Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys

JurisdictionSouth Africa
JudgeHarms AR, Brand AR, Cloete AR, Southwood Wn AR en Mlambo Wn AR
Judgment Date22 September 2003
Citation2004 (1) SA 515 (SCA)
Docket Number373/2002
Hearing Date05 September 2003
CounselM A Albertus SC (met E A de Villiers-Jansen) namens die appellant. J C Heunis SC namens die respondent.
CourtSupreme Court of Appeal

Brand AR:

[1] Op Saterdag, 26 Desember 1998 was sersant John Stover ('Stover') verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens te Gordonsbaai. Om ongeveer elfuur die aand en terwyl hy met patrolliediens was, het hy gereageer op 'n klagte dat 'n dronk man besig was om 'n oorlas van homself te maak. Op die toneel het die C klaer homself as Du Toit voorgestel en die persoon wat die beweerde oorsaak van die ergenis was aan Stover uitgewys. Laasgenoemde, wat later geblyk het die respondent, mnr John Geldenhuys ('Geldenhuys') te wees, het in die pad naby die voertuig wat hy, volgens Du Toit, pas vantevore nog bestuur het, gelê. Du Toit se D klagte was juis dat Geldenhuys sy voertuig bestuur het terwyl hy onder die invloed van drank was en daarna met Du Toit skoor gesoek het. By nadere ondersoek het Stover vasgestel dat Geldenhuys sterk na drank ruik en dat hy bewusteloos was. Stover het egter geen uitwendige beserings aan hom opgemerk nie. E

[2] Hierop het Stover besluit om Geldenhuys op 'n aanklag van 'dronkenskap in die openbaar' te arresteer. Hy het hom met behulp van 'n omstander in die vangwa gelaai en na die Gordonsbaai polisiestasie geneem waar hy in die selle geplaas is. Dit was toe so kwart voor twaalf die aand. Om kwart oor een die volgende middag, dit is Sondag F 27 Desember 1998, het Geldenhuys se vriendin, me Van den Heever, met wie hy indertyd saamgewoon het, hom in die polisiesel aangetref. Kort vantevore het 'n ambulans wat deur die polisie ontbied is, ook daar opgedaag. Die ambulansman was mnr Lee Brett ('Brett'). Sy beskrywing van die toestand waarin Geldenhuys aangetref is, is grotendeels deur me Van den Heever beaam. Volgens Brett het Geldenhuys op die sementvloer van die sel in sy eie ontlasting, urine en G braaksel gelê. Hy was diep bewusteloos, sy broek was om sy enkels en hy was feitlik nakend. Hy het 'n blou oog gehad en 'n swelling op sy voorkop. Brett het vermoed dat Geldenhuys breinbeserings opgedoen het en hy het hom na die hospitaal gehaas. H

[3] Later dieselfde agtermiddag nog is Geldenhuys deur 'n neurochirurg, dr Wessels, geopereer. Die doel van die operasie was om die bloeding wat tussen die brein en die breinvlies ontstaan het te dreineer en sodoende die swelling van en drukking op die brein te verlig, welke toestand Geldenhuys se lewe bedreig het. Tydens die operasie het dr Wessels waargeneem dat Geldenhuys 'n kraak in sy I skedel opgedoen het en dat die breinbloeding deur laserasies of skeure (onder meer aan beide frontale lobbe) van sy brein veroorsaak is.

[4] Die operasie het Geldenhuys se lewe gered. Dit kon egter nie die breinskade wat reeds ingetree het, herstel nie. Hierdie skade is van J

Brand AR

permanente aard. Dit het Geldenhuys onder meer fisies en verstandelik ongeskik gelaat om sy vorige beroep as A motorverkoopsman - en vir alle praktiese doeleindes, enige ander beroep - sinvol te beoefen.

