Maree v Raad van Kuratore vir Nasionale Parke

JurisdictionSouth Africa
JudgePotgieter R
Judgment Date18 May 1964
Citation1964 (3) SA 727 (O)
Hearing Date19 March 1964
CourtOrange Free State Provincial Division

Potgieter, R.:

OP 17 Desember 1963 het ERASMUS, R., die volgende bevel uitgereik:

'1.

E Dat 'n bevel nisi hiermee uitgereik word wat die respondent oproep om redes, indien enige, in hierdie Hof op die 13de dag van Februarie 1964 om 10 vm aan te voer:

(a)

Waarom nie beveel sal word nie om applikante en haar huurders, hulle agente en werknemers toegang en uitgang vir vee en voertuie oor die plaas Glen Reenen na en van die plaas Zulu Hoek te gee op redelike tye wanneer die noodsaaklikheid vir sodanige toegang en uitgang ontstaan oor begaanbare paaie wat deur F respondent aangewys mag word, hangende die instelling van 'n geding vir 'n verklarende bevel wat applikante se regte op toegang en uitgang sal beslis.

(b)

Waarom hy nie die koste van hierdie aansoek sal betaal nie.

2.

Dat hierdie bevel nisi sal dien as 'n tussentydse interdik wat die respondent belet om, hangende die beslissing van hierdie aansoek, applikante, haar huurder, hulle agente en werknemers toegang en G uitgang vir vee en voertuie oor die plase Glen Reenen na en van die plaas Zulu Hoek te belet en wat hulle beveel om sodanige toegang en uitgang te verleen op redelike tye wanneer die noodsaaklikheid daarvoor ontstaan en oor begaanbare paaie wat deur respondent aangewys mag word.'

Op daardie datum is namens respondent 'n aansoek in limine gedoen dat die Minister van Lande gevoeg moes gewees het, welke aansoek van die H hand gewys is. Hierdie punt is weer op die keerdag deur mnr. Trengove geneem, maar aangesien dit res judicata is, is ek nie geregtig om die punt weer te behandel nie, en gaan ek oor tot die meriete van die saak.

Dit blyk uit die stukke dat die plaas Glen Reenen waarna in die bevel nisi verwys word in die naam van die Republiek van Suid-Afrika geregistreer is en deel vorm van 'n nasionale park wat bekend staan as die Vrystaatse Hooglande Natuur-Reservaat. Die gemelde nasionale park is geproklameer ingevolge art. 2 van Wet 42 van 1962. Dit blyk

Potgieter R

ook uit die stukke dat die plaas Zulu Hoek wat aan applikante behoort een tyd 'n deel van die plaas Glen Reenen gevorm het, maar later afverkoop is. Applikante beweer verder in haar petisie dat sy en haar vader van wie sy die plaas geërf het, sedert 1927 ononderbroke en A voortdurende gebruik van 'n pad oor Glen Reenen gehad het as enigste toegang tot Zulu Hoek wat tussen die berge lê, maar dat respondent se werknemers gedurende November 1963 met die inkamping van die gesegde nasionale park 'n jakkalsdraad omheining tussen Zulu Hoek en Glen Reenen gespan het en die hek van Zulu Hoek ook toegespan het. Die plaas Zulu Hoek word tans deur applikante verhuur en toe die huurder op 4 November B 1963 met 400 koeie by die plaas Zulu Hoek aankom het die beamptes van die park geweier om hom toegang tot Zulu Hoek te gee en die betrokke toegang is toegesluit.

Dit is gemene saak dat applikante geen toegang tot enige openbare pad het behalwe oor Glen Reenen of oor die twee alternatiewe roetes wat C respondent aanbied nie, hoewel applikante betwis dat die twee alternatiewe roetes hoegenaamd vir praktiese doeleindes begaanbaar is vir voertuie of vee. Dit blyk dus duidelik uit die stukke dat die plaas Zulu Hoek 'land locked' is en dat die eienaars noodwendig oor aangrensende grond sal moet gaan om toegang tot 'n openbare pad te kry.

D Mnr. Trengove, namens respondent, het in die eerste plek aangevoer dat die Hof nie by magte is om die aangevraagde tussentydse interdik toe te staan nie, aangesien sodanige bevel sou bots met die voorskrifte neergelê in die Wet op Nasionale Parke, Wet 42 van 1962.

Art. 20 van bedoelde Wet lees soos volg:

'(1) Behoudens die bepalings van sub-art. (2) en (3) en arts. 21 en 22, kan niemand behalwe 'n beampte of werknemer wat op gesag van die raad handel -

(a)

E sonder verlof van die raad of 'n beampte wat gemagtig is om sodanige verlof te verleen, 'n park betree of daarin woon nie;

(b)

enige wapen, ontplofbare stof, val of gif in 'n park inneem of daarin in besit daarvan wees nie;

(c)

in 'n park 'n dier jag of op 'n ander wyse opsetlik of nalatiglik dood of beseer nie of 'n eier of 'n nes van 'n voël neem, beskadig of vernietig nie;

(d)

opsetlik of nalatiglik 'n veldbrand of skade aan 'n voorwerp van geologiese, argeologiese, historiese, etnologiese of ander F wetenskaplike belang in 'n park veroorsaak nie;

(e)

'n dier in 'n park inbring of toelaat dat 'n huisdier in 'n park afdwaal of dit binnegaan nie;

(f)

'n dier (behalwe 'n dier wat wettiglik in daardie park ingebring is), hetsy...

To continue reading

Request your trial
6 practice notes
  • East London Western Districts Farmers' Association and Others v Minister of Education and Development Aid and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ngomozulu 1944 OPD 157 at 160; S v Weinberg 1979 (3) SA 89 (A) at 105; Maree v Raad van Kuratore vir J 1989 (2) SA p65 Nasionale Parke 1964 (3) SA 727 (O) at 730; Brebner v Seaton 1947 (3) SA 629 (E) at 640; Glen Anil Finance (Pty) Ltd v Joint Liquidators, Glen Development Corporation Ltd (......
  • Using a diagram as a teaching and learning tool for assessing the law of servitudes
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , January 2020
    • 31 January 2020
    ...v Goss yn (1) 1965 3 SA 702 (O) 703H and Berg v Gossyn (2) 1965 3 SA 707 (O) 708E–H and Maree v Raa d van Kuratore vir Nasion ale Parke 1964 3 SA 727 (O) 731G Muller e t al Silberberg a nd Scoeman’s The Law of Prop erty 39128 See Van der Walt The La w of Servitudes 357 –358 and Van Rensburg......
  • Beukes v Crous en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...serwituut simpliciter toegeken algeheel irrelevant. Voet, 8.3.8 (waarop gesteun word in Maree v Raad van Kuratore vir Nasionale Parke, 1964 (3) SA 727 (O) te bl. 731) sluit juis via ex necessitate uit by behandeling van serwitute wat simpliciter toegeken word, en waar keuse van 'n roete ter......
  • Van Rensburg v Coetzee
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 702 (O) te 703H, gelees met Berg v Gossyn (2) 1965 (3) SA 707 (O) te 708E - H; Maree v Raad van Kuratore vir Nasionale Parke 1964 (3) SA 727 (O) te 731G.) Hoe dit gekom het dat as gevolg van die Hofbevel in die onderhawige geval die interdikpad langs die roete hierbo verduidelik gepl......
  • Request a trial to view additional results
5 cases

  • Transvaal Consolidated Land and Exploration Co Ltd v Johannesburg City Council
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 10 August 1971
    ...the closed-off street would be taken away from the township owner without compensation. Maree v Raad van Kuratore vir Nasionale Parke, 1964 (3) SA 727 (O) at p. 730, was cited here on the presumption that a statute is not intended to take away prior existing rights unless B there are plain ......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Using a diagram as a teaching and learning tool for assessing the law of servitudes
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , January 2020
    • 31 January 2020
    ...v Goss yn (1) 1965 3 SA 702 (O) 703H and Berg v Gossyn (2) 1965 3 SA 707 (O) 708E–H and Maree v Raa d van Kuratore vir Nasion ale Parke 1964 3 SA 727 (O) 731G Muller e t al Silberberg a nd Scoeman’s The Law of Prop erty 39128 See Van der Walt The La w of Servitudes 357 –358 and Van Rensburg......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT