Lta Construction Bpk v Administrateur, Transvaal
| Jurisdiction | South Africa |
| Court | Appellate Division |
| Judge | Joubert AR, E M Grosskopf AR, Vivier AR, F H Grosskopf AR, Van Coller Wn AR |
| Judgment Date | 14 November 1991 |
| Citation | 1992 (1) SA 473 (A) |
| Hearing Date | 17 September 1991 |
Joubert AR:
Hierdie is 'n appèl teen die afwysing deur McCreath R van J die appellant se teenaansoek in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling.
Joubert AR
A Die uitspraak van die Hof a quo is gerapporteer as Administrasie van Transvaal v Oosthuizen en 'n Ander 1990 (3) SA 387 (W). Met verlof van die Hof a quo kom die appellant tans in hoër beroep na hierdie Hof.
Die relevante feite wat die agtergrond tot die appèl vorm, kan gerieflikheidshalwe soos volg geskets word. Die Wes-Randse Ontwikkelingsraad, die voorganger van die Transvaalse Administrasie B ('die Administrateur'), het as bouheer gedurende 1979 twee skriftelike kontrakte met die appellant ('LTA Construction Bpk') as bouaannemer gesluit. Kontraknommer 473/79 het betrekking gehad op die oprigting van 'n reservoir te Dobsonville, Soweto, terwyl kontraknr 513/79 die oprigting van twee watertorings en 'n pompstasie ten doel gehad het. Beide kontrakte was beheer deur dieselfde 'General conditions of C contract 1972. Works of Civil Engineering Construction' as algemene voorwaardes.
Ten tyde van die uitvoering van beide kontrakte het daar egter geskille ontstaan wat agtereenvolgens verwys is na die ingenieur, die bemiddelaar en die arbiter (ene Oosthuizen). Na aanleiding van hierdie geskille het die Administrateur 'n aansoek in die Witwatersrandse D Plaaslike Afdeling teen Oosthuizen as eerste respondent en LTA Construction Bpk as tweede respondent aanhangig gemaak. LTA Construction Bpk het die aansoek bestry. Die regshulp wat die Administrateur aangevra het, word in die uitspraak van die Hof a quo vermeld (op 391D-E). Die Hof a quo het hierdie regshulp toegestaan (op 398A). Die appèl is nie E gemoeid met die meriete van die aansoek nie.
Die appèl handel oor die teenaansoek van LTA Construction Bpk teen die Administrateur wat deur die Hof a quo afgewys is.
Die grondslag van die teenaansoek is soos volg. LTA Construction Bpk het gedurende Julie 1981 die werk ingevolge kontraknr 473/79 voltooi, maar vermelde geskille tussen die partye het die betalings vertraag. Op F 15 Oktober 1987 het Oosthuizen as arbiter onder kontraknr 473/79 die volgende toekennings gemaak:
'n Kapitale bedrag van R63 080,30 soos op 30 Julie 1981 verskuldig.
'n Kapitale bedrag van R57 750 soos op 23 Augustus 1983 verskuldig.
G Rente teen prima bankkoers op R63 080,30 vanaf 30 Julie 1981 tot datum van betaling.
Rente teen prima bankkoers op R57 750 vanaf 23 Augustus 1983 tot datum van betaling.
Voorsiening vir die betaling van gemelde rente word in die algemene H voorwaardes van die twee skriftelike kontrakte gemaak.
Op 24 Desember 1987 het die Administrateur 'n bedrag van R241 660,60 aan LTA Construction Bpk betaal wat volgens aanhangsel 'J' tot die aansoek soos volg saamgestel is:
Kapitale toekenning R63 080,30.
Rente hierop tot maksimum van die kapitaal R63 080,30.
I Kapitale toekenning R57 750.
Rente hierop tot maksimum van die kapitaal R57 750.
Dit blyk hieruit dat die Administrateur die twee kapitale toekennings van R63 080,30 en R57 750 tesame met rente gelykstaande aan hierdie twee kapitale toekennings aan LTA Construction Bpk betaal het. Volgens LTA J Construction Bpk het die rente op die kapitale toekenning van R63 080,30
Joubert AR
A vanaf 30 Julie 1981 tot 23 Desember 1987 egter die bedrag van R138 593,21 beloop terwyl die rente op die kapitale toekenning van R57 750 vanaf 23 Augustus 1983 tot 23 Desember 1987 die bedrag van R63 021,25 bedra het. Hiervolgens was die Administrateur op 23 Desember 1987 'n totale bedrag van R322 444,76 aan LTA Construction Bpk verskuldig B terwyl die Administrateur op 24 Desember 1987 slegs 'n bedrag van R241660,60 aan LTA Construction Bpk betaal het, latende 'n balans van R80 784,16. Volgens sy teenaansoek eis LTA Construction Bpk betaling van R80 784,16, synde die balans van die verskuldigde rente, plus rente daarop wat vanaf 24 Desember 1987 tot 30 April 1989 R18 920,16 beloop C asook rente daarop vanaf 1 Mei 1989 tot datum van betaling. In sy repliserende beëdigde verklaring het die Administrateur onder andere die standpunt ingeneem dat LTA Construction Bpk nie geregtig is om rente te verhaal wat die kapitale bedrag van die toekennings oorskry nie. Die Hof a quo het die Administrateur se standpunt gehandhaaf en derhalwe die teenaansoek van die hand gewys.
D Die vraag is vervolgens of opgehoopte rente regtens verhaal kan word in soverre dit die kapitaalsom oorskry.
Laat ons die regsbronne raadpleeg.
Die Romeinse reg
Dit word algemeen aanvaar dat die tydperk van die klassieke Romeinse E reg van ongeveer 150 voor Christus tot AD 250 gestrek het. Gedurende hierdie tydperk het die Romeine 'n bloeiende ekonomie met 'n goed ontwikkelde geldwese en geldhandel gehad.
'Die bankier (argentarius) vervult voortaan een belangrijke functie. Hij moge in den beginne alleen het wisselbedrijf hebben uitgeoefend, weldra zien we hem de meest uiteenloopende bankoperaties verrichten. Hij F financiert ondernemingen in en buiten Italië. Hij leent geld tegen rente aan burgers, aan provinciesteden en aan staatshoofden. Via zijn vertegenwoordigers komen door zijn bemiddeling betalingen elders tot stand ten behoeve van zijn cliënten. Hy blijft borg (receptum argentarii), int vorderingen en neemt geld à deposito. Het bankwezen naar grieksch voorbeeld word te Rome tot een aanzienlijk bedrijf.'
Aldus Hermesdorf Schets der Uitwendige Geschiedenis van het Romeinsch G Recht 2de druk op 186.
Rente (usurae, faenus, fenus, foenus) was geld wat vir die gebruik van die uitgeleende kapitaalsom (sors of pecuniae creditae) betaal word: pro usu pecuniae creditae. Brissonius (1531-1591) in sy De Verborum Significatione seu Dictionarium Juridicum 1743, sv Usura, noem rente H quasi merces et pensio pecuniae. Eintlik is rente fructus civiles wat regtens die opbrengs van uitgeleende geld is (D 6.1.62 pr, Voet 22.1.1). Die rentebetaler heet usurarius (D 22.1.7).
In die klassieke tyd is verbruikleen (mutuum) aangewend om geldlenings aan te gaan. Daarmee kon egter slegs die uitgeleende kapitaalsom teruggeëis word. Geen rente kon uit hoofde daarvan geëis word nie.
I D 19.5.24: - respondit pecuniae quidem creditae usuras nisi in stipulationem deductas non deberi.
(Watson et alii se vertaling: 'He responded that interest is not owed on money which is lent unless this is reduced to a stipulation'.)
Rente kon slegs geëis word indien dit uitdruklik in 'n stipulatio beding was. Die stipulatio was 'n negotium stricti juris wat aanleiding tot 'n J condictio
Joubert AR
certae pecuniae of 'n actio certae pecuniae creditae gegee het. Soos verwag kan word, het dit gebruiklik geword om die geldlening sowel as die rente in dieselfde stipulatio te beding (stipulatio credendi causa). D 45.1.126.2. 'n Dergelike stipulatio is dikwels in 'n skriftelike bewysstuk (cautio) beliggaam wat die praktiese bruikbaarheid daarvan aansienlik bevorder en vergemaklik het. In die na-klassieke Romeinse reg B het die solemniteitsvereistes verdwyn. Vir doeleindes van hierdie uitspraak is dit nie nodig om in verdere besonderhede die lotgevalle van die stipulatio in die ontwikkeling na 'n algemene verbintenisskeppende ooreenkoms te behandel nie. A
Van oudsher is rente deur die owerheid op verskillende maniere beperk weens ekonomiese oorwegings wat daarop gerig was om die geldgierigheid C van geldskieters in te kort en sodoende 'n mate van beskerming of verligting aan rentebetalers te verleen. Bowendien, met die vestiging van die Christelike Kerk vanaf AD 4 in die Romeinse ryk het dit op godsdienstige gronde 'n verbete stryd teen rente gevoer. Raadpleeg Zimmermann The Law of Obligations-Roman Foundations of the Civilian Tradition (1990) op 166-70. Een van die metodes wat aangewend is, was D om van tyd tot tyd die rentekoers vas te pen. In die klassieke tyd was die rentekoers 12% (usurae centesimae) terwyl Justinianus dit in AD 528 vir gewone mense op 6% (usurae semisses) gestel het. (C 4.32.26.2). Rente wat aan die opgelegde koerse voldoen, heet...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
Paulsen and Another v Slip Knot Investments 777 (Pty) Ltd
...[2010] ZACC 25): applied Leech v Absa Bank Ltd [1997] 3 All SA 308 (W): referred to LTA Construction Bpk v Administrateur, Transvaal 1992 (1) SA 473 (A): G discussed Magajane v Chairperson, North West Gambling Board and Others 2006 (5) SA 250 (CC) (2006 (2) SACR 447; 2006 (10) BCLR 1133; [2......
-
Standard Bank of SA Ltd v Oneanate Investments (Pty) Ltd
...South Africa Ltd 1961 (2) SA 647 (T) Lord Clancarty v Latouche (1810) 1 Ball & B 420 LTA Construction Bpk v Administrateur, Transvaal 1992 (1) SA 473 (A) G Macrae v National Bank of SA Ltd 1927 AD 62 Mahomed v Nagdee 1952 (1) SA 410 (A) Middleton v Carr 1949 (2) SA 374 (A) Mokoena v SA Eagl......
-
F & I Advisors (Edms) Bpk en 'n Ander v Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk
...Stock Exchange D 1974 (4) SA 781 CW) op 796 Heydenrych v Du Preez (1897) 7 CTR 1 LTA Construction Bpk v Administrateur, Transvaal 1992 (1) SA 473 (A) Laird v Macik 1994 (1) SA 289 CW) op 292 Liebenberg v ABSA Bank Ltd tla Volkskas Bank [1998] 1 B All SA 303 CK) E Middleton v Carr 1949 (3) S......
-
Drake Flemmer & Orsmond Inc and Another v Gajjar
...distinguished B Kwezi obo Kwezi v Road Accident Fund [2011] ZAWCHC 455: referred to LTA Construction Bpk v Administrateur, Transvaal 1992 (1) SA 473 (A): considered Paulsen and Another v Slip Knot Investments 777 (Pty) Ltd 2015 (3) SA 479 (CC) (2015 (5) BCLR 509; [2015] ZACC 5): dicta in pa......

The Statutory in duplum Rule as an Indirect Debt Relief Mechanism
...become part of the capital amount for purposes of applying the induplum rule.3428See LTAConstruction Bpk v Administrateur, Transvaal 1992 (1) SA 473 (A); WG Schulze ‘The induplum Rule: A Short List of Some Unresolved Issues’ (2006) 18 SA Merc LJ 486 at 487; and JWScholtz (ed) et al Guide to......