[5] Hieruit voortspruitend het Geldenhuys 'n aksie teen die appellante, synde die Minister van Veiligheid en Sekuriteit en die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, na wie ek kollektief as 'die polisie' sal verwys, in die Kaapse Provinsiale B Afdeling ingestel vir die skade wat hy as gevolg van sy breinbeserings gely het. Aan die einde van die verhoor het die Hof a quo (Davis R) vir Geldenhuys gedeeltelik gelyk gegee. Teen hierdie beslissing is daar 'n appèl deur die polisie, sowel as 'n teenappèl deur Geldenhuys, aangeteken. Die uitspraak van Davis R is intussen gerapporteer: Geldenhuys v Minister of Safety and C Security and Another 2002 (4) SA 719 (C).

[6] Geldenhuys het geen herinnering oor hoe hy beseer is nie. Weens die gevolge van sy breinbeserings was hy in elk geval nie in staat om te getuig nie. Daar was ook geen direkte getuienis oor die wyse waarop hy sy beserings opgedoen het nie. Al wat sy vriendin, me D Van den Heever, kon sê was dat hy rondom halftien die aand van Saterdag, 26 Desember 1998 hul woonplek op sy eie verlaat het om 'n plek, bekend as die Sports Café, waar onder meer drank bedien is, te besoek en dat sy hom eers weer die Sondagmiddag in sy bewustelose toestand in die polisieselle aangetref het. Nietemin is namens Geldenhuys aangevoer dat die omringende getuienis een van twee E alternatiewe gronde vir sy eis teen die polisie bewys. Eerstens op die basis dat sy beserings die gevolg was van 'n aanranding op hom deur een of meer polisiebeamptes terwyl hy in aanhouding was of op grond van 'n nalatige versuim van die polisiebeamptes deurdat hulle nie op 'n vroeër stadium mediese hulp vir hom ingeroep het nie. F

[7] Drie van die polisiebeamptes wat by die Gordonsbaai polisiestasie aan diens was gedurende die tydperk van Geldenhuys se aanhouding is namens die polisie as getuies geroep. Inspekteur Hester de Bruyn 'De Bruyn') was saam met Stover by die polisiestasie aan diens toe Geldenhuys die nag in die selle opgeneem is. Sersant Nicolaas G Cronje ('Cronje') het om halfsewe die volgende oggend by hulle oorgeneem en was aan diens toe Geldenhuys die middag met die ambulans na die hospitaal vertrek het. Al drie het ontken dat hulle vir Geldenhuys aangerand het of dat hy in hulle teenwoordigheid aangerand is. Hierdie getuienis, wat in hoof aangebied is, is nie in geskil H geplaas nie. (Vergelyk President of the Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football Union and Others 2000 (1) SA 1 (CC) paras [58] - [63].) Terselfdertyd was dit hulle getuienis dat Geldenhuys alleen in 'n sel aangehou is; dat die sleutel van die seldeur deurentyd in een van hulle se besit was en dat niemand behalwe hulle drie oor die hele tydperk van Geldenhuys se aanhouding I toegang tot hom gehad het nie. Die afleiding wat die polisie die Hof vra om hieruit te maak, is dat Geldenhuys sy beserings voor arrestasie moes opgedoen het. Aangaande Geldenhuys se toestand tydens sy aanhouding het Stover getuig dat toe hy van die toneel van arrestasie by die polisiestasie aangekom het, Geldenhuys nie alleen kon stap nie. Gevolglik J

Brand AR

het hy die hulp van twee ander polisiebeamptes, Laver en Kruger, ingeroep om hom in die sel te plaas. Stover het nie self gehoor A dat Geldenhuys enigiets sê nie. Die ander twee polisiebeamptes - wat nie getuig het nie - het Stover egter meegedeel dat hy op onduidelike wyse gemompel het dat sy van 'Geldenhuys' of 'Gildenhuys' was. Hulle kon geen verdere besonderhede uit hom kry nie. Daarom is hy, volgens die polisiestasie se voorvalleboek, in die selle opgeneem as 'Koos' Geldenhuys terwyl sy voornaam eintlik 'John' is. B

[8] Terwyl De Bruyn saam met Stover aan diens was, was sy in bevel van die aanklagkantoor. Aangesien Geldenhuys direk na die sel geneem is, het De Bruyn hom nie op daardie stadium gesien nie. Stover het egter aan haar gerapporteer dat Geldenhuys weens dronkenskap gearresteer is, asook dat hy 'vry van beserings' is. Sy het gevolglik C 'n inskrywing te dien effekte in die stasie se voorvalleboek gemaak. Die inligting dat Geldenhuys dronk was, het gestrook met 'n verdere mededeling wat sy van Du Toit ontvang het wat min of meer dieselfde tyd 'n klagte by haar in die aanklagkantoor kom lê het. Du Toit het haar ook vertel dat Geldenhuys met hom skoor sou gesoek het en dat die twee D van hulle in 'n bakleiery betrokke was waartydens Geldenhuys omgestamp is en geval het.

[9] As deel van haar pligte het De Bruyn daarna uurliks, op die uur, besoek afgelê by die twee selle waarin aangehoudenes was. Geldenhuys was alleen in die een sel terwyl daar twee mans in die ander was. Tydens elkeen van haar besoeke aan Geldenhuys se sel het dit gelyk E of hy lê en slaap. Sy het egter nie by een van die twee selle ingegaan nie, maar vanuit die voorportaal, wat toegang tot die selle verleen het, deur die traliedeure van die selle na Geldenhuys en die twee aangehoudenes in die ander sel gekyk. Om veiligheidsredes wou sy as vrou nie alleen by die selle waar mans aangehou word, ingaan nie. F Ten einde die aangehoudenes nie onnodig in hul slaap te steur nie, het sy nie die ligte in die selle aangeskakel nie maar haar waarnemings gedoen in die lig wat vanuit die voorportaal by die selle ingeskyn het.

[10] In die voorvalleboek is daar, op Sondagoggend, 27 Desember, teenoor die tyd 05:30, in De Bruyn se handskrif, 'n G inskrywing gemaak waarvolgens Geldenhuys vrygelaat sou gewees het tesame met 'n nota dat hy 'vry van beserings' sou wees. Onmiddellik daarna is daar egter 'n verdere inskrywing teenoor 05:40, weer eens in De Bruyn se handskrif, wat aandui dat die vorige inskrywing teenoor 05:30 'gekanselleer' is omdat 'die prisonier steeds onder invloed' H was. De Bruyn se verduideliking vir hierdie twee inskrywings was dat sy rondom halfses vir Stover na die selle gestuur het om vir Geldenhuys vry te laat. Dit was ooreenskomstig die algemene gebruik om persone wat weens dronkenskap deur die nag aangehou is, vry te laat wanneer die nagskof van diens gaan. Sy het solank, wat sy op daardie stadium verwag het die toepaslike inskrywing sou wees, in die voorvalleboek gemaak. I Stover het egter teruggekom van die selle en haar meegedeel dat Geldenhuys nie gereed was vir vrylating nie, omdat hy steeds onder die invloed van drank was. Hierop het sy die verdere inskrywing wat die vorige inskrywing kanselleer, gemaak. J

Brand AR

[11] Stover beaam dat hy om halfses gestuur is om vir Geldenhuys vry te laat. In die sel het hy gepoog om vir Geldenhuys te laat A opstaan, maar hy was 'ontsettend onvas op sy voete'. Dit, sê Stover, het hom tot die slotsom laat kom dat Geldenhuys nog dermate onder invloed van drank was dat hy nie vrygelaat kon word nie. Hy het Geldenhuys toe weer laat lê en hom met 'n kombers toegemaak. By hierdie geleentheid het Stover ook, volgens hom, vir die eerste keer B waargeneem dat Geldenhuys 'n blou oog het. Hy het nie ooreenkomstig...

