Kasper v Andrè Kemp Boerdery CC 2012 SA 20 (WKK) : onlangse regspraak
Author | J. Scott |
DOI | 10.10520/EJC135306 |
Published date | 01 January 2012 |
Date | 01 January 2012 |
Pages | 189-201 |
Onlangse regspraak/Recent case law
189
Kasper v Andrè Kemp Boerdery CC
2012 SA 20 (WKK)
Middellike aanspreeklikheid – nalatige veroorsaking van vermoënskade deur
werknemer – gevolge van afwyking deur werknemer van werkgewersopdrag –
toepassing van standaardtoets
1 Inleiding
Wat middellike aanspreeklikheid in die deliktereg betref, doem daar
deesdae so gereeld soos klokslag gerapporteerde beslissings op. Die
gordyn het so pas gesak oor die laaste toneel (mag mens van harte hoop)
van die sage betreffende die middellike aanspreeklikheid van die staat vir
opsetsdelikte wat polisiebeamptes in die loop van en selfs buite hul
ampsverhouding pleeg (sien bv
F v Minister of Safety and Security
2010
1 SA 606 (WKK);
Minister of Safety and Security v F
2011 3 SA 487
(HHA);
F v Minister of Safety and Security
2012 1 SA 536 (KH); sien
Neethling en Potgieter
Litnet Akademies
Jaargang 9(2) http://www.lit
net.co.za./Article/deliktuele-staatsaanspreeklikheid-weens-polisieverkrag
ting (besoek 2012-09-09) vir die mees onlangse oorsig van akademiese
literatuur in hierdie verband). In die pas vermelde “polisiegevalle” het die
strydpunt deurentyd daarom gewentel of ’n polisiebeampte wat ’n
onregmatige daad direk in stryd met sy ampspligte – en trouens opsetlik
– gepleeg het, steeds by die begaan van die gewraakte daad in die loop
van sy diens opgetree het vir doeleindes van beoordeling van sy
werkgewer, die staat, se moontlike middellike aanspreeklikheid teenoor
die delikslagoffer. Die onderhawige geval, waarin die moontlike
middellike aanspreeklikheid van ’n werkgewer ingevolge ’n normale
dienskontrak weens die optrede van sy werknemer die tema van die
beslissing uitmaak, val vierkantig binne die rykwydte van die vermelde
uitsprake – die enigste verskil is dat die werknemer in hierdie geval
nalatig, en nie opsetlik nie, opgetree het. Dit maak die onderhawige geval
in ’n mate eenvoudiger beregbaar as die pas vermelde polisiegevalle,
waarin die aanwesigheid van opset aan die kant van die delikspleger-
werknemer die aangeleentheid erg vertroebel het (vgl bv Loubser en
Midgley
Deliktereg in Suid-Afrika
(2009) 393 oor die besondere
problematiek van dusdanige gevalle) en waarin die element van
staatsaanspreeklikheid ingevolge artikel 1 van die Wet op Staatsaan-
spreeklikheid 20 van 1957 op die koop toe te berde gebring is (wat ’n
merkwaardige minderheidsuitspraak in die uitspraak van regter
Froneman in die konstitusionele hof in die saak van
K
v Minister of Safety
and Security
2005 6 SA 419 (CC)
tot gevolg gehad het (sien 557H-575B
van daardie uitspraak), waarin die tradisionele grondslag van
staatsaanspreeklikheid selfs bevraagteken is).
Die algemene vereistes vir ’n werkgewer se middellike
aanspreeklikheid op grond van ’n werknemer se onregmatige daad is
reeds goed gevestig en sien soos volg daaruit: (a) Daar moet ten tyde van
To continue reading
Request your trial