Minister van Wet en Orde v Matshoba
| Jurisdiction | South Africa |
| Judge | Corbett HR, Botha AR, E M Grosskopf AR, Milne AR, Eksteen AR |
| Judgment Date | 29 September 1989 |
| Hearing Date | 18 May 1989 |
| Citation | 1990 (1) SA 280 (A) |
| Court | Appellate Division |
E M Grosskopf AR:
Die respondent (wat ek voortaan 'die aangehoudene' sal noem) is gedurende die vroeë oggend van 12 Junie 1986 ingevolge art 50 van die Wet op Binnelandse Veiligheid 74 van 1982, in hegtenis geneem by sy woning te Zweletemba, Worcester. Hy is eers na die Worcesterse polisiekantoor geneem en daarvandaan na die Worcesterse gevangenis. Op dieselfde dag (12 Junie 1986) het daar in werking getree 'n stel B regulasies uitgereik deur die Staatspresident kragtens art 3(1)(a) van die Wet op Openbare Veiligheid 3 van 1953. Geriefshalwe sal ek na hierdie regulasies verwys as 'die noodregulasies'. Op een of ander tyd ná die inwerkingtreding van die noodregulasies - dit blyk nie presies wanneer nie - het luit Nieuwoudt, die takbevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisie se veiligheidstak op Worcester, die aangehoudene onthef van aanhouding ingevolge art 50(1) van die Wet op Binnelandse C Veiligheid, en hom meegedeel dat hy voortaan aangehou sou word ingevolge die bepalings van reg 3(1) van die noodregulasies. Hierdie regulasie, saam met ander relevante regulasies, word later in hierdie uitspraak aangehaal. Luitenant Nieuwoudt was ook van mening dat die aangehoudene vir langer as die 14 dae wat deur reg 3(1) en (2) veroorloof word, D aangehou sou moes word, en het toe 'n skriftelike motivering vir die verdere aanhouding van die aangehoudene ingevolge reg 3(3) opgestel vir voorlegging aan die appellant, die Minister van Wet en Orde (na wie ek voortaan sal verwys as 'die Minister').
E Op 23 Junie 1986 het die Minister die aangehoudene se verdere aanhouding gelas. Die Minister se skriftelike lasgewing is gerig aan die Hoof van die Gevangenis, Worcester, en beveel dat die aangehoudene 'wat tans kragtens reg 3(1)... in die Worcester gevangenis aangehou word, verder aldaar aangehou word' vir solank die noodregulasies van krag is. Daar is geen aanduiding dat hierdie lasgewing ooit aan die aangehoudene F getoon is nie.
Die aangehoudene is in die Worcesterse gevangenis aangehou tot 28 Junie 1986, toe hy oorgeplaas is na die Victor Verster gevangenis by Paarl. Dit blyk nie uit die oorkonde wat die rede hiervoor was nie, of kragtens watter magtiging, indien enige, dit geskied het nie.
G Op 2 Oktober 1986 het die aangehoudene 'n dringende aansoek tot die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop gerig teen die Minister, die Minister van Justisie, die Kommissaris van Polisie, en die Hoof van die Victor Verster gevangenis. Geriefshalwe sal ek na hierdie persone gesamentlik verwys as 'die respondente'. Die substantiewe regshulp wat aangevra is, was bevele wat verklaar dat die inhegtenisneming en H aanhouding van die aangehoudene onregmatig en nietig was, en wat die respondente gelas om hom onmiddellik vry te laat. Die aansoek is bestry en is verhoor op 3 en 4 Junie 1987 (dit blyk nie uit die stukke waaraan die vertraging te wyte was nie). Die Hof a quo (Friedman R) het uitspraak voorbehou. Op 11 Junie 1987 is die aangehoudene vrygelaat. As I gevolg hiervan het die aangevraagde regshulp weggeval, behalwe vir 'n bevel betreffende regskoste. Op 14 Oktober 1987 het die Hof a quo uitspraak ten gunste van die aangehoudene gegee, en gelas dat die respondente gesamentlik en afsonderlik die gedingskoste betaal. Met verlof wat verleen is ná 'n petisie aan die Hoofregter kom die Minister J nou in hoër beroep teen hierdie bevel.
E M Grosskopf AR
A Voordat ek die geskilpunte in die saak bespreek, is dit wenslik om die regsagtergrond te skets. Die relevante regulasie lui soos volg:
'3(1) 'n Lid van 'n Mag kan enige persoon wie se aanhouding na die oordeel van daardie lid nodig is vir die handhawing van die openbare orde, of die veiligheid van die publiek of daardie persoon self, of ter beëindiging van die noodtoestand, sonder lasbrief arresteer of laat B arresteer, en kan so 'n persoon by wyse van 'n skriftelike bevel deur enige lid van 'n Mag onderteken, in bewaring in 'n gevangenis aanhou, of laat aanhou.
(2) Niemand word ingevolge subreg (1) vir 'n tydperk van langer as 14 dae vanaf die datum van sy aanhouding aangehou nie, tensy daardie tydperk deur die Minister kragtens subreg (3) verleng word.
C (3) Die Minister kan, sonder kennisgewing aan enigiemand en sonder om enigiemand aan te hoor, by wyse van 'n skriftelike kennisgewing deur hom onderteken en gerig aan die hoof van 'n gevangenis, gelas dat 'n persoon wat ingevolge subreg (1) gearresteer is en aangehou word, verder in daardie gevangenis aangehou word vir die tydperk in die kennisgewing vermeld, of vir solank hierdie regulasies van krag is.
(4) 'n Persoon wat uit hoofde van 'n bevel bedoel in subreg (1), of D 'n kennisgewing bedoel in subreg (3), in 'n gevangenis aangehou word, kan, indien die Minister of iemand deur hom gemagtig skriftelik aldus gelas, uit daardie gevangenis in hegtenis verwyder word vir aanhouding in enige ander gevangenis, of vir enige ander doeleindes in sodanige lasgewing vermeld.'
Die volgende aspek wat ek wil noem, is dié van bewyslas. In Minister E of Law and Order and Others v Hurley and Another 1986 (3) SA 568 (A) het hierdie Hof bevind dat die bewyslas om die geldigheid van 'n inhegtenisneming ingevolge art 29(1) van die Wet op Binnelandse Veiligheid te bewys, op die owerheid rus wat vir die inhegtenisneming verantwoordelik was. Die rede hiervoor word as volg gestel op 589E:
F 'An arrest constitutes an interference with the liberty of the individual concerned, and it therefore seems to be fair and just to require that the person who arrested or caused the arrest of another person should bear the onus of proving that his action was justified in law.'
Sien ook Kabinet van die Tussentydse Regering vir Suidwes-Afrika en 'n Ander v Katofa 1987 (1) SA 695 (A) op 730E en 739H - 740B.
G Meer spesifiek met betrekking tot 'n inhegtenisneming ingevolge art 3(1) van die noodregulasies, het Hefer AR die volgende gesê in die meerderheidsuitspraak in Minister of Law and Order and Another v Dempsey 1988 (3) SA 19 (A) op 38B:
'I accept, of course, that the onus to justify an arrest is on the H party who alleges that it was lawfully made and, since an arrest can only be justified on the basis of statutory authority, that the onus can only be discharged by showing that it was made within the ambit of the relevant statute.'
Hoewel hierdie passasies slegs verwys na 'n inhegtenisneming - dit was al wat daar in geskil was - geld dieselfde beginsel klaarblyklik ook vir die aanhouding van 'n persoon.
I Dit bring my dan by die geskilpunte in die saak. Die kern van Friedman R se uitspraak lui soos volg:
'Respondents rely on an initial arrest and detention under reg 3(1) and a subsequent further detention by the Minister in terms of reg 3(3). Applicant was at all relevant times since 28 June 1986 held at the Victor Verster prison. The only way in which he could be lawfully J detained there would be in terms of a notice
E M Grosskopf AR
A issued in terms of reg 3(4). By virtue of what authority he found himself detained at the Victor Verster prison is not known.... In view of the lacuna in respondents' evidence as to how applicant came to be transferred from Worcester prison to Victor Verster prison where he was being detained when the application was launched, respondents have not discharged the onus of establishing that applicant was being lawfully B detained at the latter prison.'
Teen hierdie bevinding het mnr Burger, wat namens die Minister verskyn het, 'n tweeledige aanval gerig. Eerstens het hy betoog dat die lacuna, waarna die geleerde Regter verwys, nie bestaan ten opsigte van enige geskilpunt wat in die mosie-stukke omskryf was nie. Vanweë die inhoud van die kennisgewing van mosie en funderende verklaring was die C Minister, so is betoog, nie geroepe om met hierdie aspek volledig te handel nie, en was die aangehoudene nie geregtig om die lacuna uit te buit in argument nie.
Tweedens is daar betoog dat terwyl daar 'n geldige lasgewing tot verdere aanhouding ingevolge reg 3(3) bestaan, 'n persoon op wie die lasgewing van toepassing is nie geregtig kan wees op sy vrylating bloot omdat hy inderdaad nie aangehou word in die gevangenis genoem in die D lasgewing nie. 'n Gepaste regshulp in so 'n geval, so is betoog, behoort bloot 'n bevel tot oorplasing na die korrekte gevangenis te wees, of 'n verklarende bevel betreffende die korrekte plek van aanhouding.
Ek behandel eers die eerste argument, dws die argument met betrekking tot die omvang van die geskilpunte in die mosie-stukke. Hierdie Hof het E al dikwels beslis dat 'n regspunt wat nie pertinent in 'n appellant se aansoek geopper word nie maar wel uit die bewese feite ontstaan, deur die Hof oorweeg mag word en die basis van sy uitspraak mag vorm. Sien Van Rensburg v Van Rensburg en Andere 1963 (1) SA 505 (A) op 509H - 510B; Sentrale Kunsmis Korporasie (Edms) Bpk v NKP Kunsmisverspreiders (Edms) F Bpk 1970 (3) SA 367 (A) op 404D - G; Minister of Justice v Nationwide Truck Hire (Pty) Ltd 1981 (4) SA 826 (A) op 833G in fin ; en Cabinet for the Territory of South West Africa v Chikane and Another 1989 (1) SA 349 (A) op 360F - G. Hierdie beginsel word egter gekwalifiseer deur die voorbehoud dat die Hof alleen so kan optree as daar geen onbillikheid teenoor die respondent geskied nie. In die sake word hierdie element G gewoonlik uitgedruk deur te vereis dat alle relevante feite voor die Hof moet wees (vgl, bv die Sentrale Kunsmis-saak supra op 404F - G; die Nationwide Truck Hire-saak supra op 833H - 834A en Chikane se saak supra op 360G - H). Hierdeur word die mees voor die hand liggende bron van moontlike onbillike benadeling van die respondent uitgeskakel. In die onderhawige geval gaan dit egter om 'n leemte in die getuienis. Die H vraag of die Minister onbillik benadeel is deurdat die Hof sy uitspraak op hierdie leemte gegrondves het, hang dus nie daarvan af of alle relevante feite voor die Hof was nie...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
Prinsloo v Nasionale Vervolgingsgesag en Andere
...Minister of Safety and Security v Van Niekerk 2008 (1) SACR 56 (CC)(2007 (10) BCLR 1102): appliedMinister van Wet en Orde v Matshoba 1990 (1) SA 280 (A): appliedMinister van Wet en Orde en Andere v Dipper 1993 (2) SACR 221 (A)(1993 (3) SA 591): appliedNel v Le Roux NO and Others 1996 (1) SA......
-
During NO v Boesak and Another
...in law.' Sien ook Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A) op 259C en Minister van Wet en Orde v Matslwba 1990 (1) SA 280 (A) op 284E-I en 295F-296C. Wat ek hier veral wil beklemtoon is die beginselstandpunt dat, as 'n G saak van beleid, dit reg en billik is dat '......
-
National Director of Public Prosecutions v Phillips and Others
...- 606G applied Mariam v Minster of the Interior and Another 1959 (1) SA 213 (T): referred to G Minister van Wet en Orde v Matshoba 1990 (1) SA 280 (A): National Coalition for Gay and Lesbian Equality and Another v Minister of Justice and Others 1999 (1) SA 6 (CC) (1998 (2) SACR 556; 1998 (1......
-
Fink and Another v Bedfordview Town Council and Others
...SA 568 (A) at 587-9 especially at 589E-F; Minister of Law and Order v Dempsey 1988 (3) SA 19 (A); Minister van Wet en Orde v Matshoba 1990 (1) SA 280 (A); Krugersdorp Town Council v Fortuin 1965 (2) SA 335 (T); Ontwikkelingsraad Oos-Transvaal v Radebe and Others 1987 (1) SA 878 (T); Akbar v......

Reasonable suspicion and conduct of the police officer in arrest without warrant: Are the demands of the Bill of Rights a fifth jurisdictional fact?
...Security [2001] 2 All SA 534 ( Tk); Minister of Law and Or der v Monti 1995 (1) SA 35 (A) 39G-I; Minister van Wet en Order v Matshoba 1990 (1) SA 280 (A); Stambolie v Co mmissioner of Police 1990 (2) SA 369 (ZS). See also LTC Harms, Amle r’s Precedents of Pleadings 7ed (2009) 46.15 May v Un......