To continue reading

Request your trial
21 practice notes
  • Delict
    • South Africa
    • Juta Yearbook of South African Law No. , March 2021
    • 10 March 2021
    ...2000 (3) SA 106 (C).70 Moses v Minister of Safety and Security (note 69) 113G–H; Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) para 24; Neethling and Potgieter (note 31) 58–59.© Juta and Company (Pty) Delict 533https://doi.org/10.47348/YSAL/v1/i1a10criterion of re......
  • Hlomza v Minister of Safety and Security and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Security v Van Duivenboden F 2002 (6) SA 431 (SCA) ([2002] 3 All SA 741): applied Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) ([2003] 4 All SA 330): referred Ngubane v South African Transport Services 1991 (1) SA 756 (A): referred to OK Bazaars (1929) Ltd v Stan......
  • 2006 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...345Minister of Home Affairs v NICRO 2004 (5) BCLR 445 (CC) ................... 346Minister van Veiligheid en Securiteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515(SCA)....................................................................................................... 254Mohamed and Another v President......
  • 2021 volume 1 p 171
    • South Africa
    • Juta Tydskrif van Suid Afrikaanse Reg No. , July 2021
    • 22 July 2021
    ...of Justice and Constitut ional Development v X 2015 1 SA 25 (SCA) par 13-17, 33; Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Gelden huys 2004 1 SA 515 (SCA) 528; Minister of Safety and Security v Hamilton 2004 2 SA 216 (SCA) 228-231; Minister of Safety and Secur ity v Van Duivenboden 2002 6 SA ......
  • Request a trial to view additional results
16 cases
  • Hlomza v Minister of Safety and Security and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Security v Van Duivenboden F 2002 (6) SA 431 (SCA) ([2002] 3 All SA 741): applied Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) ([2003] 4 All SA 330): referred Ngubane v South African Transport Services 1991 (1) SA 756 (A): referred to OK Bazaars (1929) Ltd v Stan......
  • Minister of Safety and Security and Another v Rudman and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Another v Carmichele 2004 (3) SA 305 (SCA) (2004 (2) BCLR 133): referred to Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA): referred Mkwanazi v Van der Merwe and Another 1970 (1) SA 609 (A): dictum at 622B - D appl B Rahman v Arearose Ltd and Another [2001] QB ......
  • Telematrix (Pty) Ltd t/a Matrix Vehicle Tracking v Advertising Standards Authority SA
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A): dictum at 597A - B applied Minister van Veiligheid en Sekuriteit en 'n Ander v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) ([2003] 4 All SA 330): referred Minister of Safety and Security v Van Duivenboden 2002 (6) SA 431 (SCA) ([2002] 3 All SA 741): dicta in pa......
  • Basdew NO v Minister of Safety and Security
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v F 2011 (3) SA 487 (SCA) ([2011] 3 All SA 149; (2011) 32 ILJ 1856): referred to C Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) ([2003] 4 All SA 330): referred Siman & Co (Pty) Ltd v Barclays National Bank Ltd 1984 (2) SA 888 (A): referred to Suid-Afrikaanse Nasi......
  • Request a trial to view additional results
5 books & journal articles
  • Delict
    • South Africa
    • Juta Yearbook of South African Law No. , March 2021
    • 10 March 2021
    ...2000 (3) SA 106 (C).70 Moses v Minister of Safety and Security (note 69) 113G–H; Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA) para 24; Neethling and Potgieter (note 31) 58–59.© Juta and Company (Pty) Delict 533https://doi.org/10.47348/YSAL/v1/i1a10criterion of re......
  • 2006 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...345Minister of Home Affairs v NICRO 2004 (5) BCLR 445 (CC) ................... 346Minister van Veiligheid en Securiteit v Geldenhuys 2004 (1) SA 515(SCA)....................................................................................................... 254Mohamed and Another v President......
  • 2021 volume 1 p 171
    • South Africa
    • Juta Tydskrif van Suid Afrikaanse Reg No. , July 2021
    • 22 July 2021
    ...of Justice and Constitut ional Development v X 2015 1 SA 25 (SCA) par 13-17, 33; Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Gelden huys 2004 1 SA 515 (SCA) 528; Minister of Safety and Security v Hamilton 2004 2 SA 216 (SCA) 228-231; Minister of Safety and Secur ity v Van Duivenboden 2002 6 SA ......
  • Case Review: Evidence
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...discernible to anyone actually observing the witness giving evidence. (See also Minister van Veiligheid en Securiteit v Gelhenhuys 2004 (1) SA 515 (SCA); and Allie v Foodworld Stores Distribution Centre Pty Ltd 2004 (2) SA 433 (SCA).Refusal by magistrate to allow accused consultations with ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT