Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Heerden AR, Smalberger AR, Goldstone AR, Van den Heever AR, Nicholas Wn AR
Judgment Date26 November 1993
Docket Number314/92
CourtAppellate Division
Hearing Date02 November 1993
Citation1994 (2) SA 265 (A)

Van Heerden AR:

In Mei 1983 het die appellant 'n opgawe van inkomste vir sy 1982 belastingjaar ingedien. Daarin is aanspraak gemaak op 'n aftrekking van meer as R6 miljoen. Dié aanspraak was gebaseer op die bepalings van art 15(a), saamgelees met arts 36 en 37, van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962. Die appellant het naamlik gedurende die I betrokke belastingjaar koopkontrakte met drie maatskappye aangegaan en daarvolgens myneiendomme, insluitende ontwikkelingsbates, binne die raamwerk van art 37(1) verkry. Gevolglik was die appellant geregtig op 'n belastingaftrekking gelykstaande aan die effektiewe waarde van sodanige bates. Soos art 37(4) toe gelui het, moes bedoelde waarde deur die J Staatsmyningenieur bepaal word. Ten tye van die indiening van die opgaaf

Van Heerden AR

A was so 'n bepaling nog nie gemaak nie en voornoemde bedrag van meer as R6 miljoen was die totaal van die bedrae wat in die koopkontrakte as die waardes van die ontwikkelingsbates beraam was.

In Junie 1983 het die respondent die appellant ten opsigte van sy 1982 belastingjaar aangeslaan. Dit was 'n negatiewe aanslag in die sin dat 'n B verlies bepaal is. Hierdie verlies is bereken op die grondslag dat die appellant op die genoemde aftrekking geregtig was. Die volgende nota het egter op die aanslag verskyn:

'This assessment is subject to revision, if necessary, once the Government Mining Engineer's determination of the effective value of the various C assets acquired, is received.'

Op 11 September 1984 is die appellant in voorlopige likwidasie geplaas. Hierna het die Trans Hex Groep Bpk 'n aanbod gemaak. Hierdie aanbod was bestem om ingevolge art 311 van die Maatskappywet 61 van 1973 behandel en oorweeg te word. Nadat blykbaar aan die prosessuele bepalings van die D artikel voldoen is, is die 'aanvaarde' aanbod ('die onderhawige skema') in Maart 1985 kragtens 'n bevel van die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling goedgekeur en daarna geregistreer. Ingevolge 'n bepaling van daardie skema is die voorlopige likwidasiebevel ook deur die Hof opgehef.

Die onderhawige skema het oa voorsiening gemaak vir indiening van eise van E die appellant se skuldeisers by sogenaamde ontvangers. Hoewel die respondent kennis gekry het van die bepalings van die skema, van vergaderings van skuldeisers en van die goedkeuring van die skema, het die respondent nie 'n vergadering van skuldeisers bygewoon of 'n eis by die ontvangers ingedien nie.

F In Maart 1986, dws na ontheffing van die appellant uit voorlopige likwidasie, het die Staatsmyningenieur ingevolge art 37(4) van die Inkomstebelastingwet die effektiewe waarde van bogenoemde ontwikkelingsbates op slegs sowat R3,5 miljoen bepaal. Daarna het die respondent 'n aanvullende aanslag vir die appellant se 1982 belastingjaar uitgereik. In effek is bedoelde bedrag toe gesubstitueer vir die som van G meer as R6 miljoen wat in die oorspronklike aanslag as aftrekking toegelaat is. Dit het meegebring dat die respondent ten opsigte van die betrokke jaar met R756 587,26 belas is.

In 1987 het die appellant in die Kaapse Provinsiale Afdeling 'n geding teen die respondent aanhangig gemaak. Dit was gerig op die verkryging van H 'n bevel waarvolgens verklaar sou word dat vanweë die goedkeuring van die onderhawige skema die appellant nie verplig was om die addisionele heffing te betaal nie. In die respondent se verweerskrif is 'n aantal verwere, waaroor hieronder meer, opgewerp en daarna het die partye 'n relaas van sogenaamde ooreengekome feite ingedien. Nadat onder andere bostaande I verloop van sake uiteengesit is, het die relaas soos volg voortgegaan:

'16. Daar was in die hande van die ontvangers vermeld in die goedgekeurde skema voldoende fondse om die belasting van R756 587,26 . . . ingevolge die bepalings van klousule 4.9 van die skema te betaal indien die verweerder (die respondent) 'n eis ingevolge die skema bewys het.

17. Die verweerder en die amptenare wat die bepalings van die Wet op Inkomstebelasting onder sy beheer, leiding en toesig uitvoer, J ressorteer as 'n

Van Heerden AR

A aparte afdeling onder die Departement van Finansies soos geïllustreer in die dokument hierby aangeheg gemerk "X".

18. 18.1 Gedurende die tydperk vanaf en insluitend 1983 tot die huidige is verskeie eise vir inkomstebelasting deur verweerder ingedien by die betrokke "ontvangers" ingevolge die bepalings van skikkings en/of reëlings wat kragtens die bepalings van art 311 B van die Maatskappywet goedgekeur is.

18.2

In elk van die tien voorbeelde van sulke gevalle hieronder gemeld,

(a)

was die betrokke maatskappy in voorlopige of finale likwidasie;

(b)

het die verweerder 'n eis vir inkomstebelasting as preferente skuldeiser ingedien;

(c)

C het die skikking en/of reëling onder meer bepalings bevat dat die eise van skuldeisers sedeer word of geag sedeer te word aan 'n aanbieder en dat die skuldeisers in ruil daarvoor betaling van die geheel of 'n gedeelte van hul eise van die betrokke "ontvanger" sou ontvang;

(d)

is daar in elke geval 'n bedrag deur die "ontvanger" aan die D verweerder in sy verdelingsrekening toegeken en betaal wat meer was as die bedrag wat die verweerder waarskynlik ten opsigte van sodanige eis in likwidasie van die maatskappy sou verhaal het, maar wat minder was as die sigwaarde van die eis. . . . (Dan volg die name van tien maatskappye.)

18.3

In talle ander soortgelyke gevalle het verweerder soortgelyke eise ingedien en is verweerder ten volle deur E die betrokke "ontvanger" betaal.

18.4

Al die gemelde eise is ingedien en hanteer deur amptenare in verweerder se gemelde afdeling wat gehandel het ingevolge staande instruksies deur verweerder aan hulle uitgereik ingevolge art 40 van die Skatkis- en Ouditwet 66 van 1975. 'n Afskrif van die instruksies word hierby aangeheg, gemerk "Y1", "Y2" en "Y3". F

18.5

Daar is nie gedurende die gemelde tydperk soortgelyke eise namens verweerder by "ontvangers" ingedien of hanteer deur enige ander amptenare (dit is deur amptenare van 'n ander afdeling as dié van verweerder) in die Departement van Finansies nie.'

G Dit is duidelik dat die partye dit eens was dat indien die goedkeuring van die skema buite rekening gelaat word, die respondent tereg addisionele belasting van R756 587,26 vir die appellant se 1982 belastingjaar gehef het. Die relaas het dan ook afgesluit deur te vermeld dat die appellant slegs op die effek van die goedgekeurde (en geregistreerde) skema gesteun het vir sy aanspraak dat dit nie verplig was om daardie bedrag te betaal nie.

H Die dokument waarna in para 17 van die relaas verwys is, toon slegs aan dat die respondent as't ware hoof van 'n sub-departement van die Departement van Finansies is, terwyl die instruksies vermeld in para 18.4 voorgeskryf het hoe belastingamptenare moes optree wanneer skemas ingevolge art 311 van die Maatskappywet voorgestel was.

Die vier alternatiewe verwere wat deur die respondent geopper is, is die I volgende:

(1)

Die onderhawige skema val nie binne die raamwerk van art 311 nie, en goedkeuring daarvan kan dus nie skuldeisers van die appellant, of altans dié wat nie daartoe toegestem het, bind nie. Aangesien die respondent nie die skema aanvaar het nie, is dit J nieteenstaande bekragtiging daarvan nie daaraan gebonde nie.

Van Heerden AR

(2)

A Die onderhawige skema kon in elk geval nie op die respondent van toepassing gemaak word nie, en wel omdat dit behels het dat die respondent afstand moes doen van 'n belastingsaanspraak of dit moes sedeer - iets wat die respondent nie regtens kon vermag nie.

(3)

Hoewel goedkeuring van 'n skema volgens art 311 alle skuldeisers B van 'n maatskappy bind, is die artikel nie van toepassing nie op 'n eiser wie se vordering bloot 'gebeurlik' is - soos die respondent se vordering ten opsigte van addisionele belasting vir die appellant se 1982 belastingjaar wel was.

(4)

Die bepalings van die skema was slegs van toepassing op skuldeisers wie se skuldoorsake voor goekeuring van die C onderhawige skema ontstaan het. Die respondent se tersaaklike skuldoorsaak het egter eers ontstaan by uitreiking van die addisionele aanslag, of vroegstens toe die Staatsmyningenieur in Maart 1986 die waarde van die ontwikkelingsbates bepaal het. Gevolglik was die skema nie op die respondent van toepassing nie.

D Vanweë die feite waarop ooreengekom is, en die aard van bogenoemde verwere, is dit onnodig om die bepalings van arts 36 en 37 van die Inkomstebelastingwet in besonderhede uiteen te sit. Ek kom egter later op die effek van sommige van daardie bepalings terug.

Die Verhoorhof het net die eerste twee verwere bespreek maar dit nie nodig E geag om tot 'n bevinding aangaande die eerste daarvan te kom nie. Omdat die tweede verweer gehandhaaf is, is die appellant se vordering egter met koste afgewys. Daarna het die Regter-president van die Kaapse Provinsiale Afdeling aan die appellant verlof verleen om na hierdie Hof te appelleer.

(Die uitspraak van die Verhoorhof is gerapporteer: Namex (Pty) Ltd v F Commissioner for Inland Revenue 1992 (2) SA 761 (K).)

Al vier verwere is weer voor ons beredeneer. Ek bespreek hulle agtereenvolgens.

Die eerste verweer G

Die tersaaklike bepalings van art 311 van die Maatskappywet lui soos volg:

'(1)

Wanneer 'n skikking of reëling voorgestel word tussen 'n maatskappy en sy skuldeisers of 'n klas van hulle, . . . kan die Hof op aansoek van die maatskappy of 'n skuldeiser . . . of, in H die geval van 'n maatskappy wat gelikwideer word, van die likwidateur . . . beveel dat 'n vergadering van die skuldeisers of klas van skuldeisers . . . van die maatskappy . . . (na gelang van die geval) byeengeroep word op die wyse wat die Hof gelas.

(2)

As tot die skikking of reëling toegestem word deur -

(a)

'n meerderheid in getal wat drie-kwart in waarde van die skuldeisers I of...

To continue reading

Request your trial
28 practice notes
  • Tax Administration Act : fulfilling human rights through efficient and effective tax administration
    • South Africa
    • De Jure No. 51-1, July 2018
    • 1 Julio 2018
    ...2003 4 SA 520 (SCA) para 25. For adiscussion of the distinction between taxes ‘due’ from those ‘payable’, seeNamex (Edms) Bpk v KBI 1994 2 SA 265 (A) 289; Capstone 556 (Pty) Ltd vCSARS; Kluh Investments (Pty) Ltd v CSARS 2011 6 SA 65 (WCC) para 13. 41 Welch’s Estate v CSARS 2005 4 SA 173 (S......
  • Chipkin (Natal) (Pty) Ltd v Commissioner, South African Revenue Service
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Revenue 1945CPD 289 at 296Muller en ’n Ander v Pienaar 1968 (3) SA 195 (A)Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1994 (2)SA 265 (A) at 284Pezzutto v Dreyer and Others 1992 (3) SA 379 (A) at 390, 394R v Levy 1929 AD 312 at 322R v Venter 1907 TS 910 at 915Randburg Town Counci......
  • Averting Liquidations with Business Rescue: Does a Section 155 Compromise Place the Bar too High?
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...of Arrangemen t 3520 Blackman et al C ommentar y on the Companie s Act 12–4 Nam ex (Edms) Bpk v Komm issaris van Binnelands e Inkomste 1994 2 SA 265 (A) 298; Re International H arvester Co of Austr alia Pty Ltd 1953 VLR 669-74; Australian Se curities Comm ission v Marlboroug h Gold Mines Lt......
  • Special Investigating Unit v Kim Diamonds (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Special Investigating Unit 1999 ( 1) SA 1001 (Tk): dictum at 1019A-B applied Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1994 (2) SA 265 (A): referred to H Pretoria City Council v South African Organ Builders (Pty) Ltd 1953 (3) SA 400 (T): referred to Royal British Bank v Turq......
  • Request a trial to view additional results
22 cases
  • Chipkin (Natal) (Pty) Ltd v Commissioner, South African Revenue Service
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Revenue 1945CPD 289 at 296Muller en ’n Ander v Pienaar 1968 (3) SA 195 (A)Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1994 (2)SA 265 (A) at 284Pezzutto v Dreyer and Others 1992 (3) SA 379 (A) at 390, 394R v Levy 1929 AD 312 at 322R v Venter 1907 TS 910 at 915Randburg Town Counci......
  • Special Investigating Unit v Kim Diamonds (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Special Investigating Unit 1999 ( 1) SA 1001 (Tk): dictum at 1019A-B applied Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1994 (2) SA 265 (A): referred to H Pretoria City Council v South African Organ Builders (Pty) Ltd 1953 (3) SA 400 (T): referred to Royal British Bank v Turq......
  • Jiya v Durban Roodepoort Deep Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Accident Fund v Meyerowitz 1995 (1) SA 23 (C): applied J 2000 (1) SA p183 Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse A Inkomste 1994 (2) SA 265 (A): dictum at 283G applied Namex (Pty) Ltd v Commissioner for Inland Revenue 1992 (2) SA 761 (C): dictum at 772A - 773B applied Nel v Cockroft......
  • Venter and Others v Credit Guarantee Insurance Corporation of Africa Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Mahomed v Kazi's Agencies (Pty) Ltd and Others 1949 (1) SA 1162 (N) at 1170-1 Namex (Edms) Bpk v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1994 (2) SA 265 (A) D at 294F Ocean Accident and Guarantee Corporation Ltd v Koch 1963 (4) SA 147 (A) Pillay v Krishna and Another 1946 AD 946 at 951-2 Putte......
  • Request a trial to view additional results
6 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT