Masuku v Minister van Justisie en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeHoexter AR, Botha AR, Van Heerden AR, F H Grosskopf AR, Nicholas Wn AR
Judgment Date30 November 1989
Citation1990 (1) SA 832 (A)
Hearing Date17 November 1989
CourtAppellate Division

Botha AR:

Hierdie uitspraak het betrekking op 'n aansoek om verlof om te B appelleer wat na die Hof verwys is vir oorweging ingevolge art 316(8)(d) van die Strafproseswet 51 van 1977 ('die Wet').

Die applikant is op 31 Augustus 1987 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ter dood veroordeel, nadat hy deur Human Wn R en assessore skuldig bevind is aan moord sonder versagtende omstandighede. 'n Aansoek om verlof om te appelleer teen sy skuldigbevinding en vonnis is deur die C Verhoorregter van die hand gewys op 16 Oktober 1987. 'n Versoekskrif gerig aan die Hoofregter, waarin sodanige verlof aangevra is, is ook van die hand gewys, op 15 Februarie 1988. Gedurende September 1988 het die applikant 'n versoekskrif gerig aan die Staatspresident om begenadiging (vgl art 326 van die Wet). Daarna, op 'n datum wat nie blyk uit die stukke nie, het die Staatspresident besluit om nie die applikant te D begenadig nie. Gevolglik is 'n datum vir die teregstelling van die applikant bepaal, naamlik 24 Mei 1989.

Op 23 Mei 1989 het die applikant 'n dringende aansoek aan die Transvaalse Provinsiale Afdeling gerig om 'n uitstel van sy teregstelling te verkry. As eerste respondent het hy gesiteer die Minister van Justisie ('die Minister'), en as tweede respondent die E Balju van die Transvaal. In sy kennisgewing van mosie het die applikant 'n bevel aangevra, waarvan paras 2 en 3 soos volg lui:

'2.

Dat die eerste respondent gelas word om die voltrekking van die doodsvonnis op die applikant wat vir Woensdag 24 Mei 1989 bepaal is uit te stel ten einde die applikant die geleentheid te gee om ingevolge die bepalings van art 327 van die Strafproseswet 51 F van 1977, 'n versoekskrif gesteun deur beëdigde verklarings aan die Staatspresident te rig in welke verband die applikant reeds instruksies aan sy prokureur gegee het.

3.

G Dat die tweede respondent belet word om die doodsvonnis te voltrek hangende die uitslag van die versoekskrif en die prosedures wat daarop volg.'

In sy bevestigende beëdigde verklaring het die applikant onder meer die volgende bewerings gemaak:

'8.

H Ek is skuldig bevind op grond van die getuienis van twee ooggetuies. Ek is egter nou meegedeel dat die twee ooggetuies erken dat hulle valse getuienis afgelê het in die Verhoorhof en dat hulle nou die getuienis wil wysig.

9.

Ek wil nou ingevolge die bepalings van art 327 van die Strafproseswet 51 van 1977 'n versoekskrif aan die Staatspresident I rig waarin ek sal beweer dat verdere getuienis nou beskikbaar geword het wat my skuldigbevinding asook die doodsvonnis wat my opgelê is, wesenlik kan raak. Ek doen respekvol aan die hand dat ek die reg het om sodanige versoekskrif te rig en alle regsmiddele tot my beskikking uit te put alvorens die vonnis voltrek word.'

Ter ondersteuning van die bewerings dat verdere getuienis beskikbaar geword het en dat die genoemde twee ooggetuies erken het dat hulle valse getuienis afgelê het in die Verhoorhof, het die applikant twee beëdigde J verklarings by sy aansoek aangeheg, waarna ek later weer sal verwys.

Botha AR

A Die aansoek is aangehoor deur Human Wn R. Hy het dit van die hand gewys, op gronde wat later sal blyk. Verlof is toe by hom aangevra om te appelleer teen die afwysing van die aansoek. Verlof is geweier. Daarop het die advokaat wat namens die applikant opgetree het, dringende skriftelike vertoë gerig aan die Minister om die applikant se teregstelling uit te stel, ten einde die applikant in staat te stel om B ingevolge art 316(6) van die Wet 'n versoekskrif aan die Hoofregter te rig om verlof om te appelleer teen die afwysing van die aansoek. Die Minister het aan die vertoë gehoor gegee en dienooreenkomstig gelas dat die applikant se teregstelling uitgestel word.

