Nhlabathi v Adjunk Prokureur-Generaal, Transvaal, en Andere
Jurisdiction | South Africa |
Citation | 1978 (3) SA 620 (W) |
Nhlabathi v Adjunk Prokureur-Generaal, Transvaal, en Andere
1978 (3) SA 620 (W)
1978 (3) SA p620
Citation | 1978 (3) SA 620 (W) |
Court | Witwatersrandse Plaaslike Afdeling |
Judge | Coetzee R |
Heard | April 12, 1978 |
Judgment | April 14, 1978 |
Flynote : Sleutelwoorde B
Strafproses — Regsbevoegdheid — "Regsbevoegdheid" in art 75 van Wet 51 van 1977 — Betekenis van — Sluit nie strafjurisdiksie in nie.
Strafproses — Verhoor — Summiere verhoor en hof van verhoor — Wet 51 van 1977 art 75 — "Regsbevoegdheid" in art 75 — Betekenis van — Beskuldigde voor landdroshof kragtens art 50 van Wet — Saak, in opdrag van Adjunk Prokureur — generaal, kragtens art 75 deur landdros vir verhoor in Hooggeregshof verwys — Moontlike straf sou buite landdros se strafjurisdiksie wees — Adjunk Prokureur — generaal het nie in sulke omstandighede die mag om kragtens art 75 die saak vir verhoor na die Hooggeregshof te verwys nie — Hy kan ook nie op art 3 van Wet steun nie — Verrigtinge in landdroshof gestaak — Geen akte van beskuldiging op beskuldigde beteken nie — Geen strafregtelike verrigtinge teen beskuldigde hangende nie — Art 76 (1) van Wet — Beskuldigde op sy vrylating geregtig.
Strafproses — Aanhouding van beskuldigde — Beskuldigde voor landdroshof kragtens art 50 van Wet 51 van 1977 — Saak verkeerdelik kragtens art 75 van Wet na Hooggeregshof vir verhoor verwys in opdrag van Adjunk Prokureur — generaal — Verdere aanhouding van beskuldigde nie deur art 39 (3) van Wet gemagtig nie — Verrigtinge in landdroshof gestaak — Green akte van beskuldiging op beskuldigde beteken nie — Derhalwe geen strafregtelike verrigtinge in Hooggeregshof teen beskuldigde hangende nie — Art 76 (1) van Wet — Beskuldigde op sy vrylating geregtig.
Strafproses — Aanhouding van beskuldigde — Uitwerking van art 39 (3) van Wet 51 van 1977 — Onnodig om lasbrief vir verdere aanhouding te verkry vir 'n persoon wat sonder lasbrief gearresteer was.
Headnote : Kopnota
Die applikant was een van drie beskuldigdes wat kragtens art 50 van die Strafproseswet 51 van 1977 op 'n aanklag van roof in 'n landdroshof verskyn het. Die saak was verskeie kere uitgestel. Op een van hierdie geleenthede het applikant aansoek gedoen om sy vrylating op borg maar die aansoek is afgewys. Uiteindelik is die saak op 13 Maart 1978 uitgestel vir verhoor in die Hooggeregshof. Die aansoek vir sodanige uitstel vir verhoor in die Hooggeregshof is deur die Staatsaanklaer gedoen in opdrag van die eerste respondent, die Adjunk Prokureur-generaal, "kragtens die bepalings van art 75 van Wet 51 van 1977". Geen akte van beskuldiging in die beoogde Hooggeregshof verrigtinge is op die applikant beteken nie. Applikant het aansoek gedoen om 'n bevel wat verklaar dat sy aanhouding deur derde respondent, die Bevelvoerende Offisier van die Johannesburg Sentrale Gevangenis, onwettig was en wat gelas dat hy onmiddellik vrygelaat word. Die gronde van applikant se aansoek was dat die optrede van die eerste respondent as dominus litis duidelik daarop neergekom dat hy nie van plan was om hoegenaamd die applikant in die landdroshof te vervolg nie, dat sy verhoor inderdaad in daardie hof gestaak is en dat die verwysing na die Hooggeregshof deur die eerste respondent kragtens art 75 'n misvatting was aangesien art 75 nie enige magte bevat van die aard wat die eerste respondent geheet het om uit te oefen nie. Eerste respondent het betoog dat die woord "regsbevoegdheid: in art 75 wyd genoeg was om strafjurisdiksie in te sluit en dat hy geregtig was om kragtens art 75 op te tree indien die hof, voor wie die beskuldigde in terme van art 50 is, waarskynlik so 'n straf sou moes oplê, as gevolg van die aard en omvang van die oortreding, dat dit buite sy strafjurisdiksie sou val. Eerste respondent het ook op art 3 van die Wet gesteun welke artikel die algemene bevoegdheid van 'n Prokureur-generaal bevat om enigiemand in naam van die Republiek in strafregtelike verrigtinge in enige hof in die gebied ten opsigte waarvan hy aangestel is, te vervolg. Steun vir die verdere aanhouding van applikant is ook op art (3) van die Wet geplaas.
Beslis, dat die woord "regsbevoegdheid" in art 75 sy gebruiklike inhoud gegee moes work: die stelling dat die begrip van regsbevoegdheid die element van strafjurisdiksie insluit was 'n totale misvatting was not nooit in ons regspraak of in ons regsdenke as sulks beskou was nie.
Beslis, verder, dat die korrekte uitleg van art 75 ten gevolg gehad het dat slegs in daardie gevalle waar die landdroshof, hetsy dit die distrikshof of die streekhof is, voor wie 'n beskuldigde ingevolge art 50 gebring is, nie regsbevoegdheid in 'n strenge sin gehad het om die saak te verhoor nie, die mag verleen word aan die Prokureur-generaal om die saak te laat oorplaas na 'n ander hof en dit nog te laat voortgaan as dieselfde saak.
Beslis, verder, dat art 3 van Wet 51 1977 hoegenaamd nie uitgelê kon word as een wat die Prokureur-generaal in die algemeen magte verleen om na sy goeddunke, bona fide natuurlik, op te tree soos hy wil ten einde persone in die een of ander hof aan te kla en met hulle verhore tot die einde daarvan aan te gaan nie: niks van die aard verskyn in die artikel nie.
Beslis, verder, dat die enigste bedoeling van art 39 (3) van die Wet bloot was om die algemene regsgevolge van inhegtenisneming, soos wat dit nog al die tyd bekend was, daar te stel, naamlik dat die gearresteerde persoon in wettige bewaring was: die enigste verdere effek wat die artikel gehad het was om die administratiewe daad om 'n lasbrief vir verdere aanhouding te verkry van 'n persoon wat sonder lasbrief gearresteer was (ingevolge die ou art 28 van Wet 56 van 1955) onnodig te maak.
Beslis, verder, dat, toe die saak in die landdroshof vir verhoor in die Hooggeregshof uitgestel was, was daardie hangende verrigtinge nie verder uitgestel in terme van art 168 van Wet 51 van 1977 nie en was die verrigtinge duidelik op daardie dag in daardie hof gestaak.
Beslis, verder, aangesien daar nog geen akte van beskuldiging (in die Hooggeregshof hof verrigtinge) op applikant beteken was nie, dat daar nog geen strafregtelike verrigtinge in die Hooggeregshof 'n aanvang geneem het soos bedoel deur art 76 (1) nie.
Beslis, verder, dat daar geen strafregtelike verrigtinge hangende was nie maar dat die applikant nog steeds in aanhouding was, bloot as gevolg van die feit dat hy aanvanklik in hegtenis geneem was.
Beslis, verder, dat daar geen magsverlening bestaan het om applikant verder aan te hou nie en dat hy geregtig was op sy vrylating. Aansoek toegestaan.
Flynote : Sleutelwoorde
Criminal procedure — Jurisdiction — "Jurisdiction" in s 75 of Act 51 of 1977 — Meaning of — Does not include penal jurisdiction.
Criminal procedure — Trial — Summary trial and court of trial — Act 51 of 1977 s 75 — "Jurisdiction" in s 75 — Meaning of — Accused before magistrate's court in terms of s 50 of Act — Case, on instruction of Deputy Attorney-General, referred in terms of s 75 by magistrate for trial in Supreme Court — Possible punishment would be beyond magistrate's penal jurisdiction — Deputy Attorney-General does not have the power in such circumstances to refer the case in terms of s 75 for trial in the Supreme Court — Nor can he rely on s 3 of Act — Proceedings in magistrate's court stopped — No indictment served on accused — No criminal proceedings pending against accused — Section 76 (1) of Act — Accused entitled to his release.
Criminal procedure — Detention of accused — Accused before magistrate's court in terms of s 50 of Act 51 of 1977 — Case wrongly referred in terms of s 75 for trial in Supreme Court on instructions of Deputy Attorney-General — Further detention of accused not authorised by s 39 (3) of Act — Proceedings in magistrate's court stopped — No indictment served on accused — Therefore no criminal proceedings pending against accused in Supreme Court — Section 76 (1) of Act — Accused entitled to his release.
1978 (3) SA p621
Criminal procedure — Detention of accused — Effect of s 39 (3) of Act 51 of 1977 — Unnecessary to obtain warrant for further detention of a person arrested without a warrant.
Headnote : Kopnota
The applicant was one of three accused who appeared in terms of s 50 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 in a magistrate's court on a charge of robbery. The case was postponed several times. On one of these occasions the applicant applied for his release on bail but the application was dismissed. Eventually the case was postponed on 13 March 1978 for trial in the Supreme Court. The application for such postponement for trial in the Supreme Court was made by the State prosecutor on instructions from the first respondent, the Deputy Attorney-General, "in terms of the provisions of s 75 of Act 51 of 1977". No indictment in the contemplated Supreme Court proceedings was served on the applicant. Applicant applied for an order declaring that his detention by third respondent, the Officer Commanding the Johannesburg Central Prison, was unlawful and directing his immediate release. The grounds of applicant's application were that the actions of first respondent as dominus litis clearly amounted to his not intending at all to prosecute the applicant in the magistrate's court, that his trial in that court had in fact been stopped and the reference by the first respondent to the Supreme Court in terms of s 75 was a misdirection as s 75 did not contain any powers of the kind which first respondent purported to exercise. First respondent contended that the word "jurisdiction" in s 75 was wide enough to include penal jurisdiction and that he was entitled to act in terms of s 75 if the court, before which the accused was in terms of s 50, would probably have to impose a sentence, by reason of the nature and extent of the offence, which was beyond the jurisdiction of the court. First respondent also relied on s 3 of the Act which section contained the general...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
Minister of Law and Order v Kader
... ... 1948 (2) SA 1034 (C); Ex parte Prokureur-generaal, Transvaal 1980 (3) SA 516 (T); Hiemstra Suid-Afrikaanse ... , Umtata, and Others 1988 (3) SA 229 (Tk); Nhlabathi v Adjunk Prokureur-generaal, Transvaal, en Andere 1978 ... ...
-
S v Mamase and Others
...Manufacturers Association of South Africa 2008 (6) SA 540 (SCA): applied Nhlabathi v Adjunk Prokureur-Generaal, Transvaal, en Andere 1978 (3) SA 620 (W): dictum at 631E applied D Phillips and Others v National Director of Public Prosecutions 2006 (1) SACR 78 (CC) (2006 (1) SA 505; 2006 (2) ......
-
Minister of Correctional Services v Tobani
...dictum at 144 - 5 applied Minister of Justice v Hofmeyr 1993 (3) SA 131 (A): applied Nhlabathi v Adjunk Prokureur-Generaal, Transvaal 1978 (3) SA 620 (W): referred Ramsay v Minister van Polisie en Andere 1981 (4) SA 802 (A): dictum at 818F - 819C applied F S v Francis 1991 (1) SACR 198 (A):......
-
Highstead Entertainment (Pty) Ltd t/a 'The Club' v Minister of Law and Order and Others
...jurisdiction of the Court. I quote with approval the words of Coetzee J in Nhlabathi v Adjunk Prokureur-generaal, Transvaal, en Andere 1978 (3) SA 620 (W) at 'Hierdie grondleggende gedagte dat "illegal deprivation of liberty is a threat to the very foundation of a society based on law and o......