Nieuwoudt v the Master and Others NNO
| Jurisdiction | South Africa |
| Judge | Corbett JA, Van Heerden JA, Kumleben JA, Nicholas AJA and Boshoff AJA |
| Judgment Date | 01 June 1988 |
| Citation | 1988 (4) SA 513 (A) |
| Hearing Date | 11 May 1988 |
| Court | Appellate Division |
Van Heerden AR:
Die appellant was die enigste aandeelhouer in Kubus Kwekery (Edms) Bpk ('die maatskappy') wat in Maart 1985 gelikwideer is. In Oktober van dieselfde jaar is die boedel van die appellant gesekwestreer. Die tweede, derde en vierde respondente (hierna kortweg die respondente genoem) is die gesamentlike likwidateurs van die J maatskappy. Gedurende November 1985 het hulle die eerste likwidasie-
Van Heerden AR
A en verdelingsrekening van die gelikwideerde maatskappy ingedien. Op 23 Desember 1985 het die appellant se prokureurs 'n skrywe aan die eerste respondent ('die Meester') gerig. Daarin is 'n beswaar teen die rekening geopper. Die vernaamste grond van die beswaar was dat vorderings van sogenaamde kwekers teen die maatskappy op 'n verkeerde grondslag aanvaar B en toegelaat is.
Op 6 Januarie 1986 het die Meester die appellant se prokureurs by wyse van 'n skrywe verwittig dat weens die sekwestrasie van die appellant se boedel hy nie die nodige locus standi gehad het om teen die rekening beswaar te maak nie. Gevolglik, aldus die skrywe, was die Meester nie C bevoeg om die brief van die appellant se prokureurs as 'n beswaar ingevolge art 407(1) van die Maatskappywet 61 van 1973 in aanmerking te neem nie.
Hierna het die appellant 'n hersieningsaansoek in die Kaapse Provinsiale Afdeling aanhangig gemaak. Die smeekbedes was primêr gerig op 'n tersydestelling van die Meester se genoemde beslissing en 'n D terugverwysing van die aangeleentheid na hom sodat hy die meriete van die appellant se beswaar kon oorweeg. Koste is teen die Meester aangevra, of teen die respondente indien hulle die aansoek sou bestry. In 'n bestrydende verklaring ten behoewe van die Meester is slegs die smeekbede gerig op 'n kostebevel teen hom bestry. Wat die ander smeekbedes betref, het die Meester hom berus by die uitspraak van die E Hof.
Die appellant het in sy funderende verklaring beweer dat die kurator van sy insolvente boedel, ene Joubert, bewus was van sy voorneme om bogenoemde beswaar te maak en mondelings daartoe toegestem het. In 'n aanvullende verklaring is verwys na 'n skrywe wat Joubert aan die F appellant gerig het. Daarin sê Joubert dat hy en sy mede-kurator oorweging gegee het aan die appellant se versoek dat hulle òf as mede-applikante òf as mede-respondente tot die aansoek gevoeg word, maar dat so 'n voeging geen doel sou dien nie en slegs kostes onnodiglik sou verhoog. Ook bekragtig Joubert daardie gedeelte van die funderende verklaring waarna hierbo verwys is.
G Die aansoek is bestry deur die respondente en, soos reeds aangedui, tot 'n beperkte mate deur die Meester. Die Hof a quo het bevind dat die appellant inderdaad nie locus standi gehad het om ingevolge art 407(1) van die Maatskappywet teen die rekening beswaar te maak nie en het gevolglik die aansoek met koste afgewys. Daarna is verlof aan die H appellant verleen om na hierdie Hof te appelleer.
Afskrifte van die oorkonde is ingedien na die datum waarop hulle ingevolge Appèlafdelingreël 5(4) geliasseer moes gewees het. Dit het gelei tot 'n aansoek om kondonasie. Die aansoek is aanvanklik deur die respondente bestry, maar by die verhoor van die appèl is ooreengekom dat die aansoek toegestaan word en dat die appellant die koste daarvan I betaal. 'n Bevel met hierdie strekking is toe gemaak.
In die betoogshoofde van die respondente is aangevoer dat die appèl as 't ware verval het omdat die appellant dit, insoverre dit op die Meester betrekking gehad het, teruggetrek het. By die verhoor van die appèl is egter, tereg na my mening, nie met hierdie betoog volhard nie.
J Artikel 407(1) van die Maatskappywet lui soos volg:
Van Heerden AR
A ''n Persoon wat 'n belang het in die maatskappy wat gelikwideer word kan te eniger tyd voor die bekragtiging van 'n rekening 'n beswaar teen sodanige rekening met vermelding van die redes vir die beswaar by die Meester indien.'
Dit volg dus dat die kernvraag in die onderhawige geval is of die appellant 'n persoon is wat 'n belang in die gelikwideerde maatskappy B het. Alvorens ek dié begrip ontleed, is dit egter nodig om te verwys na gesag waarop die Hof a quo gesteun het. In Edwards v The Master and Others 1966 (3) SA 661 (R), het 'n insolvent, wat die enigste aandeelhouer in 'n gelikwideerde maatskappy was, 'n beswaar teen 'n likwidasierekening geopper. Die subartikel van die destyds geldende Rhodesiëse Maatskappywet wat op so 'n beswaar van toepassing was, het C nie noemenswaardig van art 407(1) verskil nie. Toe die insolvent se beswaar deur die Meester afgewys is, het hy 'n aansoek aanhangig gemaak. Daarin het hy onder andere 'n bevel aangevra wat die Meester sou gelas om sy beswaar te handhaaf. Artikel 171(2)(a) van die Rhodesiëse Wet het bepaal dat indien 'n kontribuant insolvent raak
'his trustee in insolvency shall represent him for all the purposes of D the winding up, and shall be a contributory accordingly'.
Met 'n beroep op die beslissing van die Engelse Court of Appeal in Re Cape Breton Co (1881) 19 ChD 77, het Goldin R beslis (op 663 - 4) dat die effek van die bepalings van art 171(2)(a) was
'to make an insolvent a stranger to the company as from the date upon E which it is wound up',
en dat
'he is therefore deprived of any right to interfere in regard to the administration of the company's affairs in its liquidation'.
Goldin R het egter bygevoeg dat sodanige insolvent wel locus standi het
F 'to compel a defaulting trustee to perform the duties imposed upon him by this section in a proper manner'.
Spesifiek wat bogenoemde smeekbede betref, is bevind dat die insolvent nie as 'any person interested in the winding up of the company' binne die raamwerk van art 249(1) van die Rhodesiëse Wet beskou kon word nie, en derhalwe nie geregtig was om beswaar teen 'n likwidasierekening te G maak nie. Volgens Goldin R was hierdie bevinding 'n onafwendbare uitvloeisel van die bepalings van art 171(2) waarvolgens die reg wat die insolvent, as sy boedel nie gesekwestreer was nie, sou gehad het om beswaar te maak, op sy kurator oorgegaan het.
H Ek het bedenkinge oor die juistheid van Goldin R se vertolking van art 171(2), maar om redes wat sal blyk, is dit onnodig om daarby stil te staan. Om dieselfde redes hoef nie aandag gegee te word nie aan die Cape Breton -saak waarin voorskrifte van die destyds geldende Engelse Maatskappywet, met dieselfde strekking as dié van art 171(2), ter sprake was.
I Artikel 110(2) van ons vorige Maatskappywet (46 van 1926) was gelykluidend met art 171(2) van die Rhodesiëse Wet. Die huidige Maatskappywet bevat egter nie ooreenstemmende bepalings nie. Dit is waarskynlik te wyte aan die feit dat weens die afskaffing van gedeeltelik opbetaalde aandele die rede vir die opstel van 'n lys van kontribuante tot 'n groot mate verval het. Sover dit lede van 'n J maatskappy aangaan, is dit
Van Heerden AR
A tans slegs dié van 'n maatskappy beperk deur garansie wat nog ingevolge art 337 kontribuante is. Dit volg dus dat die ratio decidendi van Goldin R nie tans hier te lande oorredingskrag kan hê nie.
Die Hof a quo was bewus van die feit dat art 110(2) van Wet 46 van 1926 nie 'n eweknie in Wet 61 van 1973 het nie, maar het bevind dat in die lig van die bepalings van art 20(1)(a) en (2)(a) van die B Insolvensiewet 24 van 1936 die appellant nie locus standi gehad het om sy voornoemde beswaar te maak nie. Want, aldus die uitspraak, die appellant se boedel, insluitende sy aandele in die maatskappy en sy aanspraak op 'n batige saldo daarin, het op sy kurators oorgegaan. Netsoos in Edwards se saak bevat die uitspraak egter 'n caveat :
C ''n Insolvent is nie sonder 'n remedie nie: Hy kan die kurator onder gepaste omstandighede verplig om beswaar te maak.'