Daarna het die applikant die versoekskrif wat tans onder oorweging is, aan die Hoofregter gerig. Die Regters van hierdie Hof wat volgens art C 316(7) aangewys is om in Kamers die versoekskrif te oorweeg, het op 16 Augustus 1989 die volgende bevel uitgereik:

'In terms of s 316(8)(d) of Act 51 of 1977 the application for leave to appeal is referred to the Appellate Division for consideration upon argument of the following questions:

(1)

Whether the Court a quo had jurisdiction to entertain the D application for a stay of execution;

(2)

if so, whether the Appellate Division has jurisdiction to entertain an appeal against the refusal of the Court a quo to stay the execution;

(3)

if so, whether, on the merits, the application for leave to E appeal should be granted.'

Die genoemde vrae is nou voor hierdie Hof beredeneer, namens die applikant en namens die Prokureur-generaal van Transvaal ('die Staat'). Die vrae word agtereenvolgens hieronder bespreek.

Alhoewel dit bekend is dat aansoeke om uitstel van teregstelling, soos F dié wat op 23 Mei 1989 in hierdie geval voor die Hof a quo gedien het, dikwels in die Transvaalse Provinsiale Afdeling aangehoor en beslis word, is daar nog nie, sover ek weet, in enige gerapporteerde beslissing ingegaan op die vraag van die Hof se jurisdiksie om dit te doen nie, in die besonder met verwysing na die bepalings van art 327 van die Wet. In die saak Makhali v Minister van Justisie en 'n Ander1957 (4) SA 322 (T) het Boshoff R 'n grondige ondersoek ingestel na die regsbevoegdheid van G die Hof om uitstel van teregstelling te verleen, maar in 'n ander verband as die huidige. In daardie geval het die applikant nog nie sy statutêre regte ten opsigte van 'n aansoek om kondonasie, verlof om te appelleer en die voorlegging van verdere getuienis, uitgeput nie. 'n Prosedure soos dié van art 327, waar 'n veroordeelde inderdaad reeds al H daardie regte uitgeput het, het destyds nie bestaan nie. Daar is nietemin heelwat gedagtes vervat in Boshoff R se beredenering wat met vrug in die huidige samehang in aanmerking geneem kan word, soos hieronder sal blyk.

Voordat art 327 in 1977 die lig gesien het, was daar geen manier waarop 'n veroordeelde persoon, wie se gewone statutêre regsmiddels in I verband met appèl, hersiening en dies meer alreeds uitgeput was of nie meer beskikbaar was nie, 'n heropening van sy saak kon bewerkstellig op grond van nuwe getuienis wat beskikbaar geword het en wat daarop gedui het dat sy skuldigbevinding op valse getuienis berus het nie. In Mokoena v Minister of Justice and Another1968 (4) SA 708 (A) is daar beslis dat J restitutio in integrum nie gevorder kon word nie, en dat die spesiale

Botha AR

A prosedure van die gemene reg waarvolgens die princeps aan so 'n veroordeelde persoon verligting kon verleen, by ons in onbruik verval het. Steyn HR, wat die uitspraak van die Hof gelewer het, het egter oor die uitwerking van die beslissing die volgende kommentaar gelewer (op 717D - G):

B 'Whatever the merits of the applicant's allegations in this matter may be, these proceedings draw attention to what may be regarded as a deficiency in our criminal procedures. There is substance in the submission on behalf of the applicant that the issues and investigations incidental to the functions of the State President in his exercise of the prerogative of mercy, differ materially from those in a court, where examination and cross-examination are the essential instruments for arriving at the truth beyond reasonable doubt. Depending on the nature C of the case, it may well be an advantage if a petition by a condemned person, based on evidence discovered after the recognised judicial procedures have been exhausted or are no longer available, could be referred by the State President, if so advised after the usual departmental enquiries into the facts, to the trial Court for the hearing of further evidence and a report thereon. That would be a D resuscitation of a similar procedure under the common law, which has fallen into disuse. The effect would be that the doors of our Courts would at no stage be closed to an innocently condemned person beyond the possibility of a reopening. It would be a procedure which could not be readily abused, and merits, I would suggest, consideration by the Legislature.'

Hierdie opmerkings is van belang, want daar kan aanvaar word dat art 327 E in die Wet ingesluit is as gevolg daarvan; dit verskaf dus die agtergrond waarteen die artikel in oënskou geneem moet word.

Artikel 327(1) bepaal soos volg:

'Indien iemand wat aan 'n misdryf in 'n hof skuldig bevind is of ten opsigte van 'n misdryf ter dood veroordeel is, ten opsigte van die skuldigbevinding of die doodvonnis al die erkende regsprosedures F betreffende appèl of hersiening uitgeput het, of indien sodanige prosedures nie meer aan hom beskikbaar is nie, en so iemand of sy regsverteenwoordiger 'n versoekskrif, gesteun deur toepaslike beëdigde verklarings, aan die Staatspresident rig wat beweer dat verdere getuienis sedertdien beskikbaar geword het wat sy skuldigbevinding of die doodvonnis wat hom opgelê is wesenlik raak, kan die Staatspresident, indien hy van oordeel is dat sodanige verdere getuienis, as dit waar is, G die skuldigbevinding of die doodvonnis redelikerwys sou kon raak, die Minister gelas om die versoekskrif en die toepaslike beëdigde verklarings na die hof te verwys waarin die skuldigbevinding geskied het of waarin die doodvonnis opgelê is.'

Subartikels (2), (3), (4), (5) en (6) bepaal die prosedure wat gevolg word as die Staatspresident 'n lasgewing ingevolge subart (1) uitgereik H het. Subartikel (7) lui dan soos volg:

'Geen appèl-, hersienings- of ander verrigtinge van watter aard ook al is ontvanklik ten opsigte van -

(a)

'n weiering deur die Staatspresident om 'n lasgewing ingevolge subart (1) uit te reik of om op te tree as gevolg van die bevinding of advies van die hof ingevolge subart (4)(a) nie; of

(b)

I enige aspek van die verrigtinge, bevinding of advies van die hof ingevolge hierdie artikel nie.'

Artikel 327 self maak geen voorsiening vir die uitstel of...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

13 practice notes
  • Ferreira v Levin NO and Others; Vryenhoek and Others v Powell NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Court. It was submitted that there was no distinction in principle between the position in Masuku v Minister van Justisie en Andere 1990 (1) SA 832 (A) and the present matter. In the Masuku case an interim interdict restraining the sheriff from executing the applicant was granted pending J ......
  • Oasis Group Holdings (Pty) Ltd v Bray
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 30 January 2006
    ...sale but nevertheless interim in substance: Van Niekerk v Van Rensburg 1959 (2) SA 185 (T) 187; Masuku v Minister van Justisie 1990 (1) SA 832 (A) 841 C-F dealt with an interdict against execution which, it was held, was temporary in form, but nevertheless final in effect. See also Apleni v......
  • Mtirara v Landmark Mthatha (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Transkei Division
    • 7 June 2007
    ...interdict would then have fallen away. [Compare: Van Niekerk v Van Rensburg 1959 (2) SA 185 (T) at 187; Masuku v Minister van Justisie 1990 (1) SA 832 (A) at 841 C-F; National Director of Public Prosecutions v Mohamed [2003] 2 All SA 548 (C) at par [14] I now turn to consider the points in ......
  • Transnet Ltd t/a Metrorail and Others v Rail Commuters Action Group and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Makhathini v Road Accident Fund 2002 (1) SA 511 (SCA) E Malcomess & Co v Kuhn 1911 CPD 546 Masuku v Minister van Justisie en Andere 1990 (1) SA 832 (A) at 840 - 1 Member of the Executive Council for Development Planning and Local Government, Gauteng v Democratic Party and Others 1998 (4) SA......
  • Get Started for Free
13 cases