Macu v Du Toit en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan den Heever R
Judgment Date13 October 1981
Citation1982 (1) SA 272 (C)
CourtCape Provincial Division

Van den Heever R:

Ek noem die dramatis personae geriefshalwe op hul name.

A Op 1 September 1978 het Du Toit en Briers-Louw op Macu en sekere Dlamini geskiet. Dlamini is dood maar Macu het dit oorleef. Ten opsigte van die beserings wat hy in die voorval opgedoen het vorder Macu nou skadevergoeding van die twee boere. By ooreenkoms is gelas dat aanspreeklikheid eers beslis word, en quantum oorstaan vir latere B bedinging, of beslegting ná verdere verhoor sou die partye nie mekaar hieromtrent vind nie.

In die besonderhede van vordering beweer Macu dat hy aangerand is deur Du Toit en Briers-Louw in 'n gesamentlike optrede deurdat hulle hom geskiet het.

Verweerders ontken dat hulle Macu geskiet het en pleit dat hy uit C bewaring ontvlug het nadat hy op heterdaad betrap is dat hy van Du Toit se skape steel, en deur Du Toit regmatiglik in hegtenis geneem is; dat hulle daarop op Macu geskiet het ten einde Macu te verhinder om te vlug soos hulle in die omstandighede geregtig was om te doen; en dat hulle derhalwe geen onregmatige daad teenoor Macu gepleeg het nie.

D Mnr Avenant wat namens beide verweerders opgetree het, het aanvaar dat dit hulle plig was om te begin. Inderdaad het die bewyslas hulle beswaar

'of averring and proving an excuse or justification for (their) otherwise wrongful conduct.'

Mabaso v Felix 1981 (3) SA 865 (A).

E Artikel 42 (1) van die Strafproseswet 51 ban 1977 bepaal:

''n Private persoon kan iemand sonder lasbrief in hegtenis neem -

(a)

Wat 'n in Bylae 1 bedoelde misdryf in sy teenwoordigheid pleeg of poog te pleeg of wat hy redelikerwys verdink dat hy so 'n misdryf gepleeg het.'

Onder die misdrywe in Bylae 1 gelys is

F 'Inbraak by of betreding van 'n perseel, hetsy ingevolge die gemenereg of 'n statutêre bepaling, met die opset om 'n misdryf te pleeg.

Diefstal, hetsy ingevolge die gemenereg of 'n statutêre bepaling.

.....

Ontsnapping uit wettige bewaring, waar die betrokke persoon in sodanige G bewaring is ten opsigte van 'n in hierdie Bylae bedoelde misdryf.....'

En ten aansien van inhegtenisneming bepaal art 39:

'(1)

Inhegtenisneming word met of sonder lasbrief uitgevoer en, tensy die persoon wat in hegtenis geneem staan te word hom aan bewaring onderwerp, deur sy liggaam werklik aan te raak of, indien die omstandighede dit vereis, deur sy liggaam met geweld in bedwang te bring.

(2)

H Die persoon war 'n inhegtenisneming uitvoer moet, ten tyde van die uitvoering van die inhegtenisneming of onmiddellik nadat die inhegtenisneming uitgevoer is, die gearresteerde persoon meedeel wat die rede vir die inhegtenisneming is.....

(3)

Die uitwerking van inhegtenisneming is dat die gearresteerde persoon in wettige bewaring is en dat hy in bewaring aangehou word totdat hy wettiglik uit bewaring ontslaan of vrygelaat word.'

Aan die einde van die getuienis namens verweerders aangebied, het mnr Griessel Macu se saak ook sondermeer gesluit. Hy het toegegee dat die Blankes onder omstandighede gemagtig was om Macu in

Van den Heever R

hegtenis te neem; dat hulle gepoog het om dit te doen; dat hy gevlug het en dat hulle geweld aangewend het ten einde Macu te verhinder om te vlug. Wat hy nie toegee nie is -

(a)

A dat eiser gevlug het terwyl dit vir hom duidelik was dat 'n poging aangewend word om hom in hegtenis te neem (hy kon byvoorbeeld gedink het dat hulle hom wil aanrand, so word betoog);

(b)

dat die geweld aangewend in die omstandighede redelikerwys nodig was om hom te verhinder om te vlug.

B Waaroor dus besluit moet word, is eerstens of die gearresteerde se geestestoestand enigsins tersake is en indien wel of verweerders hulle van enige bewyslas wat hulle ten aansien daarvan beswaar, gekwyt het; en tweedens of die aangevoerde getuienis op 'n oorwig van waarskynlikhede toon dat die blankes redelik opgetree het deur te skiet.

C Wat die eerste vraag betref, is dit voor die hand liggend dat daar by arres twee partye betrokke...

To continue reading

Request your trial
7 practice notes
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1988 (3) SA 19 (A); Mabaso v E Felix 1981 (3) SA 865 (A); Ramsay v Minister of Police 1981 (4) SA 802 (A); Macu v Du Toit en 'n Ander 1982 (1) SA 272 (C); Shoba v Minister van Justisie 1982 (2) SA 554 (C); Minister van Wet en Orde v Van der Heever 1982 (4) SA 16 (C); Botha v Lues 1983 (4) S......
  • Van der Westhuizen NO v United Democratic Front
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 30 November 1988

  • Minister of Law and Order and Another v Parker
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 733 (N) at 735G - 736B, 736D - E; S v Dladlha 1975 (1) SA 762 (T) 1989 (2) SA p635 A at 764H - 765A; Macu v Du Toit en 'n Ander 1982 (1) SA 272 (C) at 274A - C, 275F - G, 275H - 276A, 277H - 278A; Minister van Wet en Orde v George 1985 (4) SA 390 (C) at 394G - H, 395B - C; Nqumba's c......
  • S v Barnard
    • South Africa
    • Invalid date
    ...R v Mathlau 1958 (1) SA 350 (A); R v Metelerkamp 1959 (4) SA 102 (OK); Mazeka v Minister of Justice 1956 (1) SA 312 (A); Macu v Du Toit 1982 (1) SA 272 (K); S v Swanepoel 1985 (1) SA 576 (A) en R v Patel 1959 (3) SA 121 (A). Verder op die feite. G D B Joubert namens die Staat het na die vol......
  • Request a trial to view additional results
7 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT