Masuku v Minister van Justisie en Andere

JurisdictionSouth Africa
Citation1990 (1) SA 832 (A)

Masuku v Minister van Justisie en Andere
1990 (1) SA 832 (A)

1990 (1) SA p832


Citation

1990 (1) SA 832 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Hoexter AR, Botha AR, Van Heerden AR, F H Grosskopf AR, Nicholas Wn AR

Heard

November 17, 1989

Judgment

November 30, 1989

Flynote : Sleutelwoorde B

Strafproses — Vonnis — Doodvonnis — Opskorting van teregstelling hangende petisie aan die Staatspresident ingevolge art 327 van Strafproseswet 51 van 1977 — Alhoewel geen statutêre voorsiening daarvoor gemaak nie het Hof jurisdiksie binne raamwerk van sy C sivielregtelike jurisdiksie om interdikte te verleen om sodanige opskorting toe te staan — Appèlafdeling het jurisdiksie om appèl teen afwysing van sodanige opskorting.

Strafproses — Vonnis — Doodvonnis — Opskorting van teregstelling hangende petisie aan die Staatspresident ingevolge art 327 van D Strafproseswet 51 van 1977 — Korrekte benadering van Hof daarteenoor — Applikant nie verplig om te bewys dat hy redelike vooruitsigte op sukses het nie — Ingevolge art 327 is die besluit dié van die Staatspresident en dit is nie vir die Hof om daaroor kommentaar te lewer nie — Hof behoort aansoek slegs af te wys indien dit positief kan bevind dat E aansoek nie bona fide is nie of dat dit neerkom op 'n misbruik van regsproses — Onwenslik dat aansoeke op die laaste nippertjie gemaak word — Verduideliking moet verskaf word waar aansoek laat gemaak is — Dit is wenslik dat die applikant eers die Minister van Justisie nader vir die uitstel van die teregstelling en eers daarna aansoek by die Hof F doen — Die feit dat aansoek by die Minister gedoen is behoort in die stukke gemeld te word.

Headnote : Kopnota

Die petisionaris is in 'n Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan moord en ter dood veroordeel. Hy het aansoek gedoen om verlof om te appelleer G maar dit is geweier. Hy het daarna 'n petisie aan die Hoofregter gerig om verlof om te appelleer maar dit is ook geweier. 'n Datum is vasgestel vir sy teregstelling. Op die dag voor die teregstelling het die petisionaris aansoek by die Provinsiale Afdeling gedoen vir 'n bevel vir die uitstel van die teregstelling hangende die uitslag van 'n petisie aan die Staatspresident ingevolge art 327 van die Strafproseswet 51 van 1977 op grond daarvan dat nuwe getuienis tot sy beskikking gekom het wat sy skuldigbevinding geaffekteer het. Hy het aangevoer (en dit was gemene saak) dat sy skuldigbevinding gebaseer is op die getuienis van twee H ooggetuies. Die petisionaris het by sy aansoek beëdigde verklarings van hierdie twee getuies aangeheg tot dien effekte dat hulle valse getuienis by die verhoor afgelê het aangesien hulle daartoe gedwing is. Die Hof het die aansoek afgewys en beslis dat dit 'n futiele oefening sou wees aangesien soortgelyke bewerings oor die getuies reeds gemaak is en ondersoek is. Die petisionaris het daarna aansoek gedoen om verlof om teen hierdie beslissing te appelleer maar dit is afgewys. Die petisionaris se advokaat het daarna vertoë gerig aan die Minister van Justisie om die teregstelling uit te stel hangende 'n petisie aan die I Hoofregter om verlof om teen hierdie beslissing te appelleer. Die Minister het aan hierdie versoek voldoen. Die Regters van die Appèlafdeling wat die petisie in Kamers oorweeg het, het gelas dat argument aangehoor moes word oor die volgende vrae: (a) of die Hof a quo jurisdiksie gehad het om die aansoek vir die uitstel van 'n teregstelling aan te hoor; (b) of die Appèlafdeling jurisdiksie gehad het om 'n appèl teen die afwysing van so 'n aansoek aan te hoor; en (c) of op die meriete die aansoek om verlof om te appelleer toegestaan J behoort te word.

1990 (1) SA p833

A Beslis, ten opsigte van (a), dat alhoewel art 327 self geen voorsiening gemaak het vir die uitstel of opskorting van die tenuitvoerlegging van enige vonnis hangende die afhandeling van die prosedure wat daarin bepaal word nie, sodanige uitstel of opskorting nie uitgesluit is deur die bepalings van subart (7) daarvan nie: die vraag het dan ontstaan of so 'n bevoegdheid elders gevind kon word; dit het geblyk dat binne die raamwerk van die strafprosesreg die Hof nie beklee is met jurisdiksie om die inwerkingtreding van 'n vonnis uit te stel hangende die afhandeling B van verrigtinge ingevolge art 327 nie.

Beslis, verder, dat in die afwesigheid van enige statutêre magtiging daartoe, 'n Hof geen inherente jurisdiksie het om die inwerkingtreding van 'n vonnis uit te stel nie. Die Hof het egter jurisdiksie op sivielregtelike gebied binne die raamwerk van die bekende beginsels van toepassing op 'n Hof se regsbevoegdheid om 'n interdik uit te vaardig en al die vereistes vir so 'n interdik is in die onderhawige geval nagekom, nl (1) daar is 'n reg wat vatbaar was vir die beskerming deur 'n Hofbevel; (2) 'n inbreukmaking of bedreiging van inbreukmaking op die C reg; en (3) die afwesigheid van enige ander toereikende regsmiddel waarmee die reg beskerm kon word.

Beslis, verder, dat dit nie nodig was vir 'n applikant vir 'n interdik om te bewys dat hy redelike gronde op sukses gehad het nie: die Wetgewer het ingevolge art 327 dit aan die Staatspresident toevertrou om te besluit oor die lotgeval van 'n versoekskrif wat aan hom gerig word en dit was nie vir die Hof om te bespiegel of kommentaar te lewer oor die D moontlike of waarskynlike uitslag daarvan nie.

Oor die hantering van soortgelyke sake het die Hof die volgende kommentaar gelewer: 'n Applikant behoort ten minste inligting aan die Hof voor te lê wat prima facie daarop dui dat verdere getuienis sedertdien beskikbaar geword het wat, as dit waar is, die skuldigbevinding of die doodvonnis redelikerwys sou kon raak. So 'n aansoek behoort slegs afgewys te word as die Hof positief kan bevind dat die aansoek nie ter goeder trou gedoen is nie of dat die toestaan E daarvan op 'n misbruik van die regsproses sou neerkom. Dit is onwenslik dat aansoeke van hierdie aard op die laaste nippertjie van stapel gestuur word en 'n verduideliking behoort verskaf te word waar dit gebeur. Maar die afwesigheid van so 'n verduideliking behoort nie die aansoek te verongeluk nie. Dit is wenslik dat 'n applikant eers vertoë aan die Minister rig vir die uitstel van die teregstelling en eers daarna aansoek by die Hof doen slegs as hy by die Minister nie geholpe kan raak nie. Die Transvaalse Provinsiale Afdeling behoort oorweging te F skenk daaraan om as 'n praktyksreël te aanvaar dat 'n applikant behoort te beweer watter pogings aangewend is om sodanige uitstel op 'n uitvoerende vlak te verkry. Maar die versuim om dit te doen behoort nie die aansoek te verongeluk nie.

Beslis, ten opsigte van (b), dat aangesien die Hof a quo jurisdiksie het om so 'n aansoek te besleg op grond van die sivielregtelike beginsels met betrekking tot die verlening van interdikte, het die Appèlafdeling appèl-jurisdiksie daaroor.

G Beslis, ten opsigte van (c), dat die Hof a quo die saak op 'n verkeerde basis benader het: dit was nie die funksie van die Hof om te probeer vasstel hoe die Staatspresident sy diskresie sou uitoefen nie.

Beslis, verder, dat in die omstandighede dit nie gesê kon word dat die aansoek nie ter goeder trou gemaak is of 'n misbruik van die regsproses daargestel het nie.

Beslis, gevolglik, dat die aansoek om verlof om te appelleer moes slaag en in die appèl self moes die afwysing van die aansoek deur die Hof a quo tersyde gestel word. Beveel dat die teregstelling uitgestel word H hangende die finale uitslag van 'n versoekskrif aan die Staatspresident ingevolge art 327 van die Wet.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Sentence — Death sentence — Stay of execution pending petition to the State President in terms of s 327 of Criminal I Procedure Act 51 of 1977 — Although no statutory provision made for stay Court has jurisdiction, within framework of its civil law jurisdiction, to grant interdicts in order to grant a stay of execution — Appellate Division has jurisdiction to hear appeal against refusal of such a stay.

Criminal procedure — Sentence — Death sentence — Stay of execution pending petition to the State President in terms of s 327 of Criminal Procedure Act 51 of 1977 — Proper approach of Court to — Applicant not J obliged to show that he has

1990 (1) SA p834

A reasonable prospects of success — In terms of s 327 decision that of State President and not for Court to comment thereon — Court should only reject application if it can find positively that it was not made in good faith or would amount to abuse of process — Undesirable that applications be made at last minute — Explanation for lateness should be provided — Desirable that applicant first approach Minister of Justice for stay of execution before approaching Court — The fact that B this has been done should be mentioned in application.

Headnote : Kopnota

The petitioner was convicted of murder in a Provincial Division and was sentenced to death. He applied for leave to appeal but this was refused. He thereupon petitioned the Chief Justice for leave to appeal but this was also refused. A petition to the State President was also refused. A date was set for his execution. On the day before the execution the petitioner applied to the Provincial Division for an order postponing C the execution pending a petition to the State President in terms of s 327 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 on the grounds that new evidence had become available which affected the conviction. The petitioner claimed, and this was common cause, that his conviction was based on the evidence of two eye-witnesses. The petitioner attached to his application affidavits from these witnesses to the effect that they had perjured their evidence at the trial as they had been forced to do D so. The Court dismissed the application, holding that it would be an exercise in futility as similar allegations had been made about the witnesses before which...

To continue reading

Request your trial
13 practice notes
  • Ferreira v Levin NO and Others; Vryenhoek and Others v Powell NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Court. It was submitted that there was no distinction in principle between the position in Masuku v Minister van Justisie en Andere 1990 (1) SA 832 (A) and the present matter. In the Masuku case an interim interdict restraining the sheriff from executing the applicant was granted pending J ......
  • Oasis Group Holdings (Pty) Ltd v Bray
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 30 January 2006
    ...sale but nevertheless interim in substance: Van Niekerk v Van Rensburg 1959 (2) SA 185 (T) 187; Masuku v Minister van Justisie 1990 (1) SA 832 (A) 841 C-F dealt with an interdict against execution which, it was held, was temporary in form, but nevertheless final in effect. See also Apleni v......
  • Mtirara v Landmark Mthatha (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Transkei Division
    • 7 June 2007
    ...interdict would then have fallen away. [Compare: Van Niekerk v Van Rensburg 1959 (2) SA 185 (T) at 187; Masuku v Minister van Justisie 1990 (1) SA 832 (A) at 841 C-F; National Director of Public Prosecutions v Mohamed [2003] 2 All SA 548 (C) at par [14] I now turn to consider the points in ......
  • Transnet Ltd t/a Metrorail and Others v Rail Commuters Action Group and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Makhathini v Road Accident Fund 2002 (1) SA 511 (SCA) E Malcomess & Co v Kuhn 1911 CPD 546 Masuku v Minister van Justisie en Andere 1990 (1) SA 832 (A) at 840 - 1 Member of the Executive Council for Development Planning and Local Government, Gauteng v Democratic Party and Others 1998 (4) SA......
  • Request a trial to view additional results
13 cases
  • Ferreira v Levin NO and Others; Vryenhoek and Others v Powell NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Court. It was submitted that there was no distinction in principle between the position in Masuku v Minister van Justisie en Andere 1990 (1) SA 832 (A) and the present matter. In the Masuku case an interim interdict restraining the sheriff from executing the applicant was granted pending J ......
  • Oasis Group Holdings (Pty) Ltd v Bray
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 30 January 2006
    ...sale but nevertheless interim in substance: Van Niekerk v Van Rensburg 1959 (2) SA 185 (T) 187; Masuku v Minister van Justisie 1990 (1) SA 832 (A) 841 C-F dealt with an interdict against execution which, it was held, was temporary in form, but nevertheless final in effect. See also Apleni v......
  • Mtirara v Landmark Mthatha (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Transkei Division
    • 7 June 2007
    ...interdict would then have fallen away. [Compare: Van Niekerk v Van Rensburg 1959 (2) SA 185 (T) at 187; Masuku v Minister van Justisie 1990 (1) SA 832 (A) at 841 C-F; National Director of Public Prosecutions v Mohamed [2003] 2 All SA 548 (C) at par [14] I now turn to consider the points in ......
  • Transnet Ltd t/a Metrorail and Others v Rail Commuters Action Group and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Makhathini v Road Accident Fund 2002 (1) SA 511 (SCA) E Malcomess & Co v Kuhn 1911 CPD 546 Masuku v Minister van Justisie en Andere 1990 (1) SA 832 (A) at 840 - 1 Member of the Executive Council for Development Planning and Local Government, Gauteng v Democratic Party and Others 1998 (4) SA......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT