos volg lui:
F 'Die besonderhede wat nodig is vir die samestelling van die register ten opsigte van die bevolking van die Unie op die vasgestelde datum, word deur die Direkteur gehaal uit die vorms en opgawes wat hy ingevolge die 'Census Wet, 1910 (Wet 2 van 1910) ontvang in verband met die sensus wat op die vasgestelde datum geneem word en uit die ander stukke wat vir die Direkteur beskikbaar mag wees.'
Art. 5 (1) bepaal dat iedere persoon wie se naam in die register G opgeneem word, deur die Direkteur as 'n blanke, 'n gekleurde of 'n naturel, na gelang van die geval, geklassifiseer moet word. Art. 11 maak voorsiening vir besware en appèlle teen klassifikasie van persone in die register. Besware word aan die Direkteur gerig en deur hom vir beslissing verwys na 'n raad saamgestel ingevolge art. 11 (3). Teen H beslissings van die raad kon geappelleer word na die Hooggeregshof. Dit is dienstig om hier die tersaaklike sub-artikels van art. 11 aan te haal:
'11 (1). Iemand wat hom veronreg voel oor sy klassifikasie deur die Direkteur ingevolge art. 5 en enigiemand wat enige beswaar het teen die klassifikasie van enigiemand anders ingevolge bedoelde artikel, kan binne dertig dae na bedoelde klassifikasie aan hom bekend geword het . . . skriftelik by die Direkteur teen bedoelde klassifikasie beswaar maak.
(2) Elke sodanige beswaar word in duplikaat ingedien en gaan vergesel van 'n beëdigde verklaring in duplikaat waarin die gronde waarop die beswaar gemaak
Van Blerk AR
word, volledig uiteengesit word, en indien die beswaar betrekking het op die klassifikasie van iemand anders dan die beswaarmaker, word 'n afskrif van die beswaar en die beëdigde verklaring deur die Direkteur aan die persoon op wie se klassifikasie die beswaar betrekking het, deurgestuur.
(3) Iedere beswaar wat die Direkteur ingevolge sub-art. (2) ontvang, word deur hom vir beslissing verwys na 'n raad van minstens drie persone, met inbegrip van die voorsitter, wat vir die doel deur die A Minister saamgestel word onder voorsitterskap van 'n deur die Minister aangestelde persoon wat 'n Regter van die Hooggeregshof van Suid-Afrika of 'n magistraat is of was: Met dien verstande dat geen beswaar wat betrekking het...
To continue reading
Request your trial-
Minister of Law and Order and Another v Argus Printing and Publishing Co Ltd and Another
...(Pty) Ltd 1946 AD 120; Administrateur, Transvaal v E Carletonville Estates Ltd 1959 (3) SA 150 (A); Phillips v Direkteur van Sensus 1959 (3) SA 370 (A); Avex Air (Pty) Ltd v Borough of Vryheid 1973 (1) SA 617 (A); Oranjezicht Estates Ltd v Registrar of Deeds 1924 CPD 237; Moola v Potchefstr......
-
Gilbey Distillers & Vintners (Pty) Ltd and Others v Morris NO and Another
...for the C Environment: Ex parte Powis [1981] 1 All ER 788 (CA); Wade Administrative Law 6th ed at 328; Philips v Direkteur van Sensus 1959 (3) SA 370 (A). As to the evidence, see Aaron's Reef Ltd v Twiss [1896] AC 273 at 281; Kalwaytys v Federal Trade Commissioner reproduced in P Zelermyn I......
-
George Municipality v Vena and Another
...(Minister of Finance) 1914 AD 180 at 185; Union Government v Rosenberg (Pty) Ltd 1946 AD 120 at 129; Phillips v Direkteur vir Sensus 1959 (3) SA 370 (A) at 374; Charlestown Town Board and Another v Vilakazi 1951 (3) SA 361 (A) at 370; Attorney-General, Transvaal v Tayob 1963 (2) SA 460 (A) ......
-
Mobius Group (Pty) Ltd v Duff NO en 'n Ander
...Association v President of the Industrial Court and Others 1985 (1) SA 597 (A). In hierdie verband is Phillips v Direkteur vir Sensus 1959 (3) SA 370 (A) dan van belang. Dit het daar gegaan oor die uitleg van art 11(1) van die Bevolkingsregistrasiewet 30 van 1950 wat vereis het dat iemand w......