Ek kom nou by die vertolking van frases soos ''n belang' of ''n persoon wat 'n belang het'. Dit is duidelik dat hulle 'n baie wye betekenis kan hê en slegs uitgelê kan word met inagneming van die D verband waarin hulle voorkom. Vgl Gartside and Another v Inland Revenue Commissioners [1968] 1 All ER 121 (HL) op 134; Re Roehampton Swimming Pool Ltd [1968] 3 All ER 661 (Ch) op 665, en Bearmans Ltd and Another v Metropolitan Police District Receiver [1961] 1 All ER 384 (CA) op 391. In die Woordeboek van die Afrikaanse Taal word 'belang' omskryf as onder andere 'voordeel', 'gewin', 'wat iemand raak omdat sy voordeel daarmee E gemoeid is', 'iets wat aandagtige deelneming, nuuskierigheid, ens opwek'. HAT se omskrywing sluit in 'wat iemand raak'. Die Oxford English Dictionary betrek onder 'interest' onder andere
'the relation of being objectively concerned in something, by having a right or title to, a claim upon, or a share in';
F 'the relation of being concerned or affected in respect of advantage or detriment',
en
'the feeling of one who is concerned or has a personal concern in any thing'.
Die woord 'belang' het dus 'n genoegsame wye betekenis om ook 'begaandheid' in te sluit. Wanneer die woord egter in 'n statutêre G bepaling voorkom, word normaalweg daaraan die enger betekenis geheg van 'n reg met betrekking tot, of 'n geldwaardige belang in, dit waarop die woord slaan. Vgl Pretoria Bill Posting Co v Hess 1911 TPD 360 op 363, waarna met klaarblyklike goedkeuring verwys is in National Trading Co Ltd v Commissioner for Inland Revenue 1943 AD 496 op 504. In casu was dit dan ook uiteindelik gemene saak dat die begrip
H ''n persoon wat 'n belang het in die maatskappy wat gelikwideer word'
in art 407(1) nie 'n persoon met 'n etiese of morele belang insluit nie, maar aan die ander kant nie beperk is tot 'n persoon wat 'n reg met betrekking tot die maatskappy het nie. Kortweg, die begrip sluit ook in 'n persoon wat 'n geldwaardige belang in die gelikwideerde maatskappy I het; dus moontlik ook 'n borg vir die likwidateur (vgl General Accident, Fire and Life Association Ltd v Insolvent Estate Wiese 1924 CPD 410).
Wat 'n maatskappy in...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
Francis George Hill Family Trust v South African Reserve Bank and Others
...assets. The word 'interest' comprehends a very broad concept. See the remarks of Nicholas AJA in Nieuwoudt v The Master and Others NNO 1988 (4) SA 513 (A) at 528F-J. In one sense a shareholder may no doubt be said to have an B 'interest' in the property of the company. The shareholder may d......
-
Mayekiso and Another v Patel NO and Others
...and Another v Jika 2003 (1) SA 113 (SCA) ([2002]4 All SA 384; [2002] ZASCA 87): referred toNieuwoudt v The Master and Others NNO 1988 (4) SA 513 (A): referred toOccupiers, Berea v De Wet NO and Another 2017 (5) SA 346 (CC): dicta inparas [46]–[47] appliedPatel and Others v Fey NO and Others......
-
Swart v Starbuck and Others
...Wet NO and Others 1999 (2) SA 1024 (W) ([1999] 2 All SA 163): dictum at 1029D – 1030H applied Nieuwoudt J v The Master and Others NNO 1988 (4) SA 513 (A): applied 2017 (5) SA p373 Oudekraal Estates (Pty) Ltd v City of Cape Town and Others A 2004 (6) SA 222 (SCA) ([2004] 3 All SA 1; [2004] Z......
-
Fey NO and Whiteford NO v Serfontein and Another
...1986 (3) SA 568 (A) at 584A-B; Robinson v BRE Engineering CC D 1987 (3) SA 140 (C) at 141H-142A; Niewoudt v The Master and Others NNO 1988 (4) SA 513 (A) at 524G-525H; Voet Commentarius ad Pandectas 26.10.1, 26.10.2, 26.10.3; Ulrich Huber Hedendaegse Rechtsgeleertheyt (Gane's translation at......