Meyer, NO v Bree Holdings (Pty) Ltd

JudgeMargo R
Judgment Date10 March 1972
Citation1972 (3) SA 353 (T)
CourtTransvaal Provincial Division

Margo, R.:

Hierdie aansoek is om die likwidasie van die respondent. Die applikante is die kuratrise van die insolvente boedel van ene van Breda. F Sy beweer dat die boedel geregtig is op betaling deur die respondent van 'n bedrag van R76 800; dat ondanks aanmaning kragtens art. 12 (a) van die Maatskappyewet die respondent versuim het om genoemde bedrag binne drie weke te betaal; dat die respondent dus sy skulde nie kan betaal nie in terme van art. 111 (f) van die Wet, en behoort gevolglik G onder 'n likwidasiebevel geplaas te word. Die applikante beweer dat hierdie skuld ontstaan het ten opsigte van kommissie wat die respondent onderneem het om aan van Breda te betaal as vergoeding

Margo R

vir dienste deur van Breda gelewer, deurdat hy 'n lening van ongeveer R1 500 000 deur die Yskorpensioenfonds aan die respondent, teen die registrasie van 'n eerste verband op die respondent se vaste eiendom in Johannesburg, gereël het.

A Die respondent se antwoord is dat die boedel nie geregtig is op betaling van enige bedrag nie; dat die party wat geregtig sou wees op die betaling van die kommissie 'n sekere Bredland (Edms.) Bpk. is; dat in elk geval die kommissie nie opeisbaar sal word nie tot registrasie sou geskied het van die betrokke verband, en van 'n sekere tweede B verband ten gunste van 'n ander persoon; en dat tot op datum nòg die eerste verband nòg die tweede verband geregistreer is nie.

Mnr. Botha, namens die applikante, het hom beroep op Badenhorst v Northern Construction Enterprises (Pty.) Ltd., 1956 (2) SA 346 (T) per HIEMSTRA, R., op bl. 347 - 348, en McLeod v Gesade Holdings (Pty.) Ltd., C 1958 (3) SA 672 (W), per RAMSBOTTOM, R., op bl. 678 - 679, vir die stelling dat die bewyslas op die respondent rus om te bewys dat sy aanspreeklikheid vir die skuld, en die opeisbaarheid van die skuld, bona fide en op redelike gronde betwis word.

In Badenhorst se saak het die applikant aansoek gedoen om 'n D likwidasiebevel ingevolge art. 111 (f) gelees met art. 112 (a) van die Maatskappyewet, en het die respondent die geldigheid van die beweerde skuld betwis op grond van 'n reeks teeneise en gevolglike skuldvergelyking. Op bl. 348B het HIEMSTRA, R., hom soos volg uitgelaat:

'Die respondent betwis die geldigheid van die beweerde skuld, en ek is van oordeel dat die juiste benadering is om te oorweeg of respondent die Hof op 'n balans van waarskynlikheid oortuig het, nie dat die E beweerde skuld nie opeisbaar is nie, maar dat dit bona fide en op redelike gronde betwis word.'

In hierdie passaat het die geleerde Regter die gewone reël toegepas dat in 'n mosie saak, as die applikant 'n duidelike prima facie saak bewys en as die respondent die aansoek teenstaan op grond van 'n beweerde F dispuut wat nie op die stukke oplosbaar is nie moet hy, die respondent, die Hof oortuig dat die aansoek bona fide en op redelike gronde betwis word. Kyk, bv., Room Hire Co. (Pty.) Ltd. v Jeppe Street Mansions (Pty.) Ltd., 1949 (3) SA 1155 (T), per MURRAY, WN - R.P. op...

To continue reading

Request your trial
31 practice notes
  • Kalil v Decotex (Pty) Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Construction Co (Pty) Ltd v Overvaal Crushers (Pty) Ltd 1971 (1) SA 524 (T) at 529A - D; Meyer NO v Bree Holdings (Pty) Ltd 1972 (3) SA 353 (T) at 354C - 355B; Walter McNaughtan (Pty) Ltd v Impala Caravans (Pty) Ltd 1976 (1) SA 189 (W) at E 191E - H; Prudential Shippers SA Ltd v Tempest Clo......
  • Pilot Freight (Pty) Ltd v Von Landsberg Trading (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Gauteng Local Division, Johannesburg
    • 25 July 2014
    ...Steel & Fencing (Pty) Ltd v Transvaal Cold Rolling (Pty) Ltd 1979 (1) SA 265 (W): referred to Meyer NO v Bree Holdings (Pty) Ltd 1972 (3) SA 353 (T): referred to H Porterstraat 69 Eiendomme (Pty) Ltd v PA Venter Worcester (Pty) Ltd 2000 (4) SA 598 (C): referred Robson v Wax Works (Pty) Ltd ......

  • Ter Beek v United Resources CC an Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Loch v Blackwood (John) Ltd [1924] AC 783 (PC) Re Lympne Investments Ltd [1972] 2 All ER 385 (Ch) Meyer NO v Bree Holdings (Pty) Ltd 1972 (3) SA 353 (T) J Mahomed v Malk 1930 TPD 615 1997 (3) SA p318 National Union of Textile Workers and Others v Jaguar Shoes (Pty) Ltd 1987 (1) SA 39 (N) A ......
  • Request a trial to view additional results
31 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT