Machepa en Andere v Davel NO en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeM J Strydom R
Judgment Date10 August 1989
Citation1990 (1) SACR 543 (W)
Hearing Date14 June 1989
CounselJ F Myburgh SC (bygestaan deur J G Rautenbach) namens die applikante (beskuldigdes) Geen verskyning namens die eerste respondent (die landdros) nie J J du Toit namens die tweede respondent (die Prokureur-Generaal, Witwatersrand)
CourtWitwatersrand Local Division

Machepa en Andere v Davel NO en 'n Ander
1990 (1) SACR 543 (W)

1990 (1) SACR p543


Citation

1990 (1) SACR 543 (W)

Court

Witwatersrandse Plaaslike Afdeling

Judge

M J Strydom R

Heard

June 14, 1989

Judgment

August 10, 1989

Counsel

J F Myburgh SC (bygestaan deur J G Rautenbach) namens die applikante (beskuldigdes)
Geen verskyning namens die eerste respondent (die landdros) nie
J J du Toit namens die tweede respondent (die Prokureur-Generaal, Witwatersrand)

Flynote : Sleutelwoorde

Pleit — Pleitverrigtinge kragtens art 119 van Strafproseswet 51 van 1977 I — Of 'n beskuldigde geregtig is tot nadere besonderhede tot klagstaat alvorens hy kragtens art 119 aangesê word om op aanklag te pleit — In omstandighede waar aanklag na landdroshof vir verhoor verwys kan word en beskuldigde se pleit van onskuldig bly staan, kan hy benadeel word as hy nie op nadere besonderhede voor pleit kragtens art 119 geregtig sou wees nie — In sulke omstandighede is die beskuldigde derhalwe geregtig op nadere besonderhede tot die klagstaat — Waar aanklag slegs deur 'n Hoër J Hof beregbaar is en beskuldigde vir verhoor na Hoër Hof verwys word, bly

1990 (1) SACR p544

A sy pleit van onskuldig nie staan nie — In sulke omstandighede is beskuldigde nie geregtig op nadere besonderhede voordat hy kragtens art 119 pleit nie.

Headnote : Kopnota

Die beskuldigdes is van verskeie aanklagtes van menseroof, oortreding van B die Wet op Intimidasie 72 van 1982, moord, poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer aangekla. Nadere besonderhede tot die klagstaat is aangevra maar voordat die nadere besonderhede verskaf is, is die beskuldigdes kragtens art 119 van die Strafproseswet 51 van 1977 voor 'n landdroshof gebring om op die aanklagte te pleit. Die beskuldigdes het aansoek aan die landdros gedoen dat die Staat verplig word om die C aangevraagde nadere besonderhede te lewer maar die landdros het die versoek geweier en die saak uitgestel om die beskuldigdes die geleentheid te gee om 'n aansoek aan die Hooggeregshof te bring om die tersydestelling van die landdros se beslissing.

Beslis, dat die vraag vir beslissing beantwoord moes word met verwysing na veral daardie omstandighede wat kon ontstaan as 'n beskuldigde by die D art 119-verrigtinge aangesê word om te pleit op 'n aanklag of aanklagte wat uiteindelik wel in die landdroshof beregbaar sou wees; in die huidige geval, het dit al die aanklagte behalwe die vier moord aanklagte wat die beskuldigdes ten laste gelê is, omvat.

Beslis, verder, na oorweging van die bepalings van art 119 gelees met arts 82, 85, 87, 105, 112, 115, 121 en 122 van die Strafproseswet, dat E in daardie gevalle waar die aanklagte in die landdroshof beregbaar was, die beskul- digde benadeel sou kon word indien hy 'n pleit van onskuldig sou lewer en sy saak na die landdroshof vir verhoor verwys word, deurdat, omdat hy reeds gepleit het, hy nie teen die aanklagte beswaar kon opper nie.

Beslis, derhalwe, dat in voormelde gevalle die beskuldigdes geregtig was F op die aangevraagde nadere besonderhede voordat hulle in die art 119-verrigtinge aangesê kon word om te pleit.

Beslis, verder, ten aansien van die moord aanklagte wat slegs deur 'n Hoër Hof beregbaar was en die beskuldigdes vir verhoor na 'n Hoër Hof verwys sou word, dat hulle pleit van onskuldig nie sou bly staan nie: die beskuldigdes sou dan nie alleen geregtig wees op nadere besonderhede G voor pleit nie maar sou hulle ook ingevolge art 85(1) beswaar teen die aanklagte kon opper (indien enige) alvorens hulle daarop moes pleit.

Beslis, verder, dat die beskuldigdes op hierdie stadium nie geregtig was op nadere besonderhede tot die aanklagte van moord nie.

Beslis, derhalwe, dat die landdros se bevel tersyde gestel moes word insoverre dit betrekking gehad het op die weiering van nadere H besonderhede tot die aanklagte van menseroof, oortreding van die Wet op Intimidasie, poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Flynote : Sleutelwoorde

Plea — Plea proceedings in terms of s 119 of Criminal Procedure Act 51 I of 1977 — Whether an accused is entitled to further particulars to charge sheet before he is in terms of s 119 required to plead thereto — In circumstances where charge can be referred to magistrate's court for trial and accused's plea of not guilty stands, he could be prejudiced if he was not entitled to further particulars before plea in terms of s 119 — In such circumstances the accused is accordingly entitled to further particulars to charge sheet — Where charge is only justiciable by a Superior Court and

1990 (1) SACR p545

A accused is committed for trial in Supreme Court, his plea does not stand — In such circumstances, accused not entitled to further particulars before he pleads in terms of s 119.

Headnote : Kopnota

The accused had been charged with various counts of kidnapping, contravening the Intimidation Act 72 of 1982, murder, attempted murder and assault with intent to do grievous bodily harm. Further particulars B to the charge sheet were requested but, before the further particulars were supplied, the accused were brought before a magistrate in terms of s 119 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 to plead to the charges. The accused applied to the magistrate for an order compelling the State to supply the requested particulars but the magistrate refused the application and postponed the matter to enable the accused to apply to C the Supreme Court for the setting aside of the magistrate's decision.

Held, that the question for decision had to be answered with reference to those particular circumstances which could arise if the accused was required to plead, at the s 119 proceedings, to a charge or charges which would eventually be justiciable in the magistrate's court; in the D present case, all the charges except the four murder charges brought against the accused.

Held, further, after considering the provisions of s 119 read with ss 82, 85, 87, 105, 112, 115, 121 and 122 of the Criminal Procedure Act, that, in those cases where the charges were justiciable in the magistrate's court, the accused would be prejudiced if they pleaded not guilty and their cases were referred to the magistrate's court for trial in that, because they had already pleaded, they would not be able to E object to the charges.

Held, accordingly, that in the aforementioned cases the accused were entitled to the further particulars requested before they could be required to plead in the s 119 proceedings.

Held, further, as to the murder charges which were only justiciable in a Superior Court and the accused being referred to a Superior Court for F trial thereon, that their plea of not guilty would not stand: the accused would then not only be entitled to further particulars before pleading but they would also be able to raise objections (if any) to the charges in terms of s 85(1) before being required to plead to the charges.

Held, further, that at this stage the accused were not entitled to further particulars to the murder charges.

G Held, accordingly, that the magistrate's order had to be set aside insofar as it refused to compel the supply of further particulars to the charges of kidnapping, contravening the Intimidation Act, attempted murder and assault with intent to do grievous bodily harm. H

Case Information

Aansoek om die tersydestelling van 'n beslissing in 'n landdroshof waarvolgens 'n aansoek dat die Staat verplig word om sekere nadere besonderhede tot 'n klagstaat te voorsien, afgewys is. Die feite blyk uit die uitspraak.

J F Myburgh SC (bygestaan deur J G Rautenbach) namens die applikante I (beskuldigdes).

Geen verskyning namens die eerste respondent (die landdros) nie.

J J du Toit namens die tweede respondent (die Prokureur-Generaal, Witwatersrand).

Cur adv vult.

J Postea (10 Augustus 1989).

1990 (1) SACR p546

Judgment

A M J Strydom R:

Die geskilpunt in hierdie aansoek draai om die vraag of 'n beskuldigde geregtig is tot nadere besonderhede tot 'n klagstaat alvorens 'n aanklag by verrigtinge ingevolge art 119 van die Strafproseswet 51 van 1977 aan hom gestel word en hy aangesê word om daarop te pleit.

Aanleidend tot hierdie geskilpunt is die volgende gemeensaaklike feite:

1.

Die applikante (na wie ek hierna as die beskuldigdes sal verwys) B het sedert Desember 1988 by verskeie geleenthede in die Johannesburgse landdroshof ten aansien van 'n reeks beweerde misdrywe verskyn.

2.

Gedurende Februarie 1989 is die beskuldigdes voorsien van 'n klagstaat waarop hulle gevra sou word om ooreenkomstig die voorskrifte van art 119 van die Strafproseswet te pleit.

3.

Ingevolge die klagstaat is die beskuldigdes 17 aanklagte van C menseroof, vyf aanklagte van 'n oortreding van die Wet op Intimidasie 72 van 1982, vyf aanklagte van moord, vier aanklagte van poging tot moord en...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Van Vuuren v Esterhuizen NO en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 878 (N) op 884H Leopeng and Others v Meyer NO and Another 1993 (1) SACR 292 (T) op 296 Machepa en Andere v Davel NO en 'n Ander 1990 (1) SACR 543 (W) Magmoed v Janse van Rensburg and Others 1991 (1) SACR 185 (K) F Magmoed v Janse van Rensburg and Others 1993 (1) SA 777 (A) (1993 (1) SASV......
  • S v B
    • South Africa
    • Invalid date
    ...intended to demonstrate to the offender and to the community that the abuse of young defenceless J victims will not be tolerated. 1990 (1) SACR p543 Selikowitz A Each case must, however, be adjudicated on its own facts. The personal circumstances of the accused as well as the circumstances ......
  • Leopeng and Others v Meyer NO and Another
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 4 November 1991
    ...J to plead under s 119, Eloff JP A mainly on the basis of the decision in the case of Machepa en Andere v Davel NO en 'n Ander 1990 (1) SACR 543 (W). In that case 21 accused were charged with kidnapping, intimidation, murder and various other offences. They were also required to plead in te......
  • Leopeng and Others v Meyer NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of the Act is also applicable to proceedings in terms of s 119 of the Act. The decision in Machepa en Andere v Davel NO en 'n Ander 1990 (1) SACR 543 (W) overruled. B Case Review of a decision of a magistrate requiring the accused to plead to a charge in respect of which they had requested ......
4 cases
  • Van Vuuren v Esterhuizen NO en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 878 (N) op 884H Leopeng and Others v Meyer NO and Another 1993 (1) SACR 292 (T) op 296 Machepa en Andere v Davel NO en 'n Ander 1990 (1) SACR 543 (W) Magmoed v Janse van Rensburg and Others 1991 (1) SACR 185 (K) F Magmoed v Janse van Rensburg and Others 1993 (1) SA 777 (A) (1993 (1) SASV......
  • S v B
    • South Africa
    • Invalid date
    ...intended to demonstrate to the offender and to the community that the abuse of young defenceless J victims will not be tolerated. 1990 (1) SACR p543 Selikowitz A Each case must, however, be adjudicated on its own facts. The personal circumstances of the accused as well as the circumstances ......
  • Leopeng and Others v Meyer NO and Another
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 4 November 1991
    ...J to plead under s 119, Eloff JP A mainly on the basis of the decision in the case of Machepa en Andere v Davel NO en 'n Ander 1990 (1) SACR 543 (W). In that case 21 accused were charged with kidnapping, intimidation, murder and various other offences. They were also required to plead in te......
  • Leopeng and Others v Meyer NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of the Act is also applicable to proceedings in terms of s 119 of the Act. The decision in Machepa en Andere v Davel NO en 'n Ander 1990 (1) SACR 543 (W) overruled. B Case Review of a decision of a magistrate requiring the accused to plead to a charge in respect of which they had requested ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT