Onrus en geweld : 2014 (1) : joernaal

AuthorJuanita Pienaar,Willemien Du Plessis,Nic Olivier
DOI10.10520/EJC162989
Published date01 January 2014
Date01 January 2014
Pages207-218
Onrus en geweld: 2014 (1)
1 Algemeen
Die jaarlik se bekendmaking van misdaadsyfers en s tatistiek is altyd
kontroversieel. Hoewel aanvanklik bekendgemaak is dat die misdaadsyfers
belowend is omdat dit gedaal het, het dit later geblyk dat die syfers (weereens)
nie korrek verwerk en weergegee is nie (Hartley ‘Police crime data based on
outdated estimates’ Business Day (2013-10-09) 1; Reid ‘Statistically speaking –
do we trust government’s crime numbers?’ Servamus (2014-01-01) 77; Red
‘Crime challenge’ Cape Argus (2013-09-20) 14). Dit wil voorkom of die syfers
verkeerd is omdat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) versuim het om
vorige jare se misdaadkoerse (getal misdade per 100 000 mense) na aanleiding
van die jongste bevolkingstatistiek van Statistieke Suid-Afrika terugwerkend aan
te pas (Red ‘Foutiewe syfers laat hoop kwyn’ Volksblad (2013-11-08) 6). Die
vorige jaar se statistiek is op grond van die 2001-sensusopname bereken (Anon
‘Crime statistics out of date and like comparing apples wi th oranges’ Sunday
Independent (2013-09-22) 6). Die huidige boekjaar se statistiek is egter volgens
die bevolkingskattings van die 2011-sensus bereken, wat beteken dat die
verskillende jare se syfers nie met mekaar vergelyk kan word nie (Matipa ‘Polisie
onderspeel styging in misdaad’ Beeld (2013-11-07) 4). Behalwe die statistiek-
probleem, word die misdaadsyfers ook vreemd gekategoriseer (Red
‘Misdaadstatistiek polities gekleurd’ Afrikaner (2013-10-10) 3). Byvoorbeeld,
misdaadsyfers ten opsigte van moord onderskei nie tussen ‘gewone’ en
plaasmoorde nie. Hoewel die amptelike polisiestatistiek aantoon dat veediefstal
gedaal het, beweer die Veediefstalforum dat alle inligting nie op die tafel geplaas
is nie (Red ‘Polisiesyfers vertel nie volle verhaal’ Landbouweekblad (2013-10-04)
117). Alhoewel beweer word dat verkrag ting afgeneem het, to on navorsing eerder
dat dit toegeneem het, maar slegs minder gereeld aangemeld word. (Matipa ‘Al
minder meld verkragtings aan – navorser’ Beeld (2013-11-07) 4). In effek kan die
misdaadsyfers dus nie vertrou word nie – syfers toon byvoorbeeld dat misdaad
in die geheel afgeneem het, maar statisties lyk dit eerder asof moord en
gewelddadige misdaad die hoogste styging in 10 jaar getoon het. Die Instituut vir
Sekerheidstudies het voorgestel dat Statistieke Suid-Af rika eerder die
misdaadsyfer-diens moet oorneem en dat dit nie meer in die hande van die SAPD
hoort nie. Foutiewe statistiek hou ernstige negatiewe gevolge in, nie net omdat
’n vals beeld aan die land voorgehou word nie, maar ook omdat daar nie werklik

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT