Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere; Damons NO en Andere v Staatspresident en Andere; Jooste v Staatspresident en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeRabie Wn HR, Joubert AR, Viljoen AR, Hefer AR en Vivier AR
Judgment Date25 March 1988
Citation1988 (4) SA 224 (A)
Hearing Date24 November 1987
CourtAppellate Division

Rabie Wn HR:

Dit is 'n appèl teen die beslissing van die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof wat drie aansoeke, wat saam verhoor is, met koste afgewys het. Die uitspraak van die Hof a quo (per Kannemeyer R, met wie Jennett R en Jones R saamgestem het) is gerapporteer: kyk Nqumba and Others v State President and Others 1987 (1) SA 456 (OK). (Die spelling 'Nqumba' is foutief; dit moet Ngqumba wees.)

E Die aansoeke was gerig op die vrylating van persone wat in aanhouding verkeer het nadat daar teen hulle opgetree is ingevolge die bepalings van reg 3(1) en (3) van die regulasies wat die Staatspresident ingevolge die bepalings van art 3(1)(a) van die Wet op Openbare Veiligheid 3 van 1953, op 12 Junie 1986 in Prok R109 uitgevaardig het. Soos op 458 van die hofverslag gesê word, is die Hof a quo in al drie die aansoeke gevra om 'n bevel uit te reik waarvolgens:

'(1)

F The matter is dealt with as one of urgency in terms of Rule 6(12);

(2)

reg 3(1) and (3) of the emergency regulations proclaimed in Government Gazette 10280 of 12 June 1986 is declared invalid;

(3)

the arrest of each of the applicants is declared unlawful;

(4)

G the detention of each of the applicants is declared unlawful;

(5)

the third respondent is directed to secure the release of each of the applicants from custody forthwith;

(6)

alternatively to (2), (3), (4) and (5), the third respondent is directed to furnish his written reasons for the continued detention of the applicants within four days of service of any H order made herein and to hear and consider submissions made thereafter by the applicants for the termination of their detention;

(7)

the third respondent is ordered to pay the costs of this application.'

In twee van die aansoeke is die Hof ook gevra om te beveel dat beter I slaapgeriewe en voedsel aan die betrokke aangehoudenes voorsien moet word. Dié aangeleentheid is in die loop van die verhoor van die aansoeke deur die partye opgelos en die Hof moes daarna net 'n kostebevel in verband daarmee gegee het. Dit is per incuriam nie gedoen nie.

In die eerste van die drie aansoeke was daar twee applikante, nl Phila Ngqumba en Prince Mhamhe. In die tweede aansoek was daar drie J applikante. Die eerste was Adam Damons, wat die vrylating van sy

Rabie Wn HR

A minderjarige seun, Gareth Damons, aangevra het. Die ander twee applikante, Mxolisi Jackson Fuzile en Brian Osteridge, was aangehoudenes. In die derde aansoek het Colin Abraham Godfrey Jooste om sy vrylating aansoek gedoen. In elk van die drie aansoeke was die eerste drie respondente onderskeidelik die Staatspresident, die Regering van die Republiek van Suid-Afrika en die Minister van Wet en Orde. In al B drie die aansoeke is die Bevelvoerende Offisier van die polisiestasie of gevangenis waarin die betrokke gevangene(s) in aanhouding was ook as respondent gesiteer.

Nadat die Hof a quo die aansoeke afgewys het, het die appellante hom C om verlof gevra om na hierdie Hof te appelleer. Die aansoek is op nege gronde gedoen. Dieselfde drie Regters wat die aansoeke verhoor het, het in 'n skriftelike uitspraak (per Kannemeyer R) aan die appellante verlof verleen om op drie van daardie gronde te appelleer. Verlof om op die ander gronde te appelleer is geweier. By die aanvang van die appèl in hierdie Hof is daar namens die appellante betoog (soos daar ook in hulle D skriftelike betoogpunte betoog is) dat die bevel wat aan hulle verlof verleen het om na hierdie Hof te appelleer, inhou dat hulle op al die gronde, dws ook dié waarop verlof om te appelleer geweier is, kon appelleer. Die kern van die betoog was dat wanneer 'n appellant appelleer, hy teen die Hof se bevel appelleer en nie teen sy uitspraak E of die redes vir sy bevel nie, en dat wanneer 'n Hof verlof verleen om teen sy bevel te appelleer, dit inhou dat die appellant op enige grond kan steun. Die Hof se bevinding oor die gronde waarop hy verlof om te appelleer geweier het, lui die betoog, is dan van bloot akademiese belang. Die advokaat vir die respondente het in sy skriftelike betoogpunte met die appellante se mening oor hierdie aangeleentheid F saamgestem. Ons was egter nie daarvan oortuig dat die advokate se mening juis was nie en het, nadat ons hulle aangehoor het, beslis dat dit die appellante nie vrygestaan het om te appelleer op die gronde waarop die Hof a quo hulle nie wou toelaat om te appelleer nie. Ons het egter aangedui dat die appellante hierdie Hof om verlof sou kon vra om ook op G daardie gronde te appelleer. Hulle het dit toe ook gedoen.

Daar is tevore al deur hierdie Hof gesê dat verlof om te appelleer tot sekere gronde beperk kan word en dat, wanneer dit gedoen word, die appèl tot daardie gronde beperk is. In R v Jantjies 1958 (2) SA 273 (A) op 275A - B het Schreiner AR in hierdie verband gesê:

H 'When leave to appeal is granted the leave may be limited, so as to allow only particular grounds of appeal to be advanced. This was done, for instance, in R v Mgxwiti 1954 (1) SA 370 (A) - see at 374. But if leave to appeal is granted generally all issues may be canvassed (cf R v Nzimande 1957 (3) SA 772 (A) at 774).'

In S v Williams en 'n Ander 1970 (2) SA 654 (A) op 655G het die Hof na R v Jantjies (supra) verwys en opgemerk dat dit gemene saak tussen die I partye was dat 'n appèl tot spesifieke gronde beperk kan word. In S v Sikosana 1980 (4) SA 559 (A) op 563A - B het hierdie Hof (per Diemont AR), weer eens met 'n verwysing na R v Jantjies, gesê:

'... (W)hen leave is granted the leave may be limited so as to allow only particular grounds of appeal to be advanced, or leave may be J granted generally so that all the issues may be canvassed....'

Rabie Wn HR

A In die onlangse beslissing van hierdie Hof in S v Safatsa and Others 1988 (1) SA 868 (A) op 877B - D is weer eens bevestig dat verlof om te appelleer tot spesifieke gronde beperk kan word.

Die beslissings waarna ek hierbo verwys het as gesag vir die stelling dat verlof om te appelleer tot spesifieke gronde beperk kan word, was almal strafsake, maar dit is nie 'n aanduiding dat die posisie in B siviele sake anders is nie. In beginsel is daar geen rede waarom 'n Hof, wanneer hy verlof gee dat geappelleer kan word, die gronde van appèl in 'n strafsaak sou kon beperk, maar nie in 'n siviele saak nie.

Soos ek hierbo gesê het, het die appellante hierdie Hof versoek om hulle toe te laat om ook op dié gronde te appelleer waarop die Hof a quo C verlof geweier het. Nadat die advokate aangehoor is, het ons verlof gegee dat op drie verdere gronde geappelleer kan word. Die gevolg is dat aan die appellante verlof verleen is om op die ses gronde wat ek direk hierna sal uiteensit, en wat ek geriefshalwe van 1 tol 6 nommer, te appelleer. Gronde 1, 3 en 6 is dié wat die Hof a quo toegelaat het, terwyl gronde 2, 4 en 5 dié is waarop ons verlof verleen het. Die gronde D is:

1.

'The learned Judges erred in law in finding that reg 3(1) of the regulations contained in Proc R109 of 1986 promulgated in terms of s 3(1)(a) of the Public Safety Act 3 of 1953 ("the Act") ("the emergency regulations") was intra vires the State President, and more particularly in not holding that the regulation was void for E vagueness, specifically by reason of failing to clarify

(a)

...

(b)

how and by whom the period of detention, within the maximum limit of 14 days indicated in reg 3(2), was to be determined.'

2.

F 'The learned Judges erred in law and in fact in holding that the relevant members of the Police and/or the Minister had properly and adequately applied their minds to alternative courses of action, other than arrest and detention in terms of the emergency regulations, for the purpose of forming an opinion whether such arrest and detention were "necessary" for any of the prescribed G purposes.'

3.

'The learned Judges erred in law and in fact in holding that, insofar as criteria for an extension decision by the Minister in terms of reg 3(3) could be implied, the Minister must be considered to have complied with such criteria, particularly in the light of the Minister's failure, despite specific challenge, to depose to or H supply any admissible evidence showing

(a)

that he had applied his mind to any of the cases under consideration and

(b)

if so, what criteria, if any, he had taken into account.'

4.

'The learned Judges erred in law in holding that in circumstances I where the onus of proof was on the respondents and where there was a conflict of fact on the papers the allegations made by the respondents were to be accepted for the determination of such questions.'

5.

'The learned Judges erred in law in holding that the failure to J inform a detainee of the reason for his arrest and detention as soon

Rabie Wn HR

A as practicable after the physical apprehension, or alternatively at least prior to the issue of a written detention order, did not vitiate the legality of the detention, depending on the facts of each case.'

6.

'The learned Judges erred in failing, despite a specific request, to make an appropriate costs order in regard to the part of the proceedings which resulted in certain applicants obtaining the B relief they had sought concerning the supply of adequate and suitable food to them.'

Die verskillende gronde van appèl word hieronder behandel. Ek wil vooraf net sê dat ek aanvaar dat lesers van hierdie uitspraak bekend is C met die inhoud van die uitspraak van Kannemeyer R in 1987 (1) SA 456 (OK). Die feite met betrekking tot die drie aansoeke wat voor die Hof a quo gedien het, blyk grotendeels uit die geleerde Regter se uitspraak en ek sal, behalwe waar dit nodig of gerieflik is om dit te doen, nie herhaal wat reeds in sy uitspraak gesê word nie. Ek wil ook byvoeg dat, hoewel die appellante se stukke, en...

To continue reading

Request your trial
146 practice notes
  • National Director of Public Prosecutions v Zuma
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere; Damons NO en Andere v I Staatspresident en Andere; Jooste v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A): referred to North Western Dense Concrete CC and Another v Director of Public Prosecutions, Western Cape 2000 (2) SA 78 (C): referred to......
  • Hirt & Carter (Pty) Ltd v Mansfield and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...en ’n Ander v Staatspresident en Andere; Damons NO en Andere vStaatspresident en Andere; Jooste v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA224 (A): dictum at 261F–262B applied514 HIRT & CARTER (PTY) LTD v MANSFIELDAND ANOTHER2008 (3) SA 512 D&CLDABCDEFGHIJ© Juta and Company (Pty) Ltd Plascon-Ev......
  • Minister of Law and Order and Another v Swart
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1987 (1) SA 695 (A); Union Government v Union Steel Corporation (SA) Ltd 1928 AD 220; Ngqumba F en Andere v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A); Omar and Others v Minister of Law and Order and Others; Fani and Others v Minister of Law and Order and Others; State President and Othe......
  • During NO v Boesak and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...should bear the onus of proving that this action was justified in law.' Sien ook Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A) op 259C en Minister van Wet en Orde v Matslwba 1990 (1) SA 280 (A) op 284E-I en 295F-296C. Wat ek hier veral wil beklemtoon is die beginselsta......
  • Request a trial to view additional results
146 cases
  • National Director of Public Prosecutions v Zuma
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere; Damons NO en Andere v I Staatspresident en Andere; Jooste v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A): referred to North Western Dense Concrete CC and Another v Director of Public Prosecutions, Western Cape 2000 (2) SA 78 (C): referred to......
  • Hirt & Carter (Pty) Ltd v Mansfield and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...en ’n Ander v Staatspresident en Andere; Damons NO en Andere vStaatspresident en Andere; Jooste v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA224 (A): dictum at 261F–262B applied514 HIRT & CARTER (PTY) LTD v MANSFIELDAND ANOTHER2008 (3) SA 512 D&CLDABCDEFGHIJ© Juta and Company (Pty) Ltd Plascon-Ev......
  • Minister of Law and Order and Another v Swart
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1987 (1) SA 695 (A); Union Government v Union Steel Corporation (SA) Ltd 1928 AD 220; Ngqumba F en Andere v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A); Omar and Others v Minister of Law and Order and Others; Fani and Others v Minister of Law and Order and Others; State President and Othe......
  • During NO v Boesak and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...should bear the onus of proving that this action was justified in law.' Sien ook Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A) op 259C en Minister van Wet en Orde v Matslwba 1990 (1) SA 280 (A) op 284E-I en 295F-296C. Wat ek hier veral wil beklemtoon is die beginselsta......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT