Mosholi v Putco (Pty) Ltd
Jurisdiction | South Africa |
Citation | 2011 (5) SA 38 (GNP) |
Mosholi v Putco (Pty) Ltd
2011 (5) SA 38 (GNP) [*]
2011 (5) SA p38
Citation | 2011 (5) SA 38 (GNP) |
Case No | 12242/2008 |
Court | Noord Gauteng Hoë Hof, Pretoria |
Judge | Van den Heerver WnR |
Heard | May 7, 2010 |
Judgment | March 24, 2011 |
Counsel | N Diedericks vir die eiseres. |
Flynote : Sleutelwoorde B
Delik — Vermindering en verdeling van skadevergoeding — Mededaders — Wie is — Semble: Padongelukkefonds is nie mededader vir doeleindes van art 2(10) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding 34 van 1956 nie.
Headnote : Kopnota
C Semble: Die aanspreeklikheid van die Padongelukkefonds vir die vergoeding van slagoffers van padongelukke is statutêr, en nie gemeenregtelik nie, en die Fonds is dus nie 'n mededader vir die doeleindes van art 2(10) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding 34 van 1956 nie. (Op 43J, 46F – 47C en 50B.)
Flynote : Sleutelwoorde
D Delict — Reduction and apportionment of damages — Joint wrongdoers — Who are — Semble: Road Accident Fund not joint wrongdoer for purposes of s 2(10) of the Apportionment of Damages Act 34 of 1956.
Headnote : Kopnota
Semble: The liability of the Road Accident Fund for the compensation of victims of road accidents is statutory, not delictual, in nature, and the Fund is E therefore not a joint wrongdoer for purposes of s 2(10) of the Apportionment of Damages Act 34 of 1956. (At 43J, 46F – 47C and 50B.)
Cases Considered
Annotations:
Reported cases
Becker v Kellerman1971 (2) SA 172 (T): referred to F
Hepner v Roodepoort-Maraisburg Town Council1962 (4) SA 772 (A): dictum at 778H – 779A applied
KPMG Chartered Accountants (SA) v Securefin Ltd and Another2009 (4) SA 399 (SCA) ([2009] 2 All SA 523): referred to
Maphosa v Wilke en Andere1990 (3) SA 789 (T): criticised and not followed
Masstores (Pty) Ltd v Murray & Roberts Construction (Pty) Ltd and Another2008 (6) SA 654 (SCA): referred to G
Pangbourne Properties Ltd v Gill & Ramsden (Pty) Ltd1996 (1) SA 1182 (A): referred to
Prinsloo v Du Preez NO1965 (4) SA 300 (W): referred to
Road Accident Fund v Mothupi2000 (4) SA 38 (SCA): referred to
Smith v Road Accident Fund2006 (4) SA 590 (SCA): dictum in paras [9] – [10] applied H
Windrum v Neunborn1968 (4) SA 286 (T): compared.
Statutes Considered
Statutes
The Apportionment of Damages Act 34 of 1956, s 2(10): see I Juta's Statutes of South Africa 2010/11 vol 1 at 2-782.
2011 (5) SA p39
A Case Information
Eis ingevolge die Padongelukkefondswet 56 van 1996.
N Diedericks vir die eiseres.
TALL Potgieter vir die verweerder.
Cur adv vult. B
Postea (Mei 7).
Judgment
Van den Heever WnR:
Op 12 Desember 2005 om ongeveer 03h00 en op die N4 hoofweg tussen Middelburg en belfast het 'n motorbotsing plaasgevind tussen 'n Putco passasiersbus, toe bestuur deur 'n sekere mnr Steven Seloane (Seloane), en 'n bakkie, toe bestuur deur 'n sekere C mnr B Matsini. Dit is gemeensaak dat die eiseres ten tye van die botsing 'n passasier op die Putco bus was, en dat sy teen vergoeding vervoer was en dat Seloane die bus bestuur het as werknemer van en binne sy diensbestek met die verweerder.
Die eiseres het sekere liggaamlike beserings opgedoen in die botsing as D gevolg waarvan sy skade gely het ten opsigte waarvan sy die Padongelukkefonds (die Fonds) in die landdroshof aangespreek het ingevolge die Padongelukkefondswet 56 van 1996 vir betaling van die bedrag van R25 000 van haar skade op grond daarvan dat die bestuurder van die Putco bus waarin sy 'n passasier was se nalatigheid die ongeluk E veroorsaak het. Hierdie feite is deur die advokate aan my meegedeel en is gemeensaak. Dit is verder gemeensaak dat hierdie eis tussen die eiseres en die Fonds geskik is op die basis dat die Fonds die volle R25 000 wat die gemelde Fonds se beperkte aanspreeklikheid ten aansien van 'n betalende passasier in terme van die gemelde Wet is, betaal het. F
In die huidige aksie vorder die eiseres die balans van haar skade van die verweerder, synde die werkgewer van die bestuurder van die Putco bus ten tye van die ongeluk, op grond daarvan dat die verweerder middellik aanspreeklik is vir skade, nalatiglik en onregmatiglik veroorsaak deur die bestuurder, synde 'n werknemer van die verweerder wat opgetree het binne sy diensbestek. G
By die aanvang van die verrigtinge voor my het die partye my versoek om 'n bevel te maak ingevolge reël 33(4) en die kwantum van die eiseres se eis is dan ook deur my geskei van die ander geskilpunte, om afsonderlik daarvan bereg te word, en die beregting daarvan is sine die uitgestel. H
Die partye het ook aan my 'n bundel dokumente opgehandig wat in die getuienis gebruik kon word sonder formele bewys daarvan. Dit het onder andere 'n stel foto's van die omgewing van die ongelukstoneel bevat en die partye was dit eens dat die gemelde foto's, wat in die omgewing van 'n oorbrug oor die gemelde N4 hoofweg geneem was, die algemene area van die botsing aandui. 'n Sketsplan is ook opgehandig van die I ongelukstoneel wat sekere afmetings op die pad aantoon in die omgewing waar die botsing plaasgevind het, en die partye was dit ook eens dat die afmetings korrek is.
Die stel foto's, wat ook deur van die getuies in hulle getuienis geïdentifiseer is, gee 'n duidelike beeld van die pad in die omgewing waar die J
2011 (5) SA p40
Van den Heever WnR
A botsing plaasgevind het. Dit is 'n lang, reguit pad en die botsing het plaasgevind net voor 'n oorbrug wat oor die pad gaan. Die pad daar maak voorsiening vir twee bane van verkeer in elke rigting wat van mekaar geskei word met twee soliede wit lyne waarbinne 'n reeks onderbroke dwars geel strepe aangebring is. Hierdie middelste gemerkte B deel van die pad is 500 cm breed. Aan weerskante van die pad is die pad afgemerk met 'n geel streep, en vanaf die geel streep tot by die rand van die teerblad, waarna die grondgedeelte van die pad begin, is ook 500 cm breed.
Dit was gemeensaak dat, onmiddellik voor die botsing, die bakkie sowel C as die Putco bus beide in die rigting van Machadodorp beweeg het, en dat die Putco bus agter die bakkie was. Dit was verder gemeensaak dat die botsing, wat net voor die oorbrug plaasgevind het, plaasgevind het in die linkerbaan van die twee bane wat gelei het in die rigting van Machadodorp.
Die kerngeskilpunt tussen die partye was, wat die beweging van die D bakkie was kort voor die botsing plaasgevind het. Die eiseres se saak was dat die Putco bus reg van agter in die bakkie vasgery het, terwyl die gemelde bakkie teen 'n spoed van ongeveer 60 tot 80 km per uur beweeg het in die linkerbaan van die twee bane wat in die rigting van Machadodorp lei.
E Die verweerder se saak, daarenteen, was dat terwyl die Putco bus in aantog was, en kort voordat die botsing plaasgevind het, die bakkie aan die linkerkant van die geel streep wat die pad afgemerk het — en derhalwe van die pad af — beweeg het toe die Putco bus reeds baie naby daaraan was, en die botsing veroorsaak het toe dit onverwags voor die Putco bus F op die pad inbeweeg het.
Die eiseres het beweer dat die gemelde Seloane nalatig was onder andere deur:
Te versuim om 'n behoorlike uitkyk te hou;
te vinnig te ry onder die omstandighede;
G te versuim om 'n botsing te vermy toe hy dit kon gedoen het deur redelike voorsorg aan die dag te lê;
te versuim om die remme van die voertuig betyds of hoegenaamd aan te wend;
te versuim om spoed te verminder toe hy dit kon en moes gedoen H het.
Die verweerder se saak was dat die botsing veroorsaak is deur die uitsluitlike nalatigheid van die gemelde Matsini, wat onder andere nalatig was in een of meer van die volgende opsigte:
Deur te versuim om 'n behoorlike uitkyk te hou;
deur te versuim om enige alternatiewelik voldoende aandag te skenk I aan die teenwoordigheid van die gemelde Putco bus;
deur 'n gevaarlike beweging uit te voer op 'n openbare pad;
deur in te beweeg op die pad reg voor die aankomende Putco bus op 'n gevaarlike en ongeleë tydstip.
Die eiseres is die spreekwoordelike 'een persenter', en indien sy derhalwe J daarin sou slaag om nalatigheid aan die kant van die gemelde Matsini te
2011 (5) SA p41
Van den Heever WnR
bewys, sal sy slaag vir die volle omvang van haar skade aangesien 'n A vermindering van haar skade nie gemaak kan word ingevolge die Wet op Verdeling van Skadevergoeding 34 van 1956 nie.
Mnr Potgieter, wat namens die verweerder verskyn het, het my egter reeds by die aanvang van hierdie saak in kennis gestel dat medewerkende nalatigheid van Matsini wel 'n geskilpunt in hierdie saak is. Hy het B daarop gewys dat indien dit op die getuienis blyk dat Matsini se optrede nalatiglik bygedra het tot die plaasvind van die botsing, die eiseres se eis inderdaad uitgewis kan word (alternatiewelik verminder kan word) vanweë die bepalings van art 2(10) van die gemelde Wet op Verdeling van Skadevergoeding. C
Die verweerder se volledige pleit in hierdie verband lui soos volg:
Demand is admitted, liability to pay is denied.
Without derogating from the generality of the aforesaid denial, the defendant pleads that the plaintiff has failed to mitigate its loss by failing to pursue an unlimited claim against the D Road Accident Fund in terms of s 17 of the Road Accident Fund Act 56 of 1996, as amended.
Alternatively to para 13.2 and cumulatively thereto the defendant pleads that in the event of the abovementioned Honourable Court finding that Mr Seloane was negligent, which is denied, and that such negligence caused or contributed to the collision E (all of which is denied) then and in that event the amount which the defendant can be held liable for to the plaintiff is limited by virtue of the provisions of s 2(10) of the Apportionment of Damages Act 34 of 1956...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

Unlock full access with a free 7-day trial