Onrus en Geweld : 2015 (1)
Author | Willemien Du Plessis,Nic Olivier,Juanita Pienaar |
DOI | 10.10520/EJC197697 |
Published date | 01 January 2015 |
Date | 01 January 2015 |
Pages | 222-236 |
Onrus en Geweld: 2015 (1)
1 Algemeen
Xenofobie (vreemdelinggeweld) het weer sedert 2008 op groot skaal in Suid-Afrika
uitgebreek (sien onder meer Tromp, Olifant en Sadives ‘Kill thy neighbor: Alex
attack brings home SA’s shame’ Sunday Times (2015-04-19) 1; Mahlangu
‘Violence in Gauteng continues unabated’ Sunday Times (2015-04-19) 4). Daar is
blykbaar sedert 2008 reeds 357 buitelanders in Suid-Afrika vermoor (Red
‘Xenofobie: syfers en statistieke’ Rapport Weekliks (2015-04-26) 2; Laganparsad
‘More than 350 foreigners killed – but only one murder conviction’ Sunday Times
(2015-04-19) 4). Hoewel daar verskeie redes vir vreemdelinggeweld geopper word,
is daar sprake dat Koning Zwelethini se uitsprake tydens ’n byeenkoms in Pongola
op 21 Maart 2015 moontlik die vonk was wat die kruitvat aangesteek het. Hy het
blykbaar die volgende gesê: ‘As I speak, you find [foreigners’] unpleasant goods
hanging all over our shops, they soil our streets. We cannot even recognize which
shop is which … there are foreigners everywhere … We ask foreign nationals to
pack their belongings and go back to their countries’ (Tromp and Oatway ‘What
they said …’ Sunday Times (2015-04-19) 4). Koning Zwelethini is sedertdien by die
Menseregtekommisie aangekla (George ‘Koning Goodwill by MRK verkla’ Die
Burger (2015-04-17) 4). Vreemdelinggeweld word veral in KwaZulu-Natal en
Gauteng ondervind (Sieberhagen ‘Germiston: buitelanders slaap buite
polisiekantoor uit vrees’ Die Burger (2015-04-17) 5), terwyl die Wes-Kaapse
regering verskeie planne beraam het om te keer dat dit tot daar versprei (O’Connor
‘Xenofobie sal nie in Kaap geduld word nie’ Die Burger (2015-04-17) 4). Die polisie
is op gereedheidsgrondslag geplaas en buurtwaglede en lede van gemeenskaps-
organisasies is dadelik betrek om areas te moniteer. Nadat geweld in Suid-Afrika
uitgebreek het, is Suid-Afrikaners gedwing om uit Mosambiek en Nigerië te vlug uit
vrees vir weerwraak (Tempelhoff en Viljoen ‘Suid-Afrikaners gee pad uit
Mosambiek’ Die Burger (2015-04-18) 2; Gibson ‘SA werknemers met spesiale
vliegtuig gaan haal’ Die Burger (2015-04-17) 5).
Hoewel Isis (IS – Islamitiese Staat) en El-Sjabaab wêreldwyd opslae gemaak
het en veral oo k in Af rika (Kenia in besonder – sien Red ‘Ekstremistiese vuur
brand al nader aan SA’ Die Burger (2015-04-09) 14) in godsdiensgebaseerde
geweld betrokke was, was daar tot onlangs geen direkte bande met Suid-Afrika
To continue reading
Request your trial