Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Absa Bank Bpk
| Jurisdiction | South Africa |
| Court | Appellate Division |
| Judge | Botha AR, E M GROSSKOPF AR, NESTADT AR, VAN DEN HEEVER AR, NICHOLAS Wn AR |
| Judgment Date | 30 September 1994 |
| Citation | 1995 (1) SA 653 (A) |
| Hearing Date | 01 September 1994 |
| Docket Number | 28/93 |
Botha AR:
Hierdie appèl het betrekking op 'n addisionele belastingaanslag wat die appellant ('die Kommissaris') op 1 Desember 1986 teen Volkskas Bank Bpk ('Volkskas') uitgereik het vir die jaar van aanslag wat geëindig H het op 31 Maart 1978. Volkskas het teen dié aanslag beswaar aangeteken en, nadat die Kommissaris die beswaar van die hand gewys het, geappelleer na die Transvaalse Inkomstebelasting Spesiale Hof. Daardie Hof het op 3 Augustus 1989 die appèl gehandhaaf. Teen dié bevel het die Kommissaris, met die verlof van die voorsittende Regter (Harms R), na hierdie Hof in hoër beroep gekom. Met die aanvang van die verhoor van die appèl in I hierdie Hof is daar namens Absa Bank Bpk ('Absa') aansoek gedoen om 'n bevel dat Volkskas as die respondent in die appèl vervang word deur Absa. Die aansoek is genoodsaak, soos blyk uit Absa se versoekskrif, deur die feit dat Volkskas op 30 September 1991 ingevolge die bepalings van art 54 van die Wet op Depositonemende Instellings 94 van 1990 al sy bates en J laste aan Absa oorgedra het. Daardeur het al
Botha AR
A Volkskas se regte en verpligtinge, insluitende dié teenoor die Kommissaris wat saamhang met die huidige gedingvoering, oorgegaan op Absa. Die aansoek is nie deur die Kommissaris teengestaan nie. Gevolglik is 'n bevel uitgereik dat Volkskas deur Absa vervang word as die respondent in hierdie appèl en dat Absa die koste verbonde aan die aansoek moet dra.
B Voor sy oorname deur Absa het Volkskas besigheid gedoen as 'n handelsbank. (Na die oorname het Absa die besigheid voortgesit onder die naam Volkskas Bank.) Volkskas het 'n aansienlike aantal aandele in 'n wye verskeidenheid van maatskappye gehou en het van tyd tot tyd aandele aangekoop en van die hand gesit. Twee aandeletransaksies van Volkskas, in elk waarvan aandele verkoop is, is in hierdie appèl ter sake. Die eerste het plaasgevind C gedurende die jaar van aanslag wat regstreeks hier in die gedrang is, dit wil sê die jaar eindigende op 31 Maart 1978. Dit was 'n transaksie waarvolgens Volkskas die aandele wat hy gehou het in Bankbeheerkorporasie van Suid-Afrika Bpk, verkoop het teen 'n verlies van R9 175 459,80. Ek sal na hierdie transaksie verwys as die 'Bankkorp-transaksie', en na die betrokke aandele as die 'Bankkorp-aandele'. Die ander transaksie het D plaasgevind in 'n latere jaar van aanslag, naamlik dié wat geëindig het op 31 Maart 1981. In daardie transaksie het Volkskas die aandele wat hy in Federale Mynbou Bpk gehou het, verkoop teen 'n wins van R25 754 400 (die 'Federale Mynbou-transaksie' en die 'Federale Mynbou-aandele').
E In sy inkomste-opgawe vir die 1978-jaar van aanslag het Volkskas die verlies van R9 175 459,80 in die Bankkorp-transaksie opgegee as 'n handelsverlies en dit afgetrek van sy belasbare inkomste. In die Kommissaris se oorspronklike belastingaanslag vir daardie jaar, gedateer 1 September 1978, het hy die verlies as 'n aftrekking toegestaan by die berekening van Volkskas se belasbare inkomste. In die addisionele aanslag F wat vroeër genoem is, gedateer 1 Desember 1986, het die Kommissaris egter die aftrekking nie toegelaat nie, en die bedrag van die verlies bygetel by Volkskas se belasbare inkomste. Dit is hierdie optrede van die Kommissaris wat in die gedrang is in hierdie appèl.
Die verklaring vir die tydsverloop van agt jaar tussen die oorspronklike G aanslag en die addisionele aanslag is te vind in die gebeure wat voortgespruit het uit Volkskas se inkomste-opgawe vir die 1981-jaar van aanslag. In daardie opgawe het Volkskas die wins van R25 754 400 uit die Federale Mynbou-transaksie aangetoon as 'n wins van 'n kapitale aard. Die Kommissaris het dit nie aanvaar nie en het die bedrag van die wins H ingesluit by Volkskas se belasbare inkomste en op daardie grondslag Volkskas aangeslaan vir belasting. Volkskas het beswaar aangeteken, die Kommissaris het dit verwerp, en Volkskas het na die Spesiale Hof geappelleer. Die appèl was suksesvol. Ek sal na daardie saak (nr 7786) verwys as 'die eerste saak', om dit te onderskei van die huidige saak. In die uitspraak in die eerste saak, wat deur die voorsittende Regter I (Melamet R) op 1 Augustus 1984 gelewer is, is daar bevind dat Volkskas bewys het dat die Federale Mynbou-aandele as 'n kapitale belegging gekoop was en dat die verkoop daarvan gedoen is as 'n realisasie van kapitale bates op die voordeligste manier vir Volkskas. Gevolglik is die aanslag tersyde gestel en die aangeleentheid na die Kommissaris terugverwys om in J die lig van die uitspraak 'n aanslag uit te reik.
Botha AR
A In die eerste saak het die Bankkorp-transaksie ook ter sprake gekom, soos te verwagte was. Dit is te berde gebring in die getuienis wat namens Volkskas afgelê is deur sy eertydse besturende direkteur, mnr Van Huyssteen. Ten aansien van die Federale Mynbou-aandele was dit Volkskas se kontensie dat die aankoop daarvan 'n 'strategiese belegging' was, anders as in die geval van aandele wat in die gewone loop van besigheid B deur 'n handelsbank gekoop en verkoop word. Tydens die ondervraging van mnr Van Huyssteen het dit geblyk dat Volkskas die koop van die Bankkorp-aandele ook as 'n 'strategiese belegging' beskou het. Op grond van daardie getuienis, so blyk dit uit die uitspraak van Melamet R, is daar namens die Kommissaris betoog dat Volkskas se beskouing en hantering C van ander strategiese beleggings aantoon dat Volkskas nooit die moontlikheid van verkoping, indien voordelig, uit die oog verloor het nie. Hierdie betoog is verwerp. Die Hof het bevind dat die wyse waarop Volkskas die Bankkorp-transaksie in sy finansiële state en sy opgawe vir 1978 gehanteer het, nie in die weg gestaan het van 'n bevinding dat die Federale Mynbou-aandele deur Volkskas as 'n kapitale bate gekoop en D verkoop was nie. Die beredenering van Melamet R op hierdie punt in sy uitspraak in die eerste saak sal later van naderby beskou moet word. Op die oomblik, om die geskiedenis van die geskilpunt in die huidige saak te verduidelik, is dit net nodig om twee uitlatings te noem wat Melamet R gemaak het in die loop van sy beredenering. Die eerste is dat die verkoop van die Bankkorp-aandele ten volle openbaar gemaak is in Volkskas se state E en opgawe vir 1978. Die tweede is dat die Kommissaris se aanslag van Volkskas vir die jaar 1978 in ooreenstemming was met die gevestigde praktyk wat destyds bestaan het, waarvolgens alle handelsbanke deur die Kommissaris behandel is as sogenaamde 'all in' maatskappye, en al hulle aandele voor die voet beskou was as handelsvoorraad.
F Die Kommissaris het appèl aangeteken teen die uitspraak in die eerste saak, maar het later die appèl teruggetrek. Die eerste saak het egter veroorsaak dat die Kommissaris besluit het om opnuut aandag te skenk aan die Bankkorp-transaksie. Op 30 Julie 1986 het die Kommissaris 'n brief gerig aan Volkskas waarin Volkskas meegedeel is dat, met die inligting wat uit die getuienis tydens die verhoor en die uitspraak in die eerste saak G bekend geraak het, die Kommissaris homself tevrede gestel het dat die verlies wat Volkskas met die verkoop van die Bankkorp-aandele gely het, van 'n kapitale aard was en gevolglik nie as 'n aftrekking teen inkomste geëis kon word in die berekening van Volkskas se belasbare inkomste vir die 1978-jaar van aanslag nie. Die brief meld voorts dat die Kommissaris H tevrede was dat die feit dat die verlies oorspronklik as 'n aftrekking teen inkomste toegelaat was, te wyte was aan 'n verswyging deur Volkskas van die ter sake dienende feite, en dat die Kommissaris van voorneme was om 'n addisionele aanslag uit te reik om die saak reg te stel. Volkskas se antwoord aan die Kommissaris was, om dit kort te stel, dat Volkskas I enige addisionele aanslag sou bestry. Daarop het die addisionele aanslag van 1 Desember 1986 gevolg. Dit bevat onder meer, onder die opskrif 'Opmerkings', 'n kort samevatting van die Kommissaris se standpunt soos uiteengesit in sy bogemelde brief van 30 Julie 1986.
Volkskas se beswaar teen die addisionele aanslag was in die eerste plek J gegrond op die bepalings van art 79(1) van die Inkomstebelastingwet 58
Botha AR
A van 1962 ('die Wet'). Kragtens art 79(1)(a) het die Kommissaris die bevoegdheid om 'n addisionele aanslag uit te reik indien hy te eniger tyd oortuig is dat 'n bedrag wat aan belasting onderhewig was en ingevolge die Wet vir belasting aangeslaan behoort te gewees het, nie vir belasting aangeslaan is nie. Terselfdertyd word die uitoefening van die bevoegdheid in sekere omstandighede aan bande gelê deur die bepalings van paras B (i)-(v) van die voorbehoudsbepaling. Volkskas het hom beroep op die bepalings van paras (i) en (iii). Vir sover hier ter sake, lui dit soos volg:
'Met dien verstande dat die Kommissaris nie 'n aanslag ingevolge hierdie subartikel doen nie -
na verstryking van drie jaar vanaf die datum van die aanslag C (indien daar een is) ingevolge waarvan 'n bedrag onder so 'n aanslag vir belasting aangeslaan behoort te gewees het maar nie aldus aangeslaan is nie . . ., tensy die Kommissaris oortuig is dat die feit dat die bedrag wat vir belasting aangeslaan moes gewees het nie aldus aangeslaan is nie . . ., te wyte is aan bedrog of wanvoorstelling of verswyging van ter sake dienende feite; of
. . . .
D indien die bedrag wat ingevolge die in para (i) van hierdie voorbehoudsbepaling bedoelde aanslag vir belasting aangeslaan behoort te gewees het, ooreenkomstig die algemene gebruik wat op die datum van die aanslag geheers het, nie vir belasting aangeslaan is nie. . . .'
Met betrekking tot para (i) het Volkskas aangevoer dat die verlies op die E Bankkorp-transaksie as 'n afsonderlike en spesifieke item aangetoon was in die rekeninge en skedules wat sy 1978-opgawe vergesel het; dat niks gedoen was om dit weg te steek of om dit voor te hou as 'n gewone...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
S v Molaudzi
...(Pty) Ltd and Others 2013 (12) BCLR 1358 (CC) ([2013] ZACC 31): referred to Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Absa Bank Bpk 1995 (1) SA 653 (A) ([1995] 1 All SA 517): dicta at 669F – H applied Mbatha v University of Zululand 2014 (2) BCLR 123 (CC) ([2013] ZACC 43): J referred to 2015 (......
-
Nkala and Others v Harmony Gold Mining Co Ltd and Others
...SA 235 (CC) (2005 (1) SACR 111; 2004 (10) BCLR 1009; [2004] ZACC 5): referred to Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Absa Bank Bpk 1995 (1) SA 653 (A) ([1995] 1 All SA 517): dictum at 669F – H applied H Law Society of South Africa and Others v Minister for Transport and Another 2011 (1) ......
-
Sasfin (Pty) Ltd v Jessop and Another
...Tobacco Co (SA) Ltd v United Tobacco Co (South) Ltd (1) 1995 (2) SA 1 (W) C Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Absa Bank Bpk 1995 (1) SA 653 (A) Lazarus v Rand Steam Laundries (1946) (Pty) Ltd 1952 (3) SA 49 (T) Leicester Wholesale Fruit Market Ltd v Grundy (DH) (1990) 1 WLR 107 (CA) Li......
-
Esorfranki (Pty) Ltd v Mopani District Municipality
...as was stressed by Botha JA in Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Absa 2022 (2) SA p366 Goosen AJA (Petse AP concurring) Bank Bpk 1995 (1) SA 653 (A) at 669D, 670J – 671B, this is not to be construed as implying an abandonment of the principles of the common law in favour of those of En......

Reflections on finality in arbitration
...(accessed 2012-06-08)).87Kommissaris van Binnelandse Inkomste v ABSA Bank Bpk 1995 1 SA 653(A); Liley v Johannesburg Turf Club 1983 4 SA 548 (W); Boshoff v UnionGovernment 1932 TPD 345.88 Rabie & Sonnekus 19; De Wet “Estoppel by Representation” in die Suid-Afrikaanse Reg (proefskrif Univers......